Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Wat is die Bybel?
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42037 is 'n antwoord op boodskap #41876] Ma, 14 Mei 2001 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Gaan dit meer vir jou oor die god of oor die medegelowiges, Gloudina?


Wanneer ek vir Davie Davis sê dat as hy die Christelike
pad volg, dit nodig is om die Bybel baie ernstig en diep te
bestudeer en letterlik op te neem in sommige plekke, dan bedoel
ek dit. Ek dink iets wat amper soos 'n swerende inflammasie is
op die Christelike scene is, is dat daar mense wat in die Bybel sit
en lees om dinge te bewys oor rasse-aangeleenthede, of dat hulle
die enigste wysheid in pag het, maar dan vind mens uit hulle spandeer
min tyd in meditasie op hulle knieë, en as mens na hulle ander poste
op die nuusgroep kyk, dan sien mens die sweer etter.
Wat ek van die Buddhiste die meeste waardeer, is die hoeveel-
heid meditasie wat daar gedoen word. Hoeveel daar na binne gekyk
word.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42070 is 'n antwoord op boodskap #41876] Di, 15 Mei 2001 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina! Gloudina!

skryf in boodskap news:3AFFC1BD.E7EF1875@home.com...
Thys de Wet wrote:

> So Thys, jy is nou nie so blatant as sommige van die ander
> the-christian-doctrine-is-the-only-true-doctrine chauvinist pigs nie,
> maar jy verkondig dan ook maar dat jy in besit van "die
> Waarheid," en jy praat hooghartig van "hulle wat nie die
> Waarheid het nie."
Hooghartig sê jy? Nee ek is nie hooghartig nie, en ek sien nie neer op
ander wat nie die waarheid van die verlossing en ewige lewe in Jesus
Christus het nie, maar is daardie waarheid aan hulle verskuldig. En my God
is 'n jaloerse God soos in Exodus 20:3 "Jy mag naas my geen ander gode hê
nie" En ook wat daarop volg.

> Wat maak jou so seker dat jy die
> Waarheid het, tensy jy diep dink oor ewige dinge en altyd
> 'n soeker van waarhede bly.
Die feit dat ek weet dat ek weet dat my Verlosser leef en dat ek die ewige
lewe met Hom sal deurbring. Sal jy ook daar wees?

> Mens kan nie met Christian
> chauvinist pigs argumenteer nie.
'n Wenk Gloudina: Hoekom bly jy aanhou met mense te tipeer met name wat nie
by jou status as ingeligte pas nie?
Hoe lyk so-iemand soos wat jy nou net hier genoem het?

> Mens kan wel diep en innig
> omgaan met opregte Christine en opregte Buddhiste en
> Moslems en Noord-Amerikaanse Eerste Nasies.
Waar het jy al die twak geleer omtrent "diep en innig omgaan met ander"?

Jesus sê tog vir Tomas, een van sy dissipels, in Johannes 14:6
"Ek is die weg die waarheid en die lewe Niemand kom na die Vader toe
behalwe deur My nie. As julle My ken sal julle my Vader ook ken. En van nou
af ken julle Hom en sien julle Hom"

> Die Gees is lewend.
Ja die Gees is lewend, maar net vir die wat glo. Jakobus 2:19 sê: "Glo jy
dat daar net een God is? Dit is reg. Die duiwels glo dit ook, en hulle
sidder van angs"

> Maar daardie mense wat politiek speel deur te
> verklaar dat hulle "waarheid" die enigste waarheid is, is op
> 'n dwaalspoor. Dit is my opinie dat hierdie soort arrogante
> isolasionisme al hoe meer passê gaan raak in die een-en-
> twintigste eeu. Sover ek kan sien, is daar tekens van daardie
> wyer dink al teenwoordig in die geskrifte van Christina Landman
> en 'n paar ander. Wat dink jy van Christina Landman?

Ek had nog nie een van haar geskrifte onder oë nie, en het dus nie 'n opinie
omtrent haar nie.
Dat sy wel effens "pad-af" is met haar stellings, en dat dit rimpels in die
paddapoel van die gevestigde en gestagneerde kerke veroorsaak is nie altemit
nie. Ek self stem nie saam van haar stellings van dit wat ek in die
koerante gelees het nie.
Ek is nie 'n lidmaat van die NG Kerk nie, Was, en ek "bad mouth" hulle nie.
Ek het in vrede die NG Kerk verlaat uit eie keuse en my by 'n meer
charismatiese gemeente aangesluit wat 'n wye wêreld-visie vir evangelisasie
het, en dit doen.

Thys hier oppie Bos.
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42075 is 'n antwoord op boodskap #41940] Di, 15 Mei 2001 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis schreef in berichtnieuws
gqcqftole4jim1npbrapbt710l511iuahe@4ax.com...

> Heelwat mense waaronder Annette bv. sorteer, gebruik so graag (so
> vreeslik graag!) die holrug geryde stelling dat die bybel etlike kere
> vertaal is en dat die vertalers kon foute maak - die bybel is nié
> etlike kere vertaal nié maar word elke keer (veronderstel om te wees)
> uit die oorspronklikste moontlike Hebreeus en Grieks vertaal.

Goed vertalen is niet eenvoudig je moet er ook een gevoel ervoor hebben.
Beroemde schrijvers zoeken heel zorgvuldig hun vertalers uit want anders kan
hun boek heel anders zijn in die nieuwe taal. Letterlijk vertalen kan men
niet.

Dat is het moeilijkste van een vertaling om dezelfde betekenis in die andere
taal te vertellen.

De oude talen zijn heel erg moeilijk om ze in de juiste vorm te vertalen
omdat de
bijbel al is vertaald uit een vertaling ( Grieks )

Een gelovige zal de bijbel anders vertalen als een niet gelovige....

Wat bedoelde men in die tijd met het woord geliefde....een vriendschap of
een seksuele liefdesrelatie....kijk naar wat Jezus tegen Lazerus zei
Je kan erachter komen door andere teksten te bestuderen van die tijd.

Grt Emmy

>
> Cenario - jy is die eienaar van 'n motorhawe (en ek praat met jòu wat
> so graag die vertalings die skuld gee waarom jy nie glo nie - waarom
> gaan swot jy dan nie Grieks en Hebreeus nie, dis tog so belangrik om
> die waarheid te ken - en dàn sal jy hopelik die vertaling glo)
> Terug na die cenario - jy is die eienaar van 'n motorherstelplek en
> drie luukse Merc's wat môreoggend 'n belangrike konvooi moet lei, word
> na jou gestuur vir diens.
>
> Aan elke een van jou drie motorwerktuigkundiges gee jy 'n handboek
> waarvolgens hulle die diens moet doen en jy's nice genoeg om dit vir
> die Afrikaansprekende outjies in Afrikaans te laat vertaal uit die
> oorspronklike Duits.
>
> Die volgende dag is twee van die drie motors se tyd in sy maai - die
> enjin kan nie eens aan die gang kom nie en jy moet vinnig 'n spesialis
> laat kom om dit te herstel. Ten minste is hulle binne en buite gewas.
> Die derde kar is steeds net so vuil soos gister en die mis wat in sy
> enjin was is steeds daar. Die sitplekke is vuil en papiere lê op die
> vloer.
>
> Ná alles hou jy 'n ondersoek met hulle in jou kantoor.
>
> 1.
> Werktuigkundige een se verskoning - hy het gedink dat die vertaling
> verkeerd was en het sy eie kop gevolg. Gedoen soos hy gedink het die
> vertaling moes lees en eintlik die vonkproppe ingesit wat hy gedink
> het die vertaler moes skryf. Skuus, dit het nie gewerk nie.
>
> 2.
> Die tweede outjie sê dat jy maar kan kyk, hy het gedoen presies soos
> die boek sê hy moet maar dit het nie gewerk nie want, die vertaler het
> 'n fout gemaak. Eintlik was die vonkprop tipe bedoel vir die Duitse
> weer en so ook die tydstelling. Maar hy het die handboek gevolg soos
> jy gesê het hy moet doen. Skuus dit het nie gewerk nie.
>
> 3.
> En die derde een sê dat hy niks gedoen aan die kar nie want dis 'n
> vertaling wat jy aan hom gegee het, en vertalings kan verkeerd wees.
> Die vertaler kon 'n fout gemaak het en hy verstaan nie Duits nie so hy
> het niks gedoen nie. Dé, daar's jou kar sommer net so vuil soos hy
> gister was terug. Want sê nou die vertaler het selfs met die
> voorgeskrewe sjampoe gefouteer en die verf is beskadig. En sê nou net
> die politoer wat die boek sê jy op die buitebande moes gebruik, word
> met ander komponente vervaardig in SA.
>
> Jy sal 'n bevinding moet doen oor die drie en hul werklewering.
>
> Soos ek gesê het, wil ek volstaan hiermee maar dit beteken nie dat die
> Annette's en die's meer wat vertalings as verskonings (verskonings?)
> gebruik, hoef nie op die een te antwoord nie.
>
> Soos Rico sê, 'k soek nie 'n faait nie, wil net weet'.
>
> DD
>
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42076 is 'n antwoord op boodskap #41876] Di, 15 Mei 2001 08:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle schreef in berichtnieuws
doeuftg08u8h9mrjngs1e9h4r656d5spc3@4ax.com...
> On Mon, 14 May 2001 00:17:47 GMT, @home.com wrote:
>
>> Wat ek van die Buddhiste die meeste waardeer, is die hoeveel-
>> heid meditasie wat daar gedoen word. Hoeveel daar na binne gekyk
>> word.
>
> Is dit net ek, of is hier ander mense wat nou ook siek en sat raak vir
> hierdie blatante en aanhoudende Boedistiese proseliterring?

Waarom??...je kan er veel van leren of wil je buiten het christelijke geloof
alle
geloven buiten sluiten dan beperk je je eigen geest.
Het christendom heeft altijd verkondigd het ware geloof te zijn .......en
dat zit diep
gesetteld in zijn volgelingen ze wijzen resoluut elke tegenargumenten af
;-))
Waarom???
Het Boedisme is het vredelievendste geloof wat er bestaat.
Veel westerlingen zijn ervan onder de indruk. Hun levenstijl en hun
innerlijkheid is
indrukwekkend.

Grt Emmy
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42084 is 'n antwoord op boodskap #41876] Di, 15 Mei 2001 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Die feit dat ek weet dat ek weet dat my Verlosser leef en dat ek die ewige
> lewe met Hom sal deurbring. Sal jy ook daar wees?

As jy eerlik gaan sit en dink wat jy hierbo sê in dielaaste sin ( "Sal jy ook
daar wees") dan sal jy moet
toegee dat jy 'n stukkie seepkissie bravado gebruik
wat sekere soort predikers al lankal gebruik het om
mense te probeer intimideer. Luister, Thys, ek is ouer
as jy en het van die Christen-godsdiens milieu in SA
baie baie lank ondervinding. En ek het begin uitvind
dat sommige van die ernstigste Christene swart mense
is wat deur die nag in swart kerke bid.

>
>
> Hoe lyk so-iemand soos wat jy nou net hier genoem het?

'n Christian-chauvinist pig is 'n persoon wat daaropstaan dat hy die enigste
wysheid in pag het, dat mens
alleen "gered" kan word as jy dink soos hy dink en
glo soos hy glo.

>
>
> Jesus sê tog vir Tomas, een van sy dissipels, in Johannes 14:6
> "Ek is die weg die waarheid en die lewe Niemand kom na die Vader toe
> behalwe deur My nie. As julle My ken sal julle my Vader ook ken. En van nou
> af ken julle Hom en sien julle Hom"
>

Dis sal baie interessant wees om hierdie uitspraak dieper
te debateer. Dit het geweldige metafisies-teologiese diepte.
Is jy geinteresseerd? Maar jy sal moet bereid wees vir
allerhande onverwagte konklusies - dat daar 'n hele klomp
sogenaamde Christene nie die paal sal haal nie, en 'n hele
klomp mense wat nog nooit van "Christus" gehoor het nie,
wel.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42104 is 'n antwoord op boodskap #41876] Wo, 16 Mei 2001 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3B014F46.2610E4E7@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Die feit dat ek weet dat ek weet dat my Verlosser leef en dat ek die ewige
> lewe met Hom sal deurbring. Sal jy ook daar wees?
Daar gaan jy al weer! Ek maak 'n stelling omdat ek dit in my eie lewe so
ervaar en omdat ek deur verskeie ervarings is waar ek 'n dieper en meer
innige verhouding met my Skepper en Verlosser gekom het. En ek vra bloot
die vraag : Sal jy ook daar wees. Die feit dat jy die punt wil omseil met
al hierdie GROOT woorde sê my dat jy nie seker is nie.
> As jy eerlik gaan sit en dink wat jy hierbo sê in dielaaste sin ( "Sal jy ook
> daar wees") dan sal jy moet
> toegee dat jy 'n stukkie seepkissie bravado gebruik
> wat sekere soort predikers al lankal gebruik het om
> mense te probeer intimideer.
> Luister, Thys, ek is ouer as jy en het van die Christen-godsdiens milieu in SA
> baie baie lank ondervinding.
Mag so wees, maar dat jy allerhande jakkalsdraaie om die ewaarheid wil gooi,
negeer jou ouderdomsvoordeel en die respek wat ander dalk nog vir jou gehad
het..
En as jy dan die ondervinding het, waar is die diepte in jou saak?

> En ek het begin uitvind
> dat sommige van die ernstigste Christene swart mense
> is wat deur die nag in swart kerke bid.

En ek het niks met enige wit/swart sake ge-opper nie. Van waar Gehasi?

Ek betwyfel geensins die opregtheid van hulle aanbidding nie. Ons het ook
Afrika-lede in ons gemeente, en of jy wit, swart, grys, pienk, groen, boul
of watter kleur ookal, al wat saak maak is dat mense Jesus as Verlosser bely
en glo dat hy vir almal se sondes gesterf het.. En dit kan geen mens jou
forseer om te doen nie. Net die Heilige Gees kan jou tot daardie oortuiging
bring. Maar dit weet jy mos as jy al die ondervinding het!

> Hoe lyk so-iemand soos wat jy nou net hier genoem het?

> 'n Christian-chauvinist pig is 'n persoon wat daaropstaan dat hy die enigste
> wysheid in pag het, dat mens
> alleen "gered" kan word as jy dink soos hy dink en glo soos hy glo.

OK so dis die mens wat so lyk.
>
>
> Jesus sê tog vir Tomas, een van sy dissipels, in Johannes 14:6
> "Ek is die weg die waarheid en die lewe Niemand kom na die Vader toe
> behalwe deur My nie. As julle My ken sal julle my Vader ook ken. En van nou
> af ken julle Hom en sien julle Hom"
>

> Dis sal baie interessant wees om hierdie uitspraak dieper
> te debateer. Dit het geweldige metafisies-teologiese diepte.

Ek ken nie enige metafisiese-teologiese goed nie, maar weet wel dat mens so
maklik ge-"sideline" kan word deur sinlose argumente. Daarteen waarsku die
Skrif ook in 1 Timoteus 6:3-4 :
"As iemand 'n ander leer verkondig as nie hou by die gesonde woorde van ons
Here Jesus Christus nie, is hy verwaand en weet hy niks. Hy het 'n sieklike
beheptheid met met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan
afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense
wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is." (NAB 1983
vertaling)

King James vertaling:
" If any man teach otherwise, and consent not to wholesome words, even the
words of our Lord Jesus Christ, and to the doctrine which is according to
godliness;
He is proud, knowing nothing, but doting about questions and strifes of
words, whereof cometh envy, strife, railings, evil surmisings,
Perverse disputings of men of corrupt minds, and destitute of the truth,
supposing that gain is godliness: from such withdraw thyself."

Ek sal my nou nie aan die saak onttrek nie, maar behou my die reg voor om
dit te doen, want my maatstaf vir is die Woord.

> Is jy geinteresseerd? Maar jy sal moet bereid wees vir
> allerhande onverwagte konklusies - dat daar 'n hele klomp
> sogenaamde Christene nie die paal sal haal nie, en 'n hele
> klomp mense wat nog nooit van "Christus" gehoor het nie, wel.

As jy Woord wil gooi, gaan maar voort, maar moenie sê niemand het jou
gewaarsku nie. Jy sal dalk jou man se hulp moet bykry hier!

Thys oppie Bos
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42106 is 'n antwoord op boodskap #41876] Wo, 16 Mei 2001 07:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle schreef in berichtnieuws
uk33gtgs54q3oeqej7gsjk77tj1g4qs8sh@4ax.com...
> On Tue, 15 May 2001 10:51:20 +0200, "emmy" wrote:
>
>> Is dit net ek, of is hier ander mense wat nou ook siek en sat raak vir
>> hierdie blatante en aanhoudende Boedistiese proseliterring?
>
>> Waarom??...je kan er veel van leren of wil je buiten het christelijke geloof
>> alle geloven buiten sluiten dan beperk je je eigen geest.

> Waarom wil jy dan he dat ek moet "leer" van Boedisme vanuit die pen
> van Gloudina?

Cloudina verteld geen onzin .....ze is misschien wat fel in haar tactiek
maar ze is van ZA en ze weet uit eigen ondervinding hoe het in ZA van weleer
was en nu nog is en ik denk dat ze vaak een gevoelige snaar raakt.

> Hmmm....Goeie Boedis daai hmmm?

Ik denk niet dat Cloudina een boeddhist is ze gewoon geinteresseerd in
alle godsdiensten.

Zelf hang ik geen enkele stroming of leer aan....

Grt Emmy
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42108 is 'n antwoord op boodskap #42104] Wo, 16 Mei 2001 07:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Thys de Wet schreef in berichtnieuws
9dt850$2ckg$1@news.adamastor.ac.za...

> Skrif ook in 1 Timoteus 6:3-4 :
> "As iemand 'n ander leer verkondig as nie hou by die gesonde woorde van ons
> Here Jesus Christus nie, is hy verwaand en weet hy niks. Hy het 'n sieklike
> beheptheid met met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan
> afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense
> wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is." (NAB 1983
> vertaling)

Als ik dit lees zie ik alleen intimidatie en bedreiging.

> As jy Woord wil gooi, gaan maar voort, maar moenie sê niemand het jou
> gewaarsku nie. Jy sal dalk jou man se hulp moet bykry hier!

Als ik dit lees zie ik alleen macht..en angst..om verdoemd te worden.
Moet het christendom op die manier zijn zieltjes winnen en behouden??

Grt Emmy
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42125 is 'n antwoord op boodskap #41876] Wo, 16 Mei 2001 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Daar gaan jy al weer! Ek maak 'n stelling omdat ek dit in my eie lewe so
> ervaar en omdat ek deur verskeie ervarings is waar ek 'n dieper en meer
> innige verhouding met my Skepper en Verlosser gekom het. En ek vra bloot
> die vraag : Sal jy ook daar wees.

Jy vra BLOOT die vraag, "Gaan jy ook daar wees?" Komaan,Thys, as jy die enigste
bietjie eerlik én volwasse is, sal jy weet
dat dit 'n tipiese deklamatoriese opruiende vraag is. As jy intieme
godsdienstige ondervindinge gehad het, is jy gelukkig. Maar
ongelukkig dui jou "Gaan jy ook daar wees?" 'n ou-jakkals
agenda. Nou wil ek jou reguit vra - wáár wil jy hê ons moet
mekaar weer sien? Moenie nou doekies omdraai nie. Wáár
wil jy my sien nadat ons albei dood is? Die Buddhiste vertel
vir my "ek" is 'n fabrikasie van ego-prosesse. Die Bybel vertel
vir my dat Christus die wynstok is en ons die lote. William Blake
glo dat ons almal tesaam één liggaam vorm, één "Eternal Man"
uitmaak. Nou vra ek jou weer: waar en in watter vorm wil Thys
de Wet vir Gloudina Bouwer SIEN?)

> En as jy dan die ondervinding het, waar is die diepte in jou saak?

Dit klink nog vir my te baie of jy vir my wil vertelhoe jy my weeg en te lig
bevind. Ek het al oor en
oor op hierdie nuusgroep gesê dat ek my nie 'n
"Christen" noem nie, omdat dit so nou omskryf word
deur die "Christelike" godsdiens-beoefenaars.
Julle weet altyd so presies wie gered is en wie nie
gered is nie, dat ek my liewers uit die geselskap wil
hou. As ek egter innige praktiseerders van byna elke
"godsdiens" op aarde ontmoet, dan maak dit gewoonlik
nie saak aan watter groep ek behoort nie, maar kan ons
saampraat oor dieselfde ondervindinge. Ek glo dat die
Gees in my opereer net soos hy opereer in die Sufi wat
in die rondte dans. En weet jy, eintlik is my rigting vir my
eintlik WETENSKAPLIK baie meer berekenbaar.

> "As iemand 'n ander leer verkondig as nie hou by die gesonde woorde van ons
> Here Jesus Christus nie, is hy verwaand en weet hy niks. Hy het 'n sieklike
> beheptheid met met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan
> afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense
> wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is." (NAB 1983
> vertaling)

En Thys, hierdie spesifieke woorde behoort 'n groot waarskuwingte wees vir al
die Christene wat so behep is met twisvrae en stryery
oor woorde. Is dit nie dit wat veroorsaak dat daar soveel afguns,
twis, beledigings, algemene verdagmakery en voortdurende rusie
is juis in die geledere van die Christelike groepe nie. As almal
hulle hou by die "gesonde woord van ons Here Jesus Christus," dink
jy dit sou so aangegaan het? Dink maar net aan die afgelope paar
dekades in Suid-Afrika, en dink watter onmin BE LYDENDE
CHRISTENE in hulle eie geledere en teen die ander Christelike
groepe in Suid-Afrika gesaai het. Met so 'n rekord, sou ek dink
dat ten minste in SA, elke Christen alleen in sy binnekamer met sy
Meester sal omgaan, en nie op die bergtoppe en op die nuusgroepe
sal verkondig dat ONS die enigste is wat "gered" is, ONS wat die
hemel en die wysheid in pag het nie.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42127 is 'n antwoord op boodskap #41876] Wo, 16 Mei 2001 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> sal verkondig dat ONS die enigste is wat "gered" is, ONS wat die
> hemel en die wysheid in pag het nie.

Maar waarvan moet ons dan 'gered' word ?

Hilda.
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42141 is 'n antwoord op boodskap #41927] Do, 17 Mei 2001 12:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 12 May 2001 10:15:31 +0200, "Tobie" wrote:

> en selfs die Koran sê dat jy die Bybel moet lees.

Dieselfde Koran ontken dat Jesus die Seun van God is Tobie.
Wat natuurlik beteken dat Gert vir Gloudina kan sê dat 'n vel papier
wit is waarmee sy sal saamstem terwyl sy in dieselfde asem Piet se
stelling dat dit blou as nét so reg beaam.
Die Moslems beskou Jesus as 'n profeet en op my vraag of hulle dan
Jesus as met 'dieselfde statuur as Moses beskou' was die ontwoord
'maar Moses was 'n groot profeet!'.
Ek het Moses se naam gebruik in die navraag ondermeer omdat hy beskou
word as die man wat die Pentateug geskryf het.

DD
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42143 is 'n antwoord op boodskap #41876] Do, 17 Mei 2001 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3B02C1AC.6D9DA36A@home.com...
Thys de Wet wrote:
En toe't Gloudina ook were gekryf...
Jy vra BLOOT die vraag, "Gaan jy ook daar wees?" Komaan,Thys, as jy die
enigste
bietjie eerlik 'n volwasse is, sal jy weet
dat dit 'n tipiese deklamatoriese opruiende vraag is. As jy intieme
godsdienstige ondervindinge gehad het, is jy gelukkig. Maar
ongelukkig dui jou "Gaan jy ook daar wees?" 'n ou-jakkals
agenda. Nou wil ek jou reguit vra - wáár wil jy hê ons moet
mekaar weer sien? Moenie nou doekies omdraai nie. Wáár
wil jy my sien nadat ons albei dood is? Die Buddhiste vertel
vir my "ek" is 'n fabrikasie van ego-prosesse. Die Bybel vertel
vir my dat Christus die wynstok is en ons die lote. William Blake
glo dat ons almal tesaam één liggaam vorm, één "Eternal Man"
uitmaak. Nou vra ek jou weer: waar en in watter vorm wil Thys
de Wet vir Gloudina Bouwer SIEN?)

Ek hoop in die hemel, ou dommie! En hoe ons daar gaan lyk en wat ons gaan
wees skeel my min. Dat ek daar kan wees is al wat tel. Waaroor gaan
redding van sonde dan anders as om God se genade te ervaar en die vaste wete
te hê dat die hoop op die ewige lewe deur geloof in Jesus Christus as
persoonlike Verlosser en Saligmaker bied?

> En as jy dan die ondervinding het, waar is die diepte in jou saak?

Dit klink nog vir my te baie of jy vir my wil vertelhoe jy my weeg en te lig
bevind. Ek het al oor en
oor op hierdie nuusgroep gesê dat ek my nie 'n
"Christen" noem nie, omdat dit so nou omskryf word
deur die "Christelike" godsdiens-beoefenaars.
Julle weet altyd so presies wie gered is en wie nie
gered is nie, dat ek my liewers uit die geselskap wil
hou. As ek egter innige praktiseerders van byna elke
"godsdiens" op aarde ontmoet, dan maak dit gewoonlik
nie saak aan watter groep ek behoort nie, maar kan ons
saampraat oor dieselfde ondervindinge. Ek glo dat die
Gees in my opereer net soos hy opereer in die Sufi wat
in die rondte dans. En weet jy, eintlik is my rigting vir my
eintlik WETENSKAPLIK baie meer berekenbaar.

Ek weeg niemand nie. Dit kom my nie toe nie. Ek stel net feite, en mense
kan self kies wat hulle daarmee doen. As jy jouself wil toets/weeg dan
staan dit jou vry om dit te doen. Watter maatstaf gebruik jy?
Ek weet dat ek gered is. En ek weet alleenlik dat iemand anders gered is op
grond van sy persoonlike getuienis.
Ek kan nie iemand anders dwing om gered te word nie. Dit kan net die
Heilige Gees in daardie mens se lewe bewerk. Soms duur dit 'n oomblik, en
ander kere jare.
My rigting hoef ek nie wetenskaplik te bereken nie. My Skepper is ook my
Voorsiener.
As ek egter verkeerde besluite neem wat my buite die wil van God plaas, dan
laat God dit toe. Ek moet egter self die gevolge daarvan dra.
En hoe opereer die Gees in jou? Gee so bietjie voorbeelde asb.
> "As iemand 'n ander leer verkondig as nie hou by die gesonde woorde van ons
> Here Jesus Christus nie, is hy verwaand en weet hy niks."(NAB 1983
vertaling)

En Thys, hierdie spesifieke woorde behoort 'n groot waarskuwingte wees vir
al
die Christene wat so behep is met twisvrae en stryery
oor woorde. Is dit nie dit wat veroorsaak dat daar soveel afguns,
twis, beledigings, algemene verdagmakery en voortdurende rusie
is juis in die geledere van die Christelike groepe nie. As almal
hulle hou by die "gesonde woord van ons Here Jesus Christus," dink
jy dit sou so aangegaan het? Dink maar net aan die afgelope paar
dekades in Suid-Afrika, en dink watter onmin BE LYDENDE
CHRISTENE in hulle eie geledere en teen die ander Christelike
groepe in Suid-Afrika gesaai het. Met so 'n rekord, sou ek dink
dat ten minste in SA, elke Christen alleen in sy binnekamer met sy
Meester sal omgaan, en nie op die bergtoppe en op die nuusgroepe
sal verkondig dat ONS die enigste is wat "gered" is, ONS wat die
hemel en die wysheid in pag het nie.

Is maar reg so. Mens kan nie teen die outoriteit van die Woord stry nie, en
ja dit is 'n aanklag teen die kerk van vandag, maar dan ook aan die breë
wêreld om hulle nie op te hou met sinlose twak nie.
Ons moet egter onthou dat die kerk bestaan uit mense, en nie uit
"engeltjies" nie. Mense wat feilbaar (en beïnvloedbaar) is. Dit is juis
dit wat daartoe gelei het dat die kerk soms die spoor byster raak. Soms
sommer heeltemal ontspoor het.
'n Stukkie statistiek wat ek teen dieselfde prys verkoop as waarvoor ek dit
gekry het:
As al die "christene" in die VSA hul siviele gedinge teen mekaar wat in howe
beveg word, buite die hof op Bybelse wyse (wat hulle tog in glo) kan skik,
sal die Amerikaanse justisie-stelsel se lading van hofsake met 70 - 80%
daal.
Laat mens dink nê?
En ja die belydende Christene behoort die verskil te maak in die wêreld
buite die dampkring van hul warmgebroeide groep en verwysing, maar
ongelukkig is dit nie so nie.
Ek sê nie dat ek al die wysheid en die hemel in pag het nie. Wat ek wel sê
is dat ek weet dat ek van my sonde gered is, en die ewige lewe en die
hiernamaals in die hemel sal deurbring.
Genoeg vir nou. Ons gesels na die naweek weer. Ek verhuis die naweek, en
daars nog baie in te pak.

Thys oppie Bos aan't verhuis... (in transito)
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42195 is 'n antwoord op boodskap #42104] Vr, 18 Mei 2001 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:...
>
> Ek betwyfel geensins die opregtheid van hulle aanbidding nie. Ons het ook
> Afrika-lede in ons gemeente, en of jy wit, swart, grys, pienk, groen, boul
> of watter kleur ookal, al wat saak maak is dat mense Jesus as Verlosser bely
> en glo dat hy vir almal se sondes gesterf het.. En dit kan geen mens jou
> forseer om te doen nie. Net die Heilige Gees kan jou tot daardie oortuiging
> bring. Maar dit weet jy mos as jy al die ondervinding het!

Ons het ook NOU Afrika-lede in ons gemeente
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42196 is 'n antwoord op boodskap #41876] Vr, 18 Mei 2001 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> Thys de Wet wrote:
>
> Jy vra BLOOT die vraag, "Gaan jy ook daar wees?" Komaan,Thys, as jy die e
> nigste
> bietjie eerlik én volwasse is, sal jy weet
> dat dit 'n tipiese deklamatoriese opruiende vraag is. As jy intieme
> godsdienstige ondervindinge gehad het, is jy gelukkig. Maar
> ongelukkig dui jou "Gaan jy ook daar wees?" 'n ou-jakkals
> agenda. Nou wil ek jou reguit vra - wáár wil jy hê ons moet
> mekaar weer sien? Moenie nou doekies omdraai nie. Wáár
> wil jy my sien nadat ons albei dood is? Die Buddhiste vertel
> vir my "ek" is 'n fabrikasie van ego-prosesse. Die Bybel vertel
> vir my dat Christus die wynstok is en ons die lote. William Blake
> glo dat ons almal tesaam één liggaam vorm, één "Eternal Man"
> uitmaak. Nou vra ek jou weer: waar en in watter vorm wil Thys
> de Wet vir Gloudina Bouwer SIEN?)
>

Gloudina sorry dat ek sommer so inmeng hier, maar ek het ook al
telkemale myself afgevra wat word bedoel met 'Gaan jy ook daar wees?'.
Waar is daar, hoe gaan ek daar wees aangesien ek (en hier word dit
moeilik om in afrikaans te beskryf) 'n tydelike persepsie is van my
ego (mens se ego en karakter sien ek as dinamies - met jou ervaringe
en interaksie met andere as bou blokkies) My ego, karakter
(conscienceness) sterf saam met my liggaam, want dit is alles produkte
van ons brein en fisiese lewe hier op aarde. Die enige ding wat erens
heen sal kan gaan is ons siele (mits ons inderdaad so iets het) en
sonder 'n goeie definisie vir wat die siel is, kan ek nie sien hoe ons
nou sommer kan suggereer dat ons ego/karakter gelyk is aan ons siel
nie.

As ons dus dan inderdaad erens heen gaan, vind ek dit werklik baie
moeilik om te glo dat ek met my herinneringe, ervaringe, vrese, drome
etc etc daar kan wees, die waarskynlikheid is groter dat 'n totale
ander wese (my siel) sonder my herinneringe, ervaringe, drome, liefde,
haat, vrese daar uitkom.
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42197 is 'n antwoord op boodskap #42127] Vr, 18 Mei 2001 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Hilda en Gervaas" skryf in boodskap news:...
>> sal verkondig dat ONS die enigste is wat "gered" is, ONS wat die
>> hemel en die wysheid in pag het nie.
>
> Maar waarvan moet ons dan 'gered' word ?
>
> Hilda.

Van onself natuurlik ! ;-)
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42218 is 'n antwoord op boodskap #41876] Vr, 18 Mei 2001 17:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gottlieb wrote:

> Gloudina sorry dat ek sommer so inmeng hier, maar ek het ook al
> telkemale myself afgevra wat word bedoel met 'Gaan jy ook daar wees?'.
> Waar is daar, hoe gaan ek daar wees aangesien ek (en hier word dit
> moeilik om in afrikaans te beskryf) 'n tydelike persepsie is van my
> ego (mens se ego en karakter sien ek as dinamies - met jou ervaringe
> en interaksie met andere as bou blokkies) My ego, karakter
> (conscienceness) sterf saam met my liggaam, want dit is alles produkte
> van ons brein en fisiese lewe hier op aarde. Die enige ding wat erens
> heen sal kan gaan is ons siele (mits ons inderdaad so iets het) en
> sonder 'n goeie definisie vir wat die siel is, kan ek nie sien hoe ons
> nou sommer kan suggereer dat ons ego/karakter gelyk is aan ons siel
> nie.
>
> As ons dus dan inderdaad erens heen gaan, vind ek dit werklik baie
> moeilik om te glo dat ek met my herinneringe, ervaringe, vrese, drome
> etc etc daar kan wees, die waarskynlikheid is groter dat 'n totale
> ander wese (my siel) sonder my herinneringe, ervaringe, drome, liefde,
> haat, vrese daar uitkom.
>

Ja, dis moeilike vrae hierdie. Daar is sulke uiteenlopende opinies
oor dié dinge. Die Katolieke praat van die vaevuur. Die Tibetaanse
buddhiste praat van die bardo's en van reinkarnasie ( op dieselfde
tyd wanneer hulle aandui dat jy eintlik nie bestaan nie.) En so aan
en so aan. Ek het al geleer dat dit die beste is om na almal te
luister ( insluitende 'n baie militante agnostieke vriend in SA) en
dan so te lewe dat ek alle bases can cover - d.w.s. om uit te vind
wat van my vereis word in die lewe, sodat my lewe nie tevergeefs
sou wees nie, al is daar "niks" na die dood nie.
Ek respekteer die Christen se geloof dat hy "gered" word
deur in die woorde van Christus te glo, deur sy geloof dat die
beoefening van die liefde die enigste manier is om "in die hemel"
te kom. Wat ek wel mee moeilikheid het, is die militante oortuiging
van sommige Christene dat jy presies soos hulle moet praat, en moet
sê dat jy "gered" is, en dan vra hulle jou nog somtyds boönop
of hulle jou "daar gaan sien," wat die grootste stuk hubris is wat
mens kan bedryf.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42226 is 'n antwoord op boodskap #41876] Vr, 18 Mei 2001 22:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gottlieb wrote:

> My ego, karakter
> (conscienceness) sterf saam met my liggaam, want dit is alles produkte
> van ons brein en fisiese lewe hier op aarde.

Ek is geinteresseerd in jou gebruik van die woord "consienceness"vir
"karakter". Eers het ek gedink jy het maar net "consciousness"
verkeerd getik, maar toe besef ek dat jy óf 'n nuwe woord geskep
het waarvan ek nog nie gehoor het nie, óf jy gebruik 'n term wat
iemand anders geskep het. (Wat is die geval?) Dis nogal amper
skokkend om te dink dat wat ons "karakter" noem, ook maar net
'n situasie is, funksioneel, oop vir analise. Maar dit is tog eintlik
presies wat dit is. En baie na aan die denke van die Buddhiste, wat
glo dat die "ego" opgebou is uit die verskillende skandhas (form,
feeling, perception, volition,consciousness.) Dit is wel waar dat
daar 'n buddhaveld is vir elke skandha, en dat dit juis deur die
energievelde van die skandhas is dat die verskillende soorte
wysheid bekom kan word.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42381 is 'n antwoord op boodskap #42196] So, 20 Mei 2001 18:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jacquesviviers  is tans af-lyn  jacquesviviers
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
> As ons dus dan inderdaad erens heen gaan, vind ek dit werklik baie
> moeilik om te glo dat ek met my herinneringe, ervaringe, vrese, drome
> etc etc daar kan wees, die waarskynlikheid is groter dat 'n totale
> ander wese (my siel) sonder my herinneringe, ervaringe, drome, liefde,
> haat, vrese daar uitkom.

Ek dink soos volg by wyse van analogie:

Daar is 'n korporaal wat saam met sy sapn oorlog voer. Hy leer hulle hoe om
dou met 'n stuk plastiek op te vang, hoe om rigting te bepaal,
watter plante om te eet. Hy leer hulle oorleef. Hy sterf. Sy span gaan aan
om oorlog te voer en hulle doen die dinge wat hy hulle geleer het.
Sy wese leef nou voort in sy span. Hulle is "die boek van die lewe" waarin
hy sy naam geskryf het"
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42382 is 'n antwoord op boodskap #41876] So, 20 Mei 2001 18:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jacquesviviers  is tans af-lyn  jacquesviviers
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
My volgende bydrae is dan in die vorm van 'n vraag:

Wat word in Genesis1 beskryf?
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42384 is 'n antwoord op boodskap #41876] So, 20 Mei 2001 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

jacquesviviers wrote:

> Ek dink soos volg by wyse van analogie:
>
> Daar is 'n korporaal wat saam met sy sapn oorlog voer. Hy leer hulle hoe om
> dou met 'n stuk plastiek op te vang, hoe om rigting te bepaal,
> watter plante om te eet. Hy leer hulle oorleef. Hy sterf. Sy span gaan aan
> om oorlog te voer en hulle doen die dinge wat hy hulle geleer het.
> Sy wese leef nou voort in sy span. Hulle is "die boek van die lewe" waarin
> hy sy naam geskryf het"

Ja, hierdie denke is baie na aan dié van Teilhard de Chardin('n Katolieke
priester) se konsepsie van die Noosphere, 'n
laag van denke en wete wat die aarde omring net soos dit ook
'n biosphere en 'n stratosphere het. William Blake het die naam
"Golgonooza" daaraan gegee.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42417 is 'n antwoord op boodskap #41876] Ma, 21 Mei 2001 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> Gottlieb wrote:
>
>> My ego, karakter
>> (conscienceness) sterf saam met my liggaam, want dit is alles produkte
>> van ons brein en fisiese lewe hier op aarde.
>
> Ek is geinteresseerd in jou gebruik van die woord "consienceness"vir
> "karakter". Eers het ek gedink jy het maar net "consciousness"
> verkeerd getik, maar toe besef ek dat jy óf 'n nuwe woord geskep
> het waarvan ek nog nie gehoor het nie, óf jy gebruik 'n term wat
> iemand anders geskep het. (Wat is die geval?) Dis nogal amper
> skokkend om te dink dat wat ons "karakter" noem, ook maar net
> 'n situasie is, funksioneel, oop vir analise. Maar dit is tog eintlik
> presies wat dit is. En baie na aan die denke van die Buddhiste, wat
> glo dat die "ego" opgebou is uit die verskillende skandhas (form,
> feeling, perception, volition,consciousness.) Dit is wel waar dat
> daar 'n buddhaveld is vir elke skandha, en dat dit juis deur die
> energievelde van die skandhas is dat die verskillende soorte
> wysheid bekom kan word.
>
> Gloudina

Gloudina,

Sorry dat ek nou eers terugkom, maar ek het nie 'n PC by die huis
nie... Jong dit was eintlik maar net 'n spelfout! Ek het eintlik
consciousness bedoel. ;-)
Maar om eerlik te se, consiousness is nie die perfekte beskrywing, van
wat ek bedoel het nie.
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42418 is 'n antwoord op boodskap #42382] Ma, 21 Mei 2001 11:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
"jacquesviviers" skryf in boodskap news:...
> My volgende bydrae is dan in die vorm van 'n vraag:
>
> Wat word in Genesis1 beskryf?

Volgens my is dit 'n "mythological" storie van hoe die aarde en mens
ontstaan het. Daar is duisende soortgelyke stories te vinde. Die
enigste verskil is dat hierdie storie in die bybel op geneem is en dus
meer bekend is.
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42421 is 'n antwoord op boodskap #41876] Ma, 21 Mei 2001 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle

> Maar vir een of ander rede dink en glo ek nie dat jy bibber en beef
> van angs nie? Waarom sal dit wees?

Omdat ik voor de duivel niet bang ben ;-))) ( dit is een NL spreekwoord
kennen jullie die ook??)

> Ek hou nogal van die "verstandelik verward"....soms voel ekself baie
> verstandelik verward. :-)

Hoekom;-))
Grt Emmy
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42424 is 'n antwoord op boodskap #41876] Ma, 21 Mei 2001 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gottlieb wrote:

> "jacquesviviers" > My volgende bydrae is dan in die vorm van 'n vraag:
>>
>> Wat word in Genesis1 beskryf?
>
> Volgens my is dit 'n "mythological" storie van hoe die aarde en mens
> ontstaan het. Daar is duisende soortgelyke stories te vinde. Die
> enigste verskil is dat hierdie storie in die bybel op geneem is en dus
> meer bekend is.

Ja, dis die "skepping" soos "vertel" in die Judeo-Christelike
tradisie. Dit beteken natuurlik nie dat ons dit nie ernstig moet
opneem nie. Net soos ons nie die skeppings-mites van ander
kulture ligtelik moet opneem nie. Soos ek al vantevore uitgewys
het, William Blake noem dit "The Great Code."
Dit verbaas my altyd om mense te hoor wat dink dat
die aarde ses duisend jaar gelede of so "geskep" is en dat die
storie van Adam en Eva en die slang en die appel letterlik moet
opgeneem word. Dit maak iets belaglik van 'n mite wat baie
diep intellektuele en spirituele implikasies het.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42459 is 'n antwoord op boodskap #42421] Ma, 21 Mei 2001 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 May 2001 15:25:17 +0200, "emmy" wrote:

>> Maar vir een of ander rede dink en glo ek nie dat jy bibber en beef
>> van angs nie? Waarom sal dit wees?
>
> Omdat ik voor de duivel niet bang ben ;-))) ( dit is een NL spreekwoord
> kennen jullie die ook??)

Ons se: "hy is vir niks bang nie". Miskien is "niks" die duiwel?
:-)))

Maar meer ernstig - Emmy, my punt wat ek wou maak is dat deel van
"Christen" wees is juis om te proseliteer. "Gaan heen en maak
disipels van alles nasies" is 'n direkte opdrag wat Jesus aan sy
volgelinge gegee het. Moenie kwaad raak vir Christene as hulle jou
probeer oortuig van hulle geloof nie. Hulle doen net wat van hulle
verwag word. As hulle dit NIE doen nie, dan is hulle nie Christene
nie. :-)
Deesdae sien ek dat ander gelowe ook begin proseliteer. Ek het
byvoorbeeld nooit gedink dat Oosterse gelowe dit doen nie, maar nou
besef ek dat hulle dit wel doen, en baie AKTIEF ook.
Laat mens sommer lus raak om weer te gaan kyk na Karen Armstrong se
"History of God" en hoe die mens se siening van God verander het deur
die eeue. In elkgeval...

Ek vermoed dat jy saam met Samuel Clemens (Mark Twain) sou stem.
Mr. Clemens was once asked whether he feared death. He said that he
did not, in view of the fact that he had been dead for billions and
billions of years before he was born, and had not suffered the
slightest inconvenience from it.

:-))

>> Ek hou nogal van die "verstandelik verward"....soms voel ekself baie
>> verstandelik verward. :-)
>
> Hoekom;-))

Hoeveel tyd het jy? Of moet ek eerder vra, hoeveel bandwydte het jy?
:-)))))
(Om te luister!) :-))
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42476 is 'n antwoord op boodskap #42381] Di, 22 Mei 2001 09:14 Na vorige boodskap
Gottlieb  is tans af-lyn  Gottlieb
Boodskappe: 72
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Volle Lid
"jacquesviviers" skryf in boodskap news:...
>> As ons dus dan inderdaad erens heen gaan, vind ek dit werklik baie
>> moeilik om te glo dat ek met my herinneringe, ervaringe, vrese, drome
>> etc etc daar kan wees, die waarskynlikheid is groter dat 'n totale
>> ander wese (my siel) sonder my herinneringe, ervaringe, drome, liefde,
>> haat, vrese daar uitkom.
>
>
> Ek dink soos volg by wyse van analogie:
>
> Daar is 'n korporaal wat saam met sy sapn oorlog voer. Hy leer hulle hoe om
> dou met 'n stuk plastiek op te vang, hoe om rigting te bepaal,
> watter plante om te eet. Hy leer hulle oorleef. Hy sterf. Sy span gaan aan
> om oorlog te voer en hulle doen die dinge wat hy hulle geleer het.
> Sy wese leef nou voort in sy span. Hulle is "die boek van die lewe" waarin
> hy sy naam geskryf het"

Inderdaad! Sy wese leef voort in die span met wie hy kontak gehad het
en geleer het. Hierdie wese is egter nie hy as individu nie en
sterker nog is onderhewe aan die span se ervaringe, opvattings ens en
is ook dinamies. Kyk net na die kerk as voorbeeld - elkeen volg glo
die waarheid soos deur Jesus verkondig, in die bree sin is die
waarhede amper dieselfde, maar tog verskil hulle.
Vorige onderwerp: Bybel vs Rassisme
Volgende onderwerp: Lunch with God
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 17:05:05 MGT 2024