Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » VRA DIE DOMINEE
VRA DIE DOMINEE [boodskap #45576] So, 01 Julie 2001 18:33 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
VRA DIE DOMINEE deur Ds Don Gibbs

Hiermee word die reeks artikels hervat wat vroeër in die koerant verskyn
het. Geestelike vrae word hierin behandel wat u en u kinders se toekoms
in Afrika en in die Weste raak. Die artikels behandel nie die populêre
sienings nie - daarvan is daar oorgenoeg, maar kyk eerder na
probleemareas rakende die rol van die kerke in ons samelewing. U wat die
vorige reeks gevolg het sal onthou dat daar gevra is hoe die NG Kerk (en
die ander kerke in 'n mindere mate ook) die "leerstelling" van apartheid kon
terugtrek. Eers het hulle "apartheid" vanuit die Bybel bewys, maar
nou verklaar hulle dat dit "sonde" is en vra hulle daarvoor om verskoning.
Hoe kon hulle wat die Skrif kwansuis so goed ken, wat so
deeglik daarin opgelei is, so 'n fout begaan het?

En toe vra ek of daar meer sake is wat hulle verkeerd verstaan. In die
artikel uit BEELD hiernaas het die "kerk" se volgende skuiwe bekend
geword. Weereens het hulle die Skrif verkeerd verstaan, sê hulle.
Daaroor handel hierdie artikel.

Indien u nie hiedie soort rubriek geniet nie, sal ons u adres van die poslys
verwyder, maar van u kennisse mag dit dalk wel geniet - stuur dit
aan. Indien u van die vorige artikels wil bekom, sal dit op versoek
aangestuur word.

Seënwense.

'n Berig in BEELD het hierdie artikel tot gevolg -

BEELD, Johannesburg, Dinsdag 12 Junie 2001, Finaal, Bladsy 3.

"WOEKERAARS MET TALENTE IN BYBEL WAS DALK GIERIG EN SKELM"

deur - Neels Jackson -

Party Bybelgedeeltes kan nuut of selfs op 'n heeltemal teenoorgestelde wyse
verstaan word as 'n mens die kulturele agtergrond waaruit dit kom,
verstaan.

Dié standpunt is gister deur vooraanstaande Amerikaanse teoloë gestel en
geïllustreer op 'n seminaar by die Universiteit van Pretoria oor die
sosiale agtergrond van Jesus se bediening. Prof. Richard Rohrbaugh van die
Lewis and Clark College in Portland, Oregon, het aan die seminaar
gesê as 'n mens die gelykenis van die talente (wat geld was, nie vermoëns
nie) teen die kulturele agtergrond van die tyd verklaar, is die
man wat sy talente begrawe het, eintlik die held van die verhaal. Dit
verskil lynreg van die tradisionele verklaring wat Amerikaners ken en
waarvan hulle hou omdat dit klink soos "tuisgemaakte kapitalisme op die
lippe van Jesus", het Rohrbaugh gesê. Wat 'n mens moet besef om die verhaal
reg te verstaan, is dat mense in Jesus se tyd aanvaar het dat daar net 'n
beperkte hoeveelheid rykdom is vir almal.

Dit het beteken dat as iemand ryker geword het, hy dit ten koste van iemand
anders moes doen. Dit sou egter verkeerd wees omdat God grond en
ander goedere gelykop tussen mense wou verdeel. Daarom ook die konsep van
die jubeljaar waarin alle skuld elke 50 jaar afgeskryf moes word en
mense wat hul grond verloor het, dit weer moes terugkry. Teen dié agtergrond
sou die mense aan wie Jesus die gelykenis vertel het, die
eerste twee diensknegte wat hul talente verdubbel het, as skelms gesien het.
Die regte volgens die rabbynse teologie was om geld wat aan jou
toevertrou word, te gaan begrawe of in 'n doek te bêre. Die eerste twee
knegte se optrede, wat op wins van 100% neerkom, klop ook nie met die
destydse norm, wat deur Jesus onderskryf is, om geen rente te hef op geld
wat uitgeleen word nie. Ook die baas wat die geld aan sy
diensknegte toevertrou het, was 'n gierige skelm.

Dit blyk onder meer daaruit dat hy self sê hy oes waar hy nie gesaai het nie
en pluk waar hy nie geplant het nie. In Lukas se weergawe van die
gelykenis word die baas so geteken dat mense destyds vir Argelaos, gehate
seun van Herodes die Grote, daarin sou herken. Hoe dit kon gebeur
het dat mense 'n baas wat so beskryf word, met God kon vereenselwig,
verstaan hy nie, het Rohrbaugh gesê.

Die betekenis van die gelykenis is volgens Rohrbaugh duidelik in die
waarskuwing aan die einde daarvan, naamlik dat as mense optree soos die
baas en die eerste twee diensknegte, dan gaan die rykes net ryker en die
armes net armer word. En dit kan neerkom op 'n oortreding van God se
wet.
EINDE

Ds Don antwoord-

Dit is reeds jare lank my betoog dat die meeste predikante sulke
verskriklike onsin kwytraak dat dit byna aan geestesversteurdheid grens
- en dit hou net nie op nie.

Oor die afgelope paar jaar is daar deur verskeie denkers gewys op Bybelse
leerstellings en interpretasies wat net nie redelik is nie. Met
leerstellings soos bv. "Draai die ander wang" en "Jy moet jou vyande
liefhê..." is ons hier in Suid-Afrika vuisvoos geslaan. Die kerke het
vir ons gesê dat die ANC nie meer ons vyande is nie, maar eintlik ons
vriende is en daarmee is die hele blanke bevolking toe mislei om vir
daardie drastiese verandering te gaan stem en het ons as gevolg daarvan ons
land. en alles wat hulle vir ons gesê het "veilig" sou wees,
verloor. Onthou u die verkiesingsleuse van daardie tyd - "Vrede.
Veiligheid. Voorspoed."

Ek kan maar net vra waar dit nou is. Hier is geen vrede, veiligheid of
voorspoed nie. Meer boere en ander burgerlikes is sedert 1994 in ons
bebloede ou land dood as berede Boere tydens die hele Tweede Vryheidsoorlog.

So was baie van hulle interpretasies verkeerd, dinge wat oor die afgelope
twintig of dertig jaar vir ons geleer is wat ons in ernstige
krisis gebring het. Ek het gedink dat hulle nou klaar is met hul nuwe
uitkyke, maar in die laaste tyd het die kerklikes met nog verdere "nuwe
interpretasies" na vore getree. Die nuutstes kom in die berig hierbo te
voorskyn -

OOR RYKDOM

Een van die nuwe "onredelike" uitsprake wat in die artikel hierbo gemaak
word is dat "daar net beperkte rykdom vir almal was" - daar in die
antieke midde-Ooste.

Rykdom kan nie beperk word, soos die spreker hierbo dit stel nie. Rykdom
genereer rykdom en die keerpunt daarvoor is lank nog nie bereik nie.
Daar was in daardie antieke tye ook mense wat verskriklike ryk was en dit is
onsin om so iets te sê.

National Geographic van April 1998 dra 'n artikel oor ou handelskepe wat
onder die Middellandse See gevind is en wat uit 100vC dateer, met dele
van hul vrag nog behoue. Daardie skepe het aan "ryk" handelaars behoort en
het al die hawens van die (bekende) wêreld  aangedoen en daar handel
gedryf.

Dan is daar die pragtige villas (herehuise) wat die argeoloë oop gegrawe
het, huise wat net aan die rykste van die rykes kon behoort het.

En die ou stad Petra wat vanuit die rotskranse gekerf is, getuig ook van die
rykdom van daardie tye en dit is ongetwyfeld so dat daardie stad
ontstaan het weens die "ryk" handelsroetes wat daar verbygegaan het. Waarmee
dink hierdie teoloë is die arbeid betaal wat in die oprig van
daardie stad ingesit is? Dit kon net met rykdom soos daar vandag byna nie is
nie, gedoen word.

Onthou dan ook die "ryk jong man" wat vir Jesus gevra het wat hy moet doen
as hy Hom wil volg (Lukas 18:18). Hy was 'n "ryk" man - daarvan
getuig die verhaal self - en hy was 'n goeie mens en nie 'n bloeddorstige
gierigaard soos beweer word dat alle ryk mense bloot uit
hulle aard is nie. Dat hy 'n goeie mens was, kan uit sy vraag afgelei word.
Vir die opregte student is dit noodsaaklik om daarop te let dat
die Bybelse filosofie oor rykdom onbevredigend beantwoord is en dat die
genoemde gedeelte NIE die vraagstuk oplos nie (sien luk. 18:26 -27). Kan
ryk mense die hemel beërwe of nie?

Daar was beslis baie ryk mense in daardie tye.

Is rykdom dan verkeerd?

Ek dink nie dat ons kan sê dat rykdom per se verkeerd is nie. Dat is goeie
ryk mense en ryk mense is gewoonlik die werkverskaffers in 'n
land. Nie dat ek met hul totale lewensbeskouing tevrede is nie, het die
Oppenheimers oor bykans 'n eeu tog aan meer as 300 000 mense werk
verskaf.

Rykdom ontwikkel ook 'n land.

Toe Van Riebeeck aan die Kaap geland het, was die goud en die diamante hier,
maar vertrap onder kaal voete van hulle wat nooit geweet het dat
dit daar was nie. Wat merkwaardig is, is dat die hiërogliewe in Egipte
tekeninge bevat van Afrika-slawe wat 5000 jaar gelede daar was en wat
die goud en juweliersware van die Egiptiese beskawing gesien het, wat ook
wiele aan strydwaens gesien het, en bote op die Nyl ens., maar in
1652 was hier niks. Indien daardie minerale nie ontgin was nie, sou ons
almal nog in ossewaens hier rondgetrek het. Daardie minerale het die
paaie gebou, die lughawens, selfs die vliegtuie gekoop, die groot damme vir
watervoorsiening gebou en die pypleidings aangelê, die hospitale
opgerig (Dr. Chris sou nooit die hartoorplanting kon gedoen het was dit nie
vir "rykdom" nie), die skole daargestel en a die drukperse om die
handboeke te druk. Die hele beskawing is deur rykdom moontlik gemaak - nie
net die rykdom van die superrykes nie, maar ook die "rykdom" van
gemiddelde mense MET talente wat hulle kon verkoop en wat bygedra het tot
die daarstelling van die beskawing.

Indien die bevolkingsaanwas toegeneem het tot waar dit nou is, maar die
toename in rykdom het nie gepaardgaande gebeur nie, wil ek dit waag om
te sê dat baie van u nie hier sou gewees het nie. Kos aan hierdie miljoene
kon net deur rykdom voorsien word - deur boere met twintig en
meer trekkers, groot stropers en daarna, die verblikking van daardie voedsel
in duur fabrieke, die vervoer daarvan na die eindverbruiker, dit
alles is deur 'n mate van rykdom en talent vermag. Nie alle rykes het talent
nie en geen talent kan werklik vooruitgaan sonder geld nie.

Die kommunisme het vir byna 'n eeu lank probeer om in Rusland 'n ekonomie te
vestig waar die burgery NIE rykdom kon bekom nie - en dit
het nie gewerk nie. Die "ryk" Weste het Rusland en sy mense aan die gang
gehou - dit is geskiedenis.

Gebalanseerde en beheerde rykdom is die oplossing. Dit kan nie anders nie,
maar met die teologiese interpretasies wat nou gehoor word, gaan
die rykdom in die nuwe Suid-Afrika net in ander hande wees - en, ek is
bevrees dat die bevolking baie slegter daaraan toe gaan wees.

OOR DIE TALENTE

Die verklaring van hierdie professor dat die dienaar wat die talent
"weggesteek" het, eintlik die held in die verhaal is, is nou regtig
onsin. (Lees weer Matt. 25:14 tot 30).

Dit is totale onsin om te dink dat iemand vir 'n "baas" kan werk, maar nie
vir hom 'n aanwins hoef te wees nie.

Almal van ons wat "vir 'n baas werk", moet so werk dat ons vir hom
winsgewend is anders kan hy ons in die eerste plek NIE bekostig nie. 'n
"Baas" huur mense om vir hom te werk omdat hy iewers geld gemaak het om
daardie lone te betaal en die werknemer moet op sy beurt sorg dat die
werkgewer aanhou "geld maak" anders gaan sy onderneming bankrot speel en dan
sit almal sonder werk. Dit is al opsies wat daar is. Werk, wees
likied of gaan onder. Om 'n kultuur van "Ek hoef nie te werk nie..." te
bevorder of selfs te duld, soos dit huidig in Suid-Afrika gedoen word,
sal die bankrotskap van alle maatskappye, en op die ou end ook van die land,
veroorsaak. Daarteenoor wil ek weereens sê dat ek nie ten gunste
is daarvan dat een man 'n hele land kan opkoop nie. Dit is nie waartoe die
vrye handelstelsel behoort te lei nie.

Daar is net drie posisies oor geld en rykdom wat ons kan inneem. Ons kan glo
in -:
1.   Kommunisme waar alles aan die staat behoort en die staat vir die
burgers sal gee wat hulle nodig het, as hy dit het om te gee. In daardie
stelsel wil mense nie werk nie "want die Staat moet voorsien". Daardie
houding van die burgery kon duidelik in die kommunistiese lande gesien
word.
2.   Kapitalisme - die stelsel waarin die Weste verval het. Dit is "geld en
wins te alle koste en so min moontlik vir die werkersklas". Daardie
stelsel moet uiteindelik op homself intuimel aangesien een (of 300 mans) nie
ALLES kan beheer nie. Armoede en die swaar van die werkersklas kweek
afguns wat dan 'n rewolusie uitbroei en gewoonlik die dood van daardie
"kapitaliste" meebring.
3.   Die vrye handel-stelsel, wat die begin van die kapitalisme is, behalwe
dat rykdom deur goeie leierskap so beheer word dat dit nie
uiteinde van die hele sosiologiese struktuur word nie. In daardie stelsel
verkry die werkersklas die reg om handel te dryf en hulself
volgens hul talente te verbeter. Elkeen se talente staan hom dus in goeie of
slegte stand. Slim mense sal vooruit gaan. Die ander nie -
hulle werk gewoonlik vir die mense met die talente.

Wanneer daar in die vrye handel-stelsel nie "GOEIE" beheer toegepas word
nie, dan verryk die rykstes hulle tot superrykes en dan speel hulle 'n
spel vir mag. Dit is waar die Weste nou is.

En om die "werkersklas", dit is nou u en ek, onder beheer te hou, gebruik
daardie superrykes ook die kerke om ons te vertel dat ons nie
ontevrede moet wees nie en dat ons eintlik ons swaarkry verdien omdat ons
kwansuis so "sondig" is of so verkeerd gehandel het. U en ek word
dus geestelik verkneg.

Watter is die beste slawe? Slawe wat nie daarvan bewus is dat hulle slawe is
nie.

So kom ons by die "talente", wat nie net "geld" is, soos die professor
hierbo te kenne gee nie, maar ook "talente" soos by onder andere kuns.
Elkeen moet doen wat hy kan met die talente wat hy het. Ons kan nie die
voorbeeld van sommiges volg, of onder hul kultuur versink en niks doen
nie. Dit is 'n resep vir die vernietiging van die self. U self. Ek self.
Ons self.

Die man wat sy talente nie gebruik nie, is 'n sot. So is die verhaal tot nou
toe vir ons geleer en daardie verklaring is redelik terwyl hierdie
nuwe interpretasie onredelik is.

Volgens die verhaal is dan Jesus self wat gesê dat die man wat niks gedoen
het nie, 'n slegte dienskneg was en dat hy tot in die "buitenste
duisternis" gewerp moet word - m.a.w. weg van "redding". Maar by hierdie
nuwe interpretasie is hy kamma die held (sien die redenasie in die
artikel hierbo). Indien iemand 'n gebod oortree het, is dit daardie derde
dienskneg wat die eerste gebod in die Bybel oortree - die gebod
wat sê dat ons oor die wêreld moet HEERS. Daardie eerste gebod gebied dat
ons moet WERK.

As jy nie SAAI nie, sal jy nie OES nie, dan sal jy nie EET nie en sekerlik
nie LEEF nie. Dit is mos redelik.

Daar is miljoene mense wat nie weet HOE om te werk nie en miljoene meer wat
nie WIL werk nie en dit sal nie help om hulle wat "weet" onder die
ander in te forseer nie.

Ter verduideliking, hierdie gedagte wat ek van 'n vriend oorgeneem het.
Hy het dit mooi te woord gestel-

"Ongelukkig het sekere rasgroepe in die ontwikkeling van hulle beskawing
ander emosies en karaktertrekke as dié wat die Blanke ontwikkel het,
sterker beklemtoon en dit lê te grondslag van onoorbrugbare verskille. Die
Skepper het tog seker al die rasse geskep, of laat skep (?), maar
elkeen toegelaat om sy eie kultuur en beskawingspeil te bepaal. Hy was dus
nie onregverdig nie. Wat elke ras met homself aangevang het, rus dus
vierkantig op die skouers van daardie spesifieke ras alleen".

U, Westerling, met die baie talente - u het weens afguns en jaloesie 'n
teiken geword. Die ou stryd tussen die "Haves" en die "Have-Nots" is 'n
ewige siklus. Hulle wat niks het nie, wil alles vat wat by hulle wat dit
het. Dit is 'n ou-ou stryd waarteen u uself moet beskerm.

VERKEERDE INTERPRETASIES

Die geestelike leiers het ons geleer om die ander wang te draai - vir wie?
Vir die "Have Nots", nie vir mekaar nie. Hulle het ons geleer om
"ons vyande lief te hê". Wie is dit? Ook daardie selfde "Have Nots".
Nou't ons ons land verloor en alles daarmee saam, ons kinders se skole, ons
taal, veral ons kultuur, ons woongebiede, ja, en selfs ons kerke het
in die slag gebly.

Hulle het ons daardie goed geleer terwyl die God van die Boek waaruit hulle
daardie lesse geneem het, self nie eers dit doen nie. God handel
nie so met Sy teëstander nie. Nee, satan gaan in die poel van vuur gewerp
word, nie "NOG 'n KANS" kry nie. God draai NIE vir hom die "ander
wang" nie, of het hom as Sy vyand so lief dat die satan die Hemel kan
oorneem nie.

Maar die nuwe "geestelike leiers" gaan verder en leer sowaar vir ons 'n
radikale nuwe ding - ek haal aan:

"Dit het beteken dat as iemand ryker geword het, hy dit ten koste van iemand
anders moes doen".

Ag vriend, alles wat op hierdie planeet gebeur, gebeur ten koste van iemand
of iets anders. Daarvan kan niemand wegkom nie. As u werk het, is
dit ten koste van iemand anders. As u vleis eet, is dit ten koste van 'n
dier se lewe. As u 'n klavier besit, is dit ten koste van 'n boom se
voortbestaan. As u trou, beteken dit dat u gade nie vir iemand anders
beskikbaar is nie.

Maar die professor het 'n doel waarvoor hy die leser voorberei en dan sê hy:

"Dit sou egter verkeerd wees OMDAT GOD GROND EN ANDER GOEDERE GELYKOP
TUSSEN MENSE WOU VERDEEL".

God wou alles "GELYKOP DEEL?" Hoe weet hy dit? Hy weet nie wat "in God se
kop" aangaan nie en dit is baie gevaarlik vir u en my om te glo dat
iemand dit weet.

Wat hy daar kwytraak is in elk geval suiwer kommunisme.

Agter daardie interpretasie sit 'n politieke agenda. Het u dit raakgesien?

Hy leer ons om ons plase met ander mense te "DEEL". Die boere wat hul lewe
lank gewerk het, moet maar net die grond met die arme "HAVE NOTS"
deel!!! Sien u dit?

O, hoe haat ek nie hierdie soort leuens in die naam van "God" en van die
"waarheid" nie.

Hulle (die kerklikes) verklaar dat God wil hê dat ons "kommuniste" moet
wees, dat dit van die begin af Sy eintlike doel was.

Nou eers, ná 2000 jaar en miljoene dae van kerklike studie, kom hulle
skielik agter dat God eintlik bedoel het ons Kommuniste moet wees. Dit
is verregaande. Dit roep ten hemele. Nee. Nee.

Kan u dit glo?

Laat die kerk en die predikante dan die eerste wees om alles wat hulle het -
te deel. Begin by die skatte van die Vatikaan en die Rooms
Katolieke Kerk - gee al daardie goud silwer en al die pêrels vir die armes;
daarna al die skatte van die sinagoges en dan alles wat die
sinodes besit en einde ten laaste, alles in die pastorieë - gee dit alles
weg. Elke predikant moet nou die voorbeeld stel en soos Jesus maak
en "nie 'n plek hê waar hy sy hoof kan neerlê nie", hy en sy vrou en
kinders. Strate toe, broer. U verkondig dan dat dit God se wil is.

En wanneer u dit gedoen het, sal ek weer na u interpretasies kyk. Maar u
verwag dit van die "kudde" terwyl u aanhou om in u groot herehuise te
woon en die duur motors te ry.

Dit is so dat die rykes te ryk word, maar rykdom is baiemaal die gevolg van
'n talent om iets te vervaardig wat baie mense wil hê. Wie se skuld
is dit dat Bill Gates 'n rekenaarprogram geskryf het wat almal wil hê en wat
mense in hul duisendtalle gekoop het? Nou is hy die rykste man in
Amerika, onnodig ryk, ja, maar die implikasie van hierdie nuwe "les" is dat
hy dit alles moet weggee - dit met almal moet deel. Nee, meer as dit
- hy moet dit alles in die "pot" sit en NIKS daarvan vir homself hou nie.

Maar wie beheer die pot? Ah. Dit is nou die "million dollar question". Wie
beheer die pot?

In Rusland het net handvol mense die "pot" beheer en in die nuwe Suid-Afrika
is daar ook net 'n paar mense wat die pot beheer. Wat meer
interessant is is dat die wêreldwye stryd onder die superrykes nou juis die
beheer van alle rykdom is, die beheer van die "superpot".

OORTREDING

Mense word ryk en daaroor sê hierdie "supergeleerdes", die professor
hierbo - "En dit kan neerkom op 'n oortreding van God se wet".

Ag siestog!

Hulle wil die wet van God nou toepas op mense wat plase het, wat 'n
sakeonderneming bedryf, op u en op my wat lewenslank gesukkel het om
iets in die lewe bymekaar te kry, maar wanner dit by die moorde op ons mense
kom - dan is die "wet van God" gladnie ter sprake nie. Nee, die
"Have Nots" kan maar moor en verkrag en steel - want daar is geen "wet van
God" daarteen nie. As daar was, sou daar tog iets aan gedoen word,
dan nie? Maar aangesien "hulle" buitendien nie daardie wet erken nie, kom
daar letterlik niks van nie. Moordenaars en rowers kom skotvry
daarvan af. Dit weet ek en u wat in Afrika grootgeword het.

Kan u dit glo? Bedrog op bedrog. Geen wonder die Skrif praat van die "valse
herders" nie.

Ek wil net hoor dat hierdie supergeleerdes met dieselfde entoesiasme te
velde trek teen al die moorde op ons mense op plase, te velde sal trek
teen al die verkragtings en al die geweld wat teen ons aangeblaas word.

Die storm kom - 'n storm teen die Westerling wat so rustig is en dit net nie
sien nie.

Ek dink dat spreuke 'n goeie manier is om moeilike dinge op 'n maklike
manier te sê. Na aanleiding van die huidige vlaag nuwe interpretasies in
die kerkewêreld, het ek hierdie een geskryf:

"In 'n baie belangrike sin, is akademici net volgelinge en nooit leiers nie.
Hul lesse en verduidelikings draai gewoonlik maar net om die dinge
waar die mense reeds is. Hulle neem ons byna nooit na nuwe plekke nie".
[Of op Engels: "In a very important sense most academics are only followers
and never leaders. They usually just explain and teach where
the masses already are - and hardly ever take them to new places".]

Gaan u en ek universiteit toe, dan kan ons geleer word oor dit wat is.
Jy kan 'n dokter word, 'n ingenieur, 'n onderwyser; alles wat is, kan jy
daar studeer - net meer intensief. Maar die professore kan nooit die
studente na "nuwe plekke" neem nie. Hy mag nie - hulle sal hom afdank; en hy
kan nie, want baie van hulle het geen behoefte na "nuwe plekke"
nie. Chris Barnard het nie op universiteit geleer om 'n "nuwe ding" te
probeer nie. Toe hy die hart oorgeplant het, was hy juis as 'n ketter
beskou.

Dit is ook die geval met ons geestelike "leiers". Hulle kan ons net leer
waar ons is en kan nooit na nuwe plekke gaan nie. Die bewys -
Suid-Afrika. Ons het 'n vooruitstrewende land gehad, een van die top tien in
die wêreld, maar met hulle "geestelike leiding" sit ons nou met
'n land wat met spoed op die afdraande pad is en reeds 139ste op die ranglys
is. Alles gaan tot niet, maar hulle "lei" ons steeds op daardie
afdraande pad - en ons volg hulle.

Hul leiding van die verlede was mos nie GOEIE LEIDING teenoor hulle eie
lidmate nie.

APARTHEID

Hulle meen dat hulle die saak oor "apartheid" verkeerd verstaan het.
Eers het hulle geglo dat dit 'n Bybelse leerstelling was, maar bely nou die
"sonde van apartheid" en dat daar NIE so 'n leerstelling in die
Bybel is nie. Oor al die jare van voor Dr. Malan tot vandag toe het die kerk
die saak op daardie manier vertolk, maar nou moet u en ek om
verskoning vra vir daardie leiding waarmee hulle ons in die verlede bedien
het. Hulle wat teologies opgelei is, het kwansuis die "Woord"
verkeerd verstaan, sê hulle, en toe verander hulle die leerstelling van
"afsonderlikheid" na "integrasie".

(Ek dog daar kan nie 'n letter of 'n leesteken aan verander word nie).

Wat u en ek nou moet weet is watter ander leerstellings hulle ook verkeerd
verstaan. Dit bekommer my. En ook - verstaan hulle iets reg?
Dit bekommer my meer.

Toe ek hierdie vraag sowat vier of vyf jaar gelede gevra het, het ek nie
gedink dat hulle werklik ander dinge uit die "Woord" ook verkeerd
"verstaan" het nie, maar nou is daar verdere "verkeerde" begrippe gevind.
Hier staan dit in die BEELD. (Sien ook Rapport van 17 Junie 2001
en ook die Junie uitgawe van INSIG). Na aanleiding van hierdie en ander
artikels wat die laaste maande verskyn het, lyk dit asof bitter min
"reg" verstaan was.

Die heel nuutste wanbegrip is dat die "geestelike leiers" nooit verstaan het
dat kommunisme dan die eintlike "doel van God" was nie. Hulle ontdek
dit nou eers; na 2000 jaar kom hulle dit agter.

Dit is verregaande.

Hulle is die "geestelike leiers", maar hierdie soort uitlatings toon dat
hulle geen "profetiese insig" het nie. Hulle verstaan nie eers die mees
basiese "leerstellings" nie.

Of, is daar dalk agter die skerms 'n agenda van internasionale politiek wat
gedien moet word?

Inderdaad, die "woekeraars" met talente in die Bybel, IS "gierig en skelm".

Groete in die naam van Waarheid.

Don Gibbs
VDM

14 Woorde:
ONS MOET DIE VOORTBESTAAN VAN ONS KROOS EN DIE TOEKOMS VAN ONS KINDERS
VERSEKER.

NS: Iets om oor te lag - en te wonder - dink hulle ons glo sulke onsin?

"SWART MENS KAN NIE RASSIS WEES - LERAAR"
uit DIE BURGER, Dinsdag 8 Mei, 2001, bl 5.

PRETORIA.
Rassisme is 'n wit sonde. Dit is onmoontlik vir 'n swart mens om 'n rassis
te wees.
So het biskop Joe Seoka, Anglikaanse biskop van Pretoria, gister by die
universiteit van Pretoria op 'n konferensie oor rassisme in die kerk
gesê.
Seoka het gesê rassisme is nie iets natuurliks nie. Dit is aangeleerde
gedrag.
Hy het die verhaal vertel van 'n wit seuntjie wat by 'n swart maatjie gaan
speel het en toe aan hom gese het: "Jy het nie vir my gesê jou pas
is swart nie."
In die natuurlike interaksie teussen hulle twee was daar geen rasbewustheid
nie, maar omdat hy die swart pa met hul tuinwerker
geassosieer het, het die rasbewustheid wat hy aangeleer het, na vore gekom
toe hy die swart pa sien.
Tussen swart mense kan dar diskriminasie op grond van klas of etnisisteit
wees, maar nie rassisme nie, het Seoka voorts gesê.

(Free translation)
"BLACKS CANNOT BE RACIST - PASTOR"
From THE BURGER (Afrikaans newspaper) Cape Town, Tuesday, 8th May 2001.

PRETORIA -
Racism is a white sin.  It is impossible for a black person to be a racist.
This was stated by bishop Joe Seoka, (a black man) Anglican bishop of
Pretoria, at a conference on Racism in the Church held at the University
of Pretoria yesterday.
Seoka said that racism is not a natural thing.  It is a learnt (acquired)
behaviour.
He told the story of a white boy who went to play with a black friend and
then said to him: "You did not tell me your father was black."
In the natural interaction between them there was no racism present, but
because he associated the black father with a garden worker (or
servant), the racism he had learnt came to the fore when he saw the black
father.
Amongst black people there can be discrimination on grounds of class or
ethnicity, but not racism, Seoka continued.
Re: VRA DIE DOMINEE [boodskap #45647 is 'n antwoord op boodskap #45576] Di, 03 Julie 2001 05:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo,

Daar was eens 'n student in die godsdiensonderrig wat teen meneer
Pastoor gesê het: "Meneer Pastoor, ek is besig 'n boek te lees oor
sonde, oorlog, haat, nyd, ontrou, verwoesting, verraad, kortom dit
boek gaan oor alles wat sleg en gemeen is in die mense..."
Toe het meneer Pastoor geantwoord: "Kêrel, jy moet onmiddellik
ophou dit boek te lees! Dis nie goed vir jou nie!! Wat voor 'n boek
is dit eintlik?"
Toe het die student 'n bietjie onnosel na meneer Pastoor gekyk en
toe gesê: "Dis die Bybel, meneer Pastoor!.."

Die beste groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: VRA DIE DOMINEE [boodskap #45655 is 'n antwoord op boodskap #45647] Di, 03 Julie 2001 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy is doodreg Norbert - Die Bybel noem definiteif al daardie goed.
Maar dit vertel nie vir mense in detail hoe om 'n suksesvolle bom aanmekaar
te slaan soos die WWW nie:)))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Sterrenkijker skryf in boodskap news:3b415423.1620790@news.online.be...
> Hallo,
>
> Daar was eens 'n student in die godsdiensonderrig wat teen meneer
> Pastoor gesê het: "Meneer Pastoor, ek is besig 'n boek te lees oor
> sonde, oorlog, haat, nyd, ontrou, verwoesting, verraad, kortom dit
> boek gaan oor alles wat sleg en gemeen is in die mense..."
> Toe het meneer Pastoor geantwoord: "Kêrel, jy moet onmiddellik
> ophou dit boek te lees! Dis nie goed vir jou nie!! Wat voor 'n boek
> is dit eintlik?"
> Toe het die student 'n bietjie onnosel na meneer Pastoor gekyk en
> toe gesê: "Dis die Bybel, meneer Pastoor!.."
>
> Die beste groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
Re: VRA DIE DOMINEE [boodskap #45722 is 'n antwoord op boodskap #45576] Di, 03 Julie 2001 23:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Immelman  is tans af-lyn  Pieter Immelman
Boodskappe: 114
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Danielle, waar is die ou plekkie war jy woon en hoe laat is dit nou daar by
jou??? so tussen 6-7 nm???
pj

"Danielle" skryf in boodskap news:utk4kt0euvnsn1sok8lrmvch8j2envjhua@4ax.com...
> On Tue, 3 Jul 2001 08:46:48 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Jy is doodreg Norbert - Die Bybel noem definiteif al daardie goed.
>
> Nee, dit hang af hoe jy dit interpreteer en hoeveel geld jy nodig het.
>
>> Maar dit vertel nie vir mense in detail hoe om 'n suksesvolle bom aanmekaar
>> te slaan soos die WWW nie:)))
>
> Waar waar waar? Vertel!! :-)))
> Jy meen onse eie WWW wat so stil en ordentlik hier op ons nuusgroep
> kuier is eintlik 'n anargis?
>
Re: VRA DIE DOMINEE [boodskap #45791 is 'n antwoord op boodskap #45576] Wo, 04 Julie 2001 17:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Frikkie Potgieter" schreef:
> Die kommunisme het vir byna 'n eeu lank probeer om in Rusland 'n ekonomie te
> vestig waar die burgery NIE rykdom kon bekom nie - en dit
> het nie gewerk nie. Die "ryk" Weste het Rusland en sy mense aan die gang
> gehou - dit is geskiedenis.

Ek glo dit nie eg nie! Ek glo dat ons in die "ryk" Weste baie gelukkig
moet wees dat dit kommunisme ooit bestaan het, veral hier in Wes
Europa en waarskynlik ook elders in die wêreld..
Dis gewees deur die angs vir die kommuniste en die vrees van hulle
besittings en eiendomme te verloor dat die kapitaliste in die eerste
helfte van die twintigste eeu meer welvaart en verdienste toegestaan
het vir die gewone werkmense en alles tesaam geneem het dit hulle
nog geen windeiers gelê ook nie! Natuurlijk het dit 'n bietjie te ver
gegaan in die jare 70 en toe het die westerse wêreld gereorganiseer.
Kapitalisme het baie sleg gewees vir die mense in die 19de eeu maar
bedenk dat daarna die kommunisme nog dit enigste was waar die
kapitaliste bang vir was!! Is dit soms nie skandalig nie dat in 'n
land soos die U.S.A., wat nou weer die eerste ekonomiese moontheid in
die wêreld is nog 1 per 10 kinders in bittere armoede leef ofskoon
hulle daar in die laaste 10 jare die beste ekonomiese tyd ooit gehad
het? Weet julle dat dit hier in Wes-Europa slegs 1 kind is van 60
waarvan dit kan gesê word?
Suiwer kommunisme kan nie werk nie, dat weet ons intussel almal.
Maar laat ons tog oppas dat ons self ooit nog nie eens 'n treurmis
sing vir die teloorgang van die kommunisme in plaas van Lenin self
nie.
Ek is daarvan oortuig dat in Nelson Mandela's reënboognasie nie
alles verloop soos homself dat ooit gesien het nie maar agteraf sou
kan blyk dat die afskaffing van die Apartheid in julle land julle self
ook geen windeiers gaan lê. Dis nou miskien nog nie sigbaar nie
maar dit kan nog kom!
As Frikkie sê:"Die "ryk" Weste het Rusland en sy mense aan die gang
gehou..", dan is dit ook nie waar nie. In die jare '70 het ek in 'n
staalfabriek gewerk. Toe was daar krisis in ons land. Die staalfabriek
het toe kan oorleef deur se staal aan Rusland te verkoop en toe het
ons hier in België baai Ladas uit Rusland ingevoer. Ons het dan
goedkope motors gehad en Rusland eersteklas staal.

Die groete

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: VRA DIE DOMINEE [boodskap #45821 is 'n antwoord op boodskap #45576] Wo, 04 Julie 2001 22:20 Na vorige boodskap
Dirkie  is tans af-lyn  Dirkie
Boodskappe: 103
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Danielle

Wat het ek nou alweer gedoen om dit te verdien? Ek glo nie ek het al genoeg
hier gesê dat jy so 'n afleiding van my kan maak nie

"Danielle" skryf in boodskap news:utk4kt0euvnsn1sok8lrmvch8j2envjhua@4ax.com...
> On Tue, 3 Jul 2001 08:46:48 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Jy is doodreg Norbert - Die Bybel noem definiteif al daardie goed.
>
> Nee, dit hang af hoe jy dit interpreteer en hoeveel geld jy nodig het.
>
>> Maar dit vertel nie vir mense in detail hoe om 'n suksesvolle bom aanmekaar
>> te slaan soos die WWW nie:)))
>
> Waar waar waar? Vertel!! :-)))
> Jy meen onse eie WWW wat so stil en ordentlik hier op ons nuusgroep
> kuier is eintlik 'n anargis?
>
Vorige onderwerp: Lunch with God
Volgende onderwerp: Geloof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 22:39:24 MGT 2024