Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skeurvallei
Skeurvallei [boodskap #42277] Sa, 19 Mei 2001 13:12
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja, die Great Rift Valley, dit strek glo vanaf Sirië tot Mosambiek.
Ethiopie is ook in hierdie gebied. Ek was op n kol bevriend
met n vrou van Eritrea, en sy het my vertel van die Burgeroorlog
wat al jare die land laat agteruitgaan, een van daardie onnodige
vetes tussen mense van dieselfde land, dieselfde kultuur (min of meer).
Dit maak geen sin uit nie.

Pop
skryf in boodskap news:3B0666C5.F7FA2E7B@home.com...
Max wrote:

>> Gloudina:
>> ... Ek dink dis 'n baie goeie gedig hierdie.
>
> Ek ook!
>
>> ... Uiteindelik, gebruik hy nou nie juis die naam Droë Waterval
> as simbool van homself as ouerwordend nie?
>
> ...of sy verknogtheid aan die verlede... (Is dit die goeie woord?)

Ja! Jy is reg. Hy wil juis uitwys hoe "vooruit-strewend" die jongergeslag
ook is. Dat hulle voort kan ry, nie net deur Suid-Afrika nie,
maar deur Afrika en verby! Kry jy die verwysing na Olduvai? Dismos die
plek waar Leakey die fossiele van die eerste mens gevindhet. Olduvai is
in die Skeurvallei van Oos-Afrika. Nou, dit word
gesê dat die Horing van Afrika, wat anderkant die Skeurvallei lê,
in die baie verre toekoms van Afrika sal afbreek en wegdryf. Die
digter, in hierdie gedig, laat dan "die kinders" reis vanaf die fossiele
van miljoene jare gelede daar in die Klein-Karoo tot by die Afrika
van miljoene jare in die toekoms, en gebruik dit as simbool.
Jy sê jy lees nie gewoonlik "die gediggies" wat ek op die
nuusgroep plaas nie. Is dit omdat jy hulle nie gewoonlik goed
genoeg vind nie, of om jy nou net nie van "gedigte" hou nie. Ek
dink jy het dit in jou om goeie gedigte te geniet en te waardeer.
Lees weer "Waatlemoen" van Opperman wat ek kort gelede
gepos het, en vertel vir my wat jy daarvan dink.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Waar is die swartmens?
Volgende onderwerp: Re: Cracked Pots
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 05:40:46 MGT 2024