Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die nuwe week
Die nuwe week [boodskap #53666] Ma, 19 November 2001 11:43 na volgende boodskap
Patricia  is tans af-lyn  Patricia
Boodskappe: 48
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Nou ja, weereens is dit 'n nuwe week asook 'n week nader aan Kersfees en my
ore tuit al van "Ma ek wil dit of daai hê vir kersfees". Boonop is dit net
Harry Potter waar jy kyk en ten duurste!
En ek moet nou nog alleen na al hierdie geneulery luister, want manlief
bevind homself hierdie week in Slovenié en dis blykbaar leeukoud daar! Maar
ons kyk vooruit na die komende naweek, want dan is hy weer by die
huis......net tot Sondag..........
Re: Die nuwe week [boodskap #53699 is 'n antwoord op boodskap #53666] Di, 20 November 2001 04:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die Harry Potter-werke is in eboek-formaat vryelik op die net beskikbaar -
soeknet ...

"Patricia" skryf in boodskap news:%d6K7.10051$8s4.46727@news.indigo.ie...
> Nou ja, weereens is dit 'n nuwe week asook 'n week nader aan Kersfees en my
> ore tuit al van "Ma ek wil dit of daai hê vir kersfees". Boonop is dit net
> Harry Potter waar jy kyk en ten duurste!
> En ek moet nou nog alleen na al hierdie geneulery luister, want manlief
> bevind homself hierdie week in Slovenié en dis blykbaar leeukoud daar! Maar
> ons kyk vooruit na die komende naweek, want dan is hy weer by die
> huis......net tot Sondag..........
>
Re: Die nuwe week [boodskap #53718 is 'n antwoord op boodskap #53699] Di, 20 November 2001 12:37 Na vorige boodskap
Patricia  is tans af-lyn  Patricia
Boodskappe: 48
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Die Harry Potte werke het lankal reeds hul weg hier in my huis gevind, ek
wou vir myself sien waaroor die bohaai gaan en of ek dit maar vir my kinders
kan vertel. Ek het besluit dis veilig! Ons het gister die fliek gaan kyk
en my kinders het nog nooit so mooi soet gesit nie, hulle was vir die volle
twee en 'n half uur vasgenael en hulle ma ook! Dit was baie goeie
"entertainment"! Die fliek het reg laat geskied aan die boek, baie goed
gewees.
Vorige onderwerp: Ek wil julle graag voorstel aan my vrou.
Volgende onderwerp: Aan die slim mense op die ng
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 03:40:31 MGT 2024