Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dimbaza (was Matriekgedig)
Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53178] Vr, 09 November 2001 13:54 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Kan iemand weer my geheue verfris oor waar
Dimbaza is? My intuisie vertel
my dis in die Ooskaap. Is ek reg?

Wouter
Ja, dis reg. In elk geval so in die nuwe SA .
Dimbaza is by Bisho (King Williams Town)
en was vroeër deel van die Ciskei.
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53257 is 'n antwoord op boodskap #53178] Ma, 12 November 2001 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Dimbaza is by Bisho (King Williams Town)
> en was vroeër deel van die Ciskei.

Dimbaza is so 15 - 20 km Wes van King William's Town langs die pad na
Alice. Bisho le omtrent teenaan King - aan die oostekant.

Aardrykskundeles! :)

Drom
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53274 is 'n antwoord op boodskap #53178] Ma, 12 November 2001 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Drom wrote:

>> Dimbaza is by Bisho (King Williams Town)
>> en was vroeër deel van die Ciskei.
>
> Dimbaza is so 15 - 20 km Wes van King William's Town langs die pad na
> Alice. Bisho le omtrent teenaan King - aan die oostekant.
>

Ek voel dat "Dimbaza" in die gedig gekies is omdat dit
een of ander ikoniese waarde het - wat het by Dimbaza
gebeur, of waarvoor staan Dimbaza? Was dit een van die
plekke waarheen swartes uit die wit Kingwilliamstown
verwyder is of iets in dié lyn?
Dit is by Kingwilliamstown rond dat ek in die apartheids-
tyd ( op een van ons besoeke uit Kanada) die enigste
WITMENSE ontmoet het wat "verwyder" is om plek te
maak vir groter grondgebied vir die bantustan Ciskei. (Dit
was die skoonmense van een van my man se broers.)
Hulle was baie bitter dat hulle hulle plaas moes opgee.

Gloudina
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53293 is 'n antwoord op boodskap #53257] Ma, 12 November 2001 21:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Dimbaza is by Bisho (King Williams Town)
> en was vroeër deel van die Ciskei.

Drom se Aardrykskundeles! :)
Dimbaza is so 15 - 20 km Wes van King William's Town
langs die pad na Alice. Bisho le omtrent teenaan King - aan die oostekant.

Wouter
Ek hoop nie jy roep my 'n leuenaar oor 15 km nie :-)
Ek is nou nie van Fort Hare nie, maar was dikwels in Bisho/King WT en het
die twee dorpe nog altyd as een beskou, daar was bloot 'n politieke skeiding
en dit was meer oëverblindery as werklik. Daarom het ek die King Williams
Town in hakies agter Bisho gesit, ek beskou hulle as 'n eenheid.
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53295 is 'n antwoord op boodskap #53257] Ma, 12 November 2001 23:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is Alice die dorp wat so HOOG lê? Ek was al in daardie
omgewing, en onthou ons was iewers op pad wat geweldige
hoogtes ingesluit het, dalk was die Hogs Back.

Pop

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0111112246.2901fe4@posting.google.com...
>> Dimbaza is by Bisho (King Williams Town)
>> en was vroeër deel van die Ciskei.
>
> Dimbaza is so 15 - 20 km Wes van King William's Town langs die pad na
> Alice. Bisho le omtrent teenaan King - aan die oostekant.
>
> Aardrykskundeles! :)
>
> Drom
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53296 is 'n antwoord op boodskap #53293] Ma, 12 November 2001 23:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Roep jou n leuenaar Wouter, ek dog hulle roep jou
iets anders? :-))

Pop

> Wouter
> Ek hoop nie jy roep my 'n leuenaar oor 15 km nie :-)
> Ek is nou nie van Fort Hare nie, maar was dikwels in Bisho/King WT en het
> die twee dorpe nog altyd as een beskou, daar was bloot 'n politieke skeiding
> en dit was meer oëverblindery as werklik. Daarom het ek die King Williams
> Town in hakies agter Bisho gesit, ek beskou hulle as 'n eenheid.
>
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53297 is 'n antwoord op boodskap #53178] Di, 13 November 2001 01:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

pop wrote:

> Is Alice die dorp wat so HOOG lê? Ek was al in daardie
> omgewing, en onthou ons was iewers op pad wat geweldige
> hoogtes ingesluit het, dalk was die Hogs Back.
>

Die "geweldige hoogtes" was seker teen die Hogs Back
op. (Die werklike Hogs Back kruin is taamlik hoog. Ek
het eenkeer halfpad daarteen uit geklim.) Alice self is
egter nie baie hoog nie. Alice lê aan die voet van 'n
hoërige plato tussen Fort Beaufort en Alice. Op die
plato is Healdtown, 'n Metodiste skool wat in daardie
dae eksklusief swart was. Mandela se hoërskool. Ek
het vir twee jaar daar skoolgehou. En ek kan onthou
dat ons afgedaal het na Alice toe.

Gloudina
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53306 is 'n antwoord op boodskap #53178] Di, 13 November 2001 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
- wat het by Dimbaza
> gebeur, of waarvoor staan Dimbaza? Was dit een van die
> plekke waarheen swartes uit die wit Kingwilliamstown
> verwyder is of iets in di?lyn?

> Gloudina

Ek het so flussies 'n swart kollega gevra wat die woord beteken en sy
verduideliking was soos volg: "If a person with money goes out and
buys everything he sees, without thingking, he's dimbaza'ing." Hoop
dit help.
En nee wat, daar het nooit iets dramaties (behalwe die gewone
dag-tot-dag sakies) by Dimbaza gebeur nie, dit was net aan die begin
seker een van die beste voorbeelde van swak beplanning wat mens kon
hoop om te sien. Werklose mense is soontoe gelok (nie van King
William's Town af nie) met beloftes van huise en werk. Huise was daar
wel maar nie werk nie. Toe ons Oos-Kaap toe gekom het (1974) het mens
daar verby gery en duisende huise gesien en net een fabriekie, so
groot soos die prefab klaskamers wat hulle soms hier by ons skole
oprig. Daai tyd was daar eenkeer 'n berig in die "Dispatch" (Donald
Woods) dat daar meer as 600 aansoeke was vir net een geadverteerde
pos.

Deesdae lyk dit OK. Die plek het aansienlik gegroei en daar is baie
kleinerige fabrieke. Of dit genoeg is weet ek nie. So in die verbyry
lyk die plek netjies, mens sien 'n hele paar groot skole en daar is
nogal swaar verkeer in en uit.

Die Ciskei het Dimbaza maar net geerf (ge-erf?).

Jy sien wat daar gebeur het is dat huise geskep is lank voor werk
geskep is, en King William's Town kon op geen manier die "overflow"
hanteer nie.

Drom
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53326 is 'n antwoord op boodskap #53293] Di, 13 November 2001 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:...
>> Dimbaza is by Bisho (King Williams Town)
>> en was vroeër deel van die Ciskei.
>
> Drom se Aardrykskundeles! :)
> Dimbaza is so 15 - 20 km Wes van King William's Town
> langs die pad na Alice. Bisho le omtrent teenaan King - aan die oostekant.
>
> Wouter
> Ek hoop nie jy roep my 'n leuenaar oor 15 km nie :-)
> Ek is nou nie van Fort Hare nie, maar was dikwels in Bisho/King WT en het
> die twee dorpe nog altyd as een beskou, daar was bloot 'n politieke skeiding
> en dit was meer oëverblindery as werklik. Daarom het ek die King Williams
> Town in hakies agter Bisho gesit, ek beskou hulle as 'n eenheid.

Nee, ek sal nie :) Hulle is nou een ja, ons het mos nou hierdie groter
munisipaliteite. Ek weet nie of hulle (en baie ander plekke en
plekkies tussen in) dalk nou deel is van Buffalo City (hoofsetel = Oos
Londen) nie. Voorheen was hulle apart. King was nie deel van Ciskei
nie terwyl Bisho spesiaal gebou is om die Ciskeise regering en
gepaardgaande goeters te huisves. Die enigste sake daai tyd wat nie
regeringsgeboue was nie, was 'n sportstadion (Ronnie Kasrils se
"charge") en 'n Pick 'n Pay.

Drom
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53329 is 'n antwoord op boodskap #53178] Di, 13 November 2001 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Ja, Pop dink seker aan Hogsback, alhoewel mens dit tot onlangs kwalik
'n dorp kon noem. Al wat mens gesien het was die winkeltjie en die
drie hotelle. Die huise was diep in die bosse. Nou is daar oral
chalets, huise en wat nog.

Wat ek eintlik oor wil praat is Healdtown. Ek weet nie hoe lank jy al
hier weg is nie, maar weet jy dat Healdtown vir 'n hele klompie jare
toe was. So ook Lovedale College by Alice. In laasgenoemde se geval
wou (kon?) die Ciskei regering nie die huur betaal nie (dit het aan
een of ander Britse kerk behoort), maar ek weet nie wat die storie met
Healdtown was nie. Beide funksioneer nou weer. Lovedale is nou 'n
"community college" maar ek is amper seker Healdtown is weer 'n gewone
skool. Die Hoof is Francois Kalp, 'n baie bekwame organiseerder.

Pres Mandela het baie met die heropening te doene gehad; nie net was
dit sy skool nie, dit was vir baie baie jare 'n hoog aangeskrewe
skool.

Drom
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53330 is 'n antwoord op boodskap #53178] Di, 13 November 2001 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Ja, Pop dink seker aan Hogsback, alhoewel mens dit tot onlangs kwalik
'n dorp kon noem. Al wat mens gesien het was die winkeltjie en die
drie hotelle. Die huise was diep in die bosse. Nou is daar oral
chalets, huise en wat nog.

Wat ek eintlik oor wil praat is Healdtown. Ek weet nie hoe lank jy al
hier weg is nie, maar weet jy dat Healdtown vir 'n hele klompie jare
toe was. So ook Lovedale College by Alice. In laasgenoemde se geval
wou (kon?) die Ciskei regering nie die huur betaal nie (dit het aan
een of ander Britse kerk behoort), maar ek weet nie wat die storie met
Healdtown was nie. Beide funksioneer nou weer. Lovedale is nou 'n
"community college" maar ek is amper seker Healdtown is weer 'n gewone
skool. Die Hoof is Francois Kalp, 'n baie bekwame organiseerder.

Pres Mandela het baie met die heropening te doene gehad; nie net was
dit sy skool nie, dit was vir baie baie jare 'n hoog aangeskrewe
skool.

Drom
Bisho [boodskap #53335 is 'n antwoord op boodskap #53326] Di, 13 November 2001 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Drom
....terwyl Bisho spesiaal gebou is om die Ciskeise regering en
gepaardgaande goeters te huisves. Die enigste sake daai tyd wat nie
regeringsgeboue was nie, was 'n sportstadion (Ronnie Kasrils se
"charge") en 'n Pick 'n Pay.

Wouter
Darem nie heeltemaal nie. Jy vergeet van die Amatola(?) Sun.
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53336 is 'n antwoord op boodskap #53178] Di, 13 November 2001 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Drom wrote:

> dit was net aan die begin
> seker een van die beste voorbeelde van swak beplanning wat mens kon
> hoop om te sien. Werklose mense is soontoe gelok (nie van King
> William's Town af nie) met beloftes van huise en werk.
> Daai tyd was daar eenkeer 'n berig in die "Dispatch" (Donald
> Woods) dat daar meer as 600 aansoeke was vir net een geadverteerde
> pos.
>
> Deesdae lyk dit OK. Die plek het aansienlik gegroei en daar is baie
> kleinerige fabrieke.
>

Dankie vir die verduideliking, Drom.Donald Woods is natuurlik daardie ou
wat Steve Biko
se vriend was. Wie speel hom nou weer in die film?

Gloudina
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53338 is 'n antwoord op boodskap #53178] Di, 13 November 2001 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Drom wrote:

> Wat ek eintlik oor wil praat is Healdtown. Ek weet nie hoe lank jy al
> hier weg is nie, maar weet jy dat Healdtown vir 'n hele klompie jare
> toe was. Beide funksioneer nou weer. Lovedale is nou 'n
> "community college" maar ek is amper seker Healdtown is weer 'n gewone
> skool. Die Hoof is Francois Kalp, 'n baie bekwame organiseerder.
> Pres Mandela het baie met die heropening te doene gehad; nie net was
> dit sy skool nie, dit was vir baie baie jare 'n hoog aangeskrewe
> skool.

Dankie vir al die inligting. Ja, Mandela is baie geinteresseerd
in hierdie ou skole. Hy het verskeie groot mynmaatskappye
aangemoedig om geld te skenk vir die instandhouding van ou
geboue. Ek dink by Adams College is van daardie ou geboue
herstel en in museums omskep.
Was jy al by Healdtown? Dis op die plato net agter Fort
Beaufort. Laasgenoemde was dus ons naaste dorp. En ja,
Healdtown was 'n hoog aangeskrewe skool. Toe die
Amerikaanse sendelinge by Adams College hulself onttrek
het van die administrasie van die skool ( en Adams College
geheel en al in die hande van Bantoe-Onderwys geval het)
het die Metodiste Kerk 'n ander beleid gevolg. Hulle móés
die administrasie van die skóle oorgee aan Bantoe-Onderwys,
maar het besluit dat hulle die administrasie van die koshuise
sou waarneem (iets wat Bantoe-Onderwys verwelkom het)
en so het die Metodiste Kerk vir langer 'n rol gespeel by
Healdtown. Toe ek daar was, was Dr. Stanley Pitts die hoof
van Healdtown. Hy is kort daarna verkies as die hoof van die
Metodiste Kerk in SA. Hy is seker nou baie oud of dood al.

Gloudina
Oor varke [boodskap #53348 is 'n antwoord op boodskap #53296] Di, 13 November 2001 19:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Pop:
Roep jou n leuenaar Wouter, ek dog hulle roep jou
iets anders? :-))

Wouter
Dis juis die punt, Pop. Hulle roep my 'n plaasvark.
'n Plaasvark is 'n eerlike dier, dis die ander blerrie
varke wat so lieg en bedrieg

Wouter, die Waarheid- en Versoeningsvark
Re: Oor varke [boodskap #53351 is 'n antwoord op boodskap #53348] Di, 13 November 2001 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 Nov 2001 21:08:45 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Dis juis die punt, Pop. Hulle roep my 'n plaasvark.
> 'n Plaasvark is 'n eerlike dier, dis die ander blerrie
> varke wat so lieg en bedrieg
>
> Wouter, die Waarheid- en Versoeningsvark

Ai, die varke.....
:-))

(terloops, wat sal die afrikaanse vertaling vir "pig in a poke",
wees?)
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53355 is 'n antwoord op boodskap #53178] Di, 13 November 2001 20:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Jy nail my altyd oor my Ingels en my tikfoute. Nou gaan jy 'n
Aardrykskunde les kry of jy dit wil he of nie. Daai piek wat jy
halfpad geklim het is Gaika's kop, eintlik Nqike's, dis die dom
Engelse in Engeland wat sy naam so verander het. Die Hog's backs is
drie skerp riwwe so paar kilometers oos van Nqike se kop. As mens so
van grahamstown af aankom (ek weier om ggggrahamstad te se) sien mens
hulle duidelik. Seker het daai riwwe vir die Ingelse van daai tyd
gelyk soos hulle hogge se bekke.
Re: Oor varke [boodskap #53357 is 'n antwoord op boodskap #53348] Di, 13 November 2001 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Streepmuis wrote:

> (terloops, wat sal die afrikaanse vertaling vir "pig in a poke",
> wees?)

Kat in die sak.

Tant Hessie Cheshire
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53358 is 'n antwoord op boodskap #53178] Di, 13 November 2001 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Drom wrote:

> Gloudina
> Nou gaan jy 'n
> Aardrykskunde les kry of jy dit wil he of nie. Daai piek wat jy
> halfpad geklim het is Gaika's kop, eintlik Nqike's,

Dankie vir die teregwysing. Ek wonder of die Hogsback se naam nie
gekies is deur die Engelse setlaars (van 1820 ?)
omdat dit hulle herinner het aan 'n plek in
Engeland nie?

Gloudina

>
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53359 is 'n antwoord op boodskap #53178] Di, 13 November 2001 21:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina

Geen idee nie my swiet
Re: Oor varke [boodskap #53363 is 'n antwoord op boodskap #53348] Di, 13 November 2001 23:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 Nov 2001 20:43:44 GMT, @home.com wrote:

> Streepmuis wrote:
>
>> (terloops, wat sal die afrikaanse vertaling vir "pig in a poke",
>> wees?)
>
> Kat in die sak.
>
> Tant Hessie Cheshire

Baie dankie Ta' Hessie.
Maar ai, die Chesire gedeelte laat my wonder of iemand dalk die kat
uit die sak gaan laat, en vertel hoe die tannie per dalkies alweer
shrooms ge-eet het?

"But I don't want to go among mad people," Alice remarked.
"Oh, you can't help that," said the Cat: "we're all mad here. I'm mad.
You're mad."
"How do you know I'm mad?" said Alice.
"You must be," said the Cat, "or you wouldn't have come here."
Re: Bisho [boodskap #53374 is 'n antwoord op boodskap #53335] Wo, 14 November 2001 06:17 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Darem nie heeltemaal nie. Jy vergeet van die Amatola(?) Sun.

Ja, hoe kon ek! Daai dae het die Amatola Sun eenkeer 'n maand 'n
gholfdag op die King baan (mooi en moeilik) aangebied. Omtrent die
hele Alice klub was altyd daar, dan speel ons die oggend, suip die
middag om in die klub daar en dan het ons gaan dobbel. Self was ek
maar versigtig, maar 'n medefuifer het een aand R9000 gewen met vyf 20
sente. Hoe ons snags die beeste op die pad misgery het weet nugter.

Drom
Vorige onderwerp: O die donkie
Volgende onderwerp: Sensus en Ek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 13:30:05 MGT 2024