Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bloubottels en goed
Bloubottels en goed [boodskap #51231] Di, 09 Oktober 2001 07:07 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sien toe dat me die goed in die blou bottels so geniet - dadelik is die
gedagte toe aan kasterolie.
Ek het kleintyd 'n vriendin met rooi hare gehad - haar naam was ook
Annette - en sy was verslaaf aan die bloubottel - die kasterolie ene.
Nou wonder ek - hoeveel van ons hier het grootgeword met daardie swaard oor
ons koppe?
Ek kon nie eers kla van 'n kopseer of 'n seer knie nie, of die eerste
noodhulpmiddel was die bloubottel:)) Ma het dit nogal met lemoensap
ingegee - en tot twintig jaar later kon ek nog steeds die kasterolie proe
as ek lemoensap gedrink het.

Nou sien ek hier ook die fensie landgoede het wyn in blou bottels - my
verbeelding is seker te sterk, maar die rooiwyn in die groen bottels smaak
beslis lekkerder, en is nog boonop goedkoper ook:))
Annette ( die wynige ene)
Re: Bloubottels en goed [boodskap #51242 is 'n antwoord op boodskap #51231] Di, 09 Oktober 2001 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:9puhpr$km3bp$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek sien toe dat me die goed in die blou bottels so geniet - dadelik is die
> gedagte toe aan kasterolie.
> Ek het kleintyd 'n vriendin met rooi hare gehad - haar naam was ook
> Annette - en sy was verslaaf aan die bloubottel - die kasterolie ene.
> Nou wonder ek - hoeveel van ons hier het grootgeword met daardie swaard oor
> ons koppe?
> Ek kon nie eers kla van 'n kopseer of 'n seer knie nie, of die eerste
> noodhulpmiddel was die bloubottel:)) Ma het dit nogal met lemoensap
> ingegee - en tot twintig jaar later kon ek nog steeds die kasterolie proe
> as ek lemoensap gedrink het.

Van die een keer wat ek dit moes drink (ek dink vir my maag), kan ek nou nog
die smaak onthou! Gelukkig het my ma geglo aan Lennons se medisyne en dit
het die ding gedoen. My kinders ken ook peppermentdruppels vir naarheid.
Dit werk soos 'n bom. Die slag wat hulle deesdae se slegte medisyne moes
drink, het ek hulle maar oortuig hoe slegter die medisyne, hoe beter werk
dit!

>
> Nou sien ek hier ook die fensie landgoede het wyn in blou bottels - my
> verbeelding is seker te sterk, maar die rooiwyn in die groen bottels smaak
> beslis lekkerder, en is nog boonop goedkoper ook:))
> Annette ( die wynige ene)
Re: Bloubottels en goed [boodskap #51262 is 'n antwoord op boodskap #51242] Di, 09 Oktober 2001 18:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kekkelbek skryf in boodskap news:3bc2d044.0@news1.mweb.co.za...

> Die slag wat hulle deesdae se slegte medisyne moes
> drink, het ek hulle maar oortuig hoe slegter die medisyne, hoe beter werk
> dit!

Ek het nog altyd dieselfde van voedselsoorte gedink, Shannon.
Wys my lekker kos en ek wys jou ongesonde kos, of hoe?
Kyk maar hoe nie-lekker is rooiwyn, en kyk hoe gesond is dit. :-)

Vat nou maar die mense in Afganistan, die Oekraine en daar rond. (Selfs die
Eskimo's)
Geen Kentucky, MacDonalds, Coke of so nie, en kyk hoe gesond is hulle. En
die helfte se baarde groei ook so welig. (Die ander helfte is vrouens) Ek
hoop net nie hulle drop Kentucky, slaptjips en Coke as ratpacks daar nie,
want dan gaan Amerika op wees vir volksmoord!.

Maar wat eet mense in Afganistan? Eers het Rusland, en nou laat Amerika
hulle klippe kou.
Kyk net hoe gesond is daai mense.

Wie weet, miskien gaan Amerikaners ook nog in die proses minder hospitale
nodig he^.
Op die alternatiewe kontinent gaan dit sommer aidstekend en mense is redelik
vigs en gesond.
Re: Bloubottels en goed [boodskap #51312 is 'n antwoord op boodskap #51262] Wo, 10 Oktober 2001 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Briljant!
_______________________________________________________
"Kobus Pietersen"
> Op die alternatiewe kontinent gaan dit sommer aidstekend en mense is redelik
> vigs en gesond.
Re: Bloubottels en goed [boodskap #51315 is 'n antwoord op boodskap #51262] Wo, 10 Oktober 2001 10:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen skryf in boodskap news:9pveu9$52s$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Kekkelbek wrote in message
> news:3bc2d044.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Die slag wat hulle deesdae se slegte medisyne moes
>> drink, het ek hulle maar oortuig hoe slegter die medisyne, hoe beter werk
>> dit!
>
> Ek het nog altyd dieselfde van voedselsoorte gedink, Shannon.
> Wys my lekker kos en ek wys jou ongesonde kos, of hoe?
> Kyk maar hoe nie-lekker is rooiwyn, en kyk hoe gesond is dit. :-)

Ongelukkig vir my, is ek nie 'n wynliefhebber nie. Ek het nou al hoeveel
keer by my wederhelf geproe, maar die smaak wou nog nie vat kry nie.

My kookkos is my kinders se gunstelingkos. Wat gemorskos betref: ek kyk net
eenkeer daarna en tel sommer 2kg op. (verloor dit gelukkig weer binne 'n
week) Dus maak ek self gemorskos, wat gesonder is as die wat jy oor die
toonbank kan koop. (selfs Pizzas, lekkerder as die winkels s'n)

>
> Vat nou maar die mense in Afganistan, die Oekraine en daar rond. (Selfs die
> Eskimo's)
> Geen Kentucky, MacDonalds, Coke of so nie, en kyk hoe gesond is hulle. En
> die helfte se baarde groei ook so welig. (Die ander helfte is vrouens) Ek
> hoop net nie hulle drop Kentucky, slaptjips en Coke as ratpacks daar nie,
> want dan gaan Amerika op wees vir volksmoord!.
>
> Maar wat eet mense in Afganistan? Eers het Rusland, en nou laat Amerika
> hulle klippe kou.
> Kyk net hoe gesond is daai mense.
>
> Wie weet, miskien gaan Amerikaners ook nog in die proses minder hospitale
> nodig he^.
> Op die alternatiewe kontinent gaan dit sommer aidstekend en mense is redelik
> vigs en gesond.

(Eers het ek gedink die spelling was a.g.v. 'Fingervoute'.) Galgehumor
dus... Ek lewer liewer nie in diepte kommentaar nie, die ander gaan jou te
gou ophang, oor wat jy nou kwyt geraak het. ;))

>
Re: Bloubottels en goed [boodskap #51388 is 'n antwoord op boodskap #51262] Wo, 10 Oktober 2001 20:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kobus, skryf aseblief nog vir ons in siektetaal - dit is snaaks:)))
Annette

Kobus Pietersen skryf in boodskap news:9pveu9$52s$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Kekkelbek wrote in message
> news:3bc2d044.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Die slag wat hulle deesdae se slegte medisyne moes
>> drink, het ek hulle maar oortuig hoe slegter die medisyne, hoe beter werk
>> dit!
>
> Ek het nog altyd dieselfde van voedselsoorte gedink, Shannon.
> Wys my lekker kos en ek wys jou ongesonde kos, of hoe?
> Kyk maar hoe nie-lekker is rooiwyn, en kyk hoe gesond is dit. :-)
>
> Vat nou maar die mense in Afganistan, die Oekraine en daar rond. (Selfs die
> Eskimo's)
> Geen Kentucky, MacDonalds, Coke of so nie, en kyk hoe gesond is hulle. En
> die helfte se baarde groei ook so welig. (Die ander helfte is vrouens) Ek
> hoop net nie hulle drop Kentucky, slaptjips en Coke as ratpacks daar nie,
> want dan gaan Amerika op wees vir volksmoord!.
>
> Maar wat eet mense in Afganistan? Eers het Rusland, en nou laat Amerika
> hulle klippe kou.
> Kyk net hoe gesond is daai mense.
>
> Wie weet, miskien gaan Amerikaners ook nog in die proses minder hospitale
> nodig he^.
> Op die alternatiewe kontinent gaan dit sommer aidstekend en mense is redelik
> vigs en gesond.
>
Re: Bloubottels en goed [boodskap #51395 is 'n antwoord op boodskap #51388] Wo, 10 Oktober 2001 21:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:9q2ail$lkfcl$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Kobus, skryf aseblief nog vir ons in siektetaal - dit is snaaks:)))

Siektetaal?
Annette pasop vir jou, jou pakslae kan nie meer te ver wees nie.
Jou gai gaan nog brand as jy aanhou kaartmannetjie speel op die internet.

Jy's op notice soos hulle dit deesdae stel!!
Jou dockit by die Internetpolisie loop hoeka al oor.
Smaak my jou beker (rooiwyn) loop ook kort-kort oor. :-)

Anner twee mannetjies wat ook 'n goeie afranseling vedien is niggies Rolene
en Danielle.
Soebat en smeek sal nie help nie. :-)
Daar gaan kort voor lank 'n geween en 'n gekners van tande wees.

(Terloops, ek kry my taal by my booi David. Hy's skreeusnaaks as hy met sy
Belville briefcase rondloop en my vermaan!!)
Re: Bloubottels en goed [boodskap #51412 is 'n antwoord op boodskap #51395] Do, 11 Oktober 2001 05:27 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek neem kennis van die dreigende gevaar:))

Die gekners van tande is nie meer 'n bedreiging vir my nie - die tande is al
lekker stomp gekou aan al die lekker eetgoed:))

Of soos die sendingprediker gesê het:
En julle daar in die agterbank wat sit en smile met julle haasbekke - aan
julle sal valstande ge-supply word:))
Annette

>> Kobus, skryf aseblief nog vir ons in siektetaal - dit is snaaks:)))
>
> Siektetaal?
> Annette pasop vir jou, jou pakslae kan nie meer te ver wees nie.
> Jou gai gaan nog brand as jy aanhou kaartmannetjie speel op die internet.
>
> Jy's op notice soos hulle dit deesdae stel!!
> Jou dockit by die Internetpolisie loop hoeka al oor.
> Smaak my jou beker (rooiwyn) loop ook kort-kort oor. :-)
>
> Anner twee mannetjies wat ook 'n goeie afranseling vedien is niggies Rolene
> en Danielle.
> Soebat en smeek sal nie help nie. :-)
> Daar gaan kort voor lank 'n geween en 'n gekners van tande wees.
>
>
>
> (Terloops, ek kry my taal by my booi David. Hy's skreeusnaaks as hy met sy
> Belville briefcase rondloop en my vermaan!!)
>
Vorige onderwerp: Aanval op Afghanistan
Volgende onderwerp: Misdaad en Geweld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 18:07:34 MGT 2024