Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Movies
Re: Movies [boodskap #53689 is 'n antwoord op boodskap #53663] Ma, 19 November 2001 18:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet erken ek het die prent geniet. Die idee is om jouself vroeg te
"gear" vir die tipe prent wat dit is. Ek het vyf minute na begin vir Mamma
gesê "Wat de hel het ons hier?" Maar namate die prent sy gang gegaan het
het ons ingeval en ek het selfs die musiek terdee geniet. Veral wanneer
hulle so ewe dramaties die moderne idioom ingooi vir "good measure". Ek is
geensins 'n "resensent" nie, ek het al seker duisende movies gesien van
kindsbeen af, maar kan nog steeds nie saam kritici praat nie. Die prent was
"anders" in terme van die blitstonele wat deurgaans voorgekom het. (En OK
daar was Nicole se seksie gebare toe sy die dom skrywer se aandag wou trek.)

Ek onthou Moulin Rouge van heelwat jare gelede en dit was die storie van die
einste kortbeen kunstenaar Tolouse Lautrec (hoop spelling reg) wat ons hier
gesien het. Ek het die naam van die akteur op die tippie van my tong
(Gotcha! Josê Ferrer).

Groetnis.

Grahame

Patricia skryf in boodskap news:P66K7.10046$8s4.46485@news.indigo.ie...
> Ek is bly as iemand anders dit ook kon geniet, dis absoluut 'n kwessie van
> smaak, ek dink nie Moulin Rouge sal sommer aanklank vind by elke persoon
> nie.
>
> Patricia
>
Re: Movies [boodskap #53690 is 'n antwoord op boodskap #53669] Ma, 19 November 2001 19:05 Na vorige boodskap
Patricia  is tans af-lyn  Patricia
Boodskappe: 48
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Moenie daaroor komkommer nie! Niemand het vingers gewys nie, dis jou reg om
te wees soos jy wil, glo my daar is baie dinge waarvoor ek onaangeklank is!
:-)
Vorige onderwerp: Tant Hessie
Volgende onderwerp: Ek wil julle graag voorstel aan my vrou.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 22:35:45 MGT 2024