Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner of nie?
Afrikaner of nie? [boodskap #50296] Di, 18 September 2001 11:55 na volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Na gelang van Lou en gloudina se lang bespreking oor Gids wonder ek nou.
(die g was nie 'n ongeluk nie:))))

Hoe lank nadat jy weg is sien mens jouself as deel van 'n groep voordat jy
deel van die nuwe groep is. Ek self is in Beaufort-Wes gebore en het in
Kaapstad grootgeword. Dit maak my 'n Kapenaar. Sedertdien het ek langer in
die Transvaal gebly as in die Kaap. Maak dit my nou 'n Trônsvôler. Ek bly
nou weer meer as twee jaar in 'Toti en........

Die vraag bly. Hoe lank kan ek myself nog as 'n Afrikaner beskou as ek nie
meer in Suid-Afrika is nie.
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50297 is 'n antwoord op boodskap #50296] Di, 18 September 2001 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink dit hang van mens self af - ek sal altyd 'n Vrystater bly, al het ek
net 20 jaar van my lewe daar gewoon.
Dit moet seker 'n psigiese afstof wees voordat mens kan sê jy wil nie meer
deel wees nie.
Dus Sakkie - dis jou besluit of Toti die plek is waarmee jy jou sal wil
vereenselwig:))
Annette

--
> Na gelang van Lou en gloudina se lang bespreking oor Gids wonder ek nou.
> (die g was nie 'n ongeluk nie:))))
>
> Hoe lank nadat jy weg is sien mens jouself as deel van 'n groep voordat jy
> deel van die nuwe groep is. Ek self is in Beaufort-Wes gebore en het in
> Kaapstad grootgeword. Dit maak my 'n Kapenaar. Sedertdien het ek langer in
> die Transvaal gebly as in die Kaap. Maak dit my nou 'n Trônsvôler. Ek bly
> nou weer meer as twee jaar in 'Toti en........
>
> Die vraag bly. Hoe lank kan ek myself nog as 'n Afrikaner beskou as ek nie
> meer in Suid-Afrika is nie.
>
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50303 is 'n antwoord op boodskap #50297] Di, 18 September 2001 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
>> Hoe lank nadat jy weg is sien mens jouself as deel van 'n groep voordat jy
>> deel van die nuwe groep is.

Ek het in Kongo (eks-Zaïre) grootgeword en daar gebly tot ek 41 was. Ek's
nou tien jaar in België (op 26 September) en ik moet sê dat ek myself nog
steeds min of meer as 'n vreemdeling in hierdie land beskou. Ek voel dit
omdat ek die mense van 'buite-af' bekyk. As jy by jou 'eie' mense bly, dan
het jy die indruk dat jy verstaan wat hulle voel en weet hoe hulle gaan
reageer - jy weet wat jy kan verwag, as 't ware. Ek glo dat dit maar vir die
res van my lewe so sal wees. Dit sal seker wel my eie skuld wees, want
niemand sien aan my dat ek 'n 'uitlander' is nie :-) en ek praat dieselfde
taal. Selfs offisieel is ek in die land erken, want by die laaste
verkiesings moes ek stemme gaan tel !! :-))) Maar 'n deel van my is nie
hier nie.
Ek het nou wel aan die land self en aan die klimaat gewoond geraak en ek kan
nie sê dat ek nog regtig heimwee na Kongo het nie. Ons hele familie is hier,
met kinders en kleinkinders, en dit help seker ook om aan te pas. Tussen
hakies : ons kinders en kleinkinders is 100 % 'rasegte' Belge :-), of moet
ek sê 'Vlaminge' ?

Groete,

Hilda.
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50307 is 'n antwoord op boodskap #50303] Di, 18 September 2001 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit is baie interresant dat jy jouself na tien jaar nog as 'n "vreemdeling"
beskou. 'Skuus dat ek vra maar is jy van nature 'n introvert? Hoekom ek
vra is omdat introverte langer vat om aan te pas en deel te voel van 'n nuwe
omgewing. Windgatte soos ek het gewoonlik nie 'n probleem nie :-))))

"Hilda en Gervaas" skryf in boodskap news:DLHp7.59943$6x5.12916531@afrodite.telenet-ops.be...
>
>
> Ek's
> nou tien jaar in België (op 26 September) en ik moet sê dat ek myself nog
> steeds min of meer as 'n vreemdeling in hierdie land beskou.
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50314 is 'n antwoord op boodskap #50307] Di, 18 September 2001 15:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Dit is baie interresant dat jy jouself na tien jaar nog as 'n "vreemdeling"
> beskou. 'Skuus dat ek vra maar is jy van nature 'n introvert? Hoekom ek
> vra is omdat introverte langer vat om aan te pas en deel te voel van 'n nuwe
> omgewing. Windgatte soos ek het gewoonlik nie 'n probleem nie :-))))

Ek glo nie dat ek 'n introvert is nie :-)). Ek het vriende in België wat nog
nooit in Afrika was nie. Dalk was ek al te 'oud' om regtig aan te pas :-).
Maar ek's nou nie ongelukkig nie. Ek het die mense se gewoontes leer ken en
ek het aangepas - hulle is darem 'beskaaf' en die aanpassing was nie te
moeilik nie :-)).

Daar is seker ook minder verskil tussen die Kaap en Transvaal as tussen
iemand wat sy hele lewe in Afrika deurgebring het en 'n Weseuropeaan :-)).

Groete,
Hilda.
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50315 is 'n antwoord op boodskap #50314] Di, 18 September 2001 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hilda, jy maak 'n vreeslike aanvegbare stelling:)))
Die Transvalers gaan ongelukkig wees:))
Annette

>
> Daar is seker ook minder verskil tussen die Kaap en Transvaal as tussen
> iemand wat sy hele lewe in Afrika deurgebring het en 'n Weseuropeaan :-)).
>
> Groete,
> Hilda.
>
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50316 is 'n antwoord op boodskap #50315] Di, 18 September 2001 16:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
--

> Hilda, jy maak 'n vreeslike aanvegbare stelling:)))
> Die Transvalers gaan ongelukkig wees:))
> Annette

:-)) - Ek's gelukkig ver weg :-) - hulle kan net met woorde gooi :-).
Hilda.
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50319 is 'n antwoord op boodskap #50296] Di, 18 September 2001 16:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Hoe lank nadat jy weg is sien mens jouself as deel van 'n groep voordat jy
> deel van die nuwe groep is.
>
> Die vraag bly. Hoe lank kan ek myself nog as 'n Afrikaner beskou as ek nie
> meer in Suid-Afrika is nie.

Mens moet nie alles in wit en swart wil sien nie. Dit is nie 'n
óf...óf situasie nie. ( Behalwe miskien vir daardie mense wat
sê uit SA gegaan het omdat hulle nie van die nuwe SA hou nie,
en nou desperaat probeer verduidelik hoe kanadees of
amerikaans of australies hulle is.)
Ek is totaal in Kanada ingeburger en is intens lief vir die hele
Noord-Amerika ( veral die noord-oostelike deel van die
vasteland . Ek is so lief vir New York en Boston as wat
ek vir Montreal en Toronto is.) MAAR dit neem nie weg van
die feit dat sekere dele van SA intiem aan my "behoort" nie,
en tot my dooddag aan my sal "behoort." Ek ken miskien beter
as enigiemand op hierdie nuusgroep die eilande van die benede
Oranje en die lewe in die bulte langs die rivier se loop. Hoeveel
van julle weet hoe lyk 'n Oranje-Rivier lelie?
Buitendien bly al die lede van my familie nog in Suid-Afrika.
Ek is intiem met hulle in aanraking, in sommige gevalle omtrent
elke dag. Enigiemand wat vir my wil kom sê dat ek nie deel in
Suid-Afrika het nie, of nie mag hê nie, praat onsin. Bowendien
voel ek my één met die algemene kultuur in SA op die oomblik
op 'n manier wat nie voor 1994 moontlik was nie.
So, in my geval is dit nie lojaliteit aan óf Noord-Amerika óf
Suid-Afrika nie, maar beide Noord-Amerika én Suid-Afrika. Wat
'n weelde.

Gloudina
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50320 is 'n antwoord op boodskap #50296] Di, 18 September 2001 16:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
die oranje rivier lelie het uitgesterf!!!

@home.com wrote:

> Sakkie wrote:
>
>> Hoe lank nadat jy weg is sien mens jouself as deel van 'n groep voordat jy
>> deel van die nuwe groep is.
>>
>> Die vraag bly. Hoe lank kan ek myself nog as 'n Afrikaner beskou as ek nie
>> meer in Suid-Afrika is nie.
>
> Mens moet nie alles in wit en swart wil sien nie. Dit is nie 'n
> óf...óf situasie nie. ( Behalwe miskien vir daardie mense wat
> sê uit SA gegaan het omdat hulle nie van die nuwe SA hou nie,
> en nou desperaat probeer verduidelik hoe kanadees of
> amerikaans of australies hulle is.)
> Ek is totaal in Kanada ingeburger en is intens lief vir die hele
> Noord-Amerika ( veral die noord-oostelike deel van die
> vasteland . Ek is so lief vir New York en Boston as wat
> ek vir Montreal en Toronto is.) MAAR dit neem nie weg van
> die feit dat sekere dele van SA intiem aan my "behoort" nie,
> en tot my dooddag aan my sal "behoort." Ek ken miskien beter
> as enigiemand op hierdie nuusgroep die eilande van die benede
> Oranje en die lewe in die bulte langs die rivier se loop. Hoeveel
> van julle weet hoe lyk 'n Oranje-Rivier lelie?
> Buitendien bly al die lede van my familie nog in Suid-Afrika.
> Ek is intiem met hulle in aanraking, in sommige gevalle omtrent
> elke dag. Enigiemand wat vir my wil kom sê dat ek nie deel in
> Suid-Afrika het nie, of nie mag hê nie, praat onsin. Bowendien
> voel ek my één met die algemene kultuur in SA op die oomblik
> op 'n manier wat nie voor 1994 moontlik was nie.
> So, in my geval is dit nie lojaliteit aan óf Noord-Amerika óf
> Suid-Afrika nie, maar beide Noord-Amerika én Suid-Afrika. Wat
> 'n weelde.
>
> Gloudina
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50333 is 'n antwoord op boodskap #50296] Di, 18 September 2001 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
MAAR dit neem nie weg van
die feit dat sekere dele van SA intiem aan my "behoort" nie,
en tot my dooddag aan my sal "behoort."

Gloudina, hoekom jy skryf hier behoort???
Moet dit nie behoor wees nie???

Gr.Rico
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50339 is 'n antwoord op boodskap #50333] Wo, 19 September 2001 04:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Rico" skryf in boodskap news:9o8dl0$5r9$1@news1.xs4all.nl...
>
> MAAR dit neem nie weg van
> die feit dat sekere dele van SA intiem aan my "behoort" nie,
> en tot my dooddag aan my sal "behoort."
>
>
> Gloudina, hoekom jy skryf hier behoort???
> Moet dit nie behoor wees nie???
>
> Gr.Rico
>

Alleen in Nederlands. In Afrikaans is het wel goed.

-Gids-
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50340 is 'n antwoord op boodskap #50296] Wo, 19 September 2001 04:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Iemand het onder jou naam beweer dat jy 'n "Kanadees" is ? (Wil jy die
oorspronklike teks sien?)
skryf in boodskap news:3BA77877.CE6914B7@home.com...
Sakkie wrote:

>  Hoe lank nadat jy weg is sien mens jouself as deel van 'n groep voordat jy
>  deel van die nuwe groep is.
>
>  Die vraag bly.  Hoe lank kan ek myself nog as 'n Afrikaner beskou as ek nie
>  meer in Suid-Afrika is nie.

 Mens moet nie alles in wit en swart wil sien nie. Dit is nie 'n
óf...óf situasie nie. ( Behalwe miskien vir daardie mense wat
sê uit SA gegaan het omdat hulle nie van die nuwe SA hou nie,
en nou desperaat probeer verduidelik hoe kanadees of
amerikaans of australies hulle is.)
   Ek is totaal in Kanada ingeburger en is intens lief vir die hele
Noord-Amerika ( veral die noord-oostelike deel van die
vasteland . Ek is so lief vir New York en Boston as wat
ek vir Montreal en Toronto is.) MAAR dit neem nie weg van
die feit dat sekere dele van SA intiem aan my "behoort" nie,
en tot my dooddag aan my sal "behoort." Ek ken miskien beter
as enigiemand op hierdie nuusgroep die eilande van die benede
Oranje en die lewe in die bulte langs die rivier se loop. Hoeveel
van julle weet hoe lyk 'n Oranje-Rivier lelie?
   Buitendien bly al die lede van my familie nog in Suid-Afrika.
Ek is intiem met hulle in aanraking, in sommige gevalle omtrent
elke dag. Enigiemand wat vir my wil kom sê dat ek nie deel in
Suid-Afrika het nie, of nie mag hê nie, praat onsin. Bowendien
voel ek my één met die algemene kultuur in SA op die oomblik
op 'n manier wat nie voor 1994 moontlik was  nie.
    So, in my geval is dit nie lojaliteit aan óf Noord-Amerika óf
Suid-Afrika nie, maar beide Noord-Amerika 'n Suid-Afrika. Wat
'n weelde.

Gloudina
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50341 is 'n antwoord op boodskap #50296] Wo, 19 September 2001 04:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" skryf in boodskap news:3ba735ce$0$233@hades.is.co.za...

>
> Die vraag bly. Hoe lank kan ek myself nog as 'n Afrikaner beskou as ek nie
> meer in Suid-Afrika is nie.
>
Heel eenvoudig, Sakkie. Dit is so lank jy jouself beskou as 'n Afrikaner ;)
Ek dink nie dat ek myself ooit as 'n Nederlander kan beskou nie, omdat my
manier van dink en doen so anders is dan die van 'n Nederlander. Dan moet ek
ook sê dat ek die definisie van Afrikaner in 'n ander sin gebruik dan
sommige Afrikaners. Ek kon my vanaf kindsdae nie vereenselwig met die
Laertrekkende, Nasionalistiese, Konserwatiewe, rassistiese "Afrikaner" nie.

Ek is Afrikaanssprekend (tuis en in my gedagtegang) en egte kultuurgoed is
deel van my lewe, (nie die dinge wat deur die Nasionaliste en hul slagskape
bedink is as nasionale simbole om na die oorlog die armblanke te probeer
verenig nie). Ek beskou enige Afrikaanssprekende as my broer. Ek deel my
Afrikaanse kultuur met Swart, bruin en witmense in Suid-Afrika en in die res
van die wêreld.

Maar ek is ook 'n Suid-Afrikaner...

-Gids-
>
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50342 is 'n antwoord op boodskap #50333] Wo, 19 September 2001 04:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Rico - ons ken hier net van behoort - nie behoor nie.
Annette

> MAAR dit neem nie weg van
> die feit dat sekere dele van SA intiem aan my "behoort" nie,
> en tot my dooddag aan my sal "behoort."
>
>
> Gloudina, hoekom jy skryf hier behoort???
> Moet dit nie behoor wees nie???
>
> Gr.Rico
>
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50349 is 'n antwoord op boodskap #50341] Wo, 19 September 2001 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gits Gids, ek glo nie hier is meer iemand wat hom/haarself vereenselwig met
die (haal aan)"Laertrekkende, Nasionalistiese, Konserwatiewe, rassistiese
"Afrikaner" nie." Behalwe Frikkie miskien:-)))) . Nee jong, by vér die
oorgrote meerderheid van ons "Suid-Afrikaanse Afrikaners" is donkiejare
gelede verby daardie stadium. Daar is net 'n onvermoeie by die buitewêreld
om dit raak te sien. Miskien wél hulle dit nie sien nie. Wanneer almal dit
eendag raaksien, het ons regering nie meer die "as a result of the apartheid
regime" om agter weg te kruip nie. '94 tot nou is net SEWENTIEN JAAR. Hoe
kan 'n ou nou verwag om die vrugte van veranderinge te sien in so 'n kort
tydjie. Die rykes word nog altyd ryker, die armes word nog altyd armer,
mense in magsposisies misbruik dit nog altyd, bedrog vier nog altyd
hooggety(miskien nou meer as ooit tevore)

Nog 'n ding, die Nationaliste sal jou hang as hulle hoor jy noem hulle
Konserwatief :-))))

"Gids" skryf in boodskap news:EzVp7.73349$U31.9240330@zwoll1.home.nl...
>
> "Sakkie" schreef in bericht
> news:3ba735ce$0$233@hades.is.co.za...
>
>>
>> Die vraag bly. Hoe lank kan ek myself nog as 'n Afrikaner beskou as ek
> nie
>> meer in Suid-Afrika is nie.
>>
> Heel eenvoudig, Sakkie. Dit is so lank jy jouself beskou as 'n Afrikaner ;)
> Ek kon my vanaf kindsdae nie vereenselwig met die
> Laertrekkende, Nasionalistiese, Konserwatiewe, rassistiese "Afrikaner" nie.
>
> Ek beskou enige Afrikaanssprekende as my broer. Ek deel my
> Afrikaanse kultuur met Swart, bruin en witmense in Suid-Afrika en in die res
> van die wêreld.
>
> Maar ek is ook 'n Suid-Afrikaner...
>
>
> -Gids-
>>
>
Sewe maer jare? [boodskap #50357 is 'n antwoord op boodskap #50349] Wo, 19 September 2001 09:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" '94 tot nou is net SEWENTIEN JAAR.

Wouter: Regtig, Sakkie?
Re: Sewe maer jare? [boodskap #50361 is 'n antwoord op boodskap #50357] Wo, 19 September 2001 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kom nou Wouter, dit voel soos SEWENTIG :-)))) Sewe het nie genoeg trefkrag
nie en ek is seker 'n paar ouens het dit nie eens agtergekom nie.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3ba86534.0@news1.mweb.co.za...
> "Sakkie" '94 tot nou is net SEWENTIEN JAAR.
>
> Wouter: Regtig, Sakkie?
>
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50369 is 'n antwoord op boodskap #50307] Wo, 19 September 2001 10:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
So 'n skuif kan ook van 'n ekstrovert 'n introvert maak. Veral as jy nie die
taal goed kan beheers nie...

Windgatte soos jy durf dit gewoonlik nie om te trek na die vreemde nie!
(Toemaar, ek joke net... Geen persoonlike aanval nie.)
_________________________________________________________
"Sakkie"
> beskou. 'Skuus dat ek vra maar is jy van nature 'n introvert? Hoekom ek
> vra is omdat introverte langer vat om aan te pas en deel te voel van 'n nuwe
> omgewing. Windgatte soos ek het gewoonlik nie 'n probleem nie :-))))
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50371 is 'n antwoord op boodskap #50369] Wo, 19 September 2001 10:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Om iemand te kan uittrap in 'n taal wat hy nie verstaan nie het sy voordele.
Al verstaan die ontvanger nie wat jy sê nie, verstaan hy die lyftaal baie
goed en daar is nie die lastigheid van "hy't dit gesê" nie.

"Max" skryf in boodskap news:9o9t1o$qr7$1@azure.nl.gxn.net...
> So 'n skuif kan ook van 'n ekstrovert 'n introvert maak. Veral as jy nie die
> taal goed kan beheers nie...
Re: Sewe maer jare? [boodskap #50372 is 'n antwoord op boodskap #50357] Wo, 19 September 2001 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> "Sakkie" '94 tot nou is net SEWENTIEN JAAR.
>
> Wouter: Regtig, Sakkie?

Ja, Wouter, dis wanneer jy thewe thakke thoutsal moet op-eet.

Gloudina
Re: nasietrots was: Sewe maer jare? [boodskap #50373 is 'n antwoord op boodskap #50361] Wo, 19 September 2001 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
nie wát agtergekom nie? ;))

Daar het eintlik baie min verander in 7 jaar.

'n Groot verandering is wel nasietrots by ons kinders: Ek onthou op skool
hoeveel hulle nasietrots (die: "ek is 'n Suid Afrikaner") by ons ingeprent
het. Daar was 'n baie sterk "ek-behoort-tot-gevoel" en 'n trots op jou land
en jou taal. Dis vir my skokkend om ons kinders van vandag te sien en te
hoor. Hoe meer Amerikaans iets is, hoe beter en van nasietrots is daar geen
teken nie. Hoe meer hulle hulle "tails mix" (taal meng) hoe beter. My
kinders meen al ek is 'n tweetalige woordeboek soos ek hulle korrigeer! ;))

Sakkie skryf in boodskap news:3ba8695e$0$233@hades.is.co.za...
> Kom nou Wouter, dit voel soos SEWENTIG :-)))) Sewe het nie genoeg trefkrag
> nie en ek is seker 'n paar ouens het dit nie eens agtergekom nie.
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3ba86534.0@news1.mweb.co.za...
>> "Sakkie" '94 tot nou is net SEWENTIEN JAAR.
>>
>> Wouter: Regtig, Sakkie?
>>
>
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50377 is 'n antwoord op boodskap #50371] Wo, 19 September 2001 11:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die probleem as jy dit in Nederland doen, is dat hulle die verkeerde woorde
verstaan as heel ander betekenis as wat jy dit bedoel. As jy verstaan wat ek
bedoel...

Hier mag jy nie sê dat jy jou kind gaan neuk nie. Jy mag wel sê dat jy hom
op sy kont gaan slaan... Heel erg konfusing!
______________________________________________________
"Sakkie"
> Om iemand te kan uittrap in 'n taal wat hy nie verstaan nie het sy voordele.
> Al verstaan die ontvanger nie wat jy sê nie, verstaan hy die lyftaal baie
> goed en daar is nie die lastigheid van "hy't dit gesê" nie.
>
> "Max" skryf in boodskap news:9o9t1o$qr7$1@azure.nl.gxn.net...
>> So 'n skuif kan ook van 'n ekstrovert 'n introvert maak. Veral as jy nie
> die
>> taal goed kan beheers nie...
>
Re: nasietrots was: Sewe maer jare? [boodskap #50378 is 'n antwoord op boodskap #50373] Wo, 19 September 2001 11:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3ba88333.0@news1.mweb.co.za...
> nie wát agtergekom nie? ;))

grin

> 'n Groot verandering is wel nasietrots by ons kinders

Al wat ons kinders elke dag hoor is hoe rassisties hul ouers was/is. Hoe
hulle mense eeue lank onderdruk en vermoor het. Hoe verwag 'n mens dat 'n
kind moet trots wees op so 'n erfenis.
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50381 is 'n antwoord op boodskap #50377] Wo, 19 September 2001 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy sal maar moet Zoeloe probeer Max :-)))))

"Max" skryf in boodskap news:9oa17j$rvd$1@azure.nl.gxn.net...
> Die probleem as jy dit in Nederland doen, is dat hulle die verkeerde woorde
> verstaan as heel ander betekenis as wat jy dit bedoel. As jy verstaan wat ek
> bedoel...
>
> Hier mag jy nie sê dat jy jou kind gaan neuk nie. Jy mag wel sê dat jy hom
> op sy kont gaan slaan... Heel erg konfusing!
> ______________________________________________________
> "Sakkie"
>> Om iemand te kan uittrap in 'n taal wat hy nie verstaan nie het sy
> voordele.
>> Al verstaan die ontvanger nie wat jy sê nie, verstaan hy die lyftaal baie
>> goed en daar is nie die lastigheid van "hy't dit gesê" nie.
>>
>> "Max" wrote in message
news:9o9t1o$qr7$1@azure.nl.gxn.net...
>>> So 'n skuif kan ook van 'n ekstrovert 'n introvert maak. Veral as jy
nie
>> die
>>> taal goed kan beheers nie...
>>
>
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50382 is 'n antwoord op boodskap #50381] Wo, 19 September 2001 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ke tla roba segwete ya gago.

Die spelling is sekerlik verkeerd, maar dit is Sotho vir "Ek gaan jou wortel
afbreek"

As ek vinnig vra "Watse kak is dit hierdie" verstaan hulle my ook nie!
_______________________________________________________
"Sakkie"
> Jy sal maar moet Zoeloe probeer Max :-)))))
>
> "Max"
>> Die probleem as jy dit in Nederland doen, is dat hulle die verkeerde
> woorde
>> verstaan as heel ander betekenis as wat jy dit bedoel. As jy verstaan
wat
> ek
>> bedoel...
>>
>> Hier mag jy nie sê dat jy jou kind gaan neuk nie. Jy mag wel sê dat jy hom
>> op sy kont gaan slaan... Heel erg konfusing!
>> ______________________________________________________
>> "Sakkie"
>>> Om iemand te kan uittrap in 'n taal wat hy nie verstaan nie het sy
>> voordele.
>>> Al verstaan die ontvanger nie wat jy sê nie, verstaan hy die lyftaal
> baie
>>> goed en daar is nie die lastigheid van "hy't dit gesê" nie.
>>>
>>> "Max" wrote in message
> news:9o9t1o$qr7$1@azure.nl.gxn.net...
>>>> So 'n skuif kan ook van 'n ekstrovert 'n introvert maak. Veral as jy
> nie
>>> die
>>>> taal goed kan beheers nie...
>>>
>>
>
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50388 is 'n antwoord op boodskap #50382] Wo, 19 September 2001 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nna ki gona Max?
Wena o agile kai (ek spel dit maar soos ek dit sê)

"Max" skryf in boodskap news:9oa2c3$s8h$1@azure.nl.gxn.net...
> Ke tla roba segwete ya gago.
>
> Die spelling is sekerlik verkeerd, maar dit is Sotho vir "Ek gaan jou wortel
> afbreek"
>
> As ek vinnig vra "Watse kak is dit hierdie" verstaan hulle my ook nie!
> _______________________________________________________
> "Sakkie"
>> Jy sal maar moet Zoeloe probeer Max :-)))))
>>
>> "Max"
>>> Die probleem as jy dit in Nederland doen, is dat hulle die verkeerde
>> woorde
>>> verstaan as heel ander betekenis as wat jy dit bedoel. As jy verstaan
> wat
>> ek
>>> bedoel...
>>>
>>> Hier mag jy nie sê dat jy jou kind gaan neuk nie. Jy mag wel sê dat jy
> hom
>>> op sy kont gaan slaan... Heel erg konfusing!
>>> ______________________________________________________
>>> "Sakkie"
>>>> Om iemand te kan uittrap in 'n taal wat hy nie verstaan nie het sy
>>> voordele.
>>>> Al verstaan die ontvanger nie wat jy sê nie, verstaan hy die lyftaal
>> baie
>>>> goed en daar is nie die lastigheid van "hy't dit gesê" nie.
>>>>
>>>> "Max" wrote in message
>> news:9o9t1o$qr7$1@azure.nl.gxn.net...
>>>> > So 'n skuif kan ook van 'n ekstrovert 'n introvert maak. Veral as
jy
>> nie
>>>> die
>>>> > taal goed kan beheers nie...
>>>>
>>>
>>
>
Re: Sewe maer jare? [boodskap #50395 is 'n antwoord op boodskap #50357] Wo, 19 September 2001 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> "Sakkie" '94 tot nou is net SEWENTIEN JAAR.

> Wouter: Regtig, Sakkie?

Gloudina
Ja, Wouter, dis wanneer jy thewe thakke thoutsal moet op-eet.

Walter
Jaaaaa. Maar hulle is verby. Nou kom sewe vettes, of hoe?
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50397 is 'n antwoord op boodskap #50388] Wo, 19 September 2001 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jy het my! Ek's nie baie sterk met die ander 9 tale nie!
___________________________________________________________
"Sakkie"
> Nna ki gona Max?
> Wena o agile kai (ek spel dit maar soos ek dit sê)
>
> "Max"
>> Ke tla roba segwete ya gago.
>>
>> Die spelling is sekerlik verkeerd, maar dit is Sotho vir "Ek gaan
jou
> wortel
>> afbreek"
>>
>> As ek vinnig vra "Watse kak is dit hierdie" verstaan hulle my ook nie!
>> _______________________________________________________
>> "Sakkie"
>>> Jy sal maar moet Zoeloe probeer Max :-)))))
>>>
>>> "Max"
>>>> Die probleem as jy dit in Nederland doen, is dat hulle die
verkeerde
>>> woorde
>>>> verstaan as heel ander betekenis as wat jy dit bedoel. As jy
verstaan
>> wat
>>> ek
>>>> bedoel...
>>>>
>>>> Hier mag jy nie sê dat jy jou kind gaan neuk nie. Jy mag wel sê
dat jy
>> hom
>>>> op sy kont gaan slaan... Heel erg konfusing!
>>>> ______________________________________________________
>>>> "Sakkie"
>>>> > Om iemand te kan uittrap in 'n taal wat hy nie verstaan nie het sy
>>>> voordele.
>>>> > Al verstaan die ontvanger nie wat jy sê nie, verstaan hy die
lyftaal
>>> baie
>>>> > goed en daar is nie die lastigheid van "hy't dit gesê" nie.
>>>> >
>>>> > "Max" wrote in message
>>> news:9o9t1o$qr7$1@azure.nl.gxn.net...
>>>> > > So 'n skuif kan ook van 'n ekstrovert 'n introvert maak.
Veral as
> jy
>>> nie
>>>> > die
>>>> > > taal goed kan beheers nie...
>>>> >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50404 is 'n antwoord op boodskap #50382] Wo, 19 September 2001 16:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Max" schreef...
> As ek vinnig vra "Watse kak is dit hierdie" verstaan hulle my ook nie!

Nee, dan denken we dat je ons snobistisch vindt :)

Groeten,
Arthur
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50429 is 'n antwoord op boodskap #50397] Do, 20 September 2001 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Noord-Sotho, en ek het jou probeer uitvang.
Dit moes gelees het:
Wena o mang Max? Hoe gaan dit met jou Max.
Nna ki gona, wena o mang? Dit gaan goed, hoe gaan dit met jou
Wena o agile kai? Waar woon jy

Die probleem is dat jy nie op 'n nuusgroep 'n gesprek kan voer in baie van
die swart tale nie. Om die nodige respek te betoon teenoor die ou met wie
jy praat gaan dae neem voor dat jy by 'n gesprek gaan uitkom. Heeltemal te
veel oor en weer gegroetery.

En dit voltrek ons N-Sotho klas vir die dag. Ek het nie in baie jare kontak
gehad met die mense nie. Ernstig verroes.

"Max" skryf in boodskap news:9oacl9$1eu$1@azure.nl.gxn.net...
> Jy het my! Ek's nie baie sterk met die ander 9 tale nie!
> ___________________________________________________________
> "Sakkie"
>> Nna ki gona Max?
>> Wena o agile kai (ek spel dit maar soos ek dit sê)
>>
>> "Max"
>>> Ke tla roba segwete ya gago.
>>>
>>> Die spelling is sekerlik verkeerd, maar dit is Sotho vir "Ek gaan
> jou
>> wortel
>>> afbreek"
>>>
>>> As ek vinnig vra "Watse kak is dit hierdie" verstaan hulle my ook
> nie!
>>> _______________________________________________________
>>> "Sakkie"
>>>> Jy sal maar moet Zoeloe probeer Max :-)))))
>>>>
>>>> "Max"
>>>> > Die probleem as jy dit in Nederland doen, is dat hulle die
> verkeerde
>>>> woorde
>>>> > verstaan as heel ander betekenis as wat jy dit bedoel. As jy
> verstaan
>>> wat
>>>> ek
>>>> > bedoel...
>>>> >
>>>> > Hier mag jy nie sê dat jy jou kind gaan neuk nie. Jy mag wel sê
> dat jy
>>> hom
>>>> > op sy kont gaan slaan... Heel erg konfusing!
>>>> > ______________________________________________________
>>>> > "Sakkie"
>>>> > > Om iemand te kan uittrap in 'n taal wat hy nie verstaan nie
> het sy
>>>> > voordele.
>>>> > > Al verstaan die ontvanger nie wat jy sê nie, verstaan hy die
> lyftaal
>>>> baie
>>>> > > goed en daar is nie die lastigheid van "hy't dit gesê" nie.
>>>> > >
>>>> > > "Max" wrote in message
>>>> news:9o9t1o$qr7$1@azure.nl.gxn.net...
>>>> > > > So 'n skuif kan ook van 'n ekstrovert 'n introvert maak.
> Veral as
>> jy
>>>> nie
>>>> > > die
>>>> > > > taal goed kan beheers nie...
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Sewe maer jare? [boodskap #50430 is 'n antwoord op boodskap #50395] Do, 20 September 2001 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek onthou dit andersom. Die sewe maeres het die sewe vettes opgeëet.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3ba8b467.0@news1.mweb.co.za...
>> "Sakkie" '94 tot nou is net SEWENTIEN JAAR.
>
>> Wouter: Regtig, Sakkie?
>
> Gloudina
> Ja, Wouter, dis wanneer jy thewe thakke thoutsal moet op-eet.
>
> Walter
> Jaaaaa. Maar hulle is verby. Nou kom sewe vettes, of hoe?
>
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50446 is 'n antwoord op boodskap #50429] Do, 20 September 2001 10:09 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken suid sotho beter as noord sotho.

Dan vra ons "le kae?" (hoe gaan dit?)
______________________________________________________
"Sakkie" <
> Noord-Sotho, en ek het jou probeer uitvang.
> Dit moes gelees het:
> Wena o mang Max? Hoe gaan dit met jou Max.
> Nna ki gona, wena o mang? Dit gaan goed, hoe gaan dit met jou
> Wena o agile kai? Waar woon jy
>
> Die probleem is dat jy nie op 'n nuusgroep 'n gesprek kan voer in baie van
> die swart tale nie. Om die nodige respek te betoon teenoor die ou met wie
> jy praat gaan dae neem voor dat jy by 'n gesprek gaan uitkom. Heeltemal te
> veel oor en weer gegroetery.
>
> En dit voltrek ons N-Sotho klas vir die dag. Ek het nie in baie jare kontak
> gehad met die mense nie. Ernstig verroes.
>
> "Max" skryf in boodskap news:9oacl9$1eu$1@azure.nl.gxn.net...
>> Jy het my! Ek's nie baie sterk met die ander 9 tale nie!
>> ___________________________________________________________
>> "Sakkie"
>>> Nna ki gona Max?
>>> Wena o agile kai (ek spel dit maar soos ek dit sê)
>>>
>>> "Max"
>>>> Ke tla roba segwete ya gago.
>>>>
>>>> Die spelling is sekerlik verkeerd, maar dit is Sotho vir "Ek gaan
>> jou
>>> wortel
>>>> afbreek"
>>>>
>>>> As ek vinnig vra "Watse kak is dit hierdie" verstaan hulle my ook
>> nie!
>>>> _______________________________________________________
>>>> "Sakkie"
>>>> > Jy sal maar moet Zoeloe probeer Max :-)))))
>>>> >
>>>> > "Max"
>>>> > > Die probleem as jy dit in Nederland doen, is dat hulle die
>> verkeerde
>>>> > woorde
>>>> > > verstaan as heel ander betekenis as wat jy dit bedoel. As jy
>> verstaan
>>>> wat
>>>> > ek
>>>> > > bedoel...
>>>> > >
>>>> > > Hier mag jy nie sê dat jy jou kind gaan neuk nie. Jy mag wel sê
>> dat jy
>>>> hom
>>>> > > op sy kont gaan slaan... Heel erg konfusing!
>>>> > > ______________________________________________________
>>>> > > "Sakkie"
>>>> > > > Om iemand te kan uittrap in 'n taal wat hy nie verstaan nie
>> het sy
>>>> > > voordele.
>>>> > > > Al verstaan die ontvanger nie wat jy sê nie, verstaan hy die
>> lyftaal
>>>> > baie
>>>> > > > goed en daar is nie die lastigheid van "hy't dit gesê" nie.
>>>> > > >
>>>> > > > "Max" wrote in message
>>>> > news:9o9t1o$qr7$1@azure.nl.gxn.net...
>>>> > > > > So 'n skuif kan ook van 'n ekstrovert 'n introvert maak.
>> Veral as
>>> jy
>>>> > nie
>>>> > > > die
>>>> > > > > taal goed kan beheers nie...
>>>> > > >
>>>> > > >
>>>> > > >
>>>> > >
>>>> > >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Vouter jou stoute bakouter
Volgende onderwerp: The 3rd Boer war
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 10:20:39 MGT 2024