Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog 'n maand is verby
Nog 'n maand is verby [boodskap #35047] Ma, 02 Oktober 2000 00:00 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit net ek of het September vir julle ook verby gevlieg? Ek's mal oor
die lente, en al is dit juis nou die tyd vir hooikoors en goed is ek gek oor
die gevoel wat ek kry wanneer die bome begin bot en die voëltjies weer
lekker sing.
Ek begin ook rondom hierdie tyd daai regte "christmas" gevoel kry, en ek
begin uitsien na my verjaarsdag en - ag sommer baie lekker dinge lê voor,
asook 'n lekker 3 week vakansie.
Ek loop met 'n permanente smile op my gesig en my arme man kan nie met my
huis hou nie (ek sal maar nie daarop ingaan nie).
Nou wonder ek of dit waar is. Hulle sê hoe ouer 'n mens raak hoe gouer gaan
die tyd om. Dis so waar, en dis jammer, want vandag geniet ek die lewe, en
wil dit nie vreeslik graag baie gou verlaat nie. Die goeie (of slegte) nuus
is dat experts nou glo dat as jy kan leef tot die jaar 2010 die
lewensverwagting 125 jaar sal wees en as jy nog so 20 jaar kan vasbyt tot
die jaar 2030 sal die lewensverwagtig 250 wees. Ek wonner of ek so oud wil
word.

Elaine
Re: Nog 'n maand is verby [boodskap #35098 is 'n antwoord op boodskap #35047] Di, 03 Oktober 2000 06:10 Na vorige boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ja Elaine, dis 'n lekker tyd van die jaar en toe het ons hier ook nog lekker
reën gehad gisteraand. Ek dink as 'n mens baie besig is dan vlieg die tyd
gewoonlik. Dis wanneer jy sit en niks doen nie wat tyd jou verveel. Gelukkig
verveel dit my nie en is my dae eintlik te kort vir alles wat ek wil doen. Jy is
nog jonk, moenie noual wonder oor ouderdom nie. Hy kom verseker en jy is daar
voor jy weet. Goeie raad is om jou gees jonk te hou dan is jy so jonk/oud soos
jy voel. Ek weet want ek pas dit toe. Nee, wat, glo nie ek wil rerig so oud word
nie, in elk geval nie in die hedendaagse nie.
En wanneer verjaar jy miskien???
In die diereryk is dit mos nou nesbou en paartyd. Dalk die dat jy so uitbundig
is
Groete
Christo.
NS. Het vergeet om te sê pasop ook vir sekere preserveermiddels soos veral
tartrazine wat algemeen gebruik word. Ek het nie eers so 'n probleem nie en die
goed tas my aan.

Elaine wrote:

> Is dit net ek of het September vir julle ook verby gevlieg? Ek's mal oor
> die lente, en al is dit juis nou die tyd vir hooikoors en goed is ek gek oor
> die gevoel wat ek kry wanneer die bome begin bot en die voëltjies weer
> lekker sing.
> Ek begin ook rondom hierdie tyd daai regte "christmas" gevoel kry, en ek
> begin uitsien na my verjaarsdag en - ag sommer baie lekker dinge lê voor,
> asook 'n lekker 3 week vakansie.
> Ek loop met 'n permanente smile op my gesig en my arme man kan nie met my
> huis hou nie (ek sal maar nie daarop ingaan nie).
> Nou wonder ek of dit waar is. Hulle sê hoe ouer 'n mens raak hoe gouer gaan
> die tyd om. Dis so waar, en dis jammer, want vandag geniet ek die lewe, en
> wil dit nie vreeslik graag baie gou verlaat nie. Die goeie (of slegte) nuus
> is dat experts nou glo dat as jy kan leef tot die jaar 2010 die
> lewensverwagting 125 jaar sal wees en as jy nog so 20 jaar kan vasbyt tot
> die jaar 2030 sal die lewensverwagtig 250 wees. Ek wonner of ek so oud wil
> word.
>
> Elaine
Vorige onderwerp: Re: Archives: September 29, 1900
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Planetêre Lughawe Inisiatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 18:28:24 MGT 2024