Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Haasdas se nuuskas
Haasdas se nuuskas [boodskap #36532] Wo, 15 November 2000 00:00
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Haasdas se nuuskas berig as volg

Die Organisasie vir Polisiehonde teen geweld(PTG) het in 'n media
verklaring aangedring op nuwe wetgewing om insidente soos die berugte
honde video-insident te vermy. Konsepwetgewing is aangeheg vir die
aandag van die bytrokke minister. Hulle voel dat daar aansienlike byt
in sulke wetgewing moet wees en dat huidige wetgewing op bluff
neerkom...

Die konsepwetgewing behels:
1)Alle verbode immigrante word gedwing om daagliks in 'n
chilli-mengsel te bad
2)Polisiehonde met regse neigings word op 'n 23-uur daaglikse SABC TV
dieet gesit tot hulle heeltemaal links is.
3)Alle regter-slagtande word vervang met rubber kondome vir veilige
bytgewoontes; welke kondome goedgekeur word deur die minister van
gesondheid
4)Polisiehonde het die reg van nie-byt op trekkers, treine en
immigrante ( eksotiese kossoorte akkordeer nie met alle lede nie).
5)Alle polisiehondlede wat aanhoudend op TV gewys word het die reg dat
hulle gesigte gemaskeer word (die onnodige slegte publisiteit beperk
hulle loopbaankeuses tot die oppas van karwrakke).
6)Video kameras by honde eenhede word tot verjaarsdae van lede beperk.

7)Lede mag nie in sulke politieke herries betrek word nie tensy hulle
daarna parlement toe gestuur word met sitting en pensioen.
8)Lede net gebruik word in gewone misdaad sake soos moord, roof ens.
en nie by sensasionele televisieoptredes met rasse innuendo's nie
Vorige onderwerp: Briefie vir skunk
Volgende onderwerp: Re: Bowl
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 14:31:30 MGT 2024