Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Biegstuk 2
Biegstuk 2 [boodskap #362] So, 25 Mei 2003 18:52 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:

> Wel... jy't jouself daarin beland. 'n Rooinek hier in die hartjie van
> die Afrikanerdom!

Iers, nie Engels nie. My ouers het gedink hulle pas beter in by die
Afrikaners as by die Engelse (gemeenskaplike vyande en so aan), maar
die Afrikaners het nie so gedink nie:-). Rooms Katolieke was (is?) as
erger as Rooinekke gesien.

Londen is ook nie 'n Engelse stad nie, dis veels te kosmopolities
daarvoor. Hierdie stad behoort aan niemand nie (okay, behalwe miskien
aan 'n paar Japanse banke). Dis hoekom die res van Engeland maar deur
skrefies oë na Londen kyk.

Lorinda
Re: Biegstuk 2 [boodskap #368 is 'n antwoord op boodskap #362] So, 25 Mei 2003 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Conzales  is tans af-lyn  Speedy Conzales
Boodskappe: 94
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
On 25 May 2003 11:52:28 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda)
wrote:

> Dave wrote:
>
>> Wel... jy't jouself daarin beland. 'n Rooinek hier in die hartjie van
>> die Afrikanerdom!
>
> Iers, nie Engels nie. My ouers her gedink hulle pas beter in by die
> Afrikaners as by die Engelse (gemeenskaplike vyande en so aan), maar
> die Afrikaners het nie so gedink nie:-). Rooms Katolieke was (is?) as
> erger as Rooinekke gesien.
>
> Londen is ook nie 'n Engelse stad nie, dis veels te kosmopolities
> daarvoor. Hierdie stad behoort aan niemand nie (okay, behalwe miskien
> aan 'n paar japanese banke). Dis hoekom die res van Engeland maar deur
> skrefies oë na Londen kyk.
>
> Lorinda

Dit was nou 'Biegstuk 2'. Die spanning is reeds tasbaar. Dit is soos
die nag wat ek gevra is om alleen in 'n spookhuis te gaan slaap en
dit het plankvloere gehad. Planke kraak deur die nag wanneer die
konstruksies daaromheen van temperatuurverandering krimp.
Dit is nou so. net baie erger.

Nou nou gaan jy aan die deur klop en sê "wê, ek's tog jou buurvrou'.
Of, ek's een van jou niggies in Londen. Of, haai, ek's Cecelia... jy't
mos geweet ek woon nou in Londen en nie meer op die varkplaas nie"

Die spanning.... haai,,, moetnie sò wees nieeeeeeeee!!!!!!!!!!

Speedytjie
Re: Biegstuk 2 [boodskap #380 is 'n antwoord op boodskap #362] So, 25 Mei 2003 22:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Speedy Conzales
> Dit was nou 'Biegstuk 2'.

> Nou nou gaan jy aan die deur klop en sê "wê, ek's tog jou buurvrou'.
> Of, ek's een van jou niggies in Londen. Of, haai, ek's Cecelia... jy't
> mos geweet ek woon nou in Londen en nie meer op die varkplaas nie"

Nee, ek is bevrees dis al. Ek is nie jou buurvrou nie. Ek is wie ek sê
ek is, ten alle tye.

Maar ek dink dit was baie braaf van jou om in 'n spookhuis te slaap.
Nou nie dat ek in vroue in wit langs die wapad of ruiterlose afkop
perde glo nie, maar nogtans. Waar was die huis en wie was veronderstel
om dit te bespook?

Lorinda
Re: Biegstuk 2 [boodskap #385 is 'n antwoord op boodskap #380] Ma, 26 Mei 2003 18:37 Na vorige boodskap
Speedy  is tans af-lyn  Speedy
Boodskappe: 224
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 25 May 2003 15:24:39 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Speedy Conzales
>> Dit was nou 'Biegstuk 2'.
>
>> Nou nou gaan jy aan die deur klop en sê "wê, ek's tog jou buurvrou'.
>> Of, ek's een van jou niggies in Londen. Of, haai, ek's Cecelia... jy't
>> mos geweet ek woon nou in Londen en nie meer op die varkplaas nie"
>
> Nee, ek is bevrees dis al. Ek is nie jou buurvrou nie. Ek is wie ek sê
> ek is, ten alle tye.
>

'kay... het jy nie ook al windowshopping gedoen nie? En wense gewens
nie?

> Maar ek dink dit was baie braaf van jou om in 'n spookhuis te slaap.
> Nou nie dat ek in vroue in wit langs die wapad of ruiterlose afkop
> perde glo nie, maar nogtans. Waar was die huis en wie was veronderstel
> om dit te bespook?
>
> Lorinda

ò dit was sommer 'n herinnering aan kort na ek begin werk het
en ek uitgedaag was om dit te doen. Dit was 'n ou spoorweghuis
met stories daarom gevleg.

Jare gelede (soos in jàrre gelede:-))) lees ek in die briewekollom van
'n tydskrif hoe iemand die volgende vertel:

Hy het as predikant en laat huisbesoek by 'n gemeentelid, kortpad na
die pastorie geneem deur 'n begraaplaas. Siende dat dit reeds naby
middernag was, en hy nie 'n flits gehad het nie, én dit baie donker
was, het hy nie die nuwe baie diep graf gesien wat dieselfde dag
gegrawe is nie. Daarvan was hy eers bewus na hy daarin geval het.

Nou, soos reeds gesê, was dit uitsonderlik diep. Hy het gespring om
die boonste rand by te kom om uit te klim, maar kon elke keer net
net die rand bykom, wat dan in stukkies gebreek het en hom laat
terugval het.

Moedeloos het hy gaan sit in 'n hoekie van dit wat blykbaar 'n
tipe van grafkelder was. Toe hy wou rook kom hy agter dat hy
geen vuurhoutjies by hom gehad het nie.

Daar sit hy toe in 'n hoekie en wag op die oggend wanneer
mense hom sou hoor skree. (Die storie is ouer as selfone:-)

Kaplaks!!! Daar val nog 'n man in! En die ou probeer uitkom
op dieselfde manier wat ons vriend gebruik het. Spring en
spring net om terug te val. Die verteller sê dat hy dit
gadegeslaan het en uit ervaring geweet het dat die ou tog
nie sou slaag nie.

En daar gaan sit die tweede ou toe ook in die donker in 'n
hoekie.

Die eerste een vra toe aan hom of hy nie vir hom asseblief
'n vuurhoutjie het nie.

Nou skryf hy die brief in die briewekollom en vra:

"Vriend, as jy dalk die brief lees, sê tog vir ons hòe jy
daar uitgekom het!"

Speedy
Vorige onderwerp: Offisieele weergawe
Volgende onderwerp: Sondag blues
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 16:22:24 MGT 2024