Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: HOPpende huise.
Re: HOPpende huise. [boodskap #45330] Wo, 27 Junie 2001 22:29 na volgende boodskap
Dirkie  is tans af-lyn  Dirkie
Boodskappe: 103
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Danielle

Ek weet nie of iemand jou alreeds geantwoord het nie, maar ek sien geen
antwoord nie. HOP staan Heropbou en Ontwikkelings Program wat die nuwe
regering in werking gestel het om onder andere huise vir die vorige
agtergeblewendes te bou. Die huise word op groot maat gebou, met baie klein
vertrekke (so klein jy kan nie eers jou opinie binne die huis verander nie)
en oor die algemeen lyk dit asof kwaliteitsbeheer baie skraps toegepas word.
Verlede jaar het 'n klomp van die huise in mekaar geval na die eerste groot
reen.

"Danielle" skryf in boodskap news:s0idjt8thhcg73ar5t52274lh4ma0cdstk@4ax.com...
> On Mon, 25 Jun 2001 06:56:06 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Emmy praat van die HOP "huisies" wat deesdae deur ons regering teen groot
>> spoed weinig vrug opgerig word.
>
> Annette my jonge dier, vertel nou asseblief eers vir hierdie ou
> onopgevoede omie wat is 'n HOP huis? :-))))
>
Re: HOPpende huise. [boodskap #45351 is 'n antwoord op boodskap #45330] Do, 28 Junie 2001 05:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Danielle - die mense kry lenings om die huisies te betaal - maar - soos
gewoonlik is daar sekere mense wat die meestel koop so gou as wat hulle kan,
en dan die huisies uitverhuur teen 'n huur wat meer is as wat die mense sou
betaal het as hulle die huisies sou afbetaal het.
Die plakkerprobleem word op sekere plekke erger, nie minder nie.
Dit blyk dat sommige mense liewer in hulle groter plakkershuise wil bly as
in die kleiner hophuise - en buitendien nie betaal vir die huisvesting nie.
Ek dink dit is 'n suiwer ekonomiese oorweging in die meeste gevalle.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Danielle skryf in boodskap news:sppkjt8v6tpaoc7l3m75tg7gti9vj18suh@4ax.com...
> On Thu, 28 Jun 2001 00:29:05 +0200, "WWW" wrote:
>
>
>> Ek weet nie of iemand jou alreeds geantwoord het nie, maar ek sien geen
>> antwoord nie.
>
> Nee, ek word maar so ge-ignoreer hier langs die kant. :-))
> Dankie dat jy my vraag raakgesien en geantwoord het.
>
>> HOP staan Heropbou en Ontwikkelings Program wat die nuwe
>> regering in werking gestel het om onder andere huise vir die vorige
>> agtergeblewendes te bou. Die huise word op groot maat gebou, met baie klein
>> vertrekke (so klein jy kan nie eers jou opinie binne die huis verander nie)
>> en oor die algemeen lyk dit asof kwaliteitsbeheer baie skraps toegepas word.
>> Verlede jaar het 'n klomp van die huise in mekaar geval na die eerste groot
>> reen.
>
> Ek neem aan dat hierdie "behuising" dan gratis verskaf word, en die
> plek van die plakkerskampe/hutte probeer neem?
>
> Dankie weer vir die verduideliking - ek het rerig gewonder wat hierdie
> HOP huisies was. :-)
>
Re: HOPpende huise. [boodskap #45360 is 'n antwoord op boodskap #45330] Do, 28 Junie 2001 07:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Danielle
Dankie weer vir die verduideliking - ek het rerig gewonder wat hierdie
HOP huisies was. :-)

Wouter
Ons trek net jou been, Danielle. Dis eintlik Kangaroo-huisies.
Re: HOPpende huise. [boodskap #45419 is 'n antwoord op boodskap #45330] Vr, 29 Junie 2001 04:27 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee ons kan nie trailer parks hier maak nie - want ons mense het net nie die
geaardheid om in The Jerry Springer Show op te tree nie;)))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Danielle skryf in boodskap news:nt9njt8ibu5cuh0qlhnd2polb7a4fmrobt@4ax.com...
> On Thu, 28 Jun 2001 08:32:45 +0100, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>> Danielle
>> Dankie weer vir die verduideliking - ek het rerig gewonder wat hierdie
>> HOP huisies was. :-)
>>
>> Wouter
>> Ons trek net jou been, Danielle. Dis eintlik Kangaroo-huisies.
>
> Jaaaa...ek het dit GEWEET!! Nou vir wat bou julle dan
> Kangaroo-huisies, en verwag die ouens moet nog BETAAL ook vir 'n huis
> wat sommer weghop met die eerste reens? :-)))
>
> Laat my dink aan een van Chevy Chase se flieks (storie ter wille van
> Annette wat mos haar opvoeding oor Amerika van die flieks af kry.
> 'Skuus Annette, maar dis mos wat daar vir ons vertel word, en nou glo
> ek dit maar) :-))))
> Die Griswold familie saga - die ene oor die Griswold's se Kersvakansie
> (National Lampoon's Christmas Vacation) Elkgeval, Randy Quaid (wat
> neef Eddy speel - die familie se redneck swartskaap), was ook onder
> andere daar met sy hele familie in hulle "mobile home". Die
> dogtertjie was vreeslik beindruk met die Griswold's se toilet, want in
> haar woorde: "the house is still there and in the same spot,
> aftewards."
>
> Ek wonder soms rerig waarom die husies met baksteen gebou word? Dis
> tog duur en tydrowend? Die Amerikaanse "trailer parks" met hulle lae
> koste behuising is mos nie 'n slegte idee nie? Waarom kry mens nie
> sulke huise in SA nie? Of is dit nou deesdae ook beskikbaar as
> alternatiewe behuising?
>
Vorige onderwerp: Komies
Volgende onderwerp: Re: Gesigtrek - was Re: distrik 6
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 14:23:09 MGT 2024