Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tant Hessie
Tant Hessie [boodskap #53606] So, 18 November 2001 18:29 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
wrote
Tant Hessie buitekant Kunduz

Wouter wonder of die Tant Hessie buitekant Kunduz dalk
familie van daardie wulpse Tant Hessie Koekemoer is? :-)
(Dis nou dié Tant Hessie met die humorsin)
Re: Tant Hessie [boodskap #53635 is 'n antwoord op boodskap #53606] So, 18 November 2001 22:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> wrote
> Tant Hessie buitekant Kunduz
>
> Wouter wonder of die Tant Hessie buitekant Kunduz dalk
> familie van daardie wulpse Tant Hessie Koekemoer is? :-)
> (Dis nou dié Tant Hessie met die humorsin)

Nee, Wouter, Tant Hessie buitekant Kunduzwag vir die Taliban om oor te
gee.
Re: Tant Hessie [boodskap #53637 is 'n antwoord op boodskap #53606] So, 18 November 2001 22:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hessie, wat het jy gedink van Mev. G. Mandela se acceptance toespraak
toe sy hulle liggies oor die vingers geraps het oor Kanada se (volgens haar)
min geldelike hulp aan Afrika state. Ek het baie tyd vir Graca, maar het
gedink
dis net ietwat van n cheek wat sy gehad het. (Vir die wat nie weet nie,
die Mandelas het albei eregrade gekry by n universiteit in Kanada, Mnr.
Mandela ere burgerskap van Kanada. )

Pop (wat soms op raak van Afrika volke wat nie genoeg vir hulleself doen
nie).
Begin by geboortebeperking, en voorskoolse indoktrinasie.

skryf in boodskap news:3BF8374B.5A447B9@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

> wrote
> Tant Hessie buitekant Kunduz
>
> Wouter wonder of die Tant Hessie buitekant Kunduz dalk
> familie van daardie wulpse Tant Hessie Koekemoer is? :-)
> (Dis nou dié Tant Hessie met die humorsin)

Nee, Wouter, Tant Hessie buitekant Kunduzwag vir die Taliban om oor te
gee.
Re: Tant Hessie [boodskap #53638 is 'n antwoord op boodskap #53606] So, 18 November 2001 23:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

pop wrote:

> Hessie, wat het jy gedink van Mev. G. Mandela se acceptance toespraak
> toe sy hulle liggies oor die vingers geraps het oor Kanada se (volgens haar)
> min geldelike hulp aan Afrika state. Ek het baie tyd vir Graca, maar het
> gedink
> dis net ietwat van n cheek wat sy gehad het. (Vir die wat nie weet nie,
> die Mandelas het albei eregrade gekry by n universiteit in Kanada, Mnr.
> Mandela ere burgerskap van Kanada. )
>
> Pop (wat soms op raak van Afrika volke wat nie genoeg vir hulleself doen
> nie).
> Begin by geboortebeperking, en voorskoolse indoktrinasie.
>

Ek het per geluk op die uitsending afgekom, maar toe het
Graca al haar toespraak gemaak. Ek dink dat Mandela en
Graca die reg het om enige regering oor die vingers te raps
oor enigiets. ( Mens moet darem in ag neem dat Kanada
eintlik 'n klein landjie is met 30 miljoen mense en dat ons
nie soveel inkomste uit belastings het as die VSA byvoorbeeld
met 270 miljoen nie.)
Mandela kry egter eers môre (Maandag) offisieel die ere-
burgerskap van Kanada. Een van slegs twee mense wat hierdie
eer het - die ander was Raoul Wallenberg.
Ek merk op dat Mandela sy eredoktersgraad (van Ryerson
Institute of Technology) opdra aan die kinders van Burundi.
'n Groot gedeelte van sy toespraak was ook oor die hoop vir
vrede in Burundi nadat daar 'n vredesooreenkoms daar bereik
is.

Gloudina
Re: Tant Hessie [boodskap #53639 is 'n antwoord op boodskap #53637] Ma, 19 November 2001 01:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Pop, ja, sy staan bekend as Graca Machell, vrou van Nelson Mandela. Ons weet
nie hier van 'n mevrou G Mandella nie.
En nee, ons sal net nooit ophou om verleë en skaam te voel oor die vinger
tikkery en bedelary van ons leiers in die buiteland nie.
Annette

pop skryf in boodskap news:9t9djh$bha$1@slb6.atl.mindspring.net...
> Hessie, wat het jy gedink van Mev. G. Mandela se acceptance toespraak
> toe sy hulle liggies oor die vingers geraps het oor Kanada se (volgens haar)
> min geldelike hulp aan Afrika state. Ek het baie tyd vir Graca, maar het
> gedink
> dis net ietwat van n cheek wat sy gehad het. (Vir die wat nie weet nie,
> die Mandelas het albei eregrade gekry by n universiteit in Kanada, Mnr.
> Mandela ere burgerskap van Kanada. )
>
> Pop (wat soms op raak van Afrika volke wat nie genoeg vir hulleself doen
> nie).
> Begin by geboortebeperking, en voorskoolse indoktrinasie.
>
>
>
>
> skryf in boodskap news:3BF8374B.5A447B9@home.com...
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> wrote
>> Tant Hessie buitekant Kunduz
>>
>> Wouter wonder of die Tant Hessie buitekant Kunduz dalk
>> familie van daardie wulpse Tant Hessie Koekemoer is? :-)
>> (Dis nou dié Tant Hessie met die humorsin)
>
> Nee, Wouter, Tant Hessie buitekant Kunduzwag vir die Taliban om oor te
> gee.
>
Re: Tant Hessie [boodskap #53640 is 'n antwoord op boodskap #53639] Ma, 19 November 2001 02:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jaaaaa, ek weet sy is Graca (Grassa , ek het gou by die character map
gekyk hoe mens die c met die beentjie doen, maar kon dit nie regkry met
control+ alt+ nie) . . . wou net facetious wees. Ek dink nie sy het
vir Suid-Afrika per se geld gevra nie, sommer die hele Suidelike Afrika,
seker meesal haar eertydse land Mosambique. Dis seker goeie PR
om by so n geleentheid n versoek in te kry.

pop

Annette skryf in boodskap news:9t9p12$17aqt$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Pop, ja, sy staan bekend as Graca Machell, vrou van Nelson Mandela. Ons weet
> nie hier van 'n mevrou G Mandella nie.
> En nee, ons sal net nooit ophou om verlëe en skaam te voel oor die vinger
> tikkery en bedelary van ons leiers in die buiteland nie.
> Annette
>
>
> pop wrote in message
> news:9t9djh$bha$1@slb6.atl.mindspring.net...
>> Hessie, wat het jy gedink van Mev. G. Mandela se acceptance toespraak
>> toe sy hulle liggies oor die vingers geraps het oor Kanada se (volgens haar)
>> min geldelike hulp aan Afrika state. Ek het baie tyd vir Graca, maar het
>> gedink
>> dis net ietwat van n cheek wat sy gehad het. (Vir die wat nie weet nie,
>> die Mandelas het albei eregrade gekry by n universiteit in Kanada, Mnr.
>> Mandela ere burgerskap van Kanada. )
>>
>> Pop (wat soms op raak van Afrika volke wat nie genoeg vir hulleself doen
>> nie).
>> Begin by geboortebeperking, en voorskoolse indoktrinasie.
>>
>>
>>
>>
>> skryf in boodskap news:3BF8374B.5A447B9@home.com...
>> Wouter Plaasvark wrote:
>>
>>> wrote
>>> Tant Hessie buitekant Kunduz
>>>
>>> Wouter wonder of die Tant Hessie buitekant Kunduz dalk
>>> familie van daardie wulpse Tant Hessie Koekemoer is? :-)
>>> (Dis nou dié Tant Hessie met die humorsin)
>>
>> Nee, Wouter, Tant Hessie buitekant Kunduzwag vir die Taliban om oor te
>> gee.
>>
>
Re: Tant Hessie [boodskap #53641 is 'n antwoord op boodskap #53606] Ma, 19 November 2001 02:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> En nee, ons sal net nooit ophou om verlëe en skaam te voel oor die vinger
> tikkery en bedelary van ons leiers in die buiteland nie.

Bog. Wees bly dat julle huidige "leiers" ge-eer wordvir hulle werk ten voordele
van kinders op 'n vasteland
wat deur Europeërs en Europeane vir hulle eie gewin
geplunder is. Wees bly dat mense nou weer vir Suid-
Afrikaners respek het. Wees bly dat die leiers van
die finansiële wereld, wat op die oomblik in Ottawa
vergader, uiteindelik insien dat hulle rykdom (wat
oorspronklik op die rue van hulle imperiale kolonies
vergader is) gedeel moet word met daardie mense
wat deur hulle roofregerings beskadig is. Net soos
die eerste nasies in Kanada moet begin deel in die
rykdom wat uit hulle gebiede geroof word.

Gloudina

>
Re: Tant Hessie [boodskap #53642 is 'n antwoord op boodskap #53640] Ma, 19 November 2001 02:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek gee nie om vir wie hulle bedel of wat hulle dit noem nie, dit maak my nog
steeds skaam.
Annette

pop skryf in boodskap news:9t9piq$v9v$1@slb0.atl.mindspring.net...
> Jaaaaa, ek weet sy is Graca (Grassa , ek het gou by die character map
> gekyk hoe mens die c met die beentjie doen, maar kon dit nie regkry met
> control+ alt+ nie) . . . wou net facetious wees. Ek dink nie sy het
> vir Suid-Afrika per se geld gevra nie, sommer die hele Suidelike Afrika,
> seker meesal haar eertydse land Mosambique. Dis seker goeie PR
> om by so n geleentheid n versoek in te kry.
>
> pop
>
>
> Annette wrote in message
> news:9t9p12$17aqt$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Pop, ja, sy staan bekend as Graca Machell, vrou van Nelson Mandela. Ons
> weet
>> nie hier van 'n mevrou G Mandella nie.
>> En nee, ons sal net nooit ophou om verleë en skaam te voel oor die vinger
>> tikkery en bedelary van ons leiers in die buiteland nie.
>> Annette
>>
>>
>> pop wrote in message
>> news:9t9djh$bha$1@slb6.atl.mindspring.net...
>>> Hessie, wat het jy gedink van Mev. G. Mandela se acceptance toespraak
>>> toe sy hulle liggies oor die vingers geraps het oor Kanada se (volgens
>> haar)
>>> min geldelike hulp aan Afrika state. Ek het baie tyd vir Graca, maar
> het
>>> gedink
>>> dis net ietwat van n cheek wat sy gehad het. (Vir die wat nie weet nie,
>>> die Mandelas het albei eregrade gekry by n universiteit in Kanada, Mnr.
>>> Mandela ere burgerskap van Kanada. )
>>>
>>> Pop (wat soms op raak van Afrika volke wat nie genoeg vir hulleself doen
>>> nie).
>>> Begin by geboortebeperking, en voorskoolse indoktrinasie.
>>>
>>>
>>>
>>>
>>> skryf in boodskap news:3BF8374B.5A447B9@home.com...
>>> Wouter Plaasvark wrote:
>>>
>>>> wrote
>>>> Tant Hessie buitekant Kunduz
>>>>
>>>> Wouter wonder of die Tant Hessie buitekant Kunduz dalk
>>>> familie van daardie wulpse Tant Hessie Koekemoer is? :-)
>>>> (Dis nou dié Tant Hessie met die humorsin)
>>>
>>> Nee, Wouter, Tant Hessie buitekant Kunduzwag vir die Taliban om oor te
>>> gee.
>>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>
>
Re: Tant Hessie [boodskap #53643 is 'n antwoord op boodskap #53606] Ma, 19 November 2001 03:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Bog my voet.
Hoekom sal die oorsese media en ander leiers dan altyd verwys na die Afrika
leiers se gewoonte om oor die vingers te tik en dan net daarna geld te vra
vir een of ander saak.?
Dit is pleinweg 'n slegte gewoonte - en as jy mooi daaroor dink, sielkundige
afpersery.
Dis 'n algemene bekende feit dat Afrika leiers altyd geld bedel as hulle
oorsee gaan.
Dit is hoe die wêreld ons sien en ken.
Altyd bakhand -met die rugkant van die hand na onder.

Ons sien ook CNN hier. Ons hoor ook hier wat daar in die nuus gesê word, en
die wye wêreld ingedra word.
Ek dink werklik jy moet terugkom Gloudina - jy sal ons huidige eenogige
nuusberigte op SABC geweldig waardeer. Om die waarheid te sê, ek kan nie
sien hoekom ons nuusdiens jou nie lankal 'n werk aangebied het nie.
Annette

skryf in boodskap news:3BF87070.F5B42F31@home.com...
Annette wrote:

> En nee, ons sal net nooit ophou om verleë en skaam te voel oor die vinger
> tikkery en bedelary van ons leiers in die buiteland nie.

Bog. Wees bly dat julle huidige "leiers" ge-eer wordvir hulle werk ten
voordele
van kinders op 'n vasteland
wat deur Europeërs en Europeane vir hulle eie gewin
geplunder is. Wees bly dat mense nou weer vir Suid-
Afrikaners respek het. Wees bly dat die leiers van
die finansiële wereld, wat op die oomblik in Ottawa
vergader, uiteindelik insien dat hulle rykdom (wat
oorspronklik op die rue van hulle imperiale kolonies
vergader is) gedeel moet word met daardie mense
wat deur hulle roofregerings beskadig is. Net soos
die eerste nasies in Kanada moet begin deel in die
rykdom wat uit hulle gebiede geroof word.

Gloudina

>
Graça en Grenadelle [boodskap #53660 is 'n antwoord op boodskap #53639] Ma, 19 November 2001 10:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette"
Pop, ja, sy staan bekend as Graca Machell,

Wouter
Dis Graça Machel hoor. Machel

Annette
ons weet nie hier van 'n mevrou G Mandella nie.

Wouter
Ahem. Mandela
Jy dink dalk aan grenadella

Groetnis van Wouter wat nie 'n probleem met spelfoute en
tikfoute het nie. Behalwe as jy ander reghelp, dan moet jy nie
self foute maak nie. Vra maar vir Tant Hessie :-)
Re: Graça en Grenadelle [boodskap #53662 is 'n antwoord op boodskap #53660] Ma, 19 November 2001 10:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))))) Wouter ja, ek was in 'n effense dilemma toe ek daardie stukkie
geskryf het.
Dit het begin toe ek te lui was om die alt en die nommer met die c met die
stertjie te soek.
Toe moes ek die res na die beste van my vermoë so verkeerd moontlik probeer
skryf sodat daardie luiheid nie so uitstaan nie.
Apologie aan al die betrokke partye wat te na gekom is , en vlugsout moes
neem van ontsteltenis, in my opsetlike poging om my luiheid te verbloem.
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3bf8de1f.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Annette"
> Pop, ja, sy staan bekend as Graca Machell,
>
> Wouter
> Dis Graça Machel hoor. Machel
>
> Annette
> ons weet nie hier van 'n mevrou G Mandella nie.
>
> Wouter
> Ahem. Mandela
> Jy dink dalk aan grenadella
>
> Groetnis van Wouter wat nie 'n probleem met spelfoute en
> tikfoute het nie. Behalwe as jy ander reghelp, dan moet jy nie
> self foute maak nie. Vra maar vir Tant Hessie :-)
>
Re: Graça en Grenadelle [boodskap #53675 is 'n antwoord op boodskap #53660] Ma, 19 November 2001 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Apologie aan al die betrokke partye wat te na gekom is , en vlugsout moes
> neem van ontsteltenis, in my opsetlike poging om my luiheid te verbloem.

Verskonings, verskonings.

Die Voortrekkervroue wat die kakebeen-waens
stuk stuk oor die Drakensberge gedra het.
Re: Tant Hessie [boodskap #53685 is 'n antwoord op boodskap #53639] Ma, 19 November 2001 18:00 Na vorige boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 Nov 2001 03:46:19 +0200, "Annette"
wrote:

> Pop, ja, sy staan bekend as Graca Machell, vrou van Nelson Mandela. Ons weet
> nie hier van 'n mevrou G Mandella nie.

Maar wel weet ons dat sy die weduwee is van Cremora Machel.
Seker was sy toe bekend as Coffee Mate
Vorige onderwerp: Re: 'Baby rape part of apartheid's legacy'
Volgende onderwerp: Movies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 17:38:52 MGT 2024