Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Woord en Sin" deur J.C. STEYN
"Woord en Sin" deur J.C. STEYN [boodskap #41222] Ma, 23 April 2001 23:13
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

WOORD EN SIN
J.C. Steyn

Woorde is almal s’n,
nie net myne nie;
daar’s geen heimlike opsie nie,
‘k was te laat vir mineraleregte.
Maar delwe kan ons tog almal
dwarsdeur ons hele lewe deur;
buitendien en boonop
vir kleims is gehardloop
en vergange vir goud
‘n kryg laat ontbrand.

Al wat myne is
is my sinne;
in sinne is alle woorde
mýne
waar ek my in kan verdiep
verborge gange oopgrawe
met geheimsinnige waters deursypel
om myne te verbind
met ander ryk domeine s’nne.
Vorige onderwerp: Spot Check
Volgende onderwerp: Arts minister wants Playhouse Board to go
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 25 18:59:48 MGT 2024