Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: DDT ens
Re: DDT ens [boodskap #37558] Ma, 04 Desember 2000 00:00
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Sue,
Bewyse is al gelewer dat braaivleis kanker veroorsaak. Dis nou blykbaar
nie die vleis nie maar die roet wat aan die vleis sit as gevolg van die
gebrande vet. Stop dit die mense? Nee!

Dankie vir die artikels. Meeste is ek bewus van. In Africa as 'n geheel
is DDT se gebruik nog nooit stop gesit nie. Die state het net nie die
'mens op straat' toegelaat om dit te besit nie. By ons op die plaas word
alle mensgemaakte struktuure gereeld gespuit. Die spuit mengsel mag net
deur die staat gespuit word en net hulle het die reg tot die mengsel.
Die mengsel is niks anders as DDT nie.

Nou hoekom is daar liewer na iets oorgeslaan soos na Organophosfate
teenooroor die dichlorodiphenyltrichloroethane (DDT). Prys!

Ek dink ek moet eers iets sê oor die Organophosfate. Dit word gevind in
90% van alle insekdoders (gaan kyk maar die inhoud van DOOM, ens. Dit is
'biodegradable' en het 'n baie kort lewensduur. Dus moet daar weer en
weer van die middel toegedien word. Bring baie meer geld in vir die
vervaardigers. Daar is net een probleem - meeste Organophosfate word
deur die vel geabsorbeer en het geen teenmiddel nie. Die waarskuwing op
die houers sê dan ook dat dit nie mag toegdien word op 'n winderige dag
of, sonder handskoene en plasties 'protective gear' nie. 'n Oordosies
het net een gevolg - die dood. Hoeveel is nodig vir 'n oordosis? Party
van hulle so min as 1 druppel. Die Organophosfate word beskou as meer
giftig as die giftiste slang ter wêreld. Maar, kyk hoe roekeloos gebruik
mens miergif.

Hoekom gebruik die landbou dan Organophosfate? Want hulle kan vandag
spuit en more is al die gif opgebreek. Alles wat in kontak was met die
gif toe hulle gespuit is is nou dood (of is besig om te sterf) en, die
volgde dag is die gebied veilig.

Wat dan van DDT. Dit bestaan, as ek reg kan onthou, uit twee stelle
cloor verbindings. Een 'n bi-chloor(twee chloor atome) en die ander 'n
tri-chloor (drie chloor atome). Chloor by homself is baie onstabiel en
soek altyd 'n maat om mee te verbind. Die verbinding is dan baie stabiel
. Dus, die verbinding van tri-chloor is omtrent ontmoontlik om verbreek
en daarvoor bly DDT in die form en breek nie af nie. Die binding is ook
baie goedkoop (soos Aspro kan dit in tonnemaat inwikkel word want chloor
soek sy maat) Dus, dit bou net op en op. Die liggaam verwerp dit ook
nie. Daarby is dit water oplosbaar en hoef dit nie tot 'n emulsie
gebring te word nie.

Nou moet ek besluit - gebruik ek van die meees giftigste (en duurste)
produkte of, die goedkoper en baie minder gevaarlikke? Vir my is daar
net net antwoord - DDT. Tensy ek die goggas kan leer om nie my goed (en
myself) aan te val nie.:-)

Die argument begin meer vir my klink soos die argument oor die USA
energiefonds wat Hemp (die produk) verban het want, meer olie kan
vervaardig word uit Hemp (en goedkoper) as die gelykstaande ru-olie. En,
die olievelde se bestaan in gevaar stel. Dus, verban hulle toe Hemp want
dit bevat elemente wat skadelik mag wees vir die mens. Dit is mos 'n
drug dan nie?;-)

Ernest

"Sue" skryf in boodskap news:MPG.149443dc7d03f23e9897ed@news...

> Jy het my nou so bietjie laat dink oor die DDT storie...
> Iewers in my agterkop kon ek onthou van navorsing wat gedui het dat DDT
> o.a in borsmelk versamel.
Re: DDT ens [boodskap #37559 is 'n antwoord op boodskap #37558] Ma, 04 Desember 2000 00:00 Na vorige boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Sue, daar is nog geen bewyse gelewer dat die DDT kanker veroorsaak nie.
Daar is wel bewyse gelewer van die opbouery van die produk. Daarby is
twee ander foute uitgewys: 1) die produk kan in soveel hoeveelhede opbou
dat dit gesien kan word as 'n 'lump' en 2) Die produk word vrygestel in
die milk en word oorgedra na die kind. Waar die opbou proses weer begin.
Maar, 'n direkte verband is nog nie gevind nie. Nog minder kan bewys
word dat 'n sekere hoeveelheid sal 'n groeisel veroorsaak.

Wat wel vasgestel is is dat die eiers van voëls dunner word met die
opbou van DDT. Daar is 'n direkte verband. Dus, as die wyfie op die
eiers sit dan kan sy dit breek. Ek dink, deur die stelling dan te
gebruik word daar beweer dat die vroulike mens elemente van die
'broeing' ook beinvloed word. Dit sluit dan die bors ook in. En, ons
weet hoe sensitief die mens (beide man sowel as vrou) oor borste voel;-)

Ernest

"Sue" skryf in boodskap news:MPG.149443dc7d03f23e9897ed@news...
>
> 14. DDE and DDT in breast adipose tissue and risk of female breast
> cancer.
> Zheng T, Holford TR, Mayne ST, Ward B, Carter D, Owens PH, Dubrow R, Zahm
> SH, Boyle P, Archibeque S, Tessari J
> Am J Epidemiol 1999 Sep 1 150:5 453-8
Vorige onderwerp: Re: Charter for this newsgroup?
Volgende onderwerp: Just curious
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 13:26:33 MGT 2024