Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gelukkige St. Patrick's Day almal!!
Gelukkige St. Patrick's Day almal!! [boodskap #4248] Wo, 17 Maart 2004 01:05 na volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"There is a stone there,
That whoever kisses,
Oh, he never misses
To grow eloquent.
'Tis he may clamber
To a lady's chamber,
Or become a member
Of Parliament. "

Lorinda, het jy al die Blarney Stone gesoen?

Hier in Amerika is more 'n erge (vandag vir julle)
dronkword-op-groen-bier-dag. En ons almal moet altyd iets groen dra,
maak nie saak wat dit is nie. Solank jy net groen aan jou lyf het. En
dit maak nie saak of jy Iers is of nie, of probeer wees, of nie. ;-))
Ek wonder hoe rerige Iere die dag vier? 'Seblief vertel, Lorinda?
Re: Gelukkige St. Patrick's Day almal!! [boodskap #4250 is 'n antwoord op boodskap #4248] Wo, 17 Maart 2004 18:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
>
> Lorinda, het jy al die Blarney Stone gesoen?

Nee, maar die soenery doen goeie toeristebesigheid! Dis wel 'n
uitdrukking wat algemeen in gebruik is vir iemand wat nie op sy/haar
bek geval is nie :-))

>
> Hier in Amerika is more 'n erge (vandag vir julle)
> dronkword-op-groen-bier-dag. En ons almal moet altyd iets groen dra,
> maak nie saak wat dit is nie. Solank jy net groen aan jou lyf het. En
> dit maak nie saak of jy Iers is of nie, of probeer wees, of nie. ;-))
> Ek wonder hoe rerige Iere die dag vier? 'Seblief vertel, Lorinda?

Dankie Katryn! Iere is veronderstel om mass by te woon, want St
Patrick's dag is soos jy weet die naamdag van die beskerm heilige van
Ierland (oor hoe goed hy hom oor die eeue van sy taak gekwyt het is
natuurlik betwisbaar:-)) In Ierland is daar 'n parade in Dublin, maar
soos ek dit verstaan is dit nie so groot soos die een in die VSA nie.
Daar word wel vlae gewaai, en baie geeet en gedrink. "Tradisionele"
disse is baie gewild vandag (ook hier in Engeland waar hulle die dag
ook vier, maar dit is nie 'n vakansiedag nie) soos colcannon, boiled
bacon ens.

Daar was 'n tyd toe die dra van groen op dae soos St Patrick's dag
strafbaar was (in Ierland).

Lorinda
Re: Gelukkige St. Patrick's Day almal!! [boodskap #4252 is 'n antwoord op boodskap #4250] Do, 18 Maart 2004 00:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Mar 2004 10:13:42 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

>> Lorinda, het jy al die Blarney Stone gesoen?
>
> Nee, maar die soenery doen goeie toeristebesigheid! Dis wel 'n
> uitdrukking wat algemeen in gebruik is vir iemand wat nie op sy/haar
> bek geval is nie :-))

Have you kissed the blarney stone?
Well...have ya?
;-))))

> Dankie Katryn! Iere is veronderstel om mass by te woon,

So, het jy? Plead the Fifth! Plead the Fifth!
;-)))
(Jammer, maar ek het nie gedink dit sou enigsins in Afrikaans werk
nie) Nogal interessant as mens sien hoe nou geweef taal met kultuur
is...ai, maar nou dwaal ek vreeslik af. Blammeer die dêm groen bier!
;-)

> want St
> Patrick's dag is soos jy weet die naamdag van die beskerm heilige van
> Ierland (oor hoe goed hy hom oor die eeue van sy taak gekwyt het is
> natuurlik betwisbaar:-))

Ja, nogal. ;-)) Iewers het ek eenkeer gelees dat hy nie self 'n Ier
was nie. Dink jy dit kon dalk iets daarmee te doen gehad het? ;-)

> Daar word wel vlae gewaai, en baie geeet en gedrink. "Tradisionele"
> disse is baie gewild vandag (ook hier in Engeland waar hulle die dag
> ook vier, maar dit is nie 'n vakansiedag nie) soos colcannon, boiled
> bacon ens.

Wat is colcannon en boiled bacon? Watter ander disse is baie
tradisioneel. Ons het toe die kool en corned beef storie geeet
vanaand, en dit was heel lekker.

So gepraat van Ierse dinge....netnou op die radio is hulle besig om te
praat oor die probleem hier in Amerika by sportkomplekse waar daar nie
genoeg ruskamers vir vrouens is nie, en dat daar altyd laaang toue is
vir vrouens, terwyl daar meer as genoeg geriewe vir vrouens is.
Elkgeval, die ander omroeper luister ewe geduldig en sê toe so ewe
ernstig dat hy nou skielik besef waar die "Irish jig" vandaan kom!
;-))

> Daar was 'n tyd toe die dra van groen op dae soos St Patrick's dag
> strafbaar was (in Ierland).

Vertel. Vertel! Dit klink baie interessant, (Jammer dat ek so
clueless is oor Ierse geskiedenis)
Re: Gelukkige St. Patrick's Day almal!! [boodskap #4253 is 'n antwoord op boodskap #4252] Do, 18 Maart 2004 01:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Mar 2004 19:49:33 -0500, Katryn wrote:
> waar daar nie genoeg ruskamers vir vrouens is nie, en dat daar altyd laaang toue is
> vir vrouens, terwyl daar meer as genoeg geriewe vir ** vrouens** is.

Aarde, maar ek is deurmekaar. Die tweede vrouens moes "mans" gewees
het. ;-)
Re: Gelukkige St. Patrick's Day almal!! [boodskap #4256 is 'n antwoord op boodskap #4252] Do, 18 Maart 2004 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> Have you kissed the blarney stone?
> Well...have ya?
> ;-))))

Ek sou sê die meeste mense op hierdie groep het "the gift of the
gab" :-))

>> Dankie Katryn! Iere is veronderstel om mass by te woon,
>
> So, het jy? Plead the Fifth! Plead the Fifth!
> ;-)))

LOL! Ek sal nie die "Vyfde" pleit nie, ek sal maar net eenvoudig
pleit...:-)Nee, ek het nie.


>> want St
>> Patrick's dag is soos jy weet die naamdag van die beskerm heilige van
>> Ierland (oor hoe goed hy hom oor die eeue van sy taak gekwyt het is
>> natuurlik betwisbaar:-))
>
> Ja, nogal. ;-)) Iewers het ek eenkeer gelees dat hy nie self 'n Ier
> was nie. Dink jy dit kon dalk iets daarmee te doen gehad het? ;-)


Dis reg, hy was nie 'n Ier nie(hy was in Skotland gebore), so dis heel
moontlik die rede. Die Uitlander! :) Die Engelse beskermheilige
(George) was ook nie Engels nie, maar hy was meer pligsgetrou! :-))

>
> Wat is colcannon en boiled bacon? Watter ander disse is baie
> tradisioneel. Ons het toe die kool en corned beef storie geeet
> vanaand, en dit was heel lekker.

Colcannon is kool en aartappels (met baie botter!). Boiled bacon is
gesoute varksvleis. Nog 'n tradisionele dis is Irish Stew (gemaak met
skaapsvleis).

Lorinda
Re: Gelukkige St. Patrick's Day almal!! [boodskap #4258 is 'n antwoord op boodskap #4252] Do, 18 Maart 2004 20:19 Na vorige boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...

> Elkgeval, die ander omroeper luister ewe geduldig en sê toe so ewe
> ernstig dat hy nou skielik besef waar die "Irish jig" vandaan kom!
> ;-))

LOL! Ja, ek kan dit heeltemaal insien :-)


>> Daar was 'n tyd toe die dra van groen op dae soos St Patrick's dag
>> strafbaar was (in Ierland).
>
> Vertel. Vertel! Dit klink baie interessant, (Jammer dat ek so
> clueless is oor Ierse geskiedenis)

Om groen te dra op dae soos St Patrick's Day was 'n teken van
rebellie, en as daar nou iets is waarvan die Engelse nie gehou het
nie.....:-)) Dis omdat die groen vlag ens gewoonlik gebruik is elke
keer as daar 'n opstand of rebellie was.

Daar is geen rede waarom jy die geskiedenis van elke klein landjie ter
wereld hoef te ken nie! :-)

Lorinda
Re: geluk [boodskap #25982 is 'n antwoord op boodskap #4248] Di, 07 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Colin  is tans af-lyn  Colin
Boodskappe: 12
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ai tog. As die oorspronklike brief al die voorbeelde in gehad het, hoe die
donder het die skrywer geweet wat met hulle sal gebeur? Hierdie is soos die
ou vraag van 'n muntstuk met die datum 100 B.C op. Die moet valse wees, hoe
het hulle geweet dit was B.C.?

'n Bietjie Logika asb.

Groete :-)

Colin
Vorige onderwerp: Ek loop die pad
Volgende onderwerp: Highveld 94.7
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 19:23:25 MGT 2024