Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Spelfoute en leestekens
Spelfoute en leestekens [boodskap #35103] Wo, 04 Oktober 2000 00:00
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Nogal gedink die is snaaks en vanpas vir sekere lede hier

Die kerk se afkondigingsblaadjie

één verkeerde woordjie, woordplasing of selfs net 'n leesteken kan vir groot
chaos en pret sorg ....

>
>
> Vir alle ma's wat klein kindertjies het en dit nie weet nie - ons
> het 'n moederskamer net langs die kerk.
>
> Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek
> is ná die erediens.
>
> Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om
> sewe-uur gehou, en die predikant van Sondag is in die
> konsistorie opgeplak.
>
> Basaarafkondiging : Almal welkom! Kom gerus as jy niks aan
> het nie en kom deel in die pret.
>
> Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal
> drink. Sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om
> 18h00 daar wees.
>
> Ten tye van die predikant se siekte : Die Here is goed, ons
> predikant is beter.
>
> Ons het vannaand 'n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en
> die westelike vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante
> gedoop word.
>
> Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal
> bymekaar vir 'n praatjie oor die hemel. Hoe jy daar kan kom?
> Vervoer is beskikbaar om 19h00 vanaf die bushalte oorkant
> die hotel.
>
> Eerskomende Sondag sal daar 'n spesiale kooruitvoering wees,
> waarna die kerk gesluit sal wees vir herstelwerk.
>
> 'n Nuwe luidsprekersisteem is in die kerk geïnstalleer. Dit is
> 'n geskenk deur een van ons gemeentelede ter herinnering
> aan sy vrou...
>
> Weight Watchers het weer vanaand hulle byeenkoms in die saal.
> Gebruik asseblief die dubbeldeure van die syingang.
>
> November die negentiende om tienuur. Oggenddiens : Ds. Bruwer - Die
> wêreld > se grootste probleem.
Re: Spelfoute en leestekens [boodskap #35104 is 'n antwoord op boodskap #35103] Wo, 04 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
En wat van die een op die grafsteen. Moes lees." Hier lê my vrou Griet, In
die hemel is sy, Niet in die hel, Dit weet ek wel" maar toe maak die
pêrre 'n foutjie en hulle sê" Hier lê my vrou Griet, In die hemel is sy
niet, In die hel, Dit weet ek wel"
Groetnis
Christo

Krokkie wrote:

> Nogal gedink die is snaaks en vanpas vir sekere lede hier
>
> Die kerk se afkondigingsblaadjie
>
> één verkeerde woordjie, woordplasing of selfs net 'n leesteken kan vir groot
> chaos en pret sorg ....
>
>>
>>
>> Vir alle ma's wat klein kindertjies het en dit nie weet nie - ons
>> het 'n moederskamer net langs die kerk.
>>
>> Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek
>> is nà die erediens.
>>
>> Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om
>> sewe-uur gehou, en die predikant van Sondag is in die
>> konsistorie opgeplak.
>>
>> Basaarafkondiging : Almal welkom! Kom gerus as jy niks aan
>> het nie en kom deel in die pret.
>>
>> Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal
>> drink. Sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om
>> 18h00 daar wees.
>>
>> Ten tye van die predikant se siekte : Die Here is goed, ons
>> predikant is beter.
>>
>> Ons het vannaand 'n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en
>> die westelike vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante
>> gedoop word.
>>
>> Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal
>> bymekaar vir 'n praatjie oor die hemel. Hoe jy daar kan kom?
>> Vervoer is beskikbaar om 19h00 vanaf die bushalte oorkant
>> die hotel.
>>
>> Eerskomende Sondag sal daar 'n spesiale kooruitvoering wees,
>> waarna die kerk gesluit sal wees vir herstelwerk.
>>
>> 'n Nuwe luidsprekersisteem is in die kerk geïnstalleer. Dit is
>> 'n geskenk deur een van ons gemeentelede ter herinnering
>> aan sy vrou...
>>
>> Weight Watchers het weer vanaand hulle byeenkoms in die saal.
>> Gebruik asseblief die dubbeldeure van die syingang.
>>
>> November die negentiende om tienuur. Oggenddiens : Ds. Bruwer - Die
>> wêreld > se grootste probleem.
Vorige onderwerp: Re: Dis 'n gemors.
Volgende onderwerp: Re: Grappetjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 18:35:00 MGT 2024