Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pretoria by Pretoria
Pretoria by Pretoria [boodskap #3842] Ma, 02 Februarie 2004 12:13 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Terror Lekota sou in wuiwer Afrikaans aangekondig het dat Pretoria sal
Pretoria bly.
10 uit 10 vir Lekota .
Lekota vir president - as julle dink Bush is 'n probleem, dan weet julle nog
nie van Mbeki nie ...
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3851 is 'n antwoord op boodskap #3842] Ma, 02 Februarie 2004 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bvlet0$d6b$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lekota vir president - as julle dink Bush is 'n probleem, dan weet julle nog
> nie van Mbeki nie ...
>

Okay. Okay. Kom ons gaan 'n wedersydse ondersteunings ooreenkoms aan. Jy
ondersteun ons teen Bush&Blair (Blair as leier, nie teen die Labour Party as
geheel nie), en ons ondersteun jou teen Mbeki. :-)

Lorinda
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3856 is 'n antwoord op boodskap #3851] Ma, 02 Februarie 2004 22:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 2 Feb 2004 21:25:22 -0000, "Lorinda" wrote:

> "Jonas" wrote in message
>> Lekota vir president - as julle dink Bush is 'n probleem, dan weet julle
> nognie van Mbeki nie ...
>>
>
> Okay. Okay. Kom ons gaan 'n wedersydse ondersteunings ooreenkoms aan. Jy
> ondersteun ons teen Bush&Blair (Blair as leier, nie teen die Labour Party as
> geheel nie), en ons ondersteun jou teen Mbeki. :-)
> Lorinda

Ek ondersteun hierdie besluit 100%. ;-) Ek het mos al laaaankal gesê
dat Mbeki en Bush was in dieselfde bosskool. ;-)
En Lorinda, noudat ons weet wat duiwelsdrek is, kan jy mos maklik 'n
sterker potion maak sodat ons vir Mbeki kan insluit?
;-))
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3860 is 'n antwoord op boodskap #3842] Ma, 02 Februarie 2004 23:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> "Jonas" wrote in message
> news:bvlet0$d6b$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Lekota vir president - as julle dink Bush is 'n probleem, dan weet julle
> nog
>> nie van Mbeki nie ...
>>

Okay. Okay. Kom ons gaan 'n wedersydse ondersteunings ooreenkoms aan. Jy
ondersteun ons teen Bush&Blair (Blair as leier, nie teen die Labour Party as
geheel nie), en ons ondersteun jou teen Mbeki. :-)


Lorinda
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3864 is 'n antwoord op boodskap #3851] Di, 03 Februarie 2004 03:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - ek sal teen Bush propageer maar ek het nie veel ooghare vir die
demokrate nie - Clinton lê nog vars teen my verhemelte. Gefynsheid is iets
waaraan ek ietwat van 'n hekel het. Ek glo dat as hy sy intelligensie- en
veiligheidsstrukture in plek gehad het, het die VSA op 911 nie gebloei nie.
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3865 is 'n antwoord op boodskap #3864] Di, 03 Februarie 2004 03:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 3 Feb 2004 05:12:49 +0200, "Jonas" wrote:

> Lorinda - ek sal teen Bush propageer maar ek het nie veel ooghare vir die
> demokrate nie - Clinton lê nog vars teen my verhemelte. Gefynsheid is iets
> waaraan ek ietwat van 'n hekel het. Ek glo dat as hy sy intelligensie- en
> veiligheidsstrukture in plek gehad het, het die VSA op 911 nie gebloei nie.

Nou waar op aarde kom jy aan hierdie snert, Jonas?
Gefynsheid? Wat op deeske aarde....
Genugtig...

Sterkte Lorinda.
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3867 is 'n antwoord op boodskap #3864] Di, 03 Februarie 2004 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bvn3jo$afa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - ek sal teen Bush propageer maar ek het nie veel ooghare vir die
> demokrate nie - Clinton lê nog vars teen my verhemelte. Gefynsheid is iets
> waaraan ek ietwat van 'n hekel het. Ek glo dat as hy sy intelligensie- en
> veiligheidsstrukture in plek gehad het, het die VSA op 911 nie gebloei nie.
>

Waaroor het hy geveins?
EK weet nie of 9/11 verhoed kon word nie. Hier het Thatcher baie geld en tyd
aan intillegensie (soos jy weet is hulle magte uitgebrei, ens ens) en
veiligheidstrukture bestee, en hulle kon nog steeds nie een van die groot
bomme daardie tyd verhoed nie.

Lorinda
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3868 is 'n antwoord op boodskap #3867] Di, 03 Februarie 2004 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jammer julle - maar terwyl Bill en Monica besig was met diep dinge was die
vyand besig om te knoei - en te beplan. As ek reg onthou was Bush skaars in
die stoel toe 911 die VSA getref het.
"The more you sweat in peace, the less you bleed in war..."
(Met "sweat" bedoel die skrywer seker maar die sweet wat van harde werk kom
...)
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3870 is 'n antwoord op boodskap #3868] Di, 03 Februarie 2004 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bvnjkg$h75$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jammer julle - maar terwyl Bill en Monica besig was met diep dinge was die
> vyand besig om te knoei - en te beplan. As ek reg onthou was Bush skaars in
> die stoel toe 911 die VSA getref het.
> "The more you sweat in peace, the less you bleed in war..."
> (Met "sweat" bedoel die skrywer seker maar die sweet wat van harde werk kom
> ...)

Bedoel jy met geveinsdheid dat Clinton nie wou hê sy vrou moet uitvind nie?
Ek het nogal gedink baie van die maane sou simpatie hê daarmee :-)

Ek dink nie wat op 9/11 gebeur het was Clinton se skuld nie. Soos ek gesê
het, Thatcher kon nie die Londen bomme verhoed nie, tenspyte van kolossale
spandering, uitgebreide magte, internment, en die feit dat die IRA in 'n
klein plekkie soos Noord-Ierland saamgehok was.

Lorinda
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3874 is 'n antwoord op boodskap #3870] Di, 03 Februarie 2004 18:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - ek glo dat Clinton nie sy verantwoordelikhede nagekom het nie. M.i
(let m.i.) was hy te besig om die sg. "nice guy" te wees. Daar is onomwonde
bewys dat al die tekens van die terroriste reeds gemanifesteer het tydens
Clinton se bewind - en dat hy dit liefs geignoreer het.
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3876 is 'n antwoord op boodskap #3874] Di, 03 Februarie 2004 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bvoo30$44k$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - ek glo dat Clinton nie sy verantwoordelikhede nagekom het nie. M.i
> (let m.i.) was hy te besig om die sg. "nice guy" te wees. Daar is onomwonde
> bewys dat al die tekens van die terroriste reeds gemanifesteer het tydens
> Clinton se bewind - en dat hy dit liefs geignoreer het.

Clinton was nie 'n man wat geaarsel het om in onderonsies op ander werwe
betrokke te raak nie, daar was heelwat daarvan onder sy bewind. Wat dink jy
moes hy gedoen het teen Bin Laden en kie? Laasgenoemde was nie so maklik
nie, en sal voortaan ook nie maklik wees nie. Anders as met sommige vyande
van die verlede het jy hier te doen met 'n "closed shop", net soos met die
IRA. Die Britse inteligensie dienste het baie mense verloor deur hulle te
probeer binnedring, en soos hulle destyds vir Thatcher gesê het, dit was
soos selfmoord; die gemiddelde "life span" van die agent was ongeveer 2
weke. Die rede is eenvoudig omdat dit 'n geslote gemeenskap is wat nie net
vir jou ken nie, hulle ken ook jou ouma en oupa - vreemdelinge staan uit.
Die ouens romdom Bin Laden is vriende vanaf kleintyd, en dit "voetsoldate"
weet was die details van die planne niks. Daar is dieselfde soort gemeenskap
in Griekeland, en dit het hulle 40 jaar geneem om iewers te kom teen die
November 17 terroriste organnisasie, en dit met die CIA wat daardie klein
landjie gefynkam het saam met die Griekse polisie oor die moord op die CIA
chief Richard Welch (in 1975) en al die ander anti-amerikaanse aktiwiteite.


Lorinda
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3883 is 'n antwoord op boodskap #3876] Wo, 04 Februarie 2004 00:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 3 Feb 2004 19:52:42 -0000, "Lorinda" wrote:

> Clinton was nie 'n man wat geaarsel het om in onderonsies op ander werwe
> betrokke te raak nie, daar was heelwat daarvan onder sy bewind.

Dankie Lorinda!!
Dit was uitstekend. Ek het begin antwoord, maar toe eerder alles weer
delete. Om die blok gaan stap, en na die bottel rooiwyn geloer.
;))

Jonas, wil jy nie eers bietjie jou feite gaan naslaan voordat jy sulke
naiewe oningeligte stellings maak nie?
Jammer, ek weet dit is nou erg katterig, maar AI mens!!
Clinton het baie foute gemaak tydens sy bewind, maar alles tesame was
nie eens 'n aks teen die gemors wat Bush ons asook die res van die
wereld in geplaas het nie.
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3887 is 'n antwoord op boodskap #3883] Wo, 04 Februarie 2004 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Onthou - ek het nie standpunt ten gunste van Bush ingeneem nie. Feit van die
saak is dat Clinton en die demokrate sy veiligheidsinstansies gemuilband
het.
Gaan lees gerus oor die moontlikhede wat Clinton gehad het om Bin Laden by
te kom - en dit nie gedoen het nie.
Ek is baie jammer - maar 911 het so vinnig na Clinton gevolg dat dit
bepaald deel van sy nalatenskap ("legacy") gereken moet word.
Maar dit rym - die demokrate is bekend daarvoor dat hulle sekuriteit
afskeep. Dit is dan ook klaarblyklik die rede waarom Kerry, met sy
Vietnam-verlede, nou die voorperd is.
(Niks persoonlik nie, maar 2 opmerkings oor Kerry. As ek 'n lyksondernemer
was het ek Kerry onmiddelik op "looks" aangestel. En tweedens, dis baie
duidelik dat hy nie te gewoond is om te glimlag nie.. Niks persoonliks nie
...)
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3892 is 'n antwoord op boodskap #3887] Wo, 04 Februarie 2004 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bvqffj$164$1@ctb-nnrp2.saix.net...

> (. En tweedens, dis baie
> duidelik dat hy nie te gewoond is om te glimlag nie.. Niks persoonliks nie
> ...)

Anders as John Voster, P.W. Botha ens. :-)) Maar ek is bly om te sien dat jy
'n man se glimlag potensiaal as belangrik sien....:-)


Lorinda
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3895 is 'n antwoord op boodskap #3892] Do, 05 Februarie 2004 03:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kom ons bly by die onderwerp. Waar kom Vorster en Botha nou vandaan. Ons
moet nie verval in gloudinaismes nie ...;-))
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3897 is 'n antwoord op boodskap #3895] Do, 05 Februarie 2004 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bvsdcm$1oq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kom ons bly by die onderwerp. Waar kom Vorster en Botha nou vandaan. Ons
> moet nie verval in gloudinaismes nie ...;-))
>

Dis net toe jy praat van "dat hy nie te gewoond is om te glimlag nie". Toe
sweef daar so 'n ry gesigte voor my verby :-))

Lorinda
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3898 is 'n antwoord op boodskap #3897] Do, 05 Februarie 2004 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - ek het my voorkeur vir die Republikeine ontwikkel in "the good ole
bad ole days" toe die Demokrate ons (die RSA) 'n "harde tyd" gegee het. En,
ek moet erken ek het Bush aanvanklik ondersteun - wat sou "Al Bore" gedoen
het na 911? En, ek steeds dat Bush 'n beter ou was as ou Gore.
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3902 is 'n antwoord op boodskap #3898] Do, 05 Februarie 2004 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bvtdg8$k7c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - ek het my voorkeur vir die Republikeine ontwikkel in "the good ole
> bad ole days" toe die Demokrate ons (die RSA) 'n "harde tyd" gegee het. En,
> ek moet erken ek het Bush aanvanklik ondersteun - wat sou "Al Bore" gedoen
> het na 911? En, ek steeds dat Bush 'n beter ou was as ou Gore.
>

Ek moet seker maar op hierdie tydstip stilbly. Ek verstaan wat jy sê, maar
die "ons" waarvan jy praat en die "ons" waar ek hoort het nie dieselfe
ondervinding gehad nie.

Ek weet nie hoe jy Bush ooit kon ondersteun het nie, luister jy dan nie na
wat hy sê nie? Waarom trek jy jou die 9/11 ding so persoonlik aan? Dit was
vreeslik vir die mense in daardie geboue ens, maar onder jou huidige
omstandighede in SA, waarom neem jy dit so persoonlik op? Vreeslike dinge
gebeur oral in die wereld. Ek glo glad nie dat Bush, al sou hy 4 jaar in
daardie stoel gesit het, dit sou verhoed het nie.

Maar in elk geval, noudat ons 'n wedersydse ondersteunigsverdrag het (en ek
en jy weet albei dat mens jou "allies" vat waar jy hulle kan kry:-)) maak
dit nie meer saak nie :-)

Lorinda
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3907 is 'n antwoord op boodskap #3902] Vr, 06 Februarie 2004 03:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - 911 is nie 'n persoonlike ding vir my nie. Dit is wel 'n keerpunt
in die VSA en die wêreld se benadering tot sekuriteit/sekerheid. Ek is onder
die indruk dat dit bloot die gevolg was van swak intelligensie wat dit (911)
teweeggebring het. En daarom vra ek vrae oor wie en wat verantwoordelik was
vir daardie gaping in die sekerheidsmondering - en vandaar die vinger wat
wys in die rigting van Clinton. My indruk is dat die intelligensie-vermoëns
gemuilband was deur wetgewing internasionale optredes deur daardie dienste
lamgelê het. Daardie intelligensie-vermoëns wat tans uitsluitlik staatmaak
op tegnologiese vermoëns gaan jare vat om te herstel.
Op 'n ander noot - ek kan nie verstaan waarom die Russe/Franse en Duitsers
nie gedaag word om bewys te lewer dat Sadam nie oor WMD beskik het nie. Dit
was veral daardie lander wat noue bande met die Sadam-regime gehandhaaf het
en wat my betref goeie insae in sy wapen-vermoëns moes gehad het.
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3911 is 'n antwoord op boodskap #3907] Vr, 06 Februarie 2004 07:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bvv2el$haq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> My indruk is dat die intelligensie-vermoëns
> gemuilband was deur wetgewing internasionale optredes deur daardie dienste
> lamgelê het.

Wie hou daarby?


> Op 'n ander noot - ek kan nie verstaan waarom die Russe/Franse en Duitsers
> nie gedaag word om bewys te lewer dat Sadam nie oor WMD beskik het nie. Dit
> was veral daardie lander wat noue bande met die Sadam-regime gehandhaaf het
> en wat my betref goeie insae in sy wapen-vermoëns moes gehad het.
>

Ek het vir 'n feit geweet dat daar nie WMD in Irak is nie na Blair se
staatsbesoek aan Rusland. Putin het hom openlik voor die pers en publiek
uitgelag oor die WMD storie, en daarmee gespot. Ek kan nie verstaan dat
Blair self nie op daardie oomblik besef het hy was beslis verkeerd nie,
daardie selfvertroue van Putin het dit duidelik gewys. Dis nou as Blair dit
ooit self geglo het.


Lorinda
Re: Pretoria by Pretoria [boodskap #3912 is 'n antwoord op boodskap #3911] Vr, 06 Februarie 2004 12:15 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda,
Sonder om die storie uit te rafel - waarom het Putin dan nie daardie
inligting openbaar gemaak nie? Dieselfde geld natuurlik mbt die Franse en
die Duitsers. Ek is onder die indruk dat verhoudinge op sekuriteitsvlak van
so 'n aard is dat Blair oortuig kon word.
Persoonlik glo ek dat daar niemand was wat onomstoorlike inligting beskik
het dat die WMD's nie bestaan het nie.
In Bush se geval dink ek hget hy sy militêre vermoë so ver ontplooi dat 'n
ommekeer op daardie tydstip nie haalbaar was nie. In die VSA se geval, is my
indruk, was die WMD nie so 'n groot "issue" nie.
(Ek stuur vir jou 'n mooi song oor die naweek. Laat weet of jy daarvan hou.)
Re: Pretoria [boodskap #10736 is 'n antwoord op boodskap #3842] Do, 11 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Haai H-J
>

Hallo Vira ! Lekker om weer van jou te hoor.

> Alles wat jy hier sê is waar, maar verder wil ek net dit sê:
> Ek is lief vir Pretoria, ek dink dis een van die beste plekke om te
> bly (in Gauteng in elk geval), maar ek vind dat dit in Pretoria
> moeiliker is om vriende te maak as op enige ander plek in die wêreld.
>
> Presies waarom dit so is, weet ek nie, maar miskien omdat mense te
> hard probeer om "beskaafd" te wees. Almal is vreeslik PC, sê wat
> hulle dink die regte ding om te sê is, nie wat in hulle harte is nie.
>

Interessant. Miskien omdat ek hier groot geword het, het ek dit nog
nooit opgemerk nie. Ek weet natuurlik nie na watter tipe situasie jy
verwys nie. Kan jy dalk (sonder dat ek nou te veel wil uitvra) vir ons
'n illustrasie gee ?

> Dalk is die rede juis die "civil servant" mentaliteit, (dis ook die
> stad van diplomate, ens), of is Afrikaanse vrouens so grootgemaak?
> (Ek praat veral oor die vroumense). Wanneer mens gesels met hulle,
> moet jy altyd probeer uitmaak wat hulle eintlik wil sê, en tussen die
> reëls probeer lees.

Hmmmm. Nou roer jy iets aan. Ek wonder. Ek dink eintlik nie dat my
mensekennis goed genoeg is om te oordeel nie. Ek sal in elkgeval my
mening gee. Ek dink nie dat die staatsdiensmentaliteit iets daarmee te
doene het nie. Miskien tog. Dit sê vir my baie dat jy dit van Afrikaanse
vrouens sê. Ek het baie engelse vriende (ek is self half
engelssprekend).

> Dit vat baie energie en verbeeldingsvermoë, en
> dan weet jy nog nie of jy reg is nie. Die "dames" is geneig om 'n
> ding op die "regte" manier te doen, wat baie ander is as, byv, Jhb.
> Daar vind ek heers 'n baie oper,informele en kreatiewer gesindheid.
>

Wat ek nou wel aan dink is die volgende: Ek het nog altyd baie meer
welkom gevoel in 'n engelse kerk as in 'n afrikaanse kerk. Ek moet
byvoeg dat ek glo dat jou gevoel van welkom wees ook in 'n mate van
jouself afhang. My meisie is NG, in 'n groot gemeente in die oostelike
voorstede. Ek is 'n presbiteriaan. Ek hou nie daarvan om saam met haar
kerk toe te gaan nie. Dis baie sleg, en is 'n probleem tussen ons, maar
ek kan nie met 'n skoon gewete daar sit nie. Ek kan nie die rede
daarvoor presies weergee nie. Miskien is dit die feit dat besoekers nie
as 'n reël van die kansel verwelkom word nie. Miskien is dit die
grootte, die skaal van alles, want ek is 'n klein gemeente gewoond,
tussen 50 en 100 mense in 'n diens op 'n sondag.

> Dis amper ook asof Pretoria 'n geslote gemeenskap is, waar net
> familie en ou vriende tel. Daar's nie baie plek vir nuwes nie. Veral
> nie as hulle nie "egte Afrikaners" is nie. Miskien kom dit neer op At
> se teorie van "inklusiet/eksklusief" (sorry At, ek kan nie jou
> presiese woorde onthou nie).

Ek dink dit geld dalk meer vir die ouer lede van die gemeenskap,
alhoewel daar jonger mense is wat ook so kan wees. Ek het nou net
besluit dat ek nie eintlik die regte persoon is om hieroor kommentaar te
lewer nie, aangesien ek so tussen die afrikaanse en engelse gemeenskappe
beweeg. Ek sien nie die foute raak nie.

> Groete,
> V.

My opinie.

Sien jou weer

H-J
Vorige onderwerp: Lorinda
Volgende onderwerp: Onse Prez se toespraak vandag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 08:31:21 MGT 2024