Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Gewetenswroeging
Die Gewetenswroeging [boodskap #47246] Di, 24 Julie 2001 06:59 na volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Arme ou Hansie. Hier soek ek na klip om te gooi maar kan nêrens een kry nie
want hulle is almal klaar opgeraap. Ek sal maar langs hom gaan staan en die
inkomende klippe met hom deel.

Maar dit gaan nie hier oor Hansie nie. Dit gaan oor die Gewete! Jy weet,
ek glo vas dat 'n gewete 'n ding is wat jou net pla as jy dink iemand weet
wat jy gedoen het. 'n Wyse ou het eendag gesê: Die bed van 'n veelwywer het
geen gewete nie. Dit gaan hier om selfbehoud ou pêllie!

Vat nou die beskuldige in 'n hofsaak. Hy sweer op die Bybel dat hy net die
waarheid en niks anders as die waarheid sal praat nie. Wat doen hy (as hy
skuldig is)? Hy lieg deur sy tande!

Sê nou ons kan hom oortuig dat die eed wat hy aflê "bindend op sy gewete"
is.
Nou gaan hy vir die Regter sê: "Edelagbare, ek is bevrees dat aangesien ek
gesweer het om net die waarheid te praat, so help my God, is ek daartoe
genoop om skuldig te pleit." Wat sê die Regter? "Sulke eerlikheid en
opregtheid het ek nog nooit teëgekom nie. Jy kan maar gaan." Ek dit is
onregverdig om beskuldiges daardie opsie te gee. As hy skuldig bevind is,
kan hy dan ook vir meineed aangekla word.

GIVE ME A BREAK!!!!!!!

Hier is nou 'n gevalle studie (90% waar en ek werk nog aan die ander 10%):
Die jong dame kom van die platteland na Gauteng. Sy kon nie werk in haar
tuisdorp kry nie. Hier aangekom maak sy vriende met wedergebore Christene en
binnekort word sy self wedergebore.

Hulle behoort aan 'n Charismatiese kerk en sy neem aktief deel aan die kerk
se jeugprogramme en leef, eet en slaap die Woord. Die Jeugpastoor raak met
haar bevriend en meer as net bevriend en kort voor lank spyker hy haar. In
haar onskuld raak verwagtend.

Die Jeugpastoor is 'n "belowende jong man"; beslis 'n Ray McCauly in
wording. Hy gebruik al die "charismata" tot sy beskikking om haar te
oortuig dat as hierdie gedoente bekend word, dit nie net die Kerk nie, maar
op die lang duur die Koningkryk sal skaad. Hy oorreed haar om op die
Bybel te sweer dat sy dit nie op die lappe sal bring nie.

Na vier maande gaan sy terug na haar verarmde ouers in die dorp, swaar
dragtig. Sy weier om haar ouers te sê wie die vader van haar baba is.
Inteendeel, sy spring dadelik aan die werk om haar ouers van hul sondige pad
te bekeer. Sy kannie toesien dat hulle hel toe gaan nie.

Die baba is nou 'n jaar oud, en die belowende jong pastoortjie met sy mooi
Barbie-doll vroutjie en pragtige twee kindertjies, is nou vinnig op pad na
die pastorie en faam. Wat 'n storie!! God is so goed vir hom dat hy nou
nog nie
uitgevang is nie. Hy kan nie sy seëninge genoeg tel nie.

Maar hy lees dalk nou net hierdie brief. Sê nou net sy het gepraat. Of net
haar bek verby gepraat. Of iemand het in haar goed gekrap (Hy het
spesifiek vir haar gesê dat dit nie in belang van die Koningkryk is om
enigiets op papier te sit nie.)

Hy sal versigtig uitkyk na die volgende brief van hierdie skrywer, (die
laaste 10 persent) wat nader aan die kol kan wees - dan sal hy maar voor
vroutjie en die gemeente moet bieg voordat die stront die fan strike. As hy
betyds kan sê dat dit sy gewete is wat hom tot hierdie bekendmaking gedryf
het, staan hy 'n goeie kans om deur sy geliefde gemeente vergewe te word.

As 'n alternatief sal 'n ko�l deur die kop ook help.
Re: Die Gewetenswroeging [boodskap #47274 is 'n antwoord op boodskap #47246] Wo, 25 Julie 2001 02:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gawie wrote:

> Arme ou Hansie.

Jy kan maar uitkom, du Plessis.

Tant Hessie Poirot
Re: Die Gewetenswroeging [boodskap #47275 is 'n antwoord op boodskap #47246] Wo, 25 Julie 2001 04:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Verkeerd!

Oom Gawie

skryf in boodskap news:3B5E3011.C812EBE9@home.com...
> Gawie wrote:
>
>> Arme ou Hansie.
>
> Jy kan maar uitkom, du Plessis.
>
> Tant Hessie Poirot
>
Re: Die Gewetenswroeging [boodskap #47289 is 'n antwoord op boodskap #47275] Wo, 25 Julie 2001 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy is nogal reg:)) Hansie mag vies wees, maar arm is hy nie:))

Elk geval - ek het die "probleem" wat jy gestel het in jou oorspronklike
stuk beaam - daar loop bitter baie mense rond wat op ander mense se gevoel
speel, en hulself daardeur verryk of bevorder.
Mens kan amper sê dit is die norm, en nie die uitsondering nie.

Die probleem is, as mens weet, behoort die skurk/skurkin aan die kaak gestel
word - maar dit gebeur maar selde.
Ons kla liewers oor die korrupsie, lieg en bedrieëry, maar doen maar min om
die euwel uit te roei.

Annette

.

Gawie skryf in boodskap news:3b5e4f64.0@news1.mweb.co.za...
> Verkeerd!
>
> Oom Gawie
>
> skryf in boodskap news:3B5E3011.C812EBE9@home.com...
>> Gawie wrote:
>>
>>> Arme ou Hansie.
>>
>> Jy kan maar uitkom, du Plessis.
>>
>> Tant Hessie Poirot
>>
>
Re: Die Gewetenswroeging [boodskap #47327 is 'n antwoord op boodskap #47246] Wo, 25 Julie 2001 21:54 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gawie wrote:

> Verkeerd!
>

So hoe gaan dit deesdae, Grahame.

Tant Hessie Poirot
Vorige onderwerp: Help asb.
Volgende onderwerp: Meeluistering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 07:05:04 MGT 2024