Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Antwoord vir Gloudini
Re: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51915 is 'n antwoord op boodskap #51668] Do, 18 Oktober 2001 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kekkelbek wrote:

> Van die meer geld en aandag wat jy dink na die afgeskeeptes gaan, het ek nog
> nie gesien nie. Ek
> vermoed daardie geld
> op die een of ander manier in 'n ander ou se sak geland het.

Is jy bekwaam om te besluit oor die gesondheidsdienste vandie afgeskeeptes?
Gaan jy in die gramadoelas van Kwazulu
Natal kyk? Weet jy selfs hoe lyk die klinieke in die meestal
swart dele van Johannesburg?
En jy "vermoed" die geld gaan in ander mense se sakke?
Pas tog op vir die "vermoed"-besigheid. Dit lyk my dis 'n
industrie onder sekere blankes in SA. En let jy op hoeveel
wit mense ook aangekla word van hulle sakke lyn in die
nuwe SA? Was daar nie nou kort gelede 'n skandaal oor
wit ouens wat allerhande bouwerk en ander soort dienste
aan lokale magistraatshowe verskaf het, of soiets nie.En
van die name wat ek in die koerant gelees het, was baie
van daardie vanne Afrikanervanne.

Gloudina
Re: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51916 is 'n antwoord op boodskap #51668] Do, 18 Oktober 2001 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BCEDDAE.8CE6EB91@home.com...
> Kekkelbek wrote:
>
>> die toestande in van die
>> hospitale word nou haaglik. Ek weet van 'n hospitaal wat nou omskep is in
>> 'n kliniek (waarom die weet ek nie)
>
> Kekkelbek, miskien is jy maar net soos die mensehier in Ottawa wat gekla het
> totdat hulle blou in die
> gesig was omdat een van die hospitale omskep is
> in 'n kliniek.

Ek gee nie om as 'n hospitaal in 'n kliniek omskep word indien die behoefte
daar is nie. Die probleem is net die arme dorp het net die een kleinerige
hospitaal gehad. Die hospitaal op die volgende dorp is nou baie verder en
die 'afgeskeeptes' het nou nog meer moeite om daar uit te kom. (besoekers
aan die siekes ook) Hulle kon eerder die hospitaal bietjie inkort (indien
finansieel nodig)en 'n kliniek by hulle in hul woonbuurt opgerig het.

Maar dit werk baie goed. In vandag
> se moderne operasie-metodieke speel klinieke
> 'n belangrike funksie. Hulle bring moderne diagnostiese
> masjiene saam in een plek, en al die operasies wat
> mens nou in 'n paar uur kry (soos byvoorbeeld
> katarakte) word in so 'n kliniek gedoen.

Die klinieke hier by ons, waarvan ek weet voorsien mense slegs van basiese
medisyne en inentings vir kinders.

> Nog 'n hospitaal wat toegemaak is, is 'n
> Katolieke hospitaal. Die gesondheidsowerhede
> het gereken dat die gebou te oud geword het
> vir die verskaffing van moderne fasiliteite. Die
> derde hospitaal wat hulle wou toemaak, was
> die enigste hospitaal wat uitsluitlik Franstalig
> was en wat in 'n intens Franse deel van Ottawa
> is. Dit was ook 'n ou hospitaal en moes toegemaak
> word, maar die Francofone het geobjekteer en
> dit word nou oopgehou, maar die mense moet tog
> nog maar na ander hospitale gaan vir meeste van
> die diens.
>
> Gloudina
>
Re: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51921 is 'n antwoord op boodskap #51668] Do, 18 Oktober 2001 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BCEE0AA.9709DA21@home.com...
> Kekkelbek wrote:
>
>> Van die meer geld en aandag wat jy dink na die afgeskeeptes gaan, het ek nog
>> nie gesien nie. Ek
>> vermoed daardie geld
>> op die een of ander manier in 'n ander ou se sak geland het.
>
> Is jy bekwaam om te besluit oor die gesondheidsdienste vandie afgeskeeptes?
> Gaan jy in die gramadoelas van Kwazulu
> Natal kyk? Weet jy selfs hoe lyk die klinieke in die meestal
> swart dele van Johannesburg?
> En jy "vermoed" die geld gaan in ander mense se sakke?
> Pas tog op vir die "vermoed"-besigheid. Dit lyk my dis 'n
> industrie onder sekere blankes in SA. En let jy op hoeveel
> wit mense ook aangekla word van hulle sakke lyn in die
> nuwe SA? Was daar nie nou kort gelede 'n skandaal oor
> wit ouens wat allerhande bouwerk en ander soort dienste
> aan lokale magistraatshowe verskaf het, of soiets nie.En
> van die name wat ek in die koerant gelees het, was baie
> van daardie vanne Afrikanervanne.
>
> Gloudina
>
....laat ek net gou eers terugklim op my stoel. Hierdie storm van jou het
my van my stoel af.....

Ek het niks (dêm waar is my 'i' se aksent streep as ek hom soek?) gesê van
watter kleur vel die mense het wat die geld in hul sakke druk nie. (dit het
niks met enige iets te make nie.) Jou aggressiewe benadering laat my wonder
waarom jy so gou op jou agterpote is?
Re: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51925 is 'n antwoord op boodskap #51668] Do, 18 Oktober 2001 15:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hier kraam die vroue tuis! (Daar's darem 'n Vroedvrou by.) Ons het nog
nie kinders nie, en is skytbang vir daai eerste keer! Dit voel of soveel
goed kan verkeerd gaan. Die eerste keer sou ek eerder hospitaal toe wou
jaag met 'n hygende vrou...

Hier's baie opvoedkundige programme oor die onderwerp op tv. Het nou al
'n paar bevallings bekyk, en sommige vroue gaan makliker deur so 'n
tuisbevalling as ek deur 'n paar
oggend-na-'n-paar-turksvye-die-vorige-aand... Ek dwaal af.
________________________________________________________

> Kekkelbek wrote:
>
>> die toestande in van die
>> hospitale word nou haaglik. Ek weet van 'n hospitaal wat nou omskep is in
>> 'n kliniek (waarom die weet ek nie)
>
> Kekkelbek, miskien is jy maar net soos die mensehier in Ottawa wat gekla het
> totdat hulle blou in die
> gesig was omdat een van die hospitale omskep is
> in 'n kliniek. Maar dit werk baie goed. In vandag
> se moderne operasie-metodieke speel klinieke
> 'n belangrike funksie. Hulle bring moderne diagnostiese
> masjiene saam in een plek, en al die operasies wat
> mens nou in 'n paar uur kry (soos byvoorbeeld
> katarakte) word in so 'n kliniek gedoen.
> Nog 'n hospitaal wat toegemaak is, is 'n
> Katolieke hospitaal. Die gesondheidsowerhede
> het gereken dat die gebou te oud geword het
> vir die verskaffing van moderne fasiliteite. Die
> derde hospitaal wat hulle wou toemaak, was
> die enigste hospitaal wat uitsluitlik Franstalig
> was en wat in 'n intens Franse deel van Ottawa
> is. Dit was ook 'n ou hospitaal en moes toegemaak
> word, maar die Francofone het geobjekteer en
> dit word nou oopgehou, maar die mense moet tog
> nog maar na ander hospitale gaan vir meeste van
> die diens.
>
> Gloudina
>
Re: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51926 is 'n antwoord op boodskap #51921] Do, 18 Oktober 2001 15:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die volgende skaakspel begin. Soos altyd speel G swart en haar
teëstander, hierdie keer K, speel met die wit stukkies. Dit het haar
darem die voordeel van die eerste skuif gegee. Hierdie mug het tog net
toevallig in die web van swart en wit blokkies beland, en hoe moes sy
weet dat ons hier op die wit blokkies speel en dit om die koningin
gaan...
____________________________________________________________ _

"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3bcee5e0.0@news1.mweb.co.za...
>
> skryf in boodskap news:3BCEE0AA.9709DA21@home.com...
>> Kekkelbek wrote:
>>
>>> Van die meer geld en aandag wat jy dink na die afgeskeeptes gaan, het ek nog
>>> nie gesien nie. Ek
>>> vermoed daardie geld
>>> op die een of ander manier in 'n ander ou se sak geland het.
>>
>> Is jy bekwaam om te besluit oor die gesondheidsdienste vandie afgeskeeptes?
>> Gaan jy in die gramadoelas van Kwazulu
>> Natal kyk? Weet jy selfs hoe lyk die klinieke in die meestal
>> swart dele van Johannesburg?
>> En jy "vermoed" die geld gaan in ander mense se sakke?
>> Pas tog op vir die "vermoed"-besigheid. Dit lyk my dis 'n
>> industrie onder sekere blankes in SA. En let jy op hoeveel
>> wit mense ook aangekla word van hulle sakke lyn in die
>> nuwe SA? Was daar nie nou kort gelede 'n skandaal oor
>> wit ouens wat allerhande bouwerk en ander soort dienste
>> aan lokale magistraatshowe verskaf het, of soiets nie.En
>> van die name wat ek in die koerant gelees het, was baie
>> van daardie vanne Afrikanervanne.
>>
>> Gloudina
>>
> ....laat ek net gou eers terugklim op my stoel. Hierdie storm van jou het
> my van my stoel af.....
>
> Ek het niks (dêm waar is my 'i' se aksent streep as ek hom soek?) gesê van
> watter kleur vel die mense het wat die geld in hul sakke druk nie. (dit het
> niks met enige iets te make nie.) Jou aggressiewe benadering laat my wonder
> waarom jy so gou op jou agterpote is?
>
Re: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51927 is 'n antwoord op boodskap #51668] Do, 18 Oktober 2001 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kekkelbek wrote:

> .Ek het niks gesê van
> watter kleur vel die mense het wat die geld in hul sakke druk nie.

Aha, en weer: aha.

Tant Hessie van die agterste psigiaters.
Re: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51930 is 'n antwoord op boodskap #51668] Do, 18 Oktober 2001 15:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Weet nie of dit by julle ook op die selfte tye aangekom het nie, maar my
skaakstorie is 3 min voor onderstaande gepos...

Ons skuif nog pionne rond...
__________________________________________________________
skryf in boodskap news:3BCEF734.78DAD826@home.com...
Kekkelbek wrote:

> .Ek het niks gesê van
> watter kleur vel die mense het wat die geld in hul sakke druk nie.

Aha, en weer: aha.

Tant Hessie van die agterste psigiaters.
Re: Skaak, was: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51960 is 'n antwoord op boodskap #51930] Vr, 19 Oktober 2001 06:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek gee nie om vir 'n pot skaak nie, mits die ander persoon wel weet watter
tipe skuif watter stuk mag maak. Gloudina het nou sommer haar koningin
gevat en die ruiter se skuif uitgevoer. Ek speel volgens die reëls. Sodra
sy die korrekte skuiwe geleer het, sal ek weer graag 'n beskaafde spel met
haar speel. Ek het al gesê sy beskik oor die breinvermoë om 'n beskaafde en
interessante gesprek te voer. Ek sal maar rustig wag tot daardie Gloudina
weer navore tree. Ek het egter nie lus vir woordspeletjies nie. Dis 'n
vermorsing van tyd en energie.

Dit is verkeerd om iets te lees in iets wat iemand nie sê nie. Dit is
verkeerd om elke persoon op die ng dieselfde kam te skeer. Dit is verkeerd
om mense wat 'n gesprek wil voer, wat inligting en sienings wil uitruil, aan
te val en onmiddellik te etiketteer. Dit is verkeerd om elke keer te moet
noem wat die kleur van 'n persoon was, behalwe as dit 'n spesifieke punt
motiveer.

Dankie tog dat daar net een Gloudina op die ng is. ;)) (net 'n grap, vir die
wat dit nie kan vang nie)

Shannon

Max skryf in boodskap news:9qmt4k$pd4$1@azure.nl.gxn.net...
> Weet nie of dit by julle ook op die selfte tye aangekom het nie, maar my
> skaakstorie is 3 min voor onderstaande gepos...
>
> Ons skuif nog pionne rond...
> __________________________________________________________
> skryf in boodskap news:3BCEF734.78DAD826@home.com...
> Kekkelbek wrote:
>
>> .Ek het niks gesê van
>> watter kleur vel die mense het wat die geld in hul sakke druk nie.
>
> Aha, en weer: aha.
>
> Tant Hessie van die agterste psigiaters.
>
Re: Skaak, was: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51974 is 'n antwoord op boodskap #51960] Vr, 19 Oktober 2001 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kekkelbek wrote:

> Ek speel volgens die reëls. Sodra
> sy die korrekte skuiwe geleer het, sal ek weer graag 'n beskaafde spel met
> haar speel.

Jy bedoel wanneer ek stilbly?

Tant Hessie van Swellendam
Re: Skaak, was: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51976 is 'n antwoord op boodskap #51960] Vr, 19 Oktober 2001 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
wel, as dit wat dit gaan kos om 'n beskaafde geprek met jou te kan voer, dan
is dit hoe dit moet wees ;)) (grappie)

skryf in boodskap news:3BD00E0A.EE16C7B4@home.com...

Kekkelbek wrote:

> Ek speel volgens die reëls. Sodra
> sy die korrekte skuiwe geleer het, sal ek weer graag 'n beskaafde spel met
> haar speel.

Jy bedoel wanneer ek stilbly?

Tant Hessie van Swellendam
Re: Skaak, was: Antwoord vir Gloudini [boodskap #51999 is 'n antwoord op boodskap #51960] Vr, 19 Oktober 2001 20:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 19 Oct 2001 08:34:02 +0200, "Kekkelbek" wrote:

> Ek gee nie om vir 'n pot skaak nie...

On Fri, 19 Oct 2001 08:34:02 +0200, "Kekkelbek" wrote:

> Ek gee nie om vir 'n pot skaak nie,

Shannon...? Een van die berugte skakers van SA?

DD
een van Hameln se skakervangers
Re: Skaak, was: Antwoord vir Gloudini [boodskap #52042 is 'n antwoord op boodskap #51999] Sa, 20 Oktober 2001 07:07 Na vorige boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
'berugte' wat 'n lae hou van jou kant! ;)) Ek wat so "sweet and nice" is
met almal?

Davie Davis skryf in boodskap news:6441ttstkp88u0tdgmqnq25smcnfkuft4b@4ax.com...
> On Fri, 19 Oct 2001 08:34:02 +0200, "Kekkelbek"
> wrote:
>
>> Ek gee nie om vir 'n pot skaak nie...
>
> On Fri, 19 Oct 2001 08:34:02 +0200, "Kekkelbek"
> wrote:
>
>> Ek gee nie om vir 'n pot skaak nie,
>
> Shannon...? Een van die berugte skakers van SA?
>
> DD
> een van Hameln se skakervangers
Vorige onderwerp: Bleddiehola Trust
Volgende onderwerp: laatlam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 20:47:14 MGT 2024