Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » dissie wille noore, my antie!
dissie wille noore, my antie! [boodskap #41861] Do, 10 Mei 2001 20:09 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie

daar in jammerika het jille die wille weste ma' jille moet soos oom taboe
hie in ons noorelike provinsie kom kyk wat wild is antie.

soos nou die dag da' langsie oolfants wa' my pa hille altyd gaan syp antie.
toe loop 'n antie mos om te loop moepanie wurms optel en toe is da' 'n
oolfant wat allie moepanie wurms vir homself wil hê antie en hy trap daai
antie lat sy lyk soos 'n moepanie wurm wat onner 'n oshkosh beland het. my
ma sê my pa hille mag nooit weer met hille dronk gatte op daai plek kom nie
want dis te gevaarlik.

my pa sê daai oolfant moet sy stêre dank lat dit nie daai rakbie span van
pietersburg was wat loop moepanie wurms soek het nie anners het die
poelieste nou nog na hom gesoek tussen die krokjoudille innie arabie dam.

ma' die bloedspatsels het skaars om oom taboe gaan lê innie pietersburg
stadion antie toe hoor ons hoe wild gaan dit da' op ykôrnhoek. lat kommie
een preknint antie mos 'n amboelans om haar hospitaal toe te vat lat sy 'n
bybiekie kan kry. ma' die nirs sê virrie amboelans drywer dis te blerrie
koud om agter innie amboelans te ry assie dere nie kan toe maak nie sy sal
liewers voor by hom sit. toe hille byrie hospitaal aan kom toe issie
preknint antie nie meer innie amboelans nie antie. toe jaag hille trig en
kry haar langsie pad waar sy 'n ongeluk gemaak het met die trollie toe hy by
die oop dere ytgery het antie. dood virongeluk antie. oom hansie vannie
pênnelbieters sê hy dink die noorelike provinsie se amboelans diens gaan nou
te ver met geboorte beperking.

hy vra ok hoekom die noorelike provinsie se minister van gesondheid niks sê
nie ma' my pa sê hy sallie want hy stik nog in sy djinintôniek nalat sanien
die hofsaak teen hom gewen het lat ons ook 'n privaat hospetaal kan kry. en
oorlat die jats gesê het die minister se man het vir die hof gelieg. oom
hansie sê dis jammer lat die jats nie ôk geweet het vannie provinsie se
oopdeer anboelans belyd nie.

hierie naweek speel hille die laaste soeper twaalf wedstryde antie en antie
sal my nie glo nie ma' as brytentjie fyftag drieë drik het my pa se stômers
nog 'n bytekans om innie finaal te kom. oom hansie sê hy dink volginne jaar
moet die stômers hie innie wille noore op 'n wildsplaas kom voor bery virrie
soeper twaalf. lat hille kieler ienstienk kan kom leer sê oom hansie.

koebaai antie (antie moet kom kyer lat antie ôk kan wild raak)

hennerietjie
Re: dissie wille noore, my antie! [boodskap #41866 is 'n antwoord op boodskap #41861] Do, 10 Mei 2001 20:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> hy stik nog in sy djinintôniek nalat sanien
> die hofsaak teen hom gewen het lat ons ook 'n privaat hospetaal kan kry. en
> oorlat die jats gesê het die minister se man het vir die hof gelieg. oom
> hansie sê dis jammer lat die jats nie ôk geweet het vannie provinsie se
> oopdeer anboelans belyd nie.
>

Wat vertel jy nou vir my, Hennerietjie - dat Tzaneen nou die reg het
om 'n privaat-hospitaal te begin? Hier by ons is privaat-hospitale
en privaat-skole met regeringsgeld nogal 'n probleem Hulle veg
soos katte en honde - aan die eenkant die mense wat dit wil hê
en aan die ander kant die mense wat sê oor hulle dooie liggame
behoort die belastingbetaler se geld daarop uitgegee te word.

Gloudina
Re: dissie wille noore, my antie! [boodskap #41868 is 'n antwoord op boodskap #41861] Do, 10 Mei 2001 20:35 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> hierie naweek speel hille die laaste soeper twaalf wedstryde antie en antie
> sal my nie glo nie ma' as brytentjie fyftag drieë drik het my pa se stômers
> nog 'n bytekans om innie finaal te kom. oom hansie sê hy dink volginne jaar
> moet die stômers hie innie wille noore op 'n wildsplaas kom voor bery virrie
> soeper twaalf. lat hille kieler ienstienk kan kom leer sê oom hansie.
>
> koebaai antie (antie moet kom kyer lat antie ôk kan wild raak)
>

Ag Hennerietjie, as tannie wild wil raak, kan tannie sommer net hier
in Algonquin Park ingaan tussen die moose en die bere, en dan moet
jy sien hoe tannie boomklim. Dis tyd dat jy hier vir tannie in Kanada
kom kuier. Sê vir jou pa hy moet nou sy fiksasie op die rugby effens
links laat lê en hier kom kyk hoe speel die manne yshokkie. Dit bestaan
hoofsaaklik daarin dat hulle mekaar met die stokke oor die kop slaan.
Wat tog so naar is. Want, of die span nou van Kanada of die VSA is,
hulle is basies almal Kanadese anyway.

Tannie gloudina
Vorige onderwerp: Broederbond Feit/Fiksie?
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Verhoogde Firma Konsolidasie Inisiatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 23:36:12 MGT 2024