Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sondes van die Vaders
Sondes van die Vaders [boodskap #38064] So, 31 Desember 2000 14:09 na volgende boodskap
Anon[2]  is tans af-lyn  Anon[2]
Boodskappe: 1
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Junior Lid
Hier is 'n interessante artikel om te deel....

Artikel uit "De Kat" - November 2000-12-30
Opskrif: Sondes van die Vaders
Deur Augusta van Greunen
Illustrasies: Robin Turner

Maak nie saak wat jou naam of van is nie, as jy Afrikaans is, is die kans
dat jy 'n draer is van 'n oorerflike siekte byna seker. . . Maar die
mensgenoomprojek, wat geenterapie moontlik maak, bring hoop vir lyers van
oorerflike siektes.
"Deur isolering vanweë kultuur- en geloofsfaktore kom foutiewe gene dikwels
in die Afrikaner voor. Noem dit maar sy genetiese bagasie."
"Ek hunker na 'n stukkie grond. Die reuk van 'n vars geploegde land, dou wat
in die vroee more op die tang gras blink, die geklingel van 'n klok om 'n
koei se nek... In ons siele bly ons Afrikaners plaasboere - dis in ons
gene - dit kan nie anders nie."
So verskoon 'n vriend van my sy besluit om sy suksesvolle, maar ook
stresvolle, professionele loopbaan in die stad vir die platteland en 'n
stukkie grond to verruil. Wat by nie se nie, is dat sy huisdokter hom na die
soveelste dreigende hartaanval gemaan het om in sy gesondheid se belang
eerder op vroee aftrede to gaan.
En soos my vriend se hunkering na 'n eie stukkie grond heel waarskynlik in
sy oorgeerfde DNS-samestelling to vinde is, is sy harttoestand deel van sy
genetiese erfgoed en ook deel van sy erflating aan sy kinders, en die se
kinders...
"Noem dit maar die Afrikaner se genetiese bagasie,"se dr. Hanlie Moolman van
die Mediese Navorsingsraad se Sentrum vir Molekulere en Sellulere Biologie
aan die Universiteit van Stellenbosch.
"Deur isolering vanwee kultuur- en geloofsfaktore kom foutiewe gene bale
dikwels by die Afrikaner-bevolking voor," sê sy.
Wyle dr. Cor Pama, wat 'n kundige was op die gebied van familieregisters van
Suid-Afrikaners, het kort voor sy dood gesê, neef-niggie-troues het baie in
die land se geskiedenis voorgekom, veral onder die Afrikaners. Dit vergroot
die kanse van oorerflike siektes.
En die Afrikaner se gesondheid dra swaar aan hierdie erfgoed van hom. Hart-
en niersiektes, verhoogde cholesterol, porfirie ('n bloedsiekte), kolon- en
borskanker, yster-oorlading met simptome soos suikersiekte, artritis,
impotensie, asook 'n genetiese vorm van veelvoudige sklerose en sielkundige
afwykings is deel van sy oorgeerfde genetiese samestelling. Volgens medici
dra byna elke Afrikaner een of ander oorerflike genetiese siekte.
Statistieke skets ook 'n ongesonde prentjie: Sowat 10% van wit
Suid-Afrikaners wat voor die ouderdom van sestig jaar aan hartaanvalle
sterf, se hartprobleme is oorgeërf.
Sowat 150 000 Suid-Afrikaners (die meeste daarvan Afrikaners) voer ook elke
dag 'n stryd teen oorerflike hoë cholesterol - 'n belangrike oorsaak van
hartvatsiektes. Daarby is daar sowat tweehonderd kinders in Suid-Afrika
(meestal Afrikanerkinders) wat die probleem as 't ware dubbel geërf het. Die
kinders wat die foutiewe Been van beide ouers ontvang het, sal nie sonder
behandeling hul tienerjare oorleef nie.
Adri van Vuuren (16) van Pretoria was een so 'n jong slagoffer. Sy is in
April weens vermoedelik 'n hartaanval of beroerte dood - 'n regstreekse
oorsaak van oorerflike hoë cholesterol.
Volgens statistieke van die Nasionale Departement van Gesondheid word sowat
40 000 babas met ernstige oorerflike afwykings elke jaar in Suid-Afrika
gebore. Altesame 4 persent - een miljoen - van alle Suid-Afrikaners het die
een of ander gestremdheid wat aan oorerflike faktore to wyte is. Sowat 50
persent van algemene gestremdhede soos blindheid, doofheid en verstandelike
vertraging het 'n genetiese oorsaak.
Maar dit is veral die Afrikaner-bevolking wat gebuk gaan onder die las van
hulle oorgeërfde DNS.
Dr. Stander Jansen, hoof van die die afdeling, Mensgenetika aan die
Vrystaatse Universiteit se die Afrikaner beskik oor 'n unieke genetiese
samestelling vanwee die feit dat die oorgrote meerderheid afstammelinge van
slegs 'n klein klompie setlaars is.
"Die hedendaagse Afrikaner stam uit Wes-Europese setlaars, spesifiek 'n
groep van 125 Nederlandse immigrante wat 338 jaar gelede onder leiding van
Jan van Riebeeck Suid-Afrika toe gekom het, 164 Franse Hugenote, 'n aantal
Duitsers en die Britse setlaars van 1820.
"Destydse families was groot - daar was ten minste vyf kinders per familie.
Die aanwas van die Afrikaner het in 'n kort tyd dertienvoudig toegeneem: Van
'n 1000 in 1691 tot 13 028 in 1791. Die aanwas het in relatiewe isolasie
plaasgevind en die gevolg hiervan is dat sekere genetiese defekte teen 'n
ongewoon hoë frekwensie in die Afrikanerbevolking voorkom.
"Defekte as gevolg van die ondertrouery en isolasie word stigterseffek
genoem. Enkele voorbeelde hiervan is Fanconi anemie, Suid-Afrikaanse
porfirie, progressiewe familiale hartblok, familiale polipose van die kolon,
familiale hipercholesterolemie, keratolitiese wintereriteem en sklerosteose.
"'n Voorbeeld van een so 'n oorerflike siekte is miotoniese distrofie, 'n
oorerflike spiersiekte, wat nou verwantskap toon met Freek Bezuidenhout, die
hooffiguur in die Slagtersnek-rebellie. Die siekte se verspreiding kan
vanuit die Oos-Kaap, via Slagtersnek tot in die Noordelike Provinsie gevolg
word.
"Fanconi-anemie, 'n siekte wat die beenmurg aantas en met sekere
skeletafwykings gepaard gaan, kom nerens in die wereld so volop as in
Suid-Afrika onder Afrikaners voor nie. Mnr. Tommy Pearson, wat besig is met
sy doktorsgraad oor die siekte, het reeds registers saamgestel van etlike
duisende familielede wat terug dateer tot sover as 1661," sê hy.
Hartsiektes
Dit is veral oorerflike hartsiektes wat deel is van die Afrikaner se
dodelike erflating. Onder leiding van die Universiteit van Stellenbosch se
Mediese Skool en die Mediese Navorsingsraad word al sowat 15 jaar navorsing
gedoen oor die voorkoms van verskeie oorerflike hartsiektes onder veral
Afrikaners.
Een so 'n siekte is deur wetenskaplikes as Progressiewe Familiale Hartblok
tipe 1 gedoop, maar eintlik beteken dit maar net dat die geleidingsisteem
van die hartspierselle aangetas word en daarom is die hartklop to stadig en
kan die hart heeltemal gaan staan. Pasaangeers is gewoonlik nodig vir leiers
van die siekte sodat 'n kunsmatige sein na die hartspier gestuur kan word om
saam to trek.
Dr. Moolman sê: "Die siekte kom net onder Afrikaners voor en strek oor nege
generasies terug. Ons het die oorsprong gevind by 'n Portugese man wat in
1713 in die Kaap aangekom het en in 1720 met 'n Hollandse meisie getrou het.
Na beraming is daar sowat 9 000 Afrikaansprekendes wat die defektiewe Been
dra.
"'n Tweede hartsiekte - Progressiewe Familiale Hartblok II - is ook onder
Afrikaners ge?dentifiseer. Die siekte tas ook die geleidingsisteem aan, maar
op 'n verskillende manier. Die siekte word gekompliseer deur vergroting van
die hart, die hartspier raak pap en is dus oneffektief as 'n pomp. Sowat 5
000 Afrikaners is leiers van die siekte," sê sy.
"Derdens werk ons aan 'n hartsiekte waar ons die verdikking van die
hartspier van die pompkamers sien. Die siekte is die grootste oorsaak van
skielike dood onder jong sportmense. Jong outjies wat onverwags op die
rugbyveld dood neerslaan, ly dikwels hieraan.
"Hier hat ons ook to doen met 'n stigterseffek, maar dit is nie eie aan die
Afrikaner nie. Dit word gedeel met Engelse en mense met gemengde herkoms
(kleurlinge).
"'n Ander hartsiekte met 'n stigtereffek onder die Afrikaner is die lang QT
sindroom. Mense met die sindroom dra die risiko om skielik sonder
waarskuwing to sterf - dikwels terwyl hulle swam, of as hulle skrik of
emosioneel ontsteld of opgewonde is. Daar is soms subtiele waarskuwings vir
die siekte soos floute-aanvalle."
Cholesterol
By die Vrystaatse Universiteit se afdeling Mensgenetika word verder
navorsing gedoen op oorerflike verhoogde cholesterol, oorerflike
hemochromatose, of oorerflike ysteroorlading en porfirie.
Oorerflike verhoogde cholesterol tref een uit 70 Afrikaners. Die voorkoms
van die siekte is tien keer hour as in die res van die wereld. Die siekte
lei tot vroea hartaanvalle onder veral jong Afrikaners. Dit is ook die
hoofoorsaak van een uit elke vyf gevalle van hartvatsiektes in Suid-Afrika.
Die defekte geen gee die verkeerde inligting aan die hoofagent wat
cholesterol uit die bloed moet verwyder. Cholesterol hoop dan in die
bloedvate op. Vorm aanpaksels en verstop uiteindelik die hartvate sodat 'n
hartaanval volg.
Ysteroorlading - ook 'n genetiese siekte wat algemeen onder die Afrikaner
voorkom - lei tot orgaanskade wat hartsiektes, suikersiekte, artritis,
sirrose van die lewer, impotensie en infertiliteit insluit.
Porfirie
Porfirie kom wêreldwyd voor, maar in die Afrikaner- en kleurlingbevolking
van Suid-Afrika is die voorkoms hoog weens die teenwoordigheid van 'n
stigterseffek. Dit blyk dat die siekte afkomstig is van die Nederlandse
immigrant Gerrit Janz van Deventer wat in 1688 met Adriaantje Adriaanse
Jacobs getrou hat. Adriaantje was een van die weesmeisies wat uit Rotterdam
gestuur is met die oog op 'n huwelik met een van die Vryburgers. Die egpaar
hat agt kinders gehad, en een van die dogters hat met 'n Van Rooyen getrou -
vandaar die vroeare verwysing na die siekte as Van Rooyen se velsiekte.
Afstammelinge van die twee word oral in die land, maar ook in naburige lande
en selfs in Australia en die VSA gevind.
Porfirie gaan gepaard met erge abdominale pyn, braking, hardlywigheid,
hipertensie, neuropsigiatriese uitvalle, asook verskillende grade van
velaandoening soos sonsensitiwiteit, blase en hiperpigmentasie.
Prof. Louise Warnich van die Universiteit van Stellenbosch wat reeds sedert
1994 navorsing oor die siekte doen, se daar word beraam dat daar sowat
tussen 10 en 20 duisend porfirielyers in Suid-Afrika is - dit is die hoogste
voorkoms van die siekte in die wereld. Een uit 300 Afrikaners ly aan
porfirie.
Kanker
Dr. Nerina van der Merwe, ook verbonde aan die Vrystaatse Universiteit, is
besig met 'n relatiewe nuwe studie en betrokke met die opspoor van families
wat deur die oorerflike vorm van kanker van die vroulike of manlike bors
en/of eierstokke geaffekteer word.
Sy sê bors- of eierstokkankers steek gewoonlik eers sy kop uit na menopouse.
By oorerflike tipes - soos by die Afrikaner - kom dit heelwat vroear -
tussen 30 en 40 voor. En dit is nie net vroue wat slagoffers is van
borskanker nie.
Dr. van der Merwe sê: "Die gemiddelde risiko van 'n vrou onder die ouderdom
van vyftig jaar vir borskanker is 1 uit 50. Vroue met 'n oorerflike
geneigdheid daartoe hat 'n 33% tot 50% kans om borskanker to ontwikkel voor
50, en 'n 56% tot 87% risiko teen sewentigjarige ouderdom.
"Mans wat draers is van die defektiewe geen ontwikkel normaalweg nie
borskanker nie, maar hat 'n verhoogde risiko vir kolon en prostaatkanker.
Daar is nog 'n ander mutasie, wat ook algemeen onder die Afrikaner voorkom,
en die defektiewe geen toon 'n verhoogde risiko vir ander kankers soos die
van die pankreas, galblaas, maag en die prostaat."
Oudtshoorn-velsiekte of Mostert se velsiekte
Die siekte, wat gekenmerk word deur die vel aan die handpalms en voetsole
wat roof word en afdop, is aanvanklik so gedoop omdat dit vreeslik onder
Mosterts in die Oudtshoorn-omgewing voorgekom hat. Een uit 7 000 Afrikaners
lei aan die siekte. 'n Paar vanne waar die defektiewe geen vir die siekte
voorkom, is De Jager, Duminy, Koen, Meiring, Mostert, Rademeyer, Theunissen,
Van Antwerpen en Van Niekerk.
Prof. Michele Ramsay van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mediese Navorsing
en die Universiteit van Witwatersrand doen al sedert 1985 navorsing oor die
oorerflike siekte.
"Die siekte is in die sestiende eeu deur 'n Fransman, Francois Renier Duminy
Suid-Afrika ingebring. Hy het hom later hier aan die Kaap kom vestig. Die
dermatoloog, dr. Peter Hull, het in 1986 sy doktorsgraad voltooi waarvoor
hy, onder meer, 'n gedetaileerde ondersoek onder die families met
Oudtshoorn-vel gedoen het. Hy het gevind dat families van die Genadendal- en
Riversdaldistrikte direk gekoppel kon word aan Duminy. Maar, interessant
genoeg, kon by die families in die Oudtshoorndistrik nie direk koppel nie.
Hulle het 'n tweede genetiese been gevorm wat teruggevoer kan word na Carel
Johannes de Jager (gebore 1773).
Uit navorsing blyk dit dat Duminy 'n matroos was wat met sy skip die Kaap,
wat toe 'n proviandstasie was, aangedoen het en nege maande later is 'n kind
met die naam Carel Johannes de Jager gebore. 'n Mens kan maar net wonder oor
wat gebeur het, maar die velsiekte is nie aan die ander sewe De Jager
kinders oorgedra nie. Die moontlikheid bestaan dat Duminy die vader van
Carel Johannes de Jager was.
Omdat Oudtshoorn-velsiekte so algemeen onder Afrikaners voorkom, was dit
ideaal om op genetiese vlak to bestudeer en verdere navorsing het reeds
getoon dat die geen op die kort arm van chromosoom 8 voorkom," sê sy
Sielkundige afwykings
Op die gebied het genetiese navorsing in Suid-Afrika nog nie veel vordering
gemaak nie - grootliks weens 'n gebrek aan finansiele ondersteuning, maar
ook weens die huiwering van mense om to erken dat hulle sielkundige gebreke
of siektes het en dat hulle dit moontlik van hul ouers geërf het.
Volgens dr. Dana Niehaus, koordineerder: Genetika van Angsversteurings by
die MNR se Eenheid vir Angs en Stressteurings wil mense nie altyd weet wat
die geraamtes in hul voorouers se kaste was nie.
"By psigiatriese toestande is daar tientalle gene wat saamwerk om die
uiteindelike oorerflike deel van die siekte to vorm. Dit is belangrik om to
besef dat die siektes wel 'n genetiese oorsprong het, maar dat
omgewingsfaktore ook 'n belangrike faktor is.
"Daar is verskeie psigiatriese toestande wat algemeen onder Afrikaners
voorkom soos sosiale angs (23%), gemoedsiektes soos depressie (15 %) en
bipolere gemoedsiekte (1%).
"Ons weet dat 2 uit elke 100 mense obsessies, of kompulsies, of beide
ervaar. Met navorsing het ons vasgestel dat Afrikaners 'n sekere geen het
wat hulle meer vatbaar maak vir die toestande.
"Dit is toestande soos iemand wat herhaaldelik sy/haar hande was, oormatige
twyfel oor dit wat jy gedoen of nie gedoen het nie. Een pasient van my
vertel haar ouma Stoffies het so herhaaldelik skoongemaak en afgestof dat
die mense haar later begin vermy het. Sy het nooit besef dat dit 'n
behandelbare toestand is nie. Haar kleindogter kry nou behandeling daarvoor.
Nasporing van oorerflike siektes
Dr. Jansen se: "Genealogie speel 'n belangrike rol in die bepaling of 'n
siekte oorerflik is, of nie. Nasporing van die familiegeskiedenis van die
Afrikaner word vergemaklik deur die wyse waarop familiename toegeken is,
deurdat die oudste seun sy oupa aan vaderskant se naam kry, die volgende
seun kry sy oupa aan moederskant se naam en die derde seun kry sy pa se
naam. Dieselfde sisteem het vir die dogters gegeld.
"Die trekroetes van die Voortrekkers verskaf weer inligting oor die
verspreiding van oorerflike siektes. Dit is dus moontlik om vir 3 tot 14
generasies op die spoor van 'n siekte to loop en die oorspronklike draer
daarvan to identifiseer."
Hy sê: "Die Afrikaner was destyds 'n geisoleerde volkie. Ondertrouery het
dikwels plaasgevind en dit het sy eie probleme tot gevolg gehad met
resessiewe siekte (die defektiewe geen word van beide ouers gekry) wat na
vore kom, byvoorbeeld sekere tipes blindheid en doofheid."
En: "Die feit van die saak is dat byna elke Afrikaner die draer van een of
ander genetiese siekte is. Dit staan geskryf in sy gene. Dit is sy
ongelukkige erflating."
* Die inligting in die artikel is nie bedoel as mediese raad nie. Indien dit
die leser laat wonder of by/sy 'n lyer of draer is van 'n oorerflike siekte
is dit nodig om dit met a huisdokter of met 'n genetiese span to bespreek.
* Name en vanne mag ongelukkig nie gepubliseer word nie, uit vrees vir
geregtelike vervolging.
Wat is 'n genoom?
'n Genoom is al die DNS van 'n organisme. insluitend die gene. Gene dra op
hulle beurt al die inligting wat nodig is vir 'n organisme om al die proteme
to sintetiseer wat dit nodig het om to lewe en to funksioneer. Hierdie
proteme bepaal onder meer hoe die organisme lyk, hoe die liggaam voedsel kan
metaboliseer, infeksies kan beveg en selfs die gedrag van 'n organisme.
Wat is DNS?
DNS is die genetiese materiaal of bloudruk van lewe. Dit bestaan uit vier
boustene nl. Adenien (A), guanien (G). sitosien (C) en timindien (T). Daar
is sowat 3 rniljard chemiese basisse (verskillende wyses hoe A, G. C en T
herhaal word) wat die menslike genoom vorm. Die spesifieke volgorde van die
vier boustene is baie belangrik dit bepaal die diversiteit van lewe, of die
organisme 'n mens 'n ander spesie soos 'n gis, dier of plant sal wees.
Wat is 'n geen?
Gene kom voor op die chromosome in elke sel van die liggaam. Dit dra die
inligting nodig vir lewe en ontwikkeling. Gene kom voor in pare. Daar is 46
chromosome, wat bestaan uit twee pare van 23 en word van beide ouers geed.
'n Geen is 'n stukkie DNS. Die menslike liggaam het tussen sowat 50 000 tot
100 000 gene.
Re: Sondes van die Vaders [boodskap #38067 is 'n antwoord op boodskap #38064] So, 31 Desember 2000 16:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Anon wrote:

> Artikel uit "De Kat" - November 2000-12-30
> Opskrif: Sondes van die Vaders
>
> "Die hedendaagse Afrikaner stam uit Wes-Europese setlaars, spesifiek 'n
> groep van 125 Nederlandse immigrante wat 338 jaar gelede onder leiding van
> Jan van Riebeeck Suid-Afrika toe gekom het, 164 Franse Hugenote, 'n aantal
> Duitsers en die Britse setlaars van 1820.
>
> Die aanwas van die Afrikaner het in 'n kort tyd dertienvoudig toegeneem: Van
> 'n 1000 in 1691 tot 13 028 in 1791. Die aanwas het in relatiewe isolasie
> plaasgevind en die gevolg hiervan is dat sekere genetiese defekte teen 'n
> ongewoon hoë frekwensie in die Afrikanerbevolking voorkom.

Die Duitse immigrasie in die Oostelike provinsie sowel as die 1820Setlaars het
natuurlik eintlik eers in die neëntiende eeu plaasgevind.
Die influks van Duitsers was baie groot en belangrik. Daar word
bereken dat 40% van hedendaagse Afrikaners se stamvaders uit
midde-europa se Duits-sprekende state gekom het. Hulle het
aanvanklik blykbaar baie onder hulleself getrou, daarom dat daar
baie families in die Oostelike Provinsie is wat nog Duits met mekaar
in die huis praat.
Die Voortrekkers, wat heelwaarskynlik meestal afstammelinge
was van die Hollanders en Franse, en wat toe in algehele isolasie die
binneland van SA ingetrek het en dus seker baie ondertrou het, moet
seker baie meer ly aan die genetiese gevolge van so 'n isolasie. Aan
die Kaap was daar gereelde injeksies van nuwe bloed (die Engelse
het die Kaap regeer gedurende die Napoleontiese oorloë en
die matrose op die skepe het ook die bloedstroom beinvloed.)
Geneties was dit seker baie goed toe al die Uitlanders aan die
einde van die neëntiende eeu die eertydse Transvaal binnegekom
het. Vantevore moes daardie kinders van die Groot Trek seker
baie ondertrou het.
In my genetiese agtergrond is daar nog 'n groep geisoleerdes
wat nie gewoonlik in ag geneem het nie - die mense wat aan die
westekant van die land stadig uit die Boland deur Namakwaland
en Boesmanland opbeweeg het, in relatiewe isolasie. Gelukkig
het my pa aan die begin van die twintigste eeu op die besproeiings-
skemas op die Oranje in aanraking gekom met my ma se familie,
wat vars uit die Boland verhuis het. So was daar 'n gesonde
menging van die gene-pool. Die kanse is egter goed dat my ma se
mense deel was van die oorspronklike klein groepie meestal
Franse in die Boland wat seker baie ondertrou het, daarom die
baie Franse vanne in my onmiddellike families van moederskant-
Rossouw, Fouche ens.

Gloudina
Re: Sondes van die Vaders [boodskap #38074 is 'n antwoord op boodskap #38064] Ma, 01 Januarie 2001 04:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die grootste deel van die Duitsers in die Oos Kaap het in die 1860's daar
aangeland. Hulle sou binne ongeveer 20 jaar grootliks verengels het,
aangesien die Britse Setlaars (1820) toe reeds die meeste sosiale
infrastrukture (skole, kerke, ens.) geskep het en die Duits-sprekendes
daarin opgeneem was.

"Anon" skryf in boodskap news:3a4f3f42$0$226@helios.is.co.za...
> Hier is 'n interessante artikel om te deel....
>
> Artikel uit "De Kat" - November 2000-12-30
> Opskrif: Sondes van die Vaders
> Deur Augusta van Greunen
> Illustrasies: Robin Turner
>
> Maak nie saak wat jou naam of van is nie, as jy Afrikaans is, is die kans
> dat jy 'n draer is van 'n oorerflike siekte byna seker. . . Maar die
> mensgenoomprojek, wat geenterapie moontlik maak, bring hoop vir lyers van
> oorerflike siektes.
> "Deur isolering vanweë kultuur- en geloofsfaktore kom foutiewe gene dikwels
> in die Afrikaner voor. Noem dit maar sy genetiese bagasie."
> "Ek hunker na 'n stukkie grond. Die reuk van 'n vars geploegde land, dou wat
> in die vroee more op die tang gras blink, die geklingel van 'n klok om 'n
> koei se nek... In ons siele bly ons Afrikaners plaasboere - dis in ons
> gene - dit kan nie anders nie."
> So verskoon 'n vriend van my sy besluit om sy suksesvolle, maar ook
> stresvolle, professionele loopbaan in die stad vir die platteland en 'n
> stukkie grond to verruil. Wat by nie se nie, is dat sy huisdokter hom na die
> soveelste dreigende hartaanval gemaan het om in sy gesondheid se belang
> eerder op vroee aftrede to gaan.
> En soos my vriend se hunkering na 'n eie stukkie grond heel waarskynlik in
> sy oorgeerfde DNS-samestelling to vinde is, is sy harttoestand deel van sy
> genetiese erfgoed en ook deel van sy erflating aan sy kinders, en die se
> kinders...
> "Noem dit maar die Afrikaner se genetiese bagasie,"se dr. Hanlie Moolman van
> die Mediese Navorsingsraad se Sentrum vir Molekulere en Sellulere Biologie
> aan die Universiteit van Stellenbosch.
> "Deur isolering vanwee kultuur- en geloofsfaktore kom foutiewe gene bale
> dikwels by die Afrikaner-bevolking voor," sê sy.
> Wyle dr. Cor Pama, wat 'n kundige was op die gebied van familieregisters van
> Suid-Afrikaners, het kort voor sy dood gesê, neef-niggie-troues het baie in
> die land se geskiedenis voorgekom, veral onder die Afrikaners. Dit vergroot
> die kanse van oorerflike siektes.
> En die Afrikaner se gesondheid dra swaar aan hierdie erfgoed van hom. Hart-
> en niersiektes, verhoogde cholesterol, porfirie ('n bloedsiekte), kolon- en
> borskanker, yster-oorlading met simptome soos suikersiekte, artritis,
> impotensie, asook 'n genetiese vorm van veelvoudige sklerose en sielkundige
> afwykings is deel van sy oorgeerfde genetiese samestelling. Volgens medici
> dra byna elke Afrikaner een of ander oorerflike genetiese siekte.
> Statistieke skets ook 'n ongesonde prentjie: Sowat 10% van wit
> Suid-Afrikaners wat voor die ouderdom van sestig jaar aan hartaanvalle
> sterf, se hartprobleme is oorgeërf.
> Sowat 150 000 Suid-Afrikaners (die meeste daarvan Afrikaners) voer ook elke
> dag 'n stryd teen oorerflike hoë cholesterol - 'n belangrike oorsaak van
> hartvatsiektes. Daarby is daar sowat tweehonderd kinders in Suid-Afrika
> (meestal Afrikanerkinders) wat die probleem as 't ware dubbel geërf het. Die
> kinders wat die foutiewe Been van beide ouers ontvang het, sal nie sonder
> behandeling hul tienerjare oorleef nie.
> Adri van Vuuren (16) van Pretoria was een so 'n jong slagoffer. Sy is in
> April weens vermoedelik 'n hartaanval of beroerte dood - 'n regstreekse
> oorsaak van oorerflike hoë cholesterol.
> Volgens statistieke van die Nasionale Departement van Gesondheid word sowat
> 40 000 babas met ernstige oorerflike afwykings elke jaar in Suid-Afrika
> gebore. Altesame 4 persent - een miljoen - van alle Suid-Afrikaners het die
> een of ander gestremdheid wat aan oorerflike faktore to wyte is. Sowat 50
> persent van algemene gestremdhede soos blindheid, doofheid en verstandelike
> vertraging het 'n genetiese oorsaak.
> Maar dit is veral die Afrikaner-bevolking wat gebuk gaan onder die las van
> hulle oorgeërfde DNS.
> Dr. Stander Jansen, hoof van die die afdeling, Mensgenetika aan die
> Vrystaatse Universiteit se die Afrikaner beskik oor 'n unieke genetiese
> samestelling vanwee die feit dat die oorgrote meerderheid afstammelinge van
> slegs 'n klein klompie setlaars is.
> "Die hedendaagse Afrikaner stam uit Wes-Europese setlaars, spesifiek 'n
> groep van 125 Nederlandse immigrante wat 338 jaar gelede onder leiding van
> Jan van Riebeeck Suid-Afrika toe gekom het, 164 Franse Hugenote, 'n aantal
> Duitsers en die Britse setlaars van 1820.
> "Destydse families was groot - daar was ten minste vyf kinders per familie.
> Die aanwas van die Afrikaner het in 'n kort tyd dertienvoudig toegeneem: Van
> 'n 1000 in 1691 tot 13 028 in 1791. Die aanwas het in relatiewe isolasie
> plaasgevind en die gevolg hiervan is dat sekere genetiese defekte teen 'n
> ongewoon hoë frekwensie in die Afrikanerbevolking voorkom.
> "Defekte as gevolg van die ondertrouery en isolasie word stigterseffek
> genoem. Enkele voorbeelde hiervan is Fanconi anemie, Suid-Afrikaanse
> porfirie, progressiewe familiale hartblok, familiale polipose van die kolon,
> familiale hipercholesterolemie, keratolitiese wintereriteem en sklerosteose.
> "'n Voorbeeld van een so 'n oorerflike siekte is miotoniese distrofie, 'n
> oorerflike spiersiekte, wat nou verwantskap toon met Freek Bezuidenhout, die
> hooffiguur in die Slagtersnek-rebellie. Die siekte se verspreiding kan
> vanuit die Oos-Kaap, via Slagtersnek tot in die Noordelike Provinsie gevolg
> word.
> "Fanconi-anemie, 'n siekte wat die beenmurg aantas en met sekere
> skeletafwykings gepaard gaan, kom nerens in die wereld so volop as in
> Suid-Afrika onder Afrikaners voor nie. Mnr. Tommy Pearson, wat besig is met
> sy doktorsgraad oor die siekte, het reeds registers saamgestel van etlike
> duisende familielede wat terug dateer tot sover as 1661," sê hy.
> Hartsiektes
> Dit is veral oorerflike hartsiektes wat deel is van die Afrikaner se
> dodelike erflating. Onder leiding van die Universiteit van Stellenbosch se
> Mediese Skool en die Mediese Navorsingsraad word al sowat 15 jaar navorsing
> gedoen oor die voorkoms van verskeie oorerflike hartsiektes onder veral
> Afrikaners.
> Een so 'n siekte is deur wetenskaplikes as Progressiewe Familiale Hartblok
> tipe 1 gedoop, maar eintlik beteken dit maar net dat die geleidingsisteem
> van die hartspierselle aangetas word en daarom is die hartklop to stadig en
> kan die hart heeltemal gaan staan. Pasaangeers is gewoonlik nodig vir leiers
> van die siekte sodat 'n kunsmatige sein na die hartspier gestuur kan word om
> saam to trek.
> Dr. Moolman sê: "Die siekte kom net onder Afrikaners voor en strek oor nege
> generasies terug. Ons het die oorsprong gevind by 'n Portugese man wat in
> 1713 in die Kaap aangekom het en in 1720 met 'n Hollandse meisie getrou het.
> Na beraming is daar sowat 9 000 Afrikaansprekendes wat die defektiewe Been
> dra.
> "'n Tweede hartsiekte - Progressiewe Familiale Hartblok II - is ook onder
> Afrikaners ge?dentifiseer. Die siekte tas ook die geleidingsisteem aan, maar
> op 'n verskillende manier. Die siekte word gekompliseer deur vergroting van
> die hart, die hartspier raak pap en is dus oneffektief as 'n pomp. Sowat 5
> 000 Afrikaners is leiers van die siekte," sê sy.
> "Derdens werk ons aan 'n hartsiekte waar ons die verdikking van die
> hartspier van die pompkamers sien. Die siekte is die grootste oorsaak van
> skielike dood onder jong sportmense. Jong outjies wat onverwags op die
> rugbyveld dood neerslaan, ly dikwels hieraan.
> "Hier hat ons ook to doen met 'n stigterseffek, maar dit is nie eie aan die
> Afrikaner nie. Dit word gedeel met Engelse en mense met gemengde herkoms
> (kleurlinge).
> "'n Ander hartsiekte met 'n stigtereffek onder die Afrikaner is die lang QT
> sindroom. Mense met die sindroom dra die risiko om skielik sonder
> waarskuwing to sterf - dikwels terwyl hulle swam, of as hulle skrik of
> emosioneel ontsteld of opgewonde is. Daar is soms subtiele waarskuwings vir
> die siekte soos floute-aanvalle."
> Cholesterol
> By die Vrystaatse Universiteit se afdeling Mensgenetika word verder
> navorsing gedoen op oorerflike verhoogde cholesterol, oorerflike
> hemochromatose, of oorerflike ysteroorlading en porfirie.
> Oorerflike verhoogde cholesterol tref een uit 70 Afrikaners. Die voorkoms
> van die siekte is tien keer hour as in die res van die wereld. Die siekte
> lei tot vroea hartaanvalle onder veral jong Afrikaners. Dit is ook die
> hoofoorsaak van een uit elke vyf gevalle van hartvatsiektes in Suid-Afrika.
> Die defekte geen gee die verkeerde inligting aan die hoofagent wat
> cholesterol uit die bloed moet verwyder. Cholesterol hoop dan in die
> bloedvate op. Vorm aanpaksels en verstop uiteindelik die hartvate sodat 'n
> hartaanval volg.
> Ysteroorlading - ook 'n genetiese siekte wat algemeen onder die Afrikaner
> voorkom - lei tot orgaanskade wat hartsiektes, suikersiekte, artritis,
> sirrose van die lewer, impotensie en infertiliteit insluit.
> Porfirie
> Porfirie kom wêreldwyd voor, maar in die Afrikaner- en kleurlingbevolking
> van Suid-Afrika is die voorkoms hoog weens die teenwoordigheid van 'n
> stigterseffek. Dit blyk dat die siekte afkomstig is van die Nederlandse
> immigrant Gerrit Janz van Deventer wat in 1688 met Adriaantje Adriaanse
> Jacobs getrou hat. Adriaantje was een van die weesmeisies wat uit Rotterdam
> gestuur is met die oog op 'n huwelik met een van die Vryburgers. Die egpaar
> hat agt kinders gehad, en een van die dogters hat met 'n Van Rooyen getrou -
> vandaar die vroeare verwysing na die siekte as Van Rooyen se velsiekte.
> Afstammelinge van die twee word oral in die land, maar ook in naburige lande
> en selfs in Australia en die VSA gevind.
> Porfirie gaan gepaard met erge abdominale pyn, braking, hardlywigheid,
> hipertensie, neuropsigiatriese uitvalle, asook verskillende grade van
> velaandoening soos sonsensitiwiteit, blase en hiperpigmentasie.
> Prof. Louise Warnich van die Universiteit van Stellenbosch wat reeds sedert
> 1994 navorsing oor die siekte doen, se daar word beraam dat daar sowat
> tussen 10 en 20 duisend porfirielyers in Suid-Afrika is - dit is die hoogste
> voorkoms van die siekte in die wereld. Een uit 300 Afrikaners ly aan
> porfirie.
> Kanker
> Dr. Nerina van der Merwe, ook verbonde aan die Vrystaatse Universiteit, is
> besig met 'n relatiewe nuwe studie en betrokke met die opspoor van families
> wat deur die oorerflike vorm van kanker van die vroulike of manlike bors
> en/of eierstokke geaffekteer word.
> Sy sê bors- of eierstokkankers steek gewoonlik eers sy kop uit na menopouse.
> By oorerflike tipes - soos by die Afrikaner - kom dit heelwat vroear -
> tussen 30 en 40 voor. En dit is nie net vroue wat slagoffers is van
> borskanker nie.
> Dr. van der Merwe sê: "Die gemiddelde risiko van 'n vrou onder die ouderdom
> van vyftig jaar vir borskanker is 1 uit 50. Vroue met 'n oorerflike
> geneigdheid daartoe hat 'n 33% tot 50% kans om borskanker to ontwikkel voor
> 50, en 'n 56% tot 87% risiko teen sewentigjarige ouderdom.
> "Mans wat draers is van die defektiewe geen ontwikkel normaalweg nie
> borskanker nie, maar hat 'n verhoogde risiko vir kolon en prostaatkanker.
> Daar is nog 'n ander mutasie, wat ook algemeen onder die Afrikaner voorkom,
> en die defektiewe geen toon 'n verhoogde risiko vir ander kankers soos die
> van die pankreas, galblaas, maag en die prostaat."
> Oudtshoorn-velsiekte of Mostert se velsiekte
> Die siekte, wat gekenmerk word deur die vel aan die handpalms en voetsole
> wat roof word en afdop, is aanvanklik so gedoop omdat dit vreeslik onder
> Mosterts in die Oudtshoorn-omgewing voorgekom hat. Een uit 7 000 Afrikaners
> lei aan die siekte. 'n Paar vanne waar die defektiewe geen vir die siekte
> voorkom, is De Jager, Duminy, Koen, Meiring, Mostert, Rademeyer, Theunissen,
> Van Antwerpen en Van Niekerk.
> Prof. Michele Ramsay van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mediese Navorsing
> en die Universiteit van Witwatersrand doen al sedert 1985 navorsing oor die
> oorerflike siekte.
> "Die siekte is in die sestiende eeu deur 'n Fransman, Francois Renier Duminy
> Suid-Afrika ingebring. Hy het hom later hier aan die Kaap kom vestig. Die
> dermatoloog, dr. Peter Hull, het in 1986 sy doktorsgraad voltooi waarvoor
> hy, onder meer, 'n gedetaileerde ondersoek onder die families met
> Oudtshoorn-vel gedoen het. Hy het gevind dat families van die Genadendal- en
> Riversdaldistrikte direk gekoppel kon word aan Duminy. Maar, interessant
> genoeg, kon by die families in die Oudtshoorndistrik nie direk koppel nie.
> Hulle het 'n tweede genetiese been gevorm wat teruggevoer kan word na Carel
> Johannes de Jager (gebore 1773).
> Uit navorsing blyk dit dat Duminy 'n matroos was wat met sy skip die Kaap,
> wat toe 'n proviandstasie was, aangedoen het en nege maande later is 'n kind
> met die naam Carel Johannes de Jager gebore. 'n Mens kan maar net wonder oor
> wat gebeur het, maar die velsiekte is nie aan die ander sewe De Jager
> kinders oorgedra nie. Die moontlikheid bestaan dat Duminy die vader van
> Carel Johannes de Jager was.
> Omdat Oudtshoorn-velsiekte so algemeen onder Afrikaners voorkom, was dit
> ideaal om op genetiese vlak to bestudeer en verdere navorsing het reeds
> getoon dat die geen op die kort arm van chromosoom 8 voorkom," sê sy
> Sielkundige afwykings
> Op die gebied het genetiese navorsing in Suid-Afrika nog nie veel vordering
> gemaak nie - grootliks weens 'n gebrek aan finansiele ondersteuning, maar
> ook weens die huiwering van mense om to erken dat hulle sielkundige gebreke
> of siektes het en dat hulle dit moontlik van hul ouers geërf het.
> Volgens dr. Dana Niehaus, koordineerder: Genetika van Angsversteurings by
> die MNR se Eenheid vir Angs en Stressteurings wil mense nie altyd weet wat
> die geraamtes in hul voorouers se kaste was nie.
> "By psigiatriese toestande is daar tientalle gene wat saamwerk om die
> uiteindelike oorerflike deel van die siekte to vorm. Dit is belangrik om to
> besef dat die siektes wel 'n genetiese oorsprong het, maar dat
> omgewingsfaktore ook 'n belangrike faktor is.
> "Daar is verskeie psigiatriese toestande wat algemeen onder Afrikaners
> voorkom soos sosiale angs (23%), gemoedsiektes soos depressie (15 %) en
> bipolere gemoedsiekte (1%).
> "Ons weet dat 2 uit elke 100 mense obsessies, of kompulsies, of beide
> ervaar. Met navorsing het ons vasgestel dat Afrikaners 'n sekere geen het
> wat hulle meer vatbaar maak vir die toestande.
> "Dit is toestande soos iemand wat herhaaldelik sy/haar hande was, oormatige
> twyfel oor dit wat jy gedoen of nie gedoen het nie. Een pasient van my
> vertel haar ouma Stoffies het so herhaaldelik skoongemaak en afgestof dat
> die mense haar later begin vermy het. Sy het nooit besef dat dit 'n
> behandelbare toestand is nie. Haar kleindogter kry nou behandeling daarvoor.
> Nasporing van oorerflike siektes
> Dr. Jansen se: "Genealogie speel 'n belangrike rol in die bepaling of 'n
> siekte oorerflik is, of nie. Nasporing van die familiegeskiedenis van die
> Afrikaner word vergemaklik deur die wyse waarop familiename toegeken is,
> deurdat die oudste seun sy oupa aan vaderskant se naam kry, die volgende
> seun kry sy oupa aan moederskant se naam en die derde seun kry sy pa se
> naam. Dieselfde sisteem het vir die dogters gegeld.
> "Die trekroetes van die Voortrekkers verskaf weer inligting oor die
> verspreiding van oorerflike siektes. Dit is dus moontlik om vir 3 tot 14
> generasies op die spoor van 'n siekte to loop en die oorspronklike draer
> daarvan to identifiseer."
> Hy sê: "Die Afrikaner was destyds 'n geisoleerde volkie. Ondertrouery het
> dikwels plaasgevind en dit het sy eie probleme tot gevolg gehad met
> resessiewe siekte (die defektiewe geen word van beide ouers gekry) wat na
> vore kom, byvoorbeeld sekere tipes blindheid en doofheid."
> En: "Die feit van die saak is dat byna elke Afrikaner die draer van een of
> ander genetiese siekte is. Dit staan geskryf in sy gene. Dit is sy
> ongelukkige erflating."
> * Die inligting in die artikel is nie bedoel as mediese raad nie. Indien dit
> die leser laat wonder of by/sy 'n lyer of draer is van 'n oorerflike siekte
> is dit nodig om dit met a huisdokter of met 'n genetiese span to bespreek.
> * Name en vanne mag ongelukkig nie gepubliseer word nie, uit vrees vir
> geregtelike vervolging.
> Wat is 'n genoom?
> 'n Genoom is al die DNS van 'n organisme. insluitend die gene. Gene dra op
> hulle beurt al die inligting wat nodig is vir 'n organisme om al die proteme
> to sintetiseer wat dit nodig het om to lewe en to funksioneer. Hierdie
> proteme bepaal onder meer hoe die organisme lyk, hoe die liggaam voedsel kan
> metaboliseer, infeksies kan beveg en selfs die gedrag van 'n organisme.
> Wat is DNS?
> DNS is die genetiese materiaal of bloudruk van lewe. Dit bestaan uit vier
> boustene nl. Adenien (A), guanien (G). sitosien (C) en timindien (T). Daar
> is sowat 3 rniljard chemiese basisse (verskillende wyses hoe A, G. C en T
> herhaal word) wat die menslike genoom vorm. Die spesifieke volgorde van die
> vier boustene is baie belangrik dit bepaal die diversiteit van lewe, of die
> organisme 'n mens 'n ander spesie soos 'n gis, dier of plant sal wees.
> Wat is 'n geen?
> Gene kom voor op die chromosome in elke sel van die liggaam. Dit dra die
> inligting nodig vir lewe en ontwikkeling. Gene kom voor in pare. Daar is 46
> chromosome, wat bestaan uit twee pare van 23 en word van beide ouers geed.
> 'n Geen is 'n stukkie DNS. Die menslike liggaam het tussen sowat 50 000 tot
> 100 000 gene.
>
Re: Sondes van die Vaders [boodskap #38076 is 'n antwoord op boodskap #38074] Di, 02 Januarie 2001 04:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Die grootste deel van die Duitsers in die Oos Kaap het in die 1860's daar
> aangeland. Hulle sou binne ongeveer 20 jaar grootliks verengels het,
> aangesien die Britse Setlaars (1820) toe reeds die meeste sosiale
> infrastrukture (skole, kerke, ens.) geskep het en die Duits-sprekendes
> daarin opgeneem was.

Dit verbaas my nogtans hoeveel van die nageslag van dieOos Kaaplandse Duitsers
hulle taal behou het. Ek het Suid-
Afrikaners ontmoet wat van Duitse oorsprong was, wat
Engels sowel as Afrikaans vlot gepraat het, maar nogtans
Duits in die huis bly praat het. Ek het ook 'n skoonsuster
wat vlot Afrikaans praat met haar Afrikaanse familie en haar
Afrikaanse man, maar wanneer sy brief skryf, doen sy dit
in Engels, en hulle twee kinders se voertaal is Engels. Dus
is jy reg: die Duitsers het verengels, nie verafrikaans nie.
Dis uit hierdie agtergrond waaruit SA se grootste huidige
skrywer kom, JM COETZEE. Alhoewel hy sy familienaam
van sy Afrikaanse pa ge-erf het, was sy Duitse ma se perfekte
Engels die voertaal in die huis.

Gloudina
Re: Sondes van die Vaders [boodskap #38093 is 'n antwoord op boodskap #38064] Wo, 03 Januarie 2001 07:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Dis uit hierdie agtergrond waaruit SA se grootste huidige
> skrywer kom, JM COETZEE. Alhoewel hy sy familienaam
> van sy Afrikaanse pa ge-erf het, was sy Duitse ma se perfekte
> Engels die voertaal in die huis.

SA se grootstse huidige skrywer??? S^e wie?
Re: Sondes van die Vaders [boodskap #38096 is 'n antwoord op boodskap #38064] Wo, 03 Januarie 2001 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lous wrote:

> @home.com wrote:
>>
>> Dis uit hierdie agtergrond waaruit SA se grootste huidige
>> skrywer kom, JM COETZEE. Alhoewel hy sy familienaam
>> van sy Afrikaanse pa ge-erf het, was sy Duitse ma se perfekte
>> Engels die voertaal in die huis.
>
> SA se grootstse huidige skrywer??? S^e wie?

Sê die mense wat die Booker-prys toeken, vir die besteskryfwerk in die
Commonwealth. JM COETZEE is die
enigste skrywer in die geskiedenis van die Booker-prys
wat die prys tweekeer ontvang het. Daar is kritici wat
sê dat hy die grootste lewende skrywer in die Engelse
taal vandag is. Sy skryf is eenvoudig asemberowend
goed, veral in sy vroegste werk. Naas hom is Nadine
Gordimer (wat al die Nobel-prys gewen het) se skryf-
werk amateuragtig. Ek voorspel dat hulle die Nobel-
prys aan JM Coetzee op een of ander tyd sal moet
gee.

Gloudina
Re: Sondes van die Vaders [boodskap #38101 is 'n antwoord op boodskap #38064] Do, 04 Januarie 2001 03:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
varkkop  is tans af-lyn  varkkop
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
genade, mens moet vreeslik verveeld wees om so 'n moerse lange plain-text
posting sonder enige formatting te wil lees!

...varkkop praat kak op www.koeksuster.com
Re: Sondes van die Vaders [boodskap #38103 is 'n antwoord op boodskap #38064] Do, 04 Januarie 2001 06:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Interesant. Weereens 'n profeet wat onbekend in sy eie land is?

@home.com wrote:
>
> lous wrote:
>
>> @home.com wrote:
>>>
>>> Dis uit hierdie agtergrond waaruit SA se grootste huidige
>>> skrywer kom, JM COETZEE. Alhoewel hy sy familienaam
>>> van sy Afrikaanse pa ge-erf het, was sy Duitse ma se perfekte
>>> Engels die voertaal in die huis.
>>
>> SA se grootstse huidige skrywer??? S^e wie?
>
> Sê die mense wat die Booker-prys toeken, vir die besteskryfwerk in die
> Commonwealth. JM COETZEE is die
> enigste skrywer in die geskiedenis van die Booker-prys
> wat die prys tweekeer ontvang het. Daar is kritici wat
> sê dat hy die grootste lewende skrywer in die Engelse
> taal vandag is. Sy skryf is eenvoudig asemberowend
> goed, veral in sy vroegste werk. Naas hom is Nadine
> Gordimer (wat al die Nobel-prys gewen het) se skryf-
> werk amateuragtig. Ek voorspel dat hulle die Nobel-
> prys aan JM Coetzee op een of ander tyd sal moet
> gee.
>
> Gloudina
Re: Sondes van die Vaders [boodskap #38105 is 'n antwoord op boodskap #38103] Do, 04 Januarie 2001 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
lous wrote:
>
> Interesant. Weereens 'n profeet wat onbekend in sy eie land is?
>

UIttreksel uit Boyhood op
http://www.mg.co.za/mg/books/sep97/6oc-coetzee1.html
Re: Sondes van die Vaders [boodskap #38108 is 'n antwoord op boodskap #38064] Do, 04 Januarie 2001 14:03 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lous wrote:

> Interesant. Weereens 'n profeet wat onbekend in sy eie land is?
>

Ja, ongelukkig is JM Coetzee seker nie baie bekend in
SA nie, alhoewel hy alle moontlike pryse vir sy boeke
in SA gewen het. Ek het êrens gelees dat hy nie baie
tyd vir joernaliste het nie, want hy sê hulle bel hom net
vir 'n onderhoud wanneer hy weer in die nuus is omdat
hy 'n nuwe toekenning gewen het, en hulle ken gewoonlik
nie sy werk intiem nie, en vra dus dom vrae. Ek dink hy
het onlangs afgetree van die Engelse departement van
die Universiteit van Kaapstad. Vir 'n ruk was hy egter
gas-professor by, dink ek, 'n Universiteit in Chicago.

Gloudina
Vorige onderwerp: Addisionele inkomste en/of moontlikheid vir voltydse latere inkomste- staatsamtenare in debietorder/aftrekorder debakel
Volgende onderwerp: Hello almal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 19:03:16 MGT 2024