Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ou Bedeling Korrupsie
Ou Bedeling Korrupsie [boodskap #51149] So, 07 Oktober 2001 18:33 na volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nou kan Yengeni glimlag want, so hoor ons, die ou bedeling was net so
korrup: Die Inligtingskandaal en Pietie du Plessis. Om nou 'n ordentlike
vergelyking te kan tref, kan die Afrikanerdom se Nuwe Heiliges my van die
volgende inligting vergewis?

Hoeveel politici in die ou bedeling van 48 jaar, beide in plaaslike rade en
die
Volksraad was verdink of aangekeer vir korrupsie?

Hoeveel Staatdienste het tot stilstand gekom weens gebrek aan fondse?

Hoeveel plaasslike dorp- en stadsrade was gedurende die 48 jaar van
Nasionale Party regering bankrot verklaar?

Hoeveel hospitale het gesluit weens gebrek aan fondse?

Hoeveel fondse wat vir kankernavorsing en later vir Vigs het net in die niet
verdwyn?

Hoeveel wapentransaksies was onder die toonbank deur afgehandel?

Hoeveel van die land se paaie en spoornetwerk het weens bankrotskap in duie
gestort?

Hoeveel plaasboere (Wit of Swart) was gedurende die 45 jaar vermoor? En
indien wel, hoeveel van die moordenaars het gerieflikheids onthalwe
"ontsnap"?

Hoeveel mense is koelbloedig vermoor in motor skakings, bankrowe en ander
geweldsmisdaad?

(Om te dink Hans Strijdom het geweier om 'n private telefoonoproep vanuit
die Uniegeboue
te maak sonder om daarvoor te betaal.)
Re: Ou Bedeling Korrupsie [boodskap #51155 is 'n antwoord op boodskap #51149] So, 07 Oktober 2001 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Grahame man!!!
Een Yengeni, een fout uit die ou bedeling:))))

Ons moet die ander foute hou vir die ander lot wat een van die dae gaan
bedank:))
Annette

Grahame skryf in boodskap news:9pq7s1$dnk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nou kan Yengeni glimlag want, so hoor ons, die ou bedeling was net so
> korrup: Die Inligtingskandaal en Pietie du Plessis. Om nou 'n ordentlike
> vergelyking te kan tref, kan die Afrikanerdom se Nuwe Heiliges my van die
> volgende inligting vergewis?
>
> Hoeveel politici in die ou bedeling van 48 jaar, beide in plaaslike rade en
> die
> Volksraad was verdink of aangekeer vir korrupsie?
>
> Hoeveel Staatdienste het tot stilstand gekom weens gebrek aan fondse?
>
> Hoeveel plaasslike dorp- en stadsrade was gedurende die 48 jaar van
> Nasionale Party regering bankrot verklaar?
>
> Hoeveel hospitale het gesluit weens gebrek aan fondse?
>
> Hoeveel fondse wat vir kankernavorsing en later vir Vigs het net in die niet
> verdwyn?
>
> Hoeveel wapentransaksies was onder die toonbank deur afgehandel?
>
> Hoeveel van die land se paaie en spoornetwerk het weens bankrotskap in duie
> gestort?
>
> Hoeveel plaasboere (Wit of Swart) was gedurende die 45 jaar vermoor? En
> indien wel, hoeveel van die moordenaars het gerieflikheids onthalwe
> "ontsnap"?
>
> Hoeveel mense is koelbloedig vermoor in motor skakings, bankrowe en ander
> geweldsmisdaad?
>
> (Om te dink Hans Strijdom het geweier om 'n private telefoonoproep vanuit
> die Uniegeboue
> te maak sonder om daarvoor te betaal.)
>
Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51161 is 'n antwoord op boodskap #51149] So, 07 Oktober 2001 22:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Grahame vra 'n paar vrae oor die ou bedeling en sê dat die nuwe heiliges
moet antwoord. Dit diskwalifiseer my, want ek is nie 'n ou of nuwe heilige
nie. Ek sal daarom net enkele opmerkings maak.

'n Klomp van die vrae gaan oor infrastruktuur soos paaie, hospitale, ens.
Dié was in die ou bedeling aansienlik beter as tans, omdat die staat destyds
baie meer geld bestee het as tans. Staatsbesteding is intussens skerp
ingekort, dit was myns insiens nodig, maar dit het baie ongemaklike
newe-effekte, waarop Grahame se vra ook sinspeel. Dis egter ondenkbaar om
terug te gaan na die ou weë, dan is ons wat die ekonomie betref binne 'n
paar jaar 'n piesangrepubliek. Ek reageer op die ander vrae

1. Hoeveel politici in die ou bedeling van 48 jaar, beide in plaaslike rade
en die Volksraad was verdink of aangekeer vir korrupsie?

Om te kan vergelyk, moet jy ook die politici in die ou tuislande en
onafhanklike state insluit. Van hulle was meer as die helfte volgens ons
norme van destyds (en ook vandag se norme) erg korrup. Die antwoord is
ongetwyfeld dat die ou bedeling dramaties meer korrupte politici gehad het
en dat die korrupsie oor dramaties groter bedrae gegaan het as vandag. Ek
het destyds insae gehad in 'n klein deel van drie van die onafhanklike
state se staatsfinansies en wat daar gebeur het was horribaal, daar was
bedrog van duisende miljoene. Die groot verskil was dat dit selde die
koerante gehaal het.

2. Hoeveel wapentransaksies was onder die toonbank deur afgehandel?

Ongeveer almal, ons was in 'n bos-oorlog betrokke. Die sogenaamde geheime
deel van die verdedigingsbegroting (daar was drie of vier komponente onder
verskillende poste?) was nooit in die openbare oog nie.

3. Hoeveel plaasboere (Wit of Swart) was gedurende die 45 jaar vermoor? En
indien wel, hoeveel van die moordenaars het gerieflikheids onthalwe
"ontsnap"?

Ek weet nie, maar op die gebied van veiligheid, en wet en orde in die
algemeen, is ons baie swakker af as vroeër.

4. Hoeveel mense is koelbloedig vermoor in motor skakings, bankrowe en ander
geweldsmisdaad?

Ditto
Re: Ou Bedeling Korrupsie [boodskap #51164 is 'n antwoord op boodskap #51155] So, 07 Oktober 2001 23:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Oct 2001 21:49:23 +0200, "Annette" wrote:

> Nee Grahame man!!!
> Een Yengeni, een fout uit die ou bedeling:))))
>

LoL... dié een geniet ek Annette! Jy sal keer
dat hulle nie voor op die wa word nie!

DD
Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51176 is 'n antwoord op boodskap #51161] Ma, 08 Oktober 2001 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spook  is tans af-lyn  Spook
Boodskappe: 76
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ja die vrae oor paai laat my dink aan die grap. Wat het ons gehad voor ons
grondpaaie gehad het?
Teerpaaie

Groete
Spook

Sevareid`s Law: The chief cause of problems is solutions.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3bc0dc45.0@news1.mweb.co.za...
>
> Grahame vra 'n paar vrae oor die ou bedeling en sê dat die nuwe heiliges
> moet antwoord. Dit diskwalifiseer my, want ek is nie 'n ou of nuwe heilige
> nie. Ek sal daarom net enkele opmerkings maak.
>
> 'n Klomp van die vrae gaan oor infrastruktuur soos paaie, hospitale, ens.
> Dié was in die ou bedeling aansienlik beter as tans, omdat die staat destyds
> baie meer geld bestee het as tans. Staatsbesteding is intussens skerp
> ingekort, dit was myns insiens nodig, maar dit het baie ongemaklike
> newe-effekte, waarop Grahame se vra ook sinspeel. Dis egter ondenkbaar om
> terug te gaan na die ou weë, dan is ons wat die ekonomie betref binne 'n
> paar jaar 'n piesangrepubliek. Ek reageer op die ander vrae
>
> 1. Hoeveel politici in die ou bedeling van 48 jaar, beide in plaaslike rade
> en die Volksraad was verdink of aangekeer vir korrupsie?
>
> Om te kan vergelyk, moet jy ook die politici in die ou tuislande en
> onafhanklike state insluit. Van hulle was meer as die helfte volgens ons
> norme van destyds (en ook vandag se norme) erg korrup. Die antwoord is
> ongetwyfeld dat die ou bedeling dramaties meer korrupte politici gehad het
> en dat die korrupsie oor dramaties groter bedrae gegaan het as vandag. Ek
> het destyds insae gehad in 'n klein deel van drie van die onafhanklike
> state se staatsfinansies en wat daar gebeur het was horribaal, daar was
> bedrog van duisende miljoene. Die groot verskil was dat dit selde die
> koerante gehaal het.
>
> 2. Hoeveel wapentransaksies was onder die toonbank deur afgehandel?
>
> Ongeveer almal, ons was in 'n bos-oorlog betrokke. Die sogenaamde geheime
> deel van die verdedigingsbegroting (daar was drie of vier komponente onder
> verskillende poste?) was nooit in die openbare oog nie.
>
> 3. Hoeveel plaasboere (Wit of Swart) was gedurende die 45 jaar vermoor? En
> indien wel, hoeveel van die moordenaars het gerieflikheids onthalwe
> "ontsnap"?
>
> Ek weet nie, maar op die gebied van veiligheid, en wet en orde in die
> algemeen, is ons baie swakker af as vroeër.
>
> 4. Hoeveel mense is koelbloedig vermoor in motor skakings, bankrowe en ander
> geweldsmisdaad?
>
> Ditto
>
Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51199 is 'n antwoord op boodskap #51161] Ma, 08 Oktober 2001 18:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Wouter, Ek gaan akkoord.
Ek het net 'n ewige kleintjie dood met mense, veral Afrikaners, wat so
maklik kan sê dat die ou bedeling "net so korrup" was as die huidige een.
Lees maar net die koerante: Korrupsie, diefstal van fondse, misbruik van
voorregte het reeds in ons land epidemiese afmetings aangeneem.

Miskien moes ek eerder die geleidelike bankrotskap van ons land ook aan
wanspandering en onbevoegdheid toegeskryf het.

Feit is dat vir die beste deel van 48 jaar het ons ongekende voorspoed
geniet, nie as gevolg van apartheid nie, maar ten spyte daarvan. Ons het
basies eerlike regering gehad en dit was Suid-Afrika se heil..

Ek stem saam as jy korrupsie in die destydse tuislande noem, maar dit sou
nog nie die integriteit van die nasionale (kleinletter) regering onder die
soeklig plaas nie. Afgesien van die meriete aldan nie van die
tuislandbeleid sou Verwoerd hierdie tuislande met 'n ysterhand gekontrolleer
het, maar Vorster het toegelaat dat dit in sirkusse ontaard. Let wel, die
geldmagte van hierdie land was dood teen die tuislandbeleid, nie uit
menslike oorwegings nie, maar eerder omdat hulle die haalbaarheid van die
Swart koopkrag in die stede nie wou prysgee nie. Na die moord op Verwoerd
het hulle gewen, maar kyk na die stede vandag. Dieselfde Johannesburg wat
vir hulle so 'n geldmaak-paradys was is binne 'n paar jaar in
misdaadgeinvesteerde ghetto vervorm.

Ek besef meer as enigeen dat die dae van Afrikanerbeheer in Suid-Afrika iets
van die verlede is, maar ek weet ook dat ons vanweë ons Christelike inbors
en geloof in onsself nooit van hierdie planeet sal verdwyn nie, ten spyte
van die haatveldtogte teen ons, en eendag, as die Here die Groot Leuen aan
die kaak stel, mag ons weer die wêreld daarbuite in die oë kyk en ons en ons
nageslagte ons plek in die samelewing volstaan.

Die minste wat ons kan doen is om ons roemryke geskiedenis te bewaak
en te bewaar.

Grahame

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3bc0dc45.0@news1.mweb.co.za...
>
> Grahame vra 'n paar vrae oor die ou bedeling en sê dat die nuwe heiliges
> moet antwoord. Dit diskwalifiseer my, want ek is nie 'n ou of nuwe heilige
> nie. Ek sal daarom net enkele opmerkings maak.
>
> 'n Klomp van die vrae gaan oor infrastruktuur soos paaie, hospitale, ens.
> Dié was in die ou bedeling aansienlik beter as tans, omdat die staat destyds
> baie meer geld bestee het as tans. Staatsbesteding is intussens skerp
> ingekort, dit was myns insiens nodig, maar dit het baie ongemaklike
> newe-effekte, waarop Grahame se vra ook sinspeel. Dis egter ondenkbaar om
> terug te gaan na die ou weë, dan is ons wat die ekonomie betref binne 'n
> paar jaar 'n piesangrepubliek. Ek reageer op die ander vrae
>
> 1. Hoeveel politici in die ou bedeling van 48 jaar, beide in plaaslike rade
> en die Volksraad was verdink of aangekeer vir korrupsie?
>
> Om te kan vergelyk, moet jy ook die politici in die ou tuislande en
> onafhanklike state insluit. Van hulle was meer as die helfte volgens ons
> norme van destyds (en ook vandag se norme) erg korrup. Die antwoord is
> ongetwyfeld dat die ou bedeling dramaties meer korrupte politici gehad het
> en dat die korrupsie oor dramaties groter bedrae gegaan het as vandag. Ek
> het destyds insae gehad in 'n klein deel van drie van die onafhanklike
> state se staatsfinansies en wat daar gebeur het was horribaal, daar was
> bedrog van duisende miljoene. Die groot verskil was dat dit selde die
> koerante gehaal het.
>
> 2. Hoeveel wapentransaksies was onder die toonbank deur afgehandel?
>
> Ongeveer almal, ons was in 'n bos-oorlog betrokke. Die sogenaamde geheime
> deel van die verdedigingsbegroting (daar was drie of vier komponente onder
> verskillende poste?) was nooit in die openbare oog nie.
>
> 3. Hoeveel plaasboere (Wit of Swart) was gedurende die 45 jaar vermoor? En
> indien wel, hoeveel van die moordenaars het gerieflikheids onthalwe
> "ontsnap"?
>
> Ek weet nie, maar op die gebied van veiligheid, en wet en orde in die
> algemeen, is ons baie swakker af as vroeër.
>
> 4. Hoeveel mense is koelbloedig vermoor in motor skakings, bankrowe en ander
> geweldsmisdaad?
>
> Ditto
>
Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51233 is 'n antwoord op boodskap #51199] Di, 09 Oktober 2001 07:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 8 Oct 2001 20:05:15 +0200, "Grahame" wrote:

> Dankie Wouter, Ek gaan akkoord.
> Ek het net 'n ewige kleintjie dood met mense, veral Afrikaners, wat so
> maklik kan sê dat die ou bedeling "net so korrup" was as die huidige een.

Huh?

Wouter het dan geskryf: "Die antwoord is ongetwyfeld dat die ou
bedeling dramaties meer korrupte politici gehad het en dat die
korrupsie oor dramaties groter bedrae gegaan het as vandag"

Feit is dat vir die beste deel van 48 jaar het ons ongekende
voorspoed
> geniet, nie as gevolg van apartheid nie, maar ten spyte daarvan. Ons het
> basies eerlike regering gehad en dit was Suid-Afrika se heil..>

He,he.....
Yeah sure.
Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51260 is 'n antwoord op boodskap #51233] Di, 09 Oktober 2001 17:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wouter het geskryf oor korrupsie in die tuislande waarmee ek nie 'n probleem
het nie. Dit was allermins Afrikastate in die kleine. Ek het dit duidelik
gestel dat die sentrale regering nie aan naby soveel korrupsie en diefstal
skuldig was as jou (Ferdie) se regering nie. As jy nie kan sien hoe vrot
van korrupsie hierdie regering van jou (Ferdie) is nie is jy waaragtig of
blind of onnosel. Die land se ekonomie is in sy donder weens diefstal,
korrupsie en wanbesteding en jy wil nog steeds vinger wys na die ou
bedeling.

As jy dan nou kwansuis jou sarkasties wil uitlaat oor die eerlikheid van ons
vorige leiers (en hierby sluit ek die verraaier F.W.de Klerk uit), dan moet
jy kyk na jou eie eerlikheid teenoor jouself.

Grahame

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3bc4ad3b.1374660@news.is.co.za...
> On Mon, 8 Oct 2001 20:05:15 +0200, "Grahame"
> wrote:
>
> > Ek het net 'n ewige kleintjie dood met mense, veral Afrikaners, wat so
>> maklik kan sê dat die ou bedeling "net so korrup" was as die huidige
een.
>
> Huh?
>
> Wouter het dan geskryf: "Die antwoord is ongetwyfeld dat die ou
> bedeling dramaties meer korrupte politici gehad het en dat die
> korrupsie oor dramaties groter bedrae gegaan het as vandag"
>
> > geniet, nie as gevolg van apartheid nie, maar ten spyte daarvan. Ons het
>> basies eerlike regering gehad en dit was Suid-Afrika se heil..>
>
> He,he.....
> Yeah sure.
>
Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51269 is 'n antwoord op boodskap #51260] Di, 09 Oktober 2001 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
askme  is tans af-lyn  askme
Boodskappe: 11
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 9 Oct 2001 19:44:43 +0200, "Grahame" wrote:

> Wouter het geskryf oor korrupsie in die tuislande waarmee ek nie 'n probleem
> het nie. Dit was allermins Afrikastate in die kleine.

Jy bedoel dit was heeltemal anders as "Afrika -state"??

Ek het dit duidelik
> gestel dat die sentrale regering nie aan naby soveel korrupsie en diefstal
> skuldig was as jou (Ferdie) se regering nie.

Ek het my eie regering????

As jy nie kan sien hoe vrot
> van korrupsie hierdie regering van jou (Ferdie) is nie is jy waaragtig of
> blind of onnosel. Die land se ekonomie is in sy donder weens diefstal,
> korrupsie en wanbesteding en jy wil nog steeds vinger wys na die ou
> bedeling.

Miskien moet jy lees wat Wouter geskryf het.....?

> As jy dan nou kwansuis jou sarkasties wil uitlaat oor die eerlikheid van ons
> vorige leiers (en hierby sluit ek die verraaier F.W.de Klerk uit), dan moet
> jy kyk na jou eie eerlikheid teenoor jouself.

Ek was nie sarkasties nie. Ek was baie reguit. Miskien moet jy bietjie
gaan kyk na wat in die verlede in die land gebeur het. Begin by die
Inligting-skandaal.
Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51273 is 'n antwoord op boodskap #51161] Di, 09 Oktober 2001 22:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ek weet nie, maar op die gebied van veiligheid, en wet en orde in die
> algemeen, is ons baie swakker af as vroeër.

Wanneer jy hier "ons" sê, dan bedoel jy natuurlikuitsluitlik die mense met wit
velle. Onder die ou
bedeling was die mense met die nie-wit velle
baie slegter daaraan toe. Nie net was hulle nie goed
beskerm deur die staat se raamwerk nie, maar
daar was allerhande dinge wat onverwags met jou
kon gebeur as jy op die trein klim in die môre op
pad werk toe. Ons weet nou dat baie van daardie
insidente op die treine beplan en uitgevoer is deur
groepe binne die apartheidsregering se mags-
strukture. Oor die algemeen is die deursnee nie-
blanke mens nou baie veiliger as voor 1990 en
is sy gesondheidsdienste ens. ook baie beter as
voor 1990. Nie-blankes vorm meer as tagtig
persent van die bevolking van SA. Dit is tough
luck dat minder as een vyde van die bevolking
nou dink dinge is erger as vantevore. Relatief
gesproke gaan dit vandag ver beter vir ag van
die tien mense in die straat in SA as voor 1990.

Gloudina van die Derde Republiek se
observasie-afdeling.

>
Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51294 is 'n antwoord op boodskap #51260] Wo, 10 Oktober 2001 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Ferdi
> He,he.....
> Yeah sure.

Grahame
Wouter het geskryf oor korrupsie in die tuislande waarmee ek nie 'n probleem
het nie. Dit was allermins Afrikastate in die kleine. Ek het dit duidelik
gestel dat die sentrale regering nie aan naby soveel korrupsie en diefstal
skuldig was as jou (Ferdie) se regering nie. As jy nie kan sien hoe vrot
van korrupsie hierdie regering van jou (Ferdie) is nie is jy waaragtig of
blind of onnosel. Die land se ekonomie is in sy donder weens diefstal,
korrupsie en wanbesteding en jy wil nog steeds vinger wys na die ou
bedeling.

Wouter
Ek verskil hiervan, Grahame. Maar die debat het nou sodanig vervlak as
gevolg van Ferdi se sarkastiese opmerkings dat ek nie nou verder wil uitbrei
nie. Ek stel voor ons hervat dit rustig op 'n ander dag.
Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51298 is 'n antwoord op boodskap #51294] Wo, 10 Oktober 2001 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 10 Oct 2001 09:27:28 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Ek verskil hiervan, Grahame. Maar die debat het nou sodanig vervlak as
> gevolg van Ferdi se sarkastiese opmerkings dat ek nie nou verder wil uitbrei
> nie. Ek stel voor ons hervat dit rustig op 'n ander dag.

Die reaksie, Wouter, het 'n ander naam ook, ne?

(Van sarkasme gepraat: Iemand so rukkieb terug het geantwoord het
opmerkings soos "welkom in die nuwe SA" ens. Wouter, dink jy nie dit
was dalk sarkasties nie?)
Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51304 is 'n antwoord op boodskap #51298] Wo, 10 Oktober 2001 09:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> die debat vervlak as gevolg van Ferdi se sarkastiese opmerkings
> Ek stel voor ons hervat dit rustig op 'n ander dag.

Ferdi
Die reaksie, Wouter, het 'n ander naam ook, ne?
(Van sarkasme gepraat: Iemand so rukkie terug het geantwoord het
opmerkings soos "welkom in die nuwe SA" ens. Wouter, dink jy nie dit
was dalk sarkasties nie?)

Wouter
Meer ironies as sarkasties, Ferdi. Maar laat ons nie in semantiek verval
nie.

Natuurlik gebruik ek ironie en sarkasme. Op sy tyd en veral as reaksie op
aanmatigende stellings. En persoonlike aanvalle en beledigings soos in die
geval waarna jy verwys. Maar behalwe met jou (en dalk soms Gloudina)
vervlak dit nie die gesprek na persoonlike aanvalle nie.

Ek verkies om met argumente en feite 'n boodskap oor te kry en nie deur die
ander persoon te probeer verkleineer nie, want geen argument is totaal
sonder meriete nie. Behalwe dalk wanneer iemand aggressief volhou met snert
en die gestelde feite en argumente ignoreer. Gelukkig is hier net twee mense
wat hulle daaraan skuldig maak, en genadiglik gebeur dit nie te erg dikwels
nie.

Die feit is dat ek dit ongemaklik vind om aan dieselfde kant van 'n debat as
jy te staan, omdat jy die debat laat ontvlam met jou venynigheid. Enige
moontlikheid dat ek met jou geassosieer kan word maak my baie
ongemaklik en ek het altyd 'n keuse of en wanneer ek wil deelneem.

Ek oefen daardie keuse hier uit. Dis al.

Gaan gerus voort met die debat en kyk of jy iemand met jou
riooltaktiek beïndruk of oortuig. Dan neem ek die debat later
sonder jou op en dan kyk ons wat die resultaat dan is.
Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51325 is 'n antwoord op boodskap #51294] Wo, 10 Oktober 2001 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

> Grahame
> As jy nie kan sien hoe vrot
> van korrupsie hierdie regering van jou (Ferdie) is nie is jy waaragtig of
> blind of onnosel. Die land se ekonomie is in sy donder weens diefstal,
> korrupsie en wanbesteding en jy wil nog steeds vinger wys na die ou
> bedeling.
>
> Wouter
> Ek verskil hiervan, Grahame. Maar die debat het nou sodanig vervlak as
> gevolg van Ferdi se sarkastiese opmerkings dat ek nie nou verder wil uitbrei
> nie. Ek stel voor ons hervat dit rustig op 'n ander dag.

Gloudina:So dis verkiesliker vir jou om vir Ferdi aan te val oor sy
"metodes" as om die waarheid vir Grahame te stel? Ek
hou jou dop, Wouter, ek hou jou dop.

Gloudina
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51328 is 'n antwoord op boodskap #51304] Wo, 10 Oktober 2001 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Oct 2001 11:44:09 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

Enige
> moontlikheid dat ek met jou geassosieer kan word maak my baie
> ongemaklik en ek het altyd 'n keuse of en wanneer ek wil deelneem.
>
> Ek oefen daardie keuse hier uit. Dis al.
>

LOL... jy't jou naam kak gemaak ou Ferdi.
Daar is 'n plagiatiese neiging in jou pogings
om dieselfde vlak van (on)populariteit as
Gloudina te handhaaf.

DD
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51340 is 'n antwoord op boodskap #51328] Wo, 10 Oktober 2001 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 10 Oct 2001 14:32:18 +0200, Davie Davis wrote:

> LOL... jy't jou naam kak gemaak ou Ferdi.
> Daar is 'n plagiatiese neiging in jou pogings
> om dieselfde vlak van (on)populariteit as
> Gloudina te handhaaf.

Ek wag nog om te hoor watter politieke beginsels jy aan glo Davie.
Onthou jy?
JY het laas mos gevra wat myne is. Toe antwoord ek jou uitvoerig en
vra wat joune is, onthou?
Ek wag nou nog om dit te hoor.
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51342 is 'n antwoord op boodskap #51304] Wo, 10 Oktober 2001 14:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Behalwe dalk wanneer iemand aggressief volhou met snert
> en die gestelde feite en argumente ignoreer. Gelukkig is hier net twee mense
> wat hulle daaraan skuldig maak

Watter twee mense, Wouter? Is daar geen ander
mense wat jou "gestelde feite en argumente"
ignoreer en volhou met snert nie? Enige van die
joggies wat so die ou apartheids-speak uitspoeg,
is hulle hande skoon in jou boek?
En tel "Jou gat, my skat" wat jy al telkens teen
my geopper het, benewens al die toesnouery
wat ek gereeld opmerk, tel dit nie? Ek sou
dink dat jy ten minste net so aggressief as
Ferdi op hierdie nuusgroep is. En in my
woordeboek is "Jou gat, my skat" baie meer
sinkhuis-afrikaans as enigiets wat Ferdi ooit
gebruik.

Gloudina
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51344 is 'n antwoord op boodskap #51304] Wo, 10 Oktober 2001 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 10 Oct 2001 11:44:09 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Meer ironies as sarkasties, Ferdi. Maar laat ons nie in semantiek verval
> nie.

Hoekom nie Wouter?
Dit het jou nie 'n rukkie gelede gepla nie.....

> Natuurlik gebruik ek ironie en sarkasme. Op sy tyd en veral as reaksie op
> aanmatigende stellings.

Ek ook.
As jy mag dan mag ek ook seker...

En persoonlike aanvalle en beledigings soos in die
> geval waarna jy verwys. Maar behalwe met jou (en dalk soms Gloudina)
> vervlak dit nie die gesprek na persoonlike aanvalle nie.
>
> Ek verkies om met argumente en feite 'n boodskap oor te kry en nie deur die
> ander persoon te probeer verkleineer nie, want geen argument is totaal
> sonder meriete nie. Behalwe dalk wanneer iemand aggressief volhou met snert
> en die gestelde feite en argumente ignoreer. Gelukkig is hier net twee mense
> wat hulle daaraan skuldig maak, en genadiglik gebeur dit nie te erg dikwels
> nie.
>
> Die feit is dat ek dit ongemaklik vind om aan dieselfde kant van 'n debat as
> jy te staan,

Wouter in my oe is jy 'n subtiele rassis en glo my dit maak my
ongemaklik om aan jou kant te staan. Maar wat tel is die feite en die
argumentvoering. Ek laat my daardeur lei en nie deur die persoon wat
die argument voer nie.

omdat jy die debat laat ontvlam met jou venynigheid. Enige
> moontlikheid dat ek met jou geassosieer kan word maak my baie
> ongemaklik en ek het altyd 'n keuse of en wanneer ek wil deelneem.
>
> Ek oefen daardie keuse hier uit. Dis al.

Dis jou keuse om te kies om met 'n argument saam te stem op voorwaarde
jy ken en keur die persoon goed wat die argument gevoer het, ja.

Hoewel dit vir my duidelik is dat daar sekere probleme kan opduik.

> Gaan gerus voort met die debat en kyk of jy iemand met jou
> riooltaktiek beïndruk of oortuig. Dan neem ek die debat later
> sonder jou op en dan kyk ons wat die resultaat dan is.

Nog kwaad omdat ek jou uitgewys het as 'n rassis Wouter?
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51349 is 'n antwoord op boodskap #51304] Wo, 10 Oktober 2001 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jy't 'n kak woordeboek, gooi hom onmiddelik weg!
__________________________________________________

> En in my
> woordeboek is "Jou gat, my skat" baie meer
> sinkhuis-afrikaans as enigiets wat Ferdi ooit
> gebruik.
>
> Gloudina
>
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51356 is 'n antwoord op boodskap #51349] Wo, 10 Oktober 2001 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Max, nes ek dink jy is dalk "nice" dan glip daar 'n lelike woord by jou
e-pos uit.... }:( (hoe frons mens?)

Max skryf in boodskap news:9q1n1i$nom$1@azure.nl.gxn.net...
> Jy't 'n kak woordeboek, gooi hom onmiddelik weg!
> __________________________________________________
>
>> En in my
>> woordeboek is "Jou gat, my skat" baie meer
>> sinkhuis-afrikaans as enigiets wat Ferdi ooit
>> gebruik.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51357 is 'n antwoord op boodskap #51304] Wo, 10 Oktober 2001 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sinkhuis-Afrikaans was nou nie 'n sleg woord nie, maar jare gelede het alle
huise sinkdakke gehad. (self die mense met geld) Sinkhuis kan ook verkeerd
opgeneem word as mens dink wie wel meestal nou in sinkhuise woon. Verkeerde
woord dus. As hy in jou woordeboek is, is die woord dus nou oudmodies

skryf in boodskap news:3BC45EDD.C75FFCB4@home.com...
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Behalwe dalk wanneer iemand aggressief volhou met snert
>> en die gestelde feite en argumente ignoreer. Gelukkig is hier net twee mense
>> wat hulle daaraan skuldig maak
>
> Watter twee mense, Wouter? Is daar geen ander
> mense wat jou "gestelde feite en argumente"
> ignoreer en volhou met snert nie? Enige van die
> joggies wat so die ou apartheids-speak uitspoeg,
> is hulle hande skoon in jou boek?
> En tel "Jou gat, my skat" wat jy al telkens teen
> my geopper het, benewens al die toesnouery
> wat ek gereeld opmerk, tel dit nie? Ek sou
> dink dat jy ten minste net so aggressief as
> Ferdi op hierdie nuusgroep is. En in my
> woordeboek is "Jou gat, my skat" baie meer
> sinkhuis-afrikaans as enigiets wat Ferdi ooit
> gebruik.
>
> Gloudina
>
Sinkhuise. [boodskap #51358 is 'n antwoord op boodskap #51357] Wo, 10 Oktober 2001 16:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Sinkdakke is tog nie rêrig net vir armes nie?

Niks soos reën op 'n sinkdak nie!

Niks soos reën op 'n sinkhuis nie... Veral as die ander helfte van
karton gemaak is. Da's pas arm...
____________________________________________________________ _
"Kekkelbek"
> Sinkhuis-Afrikaans was nou nie 'n sleg woord nie, maar jare gelede het alle
> huise sinkdakke gehad. (self die mense met geld) Sinkhuis kan ook verkeerd
> opgeneem word as mens dink wie wel meestal nou in sinkhuise woon.
Glouds se woordeboek [boodskap #51359 is 'n antwoord op boodskap #51357] Wo, 10 Oktober 2001 16:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek't gesê sy't 'n &@& woordeboek!
______________________________________________________
"Kekkelbek"
> As hy in jou woordeboek is, is die woord dus nou oudmodies
Twakpraat met Kekkelbek [boodskap #51360 is 'n antwoord op boodskap #51356] Wo, 10 Oktober 2001 16:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jy was seker nie hier toe ons oor kak gepraat het nie. ('n Maand of twee
gelede) Ons gaan nie weer daaroor praat nie. Soms werk "twak" of "swak"
net nie so goed nie.

Natuurlik is ek "nice"!

Weet nie hoe mens frons nie, maar daai smiley van jou het my laat koes,
dit lyk of jy my soos 'n bul bestorm. Ek het amper in my broek gek...
Oeps, amper gebruik ek dit weer!
_______________________________________________________
"Kekkelbek"
> Max, nes ek dink jy is dalk "nice" dan glip daar 'n lelike woord by jou
> e-pos uit.... }:( (hoe frons mens?)
>
> Max
>> Jy't 'n kak woordeboek, gooi hom onmiddelik weg!
>> __________________________________________________
>>
>>> En in my
>>> woordeboek is "Jou gat, my skat" baie meer
>>> sinkhuis-afrikaans as enigiets wat Ferdi ooit
>>> gebruik.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51370 is 'n antwoord op boodskap #51161] Wo, 10 Oktober 2001 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Ek verskil hiervan, Grahame. Maar die debat het nou sodanig vervlak as
> gevolg van Ferdi se sarkastiese opmerkings dat ek nie verder wil uitbrei
> nie. Ek stel voor ons hervat dit rustig op 'n ander dag.

Gloudina: So dis verkiesliker vir jou om vir Ferdi aan te val oor sy
"metodes" as om die waarheid vir Grahame te stel?

Wouter:
Goed opgesom Gloudina. Goed opgesom.
Ons het altyd keuses in die demokratiese nuwe SA

Gloudina
Ek hou jou dop, Wouter, ek hou jou dop.

Wouter
Jou gat my skat, die dae van BOSS en die Groot Krokodil is verby.
Jy kan dophou soveel jy wil, dit tel nie 'n punt nie.
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51373 is 'n antwoord op boodskap #51304] Wo, 10 Oktober 2001 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Behalwe dalk wanneer iemand aggressief volhou met snert
> en gestelde feite en argumente ignoreer. Gelukkig is hier net twee mense
> wat hulle daaraan skuldig maak

Gloudina
Watter twee mense, Wouter?

Wouter
Uit die "ander mense" waaroor jy hierna skryf lei ek af dat jy weet
dat ek jou daarby insluit. Geen pryse vir wie die ander een is nie.

Gloudina:
Is daar geen ander mense wat jou "gestelde feite en argumente"
ignoreer en volhou met snert nie? Enige van die joggies wat so die
ou apartheids-speak uitspoeg, is hulle hande skoon in jou boek?

Wouter
Om te verskil en om sonder provokasie onbeskaafd te redeneer is
twee heel verskillende dinge. Jy en Ferdi val soms plat op die laaste
een, die ander nie wat ek kan onthou teenoor my nie. Dit gaan hier
nie oor wat gesê word nie, maar hoe. En ek verwys slegs na wat
mense na my rig of hoe hulle op my insette reageer. Die reaksies
wat jy en Ferdi hier van ander kry was nie ter sprake nie, ek is oor
my eie reaksies gevra en het daarvan gepraat. Julle twee lok in
elk geval gedurig aggressie uit en verdien myns insiens wat julle kry.

Gloudina
En tel "Jou gat, my skat" wat jy al telkens teen
my geopper het, benewens al die toesnouery
wat ek gereeld opmerk, tel dit nie? Ek sou
dink dat jy ten minste net so aggressief as
Ferdi op hierdie nuusgroep is. En in my
woordeboek is "Jou gat, my skat" baie meer
sinkhuis-afrikaans as enigiets wat Ferdi ooit gebruik.

Wouter
Jou aanvoeling vir Afrikaans het klaarblyklik vervlak.

En sover ek onthou was hierdie reaksies van my onder provokasie.
As jy aanvallend skryf moet jy nie agterna kom huil nie. Jy maak
gedurig sweeping statements wat van alle waarheid ontbloot is
en as ek jou daarop wys dat dit snert is, swyg jy dit dood of
verander die onderwerp. En dan hamer jy gedurig oor dinge
wat ander kwansuis lank terug sou gesê het en nie voor om
verskoning vra nie. D�m vervelig.

Nee Gloudinatjie, the lady doth protest too much.
Amper sê ek dit nog 'n keer, my skat.
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51374 is 'n antwoord op boodskap #51356] Wo, 10 Oktober 2001 19:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Oct 2001 17:11:56 +0200, "Kekkelbek" wrote:

> Max, nes ek dink jy is dalk "nice" dan glip daar 'n lelike woord by jou
> e-pos uit.... }:( (hoe frons mens?)
>

Hoe frons mens Kekkelbek? Sò: = (of so) ~

Ja kom ons frons maar so ~
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51385 is 'n antwoord op boodskap #51304] Wo, 10 Oktober 2001 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kekkelbek wrote:

> Sinkhuis-Afrikaans was nou nie 'n sleg woord nie, maar jare gelede het alle
> huise sinkdakke gehad. (self die mense met geld) Sinkhuis kan ook verkeerd
> opgeneem word as mens dink wie wel meestal nou in sinkhuise woon. Verkeerde
> woord dus. As hy in jou woordeboek is, is die woord dus nou oudmodies
>

Ja, ek dink jy het 'n punt hier, Kekkelerasie. Ek sal dit in hersiening moet
neem.
Sinkdakke is natuurlik 'n ander ding. Veral as jy in die Noordkaap bly,
het almal "corrugated iron" dakke gehad, gewoonlik wit geverf vir die
hitte, en een of twee dromme wat die water moes opvang wat so nou
en dan uit die hemel geval het. (Nie baie nie. Gewoonlik 12 duim per
jaar, altyd op my pa se rosyntjies as dit net mooi droog was.)

Gloudina
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51449 is 'n antwoord op boodskap #51373] Do, 11 Oktober 2001 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 10 Oct 2001 20:53:36 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> En sover ek onthou was hierdie reaksies van my onder provokasie.
> As jy aanvallend skryf moet jy nie agterna kom huil nie.>

En Nou?????

Dis OK as jy onder provokasie is, maar nie OK as ander onder
provokasie is nie??

Jy het serious selfondersoek om te doen Wouter....
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51467 is 'n antwoord op boodskap #51449] Do, 11 Oktober 2001 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter aan Gloudina
> En sover ek onthou was hierdie reaksies van my onder provokasie.
> As jy aanvallend skryf moet jy nie agterna kom huil nie.>

Ferdi
En Nou?????
Dis OK as jy onder provokasie is, maar nie OK as ander onder
provokasie is nie?? Jy het serious selfondersoek om te doen Wouter....

Wouter
Begin jy uiteindelik 'n humorsin kry, Ferdi?
Dis al amper snaaks ... Net effe pateties
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51472 is 'n antwoord op boodskap #51304] Do, 11 Oktober 2001 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter aan Gloudina
> > As jy aanvallend skryf moet jy nie agterna kom huil nie.>
>
> Ferdi
> En Nou?????
> Dis OK as jy onder provokasie is, maar nie OK as ander onder
> provokasie is nie?? Jy het serious selfondersoek om te doen Wouter....
>
> Wouter
> Begin jy uiteindelik 'n humorsin kry, Ferdi?
> Dis al amper snaaks ... Net effe pateties

Sien, Wouter Plaasvark, jy is jou eie vyand. Jy gaan haalpresies die
skietgoed uit waarmee ander jou kan afskiet.
Ek het al vergeet wat jy hierbo aanhaal van wat jy gesê
het. Gie, gie, gie.
En ek sien jy klou nog vas aan die "humorsin"-kernwapen
waaraan jy en Annette en sommige ander so glo. Vergeet
"humorsin", "humor". Ek kom nie uit 'n familie waar mense
sulke nare klein stekies gee onder die deksel van humor
nie. Maar ek ken ander mense wat dit doen. Dit is veral
prevalent onder 'n sekere soort Afrikaner. Hierdie soort
mense irriteer gewoonlik meer as hulle amuseer. Regte
humor is snaaks, maak nie seer nie. Maak nie vyande nie.

Gloudina
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51544 is 'n antwoord op boodskap #51304] Vr, 12 Oktober 2001 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mense het destyds altyd vrugte op die motorhuise se (sink)dakke gedroog.
Ons het as kinders in die straat gestap en sooooo lus gekry.
(geelperskes....)

Deesdae is ons lug so vuil, selfs die moerbeie is vol stof en moet jy dit
eers afwas om te eet. Selfs dan wonder jy of dit veilig is om dit te eet.

skryf in boodskap news:3BC4A34E.F2656F7A@home.com...
> Kekkelbek wrote:
>
>> Sinkhuis-Afrikaans was nou nie 'n sleg woord nie, maar jare gelede het alle
>> huise sinkdakke gehad. (self die mense met geld) Sinkhuis kan ook verkeerd
>> opgeneem word as mens dink wie wel meestal nou in sinkhuise woon. Verkeerde
>> woord dus. As hy in jou woordeboek is, is die woord dus nou oudmodies
>>
>
> Ja, ek dink jy het 'n punt hier, Kekkelerasie. Ek sal dit in hersiening moet
> neem.
> Sinkdakke is natuurlik 'n ander ding. Veral as jy in die Noordkaap bly,
> het almal "corrugated iron" dakke gehad, gewoonlik wit geverf vir die
> hitte, en een of twee dromme wat die water moes opvang wat so nou
> en dan uit die hemel geval het. (Nie baie nie. Gewoonlik 12 duim per
> jaar, altyd op my pa se rosyntjies as dit net mooi droog was.)
>
> Gloudina
>
Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51596 is 'n antwoord op boodskap #51544] Sa, 13 Oktober 2001 05:19 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Moenie veralgemeen nie kekkelbek - hier in die Kaap waai die sedoos nog nie
lug gereeld skoon:))
Annette

Kekkelbek skryf in boodskap news:3bc6d9af.0@news1.mweb.co.za...
> Mense het destyds altyd vrugte op die motorhuise se (sink)dakke gedroog.
> Ons het as kinders in die straat gestap en sooooo lus gekry.
> (geelperskes....)
>
> Deesdae is ons lug so vuil, selfs die moerbeie is vol stof en moet jy dit
> eers afwas om te eet. Selfs dan wonder jy of dit veilig is om dit te eet.
>
> skryf in boodskap news:3BC4A34E.F2656F7A@home.com...
>> Kekkelbek wrote:
>>
>>> Sinkhuis-Afrikaans was nou nie 'n sleg woord nie, maar jare gelede het
> alle
>>> huise sinkdakke gehad. (self die mense met geld) Sinkhuis kan ook
> verkeerd
>>> opgeneem word as mens dink wie wel meestal nou in sinkhuise woon.
> Verkeerde
>>> woord dus. As hy in jou woordeboek is, is die woord dus nou oudmodies
>>>
>>
>> Ja, ek dink jy het 'n punt hier, Kekkelerasie. Ek sal dit in hersiening
> moet
>> neem.
>> Sinkdakke is natuurlik 'n ander ding. Veral as jy in die Noordkaap bly,
>> het almal "corrugated iron" dakke gehad, gewoonlik wit geverf vir die
>> hitte, en een of twee dromme wat die water moes opvang wat so nou
>> en dan uit die hemel geval het. (Nie baie nie. Gewoonlik 12 duim per
>> jaar, altyd op my pa se rosyntjies as dit net mooi droog was.)
>>
>> Gloudina
>>
>
Vorige onderwerp: Geestesgesondheid Filmfees
Volgende onderwerp: Humor?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 06:21:24 MGT 2024