Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Naamsverandering
Naamsverandering [boodskap #47316] Wo, 25 Julie 2001 18:21 na volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek het maar my naam aangepas - ek is darem al vér oor die sestig. Netnou
dink Tannie Hessie ek is haar portuur!

Tannie Hessie, onthou jy nog die opsitkers? Indien nie is jy te jonk vir my
geselskap. Ons meisies is vandag veels te onkuis. Ek onthou nog toe ek
vlerk gesleep het, het die pa 'n opsitkers vir ons neergesit. As die kers
uitgebrand het moes ek spore maak. Die opsit kers het ook sy voordele
gehad.

Jy kon hom sommer met jou onderbroek doodgooi.

Ek het maar met 'n Engelse meisie getrou; haar pa was in die Moord en Roof
afdeling in Johannesburg. Hy het my altyd gedreig met die skok-apparaat as
ek oor die lyn trap!
Re: Naamsverandering [boodskap #47321 is 'n antwoord op boodskap #47316] Wo, 25 Julie 2001 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Oom Gawie wrote:

> Ek het maar my naam aangepas - ek is darem al vêr oor die sestig. Netnou
> dink Tannie Hessie ek is haar portuur!
>

Wel, ek het nog my doubts. Maar jou spelling is so goed, miskien
is jy tog nie du Plessis nie.

Tant Hessie Poirot
Re: Naamsverandering [boodskap #47454 is 'n antwoord op boodskap #47316] Ma, 30 Julie 2001 10:35 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Oom Gawie" wrote:
> Hy het my altyd gedreig met die skok-apparaat as ek oor die lyn trap!

En het oom?
Vorige onderwerp: Vark!!
Volgende onderwerp: Scope Junie 1995:
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 05:19:44 MGT 2024