Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Ons kerke
Re: Ons kerke, ons familie [boodskap #48524 is 'n antwoord op boodskap #48454] Sa, 18 Augustus 2001 02:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Adoption is an option ...."

"Krokkie" skryf in boodskap news:3b7cf51d$0$235@hades.is.co.za...
> Wat ons doen is maar om die mense na ons toe oor te nooi. As kinders in 'n
> vreemde omgewing is wil hulle "ondersoek" instel en alle mense is nie
> hiervoor gevat nie.
>
>
> "Shannon" wrote in message
> news:3b7ceab0.0@news1.mweb.co.za...
>>
>> Lou wrote in message
>> news:3B78BA0E.D1B43B88@lous.zzn.com...
>>>
>>>
>>> Krokkie wrote:
>>>> Dan is dit keer en kinders stil hou vir die aand en omverskoning vra
>>>> vir alles wat gebreek het. Min mense se huise is egter
"child-proof".
>>>
>>> Dink bietje terug toe jy nog nie kinders gehad het nie en ander mense se
>>> kinders het soos 'n orkaan deur jou huis getrek, daai diep sug van
>>> verligting wat jy gesaak het toe hulle gery het. Ek het persoonlik
>>> familie wat glo dat dit die ou bloedjies sal skaad as hulle die woord
>>> nee hoor. Gelukkig bly hulle ver.
>>
>> In ons familie is daar ook sulke 'bloedjies'. Die einste goed is ook die
>> wat niks verkeerd kan doen nie en die res van die familie se kinders lei
>> daaronder. Ek het juis my verlede naweek totaal 'gestrip' en duidelik aan
>> my wederhelf gestel dat ons nie weer kuier by familie in wie se huis daar
>> elke keer probeme is nie.
>>
>> "Gelukkig bly hulle v�r" is dar iemand wat vir my raad het hoe om dit te
>> verwesentlik? ...behalwe dat ek moet oorsee trek ;))
>>
>> Shannon
>>
>
Re: Ons kerke [boodskap #48536 is 'n antwoord op boodskap #48379] Sa, 18 Augustus 2001 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis nie wat ek gesê het nie Annette, ek's duidelik verkeerd verstaan.
Verandering is goed, ek het dit nog nooit gestry nie. Wat ek wel 'n pyn mee
het is dat iemand eergister onder sensuur geplaas is omdat hy die "Sabbat
onteer". Gaaf en goed, as hy nie wil kerk toe kom nie sny hom af. Maar ons
sinode het nog duidelik nie besluit oor die standpunt van die huwelik nie.
In die dopper kerk is dit sonde om saam te bly. Meer as 50% van ons
gemeente (ondermeer 'n ouderling) bly in "sonde" saam - openlik. Maar daar
word niks aan hulle gedoen nie, omdat hulle bydra gee.
Die hoede storie kon nooit uit die nuwe testament gestaaf word nie. Ek
verstaan soos mense groei kan hulle sê maar ons het die bybel verkeerd
verstaan, of "ons as mans wou julle beheer - ons wil nie meer nie" of what
ever. Ek sal nou nie vir ons sinode 'n medalje gaan gee omdat hulle so gaaf
was om die hoede dra af te skaf nie, dit was net nog 'n vorm van beheer.

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:9lgj19$9mvab$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Elaine - en wat van al die jare wat dit sonde sou wees as 'n vrou sonder 'n
> hoed sou kerk-toe gaan?
> Toe besluit die sinode ( almal mans toevallig) dat dit nie meer sonde is
> nie, en die volgende Sondag is die vorige week se helse sondaars toe die
> engeltjies wat eerste die lig gesien het?
> Annette
Re: Ons kerke [boodskap #48537 is 'n antwoord op boodskap #48225] Sa, 18 Augustus 2001 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Fielies Christus (nie die mens nie) het die besnydenis deur die doop
vervang. Dis verandering in Christus, nie die mens nie - en dis waar my
krisis in kom. Wanner ons kerke verander om mense en nie Christus te behaag
nie - dan is daar 'n probleem.

Elaine

"Fielies" skryf in boodskap news:3b79e547.50439192@news.mninter.net...
> Dit help nie jy is so suur nie.
>
> Selfs binne Christus se eie leeftyd het dinge
> drasties verander - soos om die besnydenis met
> doop te vervang. Dinge mag vandag ook binne kerke
> verander - kyk eerder of die verandering goed of
> sleg is en of dit steeds die kerk in Christus se
> rigting stuur.
Re: Ons kerke [boodskap #48538 is 'n antwoord op boodskap #48226] Sa, 18 Augustus 2001 11:33 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sê nie God laat hom bind deur 'n Afrikaanse of Engelse bybel nie. Maar
glo jy bv. aan die uitverkiesingsleer - of soos baie NG predikante dat as jy
nie gedoop is nie, gaan jy hel toe of jy nou 6 dae of 60 jaar oud is? Glo
jy dat as jy 'n sondaar is jou kind ook noodwendig hel toe sal gaan, al wil
sy/hy hoe graag glo? Dis alles goed wat in ons kerke gepreek word, wat uit
die bybel gestaaf word.

Elaine

"Fielies" wrote

> Dis so maklik - jy glo eenvoudig dat die HG jou
> sal lei om net die regte waarhede en idees uit
> elke deel te haal wat jy lees - dat dit nie
> ingewikkeld sal wees nie.
>
> Ek dink nie God sal Hom laat vasketting deur ons
> Afrikaanse Bybel as Hy sy groot werk in die heelal
> doen nie. Selfs die ou wat alleen gelees het en
> dalk groot dele van sy Bybel verkeerd vestaan het,
> sal kan gered word!
Vorige onderwerp: Die Kerk se Dilemma (i)
Volgende onderwerp: Psalm 8 berymd deur TOTIUS (J.D. du Toit)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 15:49:12 MGT 2024