Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die weer
Die weer [boodskap #53499] Vr, 16 November 2001 13:02 na volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
As ons Die Nuus kan hê op die NG kan ons sekerlik ook die weer hê.

Tant Hessie sneeu dit al daar? (Kanada/Amerika) My skoonsus se seun vlieg
vanaand NY toe om vir sy sus te gaan kuier.

Johan van Minnesota het altyd die mooiste vertellings oor hul omgewing
gehad. Lyk my Gloudina het hom nou heeltemal verjaag.

Hier het ons heelwat reën gehad en hoef ons dus nie tuin nat te gooi nie.

Kekkel
Re: Die weer [boodskap #53501 is 'n antwoord op boodskap #53499] Vr, 16 November 2001 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kekkelbek wrote:

> Tant Hessie sneeu dit al daar? (Kanada/Amerika) My skoonsus se seun vlieg
> vanaand NY toe om vir sy sus te gaan kuier.

Kekkel, ek dink nie daar is sneeu op die grond in
New York nie. Hier by ons was daar bietjie op die
grond maar het weer gesmelt. Die Noordooste
van Noord-Amerika het ongewone warmerige
weer die afgelope tyd gehad. Maar hy sal sy jas
nodig hê.

Gloudina
Re: Die weer [boodskap #53520 is 'n antwoord op boodskap #53499] Vr, 16 November 2001 18:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 Nov 2001 15:02:49 +0200, "Kekkelbek" wrote:

> Johan van Minnesota het altyd die mooiste vertellings oor hul omgewing
> gehad. Lyk my Gloudina het hom nou heeltemal verjaag.

Nee wat - hy het homself verjaag.
Hy het vir so kort rukkie 'n verskyning as Fielies gemaak, maar is toe
weer vinnig weg met 'n huff en 'n puff.
En buitendien Shannon - as jy wil lees van MN of ander Amerikaanse
state, kan jy mos na hulle nuusgroep gaan? Hierdie is 'n Suid
Afrikaanse kultuur groep.
Elkgeval...
Re: Die weer [boodskap #53648 is 'n antwoord op boodskap #53520] Ma, 19 November 2001 05:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek stel maar net belang in wat julle klomp oorsee ervaar...of moet ek nie in
julle belangstel nie?

Danielle skryf in boodskap news:7unavtobsmcnhm53ppib55eifhinrumso5@4ax.com...
> On Fri, 16 Nov 2001 15:02:49 +0200, "Kekkelbek"
> wrote:
>
>> Johan van Minnesota het altyd die mooiste vertellings oor hul omgewing
>> gehad. Lyk my Gloudina het hom nou heeltemal verjaag.
>
> Nee wat - hy het homself verjaag.
> Hy het vir so kort rukkie 'n verskyning as Fielies gemaak, maar is toe
> weer vinnig weg met 'n huff en 'n puff.
> En buitendien Shannon - as jy wil lees van MN of ander Amerikaanse
> state, kan jy mos na hulle nuusgroep gaan? Hierdie is 'n Suid
> Afrikaanse kultuur groep.
> Elkgeval...
>
Re: Die weer [boodskap #53650 is 'n antwoord op boodskap #53648] Ma, 19 November 2001 06:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 Nov 2001 07:54:59 +0200, "Kekkelbek" wrote:

> Ek stel maar net belang in wat julle klomp oorsee ervaar...of moet ek nie in
> julle belangstel nie?

I guess...:-)
Re: Die weer [boodskap #53652 is 'n antwoord op boodskap #53648] Ma, 19 November 2001 06:45 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kekkelbek, elkeen het maar sy eie belangstelling wat kultuur aan betref:))
Ek persoonlik het 'n broertjie dood aan mense wat oor die weer wil praat as
daar soveel ander goed is om oor te praat.
Kyk op CNN op SABC3 as jy regtig wil weet:)))

Grief my grensloos as ons Ian se ma in Engeland bel - dit neem my elk geval
drie maande om hom so ver te kry om dit self te doen, en sy eerste woorde is
ALTYD ( ek ken hom nou al 271/2 jaar) Hi Ma, How is the Weather, it is hot
here, you know?

Ek dink sterk daaraan om flitskaarte te maak vir hom om van af te lees
volgende keer as ons skakel:)))
Iets soos: Hi mom, how are you?
Die dierbare ou ding is al 87!! Hy behoort teen die tyd al te dink haar
gesondheid behoort sy eerste bron van kommer te wees:))
Annette

Kekkelbek skryf in boodskap news:3bf89fcb.0@news1.mweb.co.za...
> Ek stel maar net belang in wat julle klomp oorsee ervaar...of moet ek nie in
> julle belangstel nie?
>
> Danielle wrote in message
> news:7unavtobsmcnhm53ppib55eifhinrumso5@4ax.com...
>> On Fri, 16 Nov 2001 15:02:49 +0200, "Kekkelbek"
>> wrote:
>>
>>> Johan van Minnesota het altyd die mooiste vertellings oor hul omgewing
>>> gehad. Lyk my Gloudina het hom nou heeltemal verjaag.
>>
>> Nee wat - hy het homself verjaag.
>> Hy het vir so kort rukkie 'n verskyning as Fielies gemaak, maar is toe
>> weer vinnig weg met 'n huff en 'n puff.
>> En buitendien Shannon - as jy wil lees van MN of ander Amerikaanse
>> state, kan jy mos na hulle nuusgroep gaan? Hierdie is 'n Suid
>> Afrikaanse kultuur groep.
>> Elkgeval...
>>
>
Vorige onderwerp: wat weet Gloudina van Clivia-saad ?
Volgende onderwerp: Is ek verbaas?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 18:54:45 MGT 2024