Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » HELP! Kaapstad verstik!
HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34210] Sa, 09 September 2000 09:24 na volgende boodskap
Bongoman  is tans af-lyn  Bongoman
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
Die regering het glo gedreig om die Caltex raffinadery te sluit.
Hoera. (Moenie asem ophou en wag dat iets gebeur nie... DOEN NOU IETS)

Intussen is daar bevind dat Kaapstad se lug verskeie giftige
chemikaliee bevat, en dat die vlakke hiervan soms hoër is as
in erg besoedelde plekke soos Sasolburg. Die volgende stowwe
is gevind:
Koolstof-disulfied - beskadig longe en voortplantingstelsel
Tetra-chloro-etaan - erge lewerskade
Tolueen - Kanker en beenmurgskade
2-Hexanoon - onomkeerbare skade aan sentrale senustelsel
En ook: Asetoon, Bensien, Metileen-chloried

Caltex het nie gehou by sy onderneming van 1994 waarin hy
besoedeling met 80% sou verminder nie.

Die bevindinge is bekend gemaak na 'n Durbanse organisasie,
Groundwork, lugmonsters na die VSA gestuur het vir toetse.

Caltex skuil agter die verskoning dat heersende winde die
besoedeling wegwaai. Maar op 'n windstil dag lê daar 'n
geelgroen laag op die stad, jou oë, neus en mond brand,
en almal hoes en proes sonder ophou.

DIS TYD DAT DIT NOU END KRY!

WAT JY KAN DOEN OM TE HELP.

Bombardeer Caltex ( http://www.caltex.co.za ) met jou
briewe en besware. Hulle tolvrye nommer is 0800 22 66 55
Die raffinadery se bestuurder is Mnr Paul Buley -
Kontaknommers:
Hoofkantoor: Tel (021) 403 7911 - Faks (021) 403 7508
Raffinadery: Tel (021) 508 3911 - Faks (021) 551 1975

Maak beswaar by jou plaaslike raadslid, parlementslid, ens.

Die departement verantwoordelik is Omgewingsake en Toerisme,
onder Min Valli Moosa en adj-min Joyce Mabhudafasi.
Die tel nommer is (012) 310 3911 en faks (012) 322 2682, en op die
web http://www.environment.gov.za

MAAK ANDER BEWUS HIERVAN.

Caltex (en sy ryk amerikaanse ouermaatskappy, Chevron), het geen reg
om ons omgewing te bederf en massiewe winste in hulle sakke te steek
nie. Hulle maak geen bydrae tot die geweldige mediese onkostes wat
hiermee saamgaan nie.

Ons konstitusie verskans die reg tot onbesoedelde omgewing. Hierdie
groot firma is besig om ons onder ons neuse te probeer verstik in
hulle gifgas.

BASTA! Loop snuif julle eie gif op!
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34211 is 'n antwoord op boodskap #34210] Sa, 09 September 2000 10:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[1]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[1]
Boodskappe: 15
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 09 Sep 2000 09:24:12 GMT, Nospa...@please.net (Brollox) wrote:

> Caltex skuil agter die verskoning dat heersende winde die
> besoedeling wegwaai. Maar op 'n windstil dag lê daar 'n
> geelgroen laag op die stad, jou oë, neus en mond brand,
> en almal hoes en proes sonder ophou.

Dit was oor die dekades mos maar die algemene verskoning in Kaapstad
vir alle besoedeling. San kom jy op 'n windstil dag oor De Waal Drive
en die stad le onder n swart kombers. Dit was in die jare 70. Lyk my
nie veel het verander nie.
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34215 is 'n antwoord op boodskap #34210] Sa, 09 September 2000 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Goeie punt.

Net een vraag?

As hulle Caltex toemaak ,waar moet die Weskaap sy petrol van kry?So ver ek
weet is Caltex die enigste raffinadery in die nabye omgewing en verskaf hy
petrol aan verskeie ander firmas in die omgewing
.
Hoeveel weksgeleenthede sal verloor word ?

Voor hy toegemaak word soos onlangs in die media berig was kan daar nie iets
anders gedoen word nie.

Reenen van Niekerk

Brollox skryf in boodskap news:39b9f9ff.83082386@news.mweb.co.za...
>
> Die regering het glo gedreig om die Caltex raffinadery te sluit.
> Hoera. (Moenie asem ophou en wag dat iets gebeur nie... DOEN NOU IETS)
>
> Intussen is daar bevind dat Kaapstad se lug verskeie giftige
> chemikaliee bevat, en dat die vlakke hiervan soms hoër is as
> in erg besoedelde plekke soos Sasolburg. Die volgende stowwe
> is gevind:
> Koolstof-disulfied - beskadig longe en voortplantingstelsel
> Tetra-chloro-etaan - erge lewerskade
> Tolueen - Kanker en beenmurgskade
> 2-Hexanoon - onomkeerbare skade aan sentrale senustelsel
> En ook: Asetoon, Bensien, Metileen-chloried
>
> Caltex het nie gehou by sy onderneming van 1994 waarin hy
> besoedeling met 80% sou verminder nie.
>
> Die bevindinge is bekend gemaak na 'n Durbanse organisasie,
> Groundwork, lugmonsters na die VSA gestuur het vir toetse.
>
> Caltex skuil agter die verskoning dat heersende winde die
> besoedeling wegwaai. Maar op 'n windstil dag lê daar 'n
> geelgroen laag op die stad, jou oë, neus en mond brand,
> en almal hoes en proes sonder ophou.
>
> DIS TYD DAT DIT NOU END KRY!
>
>
> WAT JY KAN DOEN OM TE HELP.
>
> Bombardeer Caltex ( http://www.caltex.co.za ) met jou
> briewe en besware. Hulle tolvrye nommer is 0800 22 66 55
> Die raffinadery se bestuurder is Mnr Paul Buley -
> Kontaknommers:
> Hoofkantoor: Tel (021) 403 7911 - Faks (021) 403 7508
> Raffinadery: Tel (021) 508 3911 - Faks (021) 551 1975
>
> Maak beswaar by jou plaaslike raadslid, parlementslid, ens.
>
> Die departement verantwoordelik is Omgewingsake en Toerisme,
> onder Min Valli Moosa en adj-min Joyce Mabhudafasi.
> Die tel nommer is (012) 310 3911 en faks (012) 322 2682, en op die
> web http://www.environment.gov.za
>
> MAAK ANDER BEWUS HIERVAN.
>
> Caltex (en sy ryk amerikaanse ouermaatskappy, Chevron), het geen reg
> om ons omgewing te bederf en massiewe winste in hulle sakke te steek
> nie. Hulle maak geen bydrae tot die geweldige mediese onkostes wat
> hiermee saamgaan nie.
>
> Ons konstitusie verskans die reg tot onbesoedelde omgewing. Hierdie
> groot firma is besig om ons onder ons neuse te probeer verstik in
> hulle gifgas.
>
> BASTA! Loop snuif julle eie gif op!
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34218 is 'n antwoord op boodskap #34215] Sa, 09 September 2000 16:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bongoman  is tans af-lyn  Bongoman
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 9 Sep 2000 16:04:35 +0200, "Reenen van Niekerk"
wrote:

> Goeie punt.
>
> Net een vraag?
>
> As hulle Caltex toemaak ,waar moet die Weskaap sy petrol van kry?So ver ek
> weet is Caltex die enigste raffinadery in die nabye omgewing en verskaf hy
> petrol aan verskeie ander firmas in die omgewing
> .
> Hoeveel weksgeleenthede sal verloor word ?
>
> Voor hy toegemaak word soos onlangs in die media berig was kan daar nie iets
> anders gedoen word nie.
>

Twak. Punt is dat hulle onderneem het om besoedeling te verminder,
en dan NIKS doen nie. Waarom? Die regering het klaarblyklik nie die
wil of begeerte om die wet toe te pas nie. Caltex/Chevron sal nie
in die VSA met sulke gifspuite wegkom nie. Die boetes is petieterig
en belaglik. Hulle weet dit al te goed.

Die petrolmaatskappye is min besorg oor 'n paar werksgeleenthede
en nog minder oor 'n hele stad wat stelselmatig in 'n gifhoop
verander. As die wins opraak, vat hulle eenvoudig hulle geld en trek,
en los ons met die gemors. Hulle maak geen bydrae tot die geweldige
geldelike las weens mediese koste wat hulle regstreeks veroorsaak,
en wat ons, die belastingbetaler, weer moet betaal nie.

Ek gee toe dat daar baie dokters en aptekers is wat hulle werk sal
verloor omdat hulle nie meer longkwale en ander siektes
soos verskeie soorte kanker sal hoef te bahandel nie.

As jy daarmee tevrede is om in jou eie agterplaas vergiftig te word,
oor jy kamma oor 'n paar werksgeleenthede bekommerd is, moet jy maar
'n kopdokter gaan soek. Gaan stap 'n bietjie in die kindersale by
die hospitaal rond en kyk hoe lyk kinders met asma, leukemie, kanker.
Als per lugpos en met komplimente van Caltex.

Ek, en nog derduisende Kapenaars, aanvaar dit glad nie. Ons vermoed
lank reeds dat daar groot fout is -- die lug is eenvoudig vrot. Nou
weet ons dit. En dit is nie ons bekwame regering of die groot
maatskappye wat die toetse loop doen het nie.

Opsaal! Ons ry maar eerder perd voor ons almal vrek! (Hoes, hoes...)
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34226 is 'n antwoord op boodskap #34218] Sa, 09 September 2000 21:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek se nie dat ons dit moet aanvar nie. My punt is dat ons niks gaan bereik
as hulle Caltex toe maak nie. Die punt is dat daar nooit genoegsame
wetgewing was nie en die wette wat daar was is nooit behoorlik toegepas nie.

Nog n punt wat ons moet onthou is toe Caltex gebou was ,was daar nie
woonburte naby gewees nie.

Ek stem saam dat daar baie kak in die lug gepomp word, en dan moet jy ook
nie die kunsmis fabriek oorkant vergeet nie want hy het net sulke kak in die
lug gepomp.

Die probleem kom jare aan.Daar was nooit behoorlik toesig gehou nie of die
staat het n blinde oog gegooi en nou sit ons met die probleem. Ek weet want
ek bly n paar kilometer van die plek af.

My punt is net gaan ons iets bereik deur Caltex te laat toemaak. Daar is
baie ander fabrieke in Kaapstad wat ook nie voldoen aan standaarde nie.

Reenen van Niekerk

Brollox skryf in boodskap news:39ba610f.2293219@news.mweb.co.za...
> On Sat, 9 Sep 2000 16:04:35 +0200, "Reenen van Niekerk"
> wrote:
>
>> Goeie punt.
>>
>> Net een vraag?
>>
>> As hulle Caltex toemaak ,waar moet die Weskaap sy petrol van kry?So ver ek
>> weet is Caltex die enigste raffinadery in die nabye omgewing en verskaf hy
>> petrol aan verskeie ander firmas in die omgewing
>> .
>> Hoeveel weksgeleenthede sal verloor word ?
>>
>> Voor hy toegemaak word soos onlangs in die media berig was kan daar nie iets
>> anders gedoen word nie.
>>
>
> Twak. Punt is dat hulle onderneem het om besoedeling te verminder,
> en dan NIKS doen nie. Waarom? Die regering het klaarblyklik nie die
> wil of begeerte om die wet toe te pas nie. Caltex/Chevron sal nie
> in die VSA met sulke gifspuite wegkom nie. Die boetes is petieterig
> en belaglik. Hulle weet dit al te goed.
>
> Die petrolmaatskappye is min besorg oor 'n paar werksgeleenthede
> en nog minder oor 'n hele stad wat stelselmatig in 'n gifhoop
> verander. As die wins opraak, vat hulle eenvoudig hulle geld en trek,
> en los ons met die gemors. Hulle maak geen bydrae tot die geweldige
> geldelike las weens mediese koste wat hulle regstreeks veroorsaak,
> en wat ons, die belastingbetaler, weer moet betaal nie.
>
> Ek gee toe dat daar baie dokters en aptekers is wat hulle werk sal
> verloor omdat hulle nie meer longkwale en ander siektes
> soos verskeie soorte kanker sal hoef te bahandel nie.
>
> As jy daarmee tevrede is om in jou eie agterplaas vergiftig te word,
> oor jy kamma oor 'n paar werksgeleenthede bekommerd is, moet jy maar
> 'n kopdokter gaan soek. Gaan stap 'n bietjie in die kindersale by
> die hospitaal rond en kyk hoe lyk kinders met asma, leukemie, kanker.
> Als per lugpos en met komplimente van Caltex.
>
> Ek, en nog derduisende Kapenaars, aanvaar dit glad nie. Ons vermoed
> lank reeds dat daar groot fout is -- die lug is eenvoudig vrot. Nou
> weet ons dit. En dit is nie ons bekwame regering of die groot
> maatskappye wat die toetse loop doen het nie.
>
> Opsaal! Ons ry maar eerder perd voor ons almal vrek! (Hoes, hoes...)
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34238 is 'n antwoord op boodskap #34210] So, 10 September 2000 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal graag wil hoor wanneer hierdie opname oor die giftige gasse in
Kaapstad gemaak is. Onlangse toetse in Sasolburg het gewys dat die fabriek
meer as 9x die toelaatbare hoeveelheid giftige gasse die lug inpomp. Die
dat ou mense van 60 ewe skielik sukkel met asma, en ek, toe ek nog daar
gebly het, soos klokslag twee keer 'n jaar bronchitis gekry het. Die ergste
is, en dit geld vir julle Caltex ook, waar gaan al daai mense wat daar werk
heen wanneer die fabrieke en raffinadery gesluit word? Maar ek wed jou al
hierdie "Green Peace" outjies het nog nooit daaraan gedink nie, en worry nie
daaroor nie.

Elaine

Brollox skryf in boodskap news:39b9f9ff.83082386@news.mweb.co.za...
>
> Die regering het glo gedreig om die Caltex raffinadery te sluit.
> Hoera. (Moenie asem ophou en wag dat iets gebeur nie... DOEN NOU IETS)
>
> Intussen is daar bevind dat Kaapstad se lug verskeie giftige
> chemikaliee bevat, en dat die vlakke hiervan soms hoër is as
> in erg besoedelde plekke soos Sasolburg. Die volgende stowwe
> is gevind:
> Koolstof-disulfied - beskadig longe en voortplantingstelsel
> Tetra-chloro-etaan - erge lewerskade
> Tolueen - Kanker en beenmurgskade
> 2-Hexanoon - onomkeerbare skade aan sentrale senustelsel
> En ook: Asetoon, Bensien, Metileen-chloried
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34243 is 'n antwoord op boodskap #34210] So, 10 September 2000 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Brollox skryf in boodskap news:39bc0df9.23040550@news.mweb.co.za...


> Ag nee wat, ek stem nie saam nie. Hulle kan dalk loop kanolsaad of
> sonneblomme plant vir natuurlike olie.
>
> Die ergste vir my is dat 'n paar misrabele werksgeleenthede (hoeveel
> nogal, in 'n grootliks outomatiese proses?) kamma swaarder weeg as
> baie ander mense se reg tot die lug wat ons inasem.
>
> Ons sal eerder niks daaraan doen nie en dit vir ons kinders los om die
>
> gemors te probeer opruim as dit eers te laat is?

Dan moet jy bietjie in Sasolburg kom kuier. Wat weet 'n ou wat nou al 20
jaar lank sweis tog nou van sonneblom olie af, of enige boerdery "for that
matter"? Ek sien hoe word die mense afgedank, en hoe hulle dan met niks sit
nie, en nie weet waar om van daar af te gaan nie. Jy werk tien teen een nie
in die Caltex raffinadery nie, die dat jy so maklik praat van fabrieke toe
maak en die mense dan maar kan gaan sonneblomme plant. Dis nie so maklik
nie. As iemand nou vir my moet sê alle rekenaars gaan van vandag af
vernietig word want dit vernietig die osoon laag, sit ek met 'n groot
probleem, want watse werk doen ek dan? Boer? (Ek kan nie) Maak tee (dit
sal my dood verveel), Neem Notas? (kan ook nie, want ek kan nie "short hand"
doen nie).
Jy sien dis nie so maklik om die ou se plek waar hy sy nering wat hy ken en
goed kan toepas sommer van hom weg te vat nie. Daar moet 'n ander oplossing
gevind word, sodat die mans en vrouens wat daar werk hulle "skills" nog
steeds kan toepas. En die dorpe om en waar die raffinadery geleë is, sal
ook doodgaan want dis tien teen een die hoof inkomste van die dorp, ek weet
dat dit so is in Sasolburg en omliggende areas, en die dorpies is reeds
besig om te kwyn wees afdankings. So dan sit almal in daai gebiede anyway
sonner 'n job.

En die lug wat jy inasem? Het jy al van 'n hoë plek oor 'n stad gaan
uitkyk? Die uitlaatgasse en rook wat oor die stad hang is amper net so erg
soos die gas en vrot goed wat die fabrieke uitspoeg, daar hang elke oggend
so lekker dik bruin kombers oor die hele Johannesburg, ek sien dit elke dag
wanneer ek werk toe gaan en daai gasse is net so giftig (dieselfde kombers
hang oor Sasolburg.) Moet ons nou ophou karre vervaardig ook?

Elaine
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34253 is 'n antwoord op boodskap #34226] So, 10 September 2000 16:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bongoman  is tans af-lyn  Bongoman
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 9 Sep 2000 23:43:24 +0200, "Reenen van Niekerk"
wrote:

>
> My punt is net gaan ons iets bereik deur Caltex te laat toemaak. Daar is
> baie ander fabrieke in Kaapstad wat ook nie voldoen aan standaarde nie.
>

Ek wil hulle nie permanent toe hê nie. Ek wil net hê hulle moet die
wet gehoorsaam soos ons almal dit behoort te gehoorsaam.

Tans is hulle nie veel beter as verbyry-moordenaars nie.
Mense sterf weens hulle doen, en veral weens hul late.

Dit wil lyk (uit die onlangse geskiedenis) of die openbare mening en
massa-aksie 'n groter kans het op sukses as die "korrekte" manier van
doen, naamlik 'n regsproses deur ons verantwoordelike amptenare.

Die spulle is oneffektief en onbewaam en het nou al jare gehad om
iets te doen aan die probleem. Niks gebeur nie. Wat bly oor om te
doen? Die taktiek van duisende klein vlooibytjies om die ou groot
beer te pla, en sy tyd en energie te mors, is al wat oorbly.

As daar mense is wat fisieke skade gely het aan hulle gesondheid, moet

siviele eise gebring word. Hoe groter, hoe beter. Sleep hulle na die
grondwethof toe -- artikel 24 van die handves van regte sê "almal het
die reg tot 'n omgewing wat nie skadelik tot hulle gesondheid is nie".

Is dit dan nie 'n blatante oortreding van hierdie artikel nie?

Die enigste plek waar hulle seer kan kry, is in hulle groot, vet,
stywe beursies. Die meeste van hulle slagoffers is ongelukkig
diegene wat nie eintlik hulself kan beskerm nie.
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34254 is 'n antwoord op boodskap #34210] So, 10 September 2000 16:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Kyk by die venster uit.
Daar is Tafelberg.
Vandag voel ek gelukkig - Ek haal vry asem.
Ek het 'n bom by Obz Kafee misgeloop
24 uur grasie vir my.

Kaapstad haal nog asem.

Werkende op Sondag in die Moederstad

Brollox skryf in boodskap news:39b9f9ff.83082386@news.mweb.co.za...
>
> Die regering het glo gedreig om die Caltex raffinadery te sluit.
> Hoera. (Moenie asem ophou en wag dat iets gebeur nie... DOEN NOU IETS)
>
> Intussen is daar bevind dat Kaapstad se lug verskeie giftige
> chemikaliee bevat, en dat die vlakke hiervan soms hoër is as
> in erg besoedelde plekke soos Sasolburg. Die volgende stowwe
> is gevind:
> Koolstof-disulfied - beskadig longe en voortplantingstelsel
> Tetra-chloro-etaan - erge lewerskade
> Tolueen - Kanker en beenmurgskade
> 2-Hexanoon - onomkeerbare skade aan sentrale senustelsel
> En ook: Asetoon, Bensien, Metileen-chloried
>
> Caltex het nie gehou by sy onderneming van 1994 waarin hy
> besoedeling met 80% sou verminder nie.
>
> Die bevindinge is bekend gemaak na 'n Durbanse organisasie,
> Groundwork, lugmonsters na die VSA gestuur het vir toetse.
>
> Caltex skuil agter die verskoning dat heersende winde die
> besoedeling wegwaai. Maar op 'n windstil dag lê daar 'n
> geelgroen laag op die stad, jou oë, neus en mond brand,
> en almal hoes en proes sonder ophou.
>
> DIS TYD DAT DIT NOU END KRY!
>
>
> WAT JY KAN DOEN OM TE HELP.
>
> Bombardeer Caltex ( http://www.caltex.co.za ) met jou
> briewe en besware. Hulle tolvrye nommer is 0800 22 66 55
> Die raffinadery se bestuurder is Mnr Paul Buley -
> Kontaknommers:
> Hoofkantoor: Tel (021) 403 7911 - Faks (021) 403 7508
> Raffinadery: Tel (021) 508 3911 - Faks (021) 551 1975
>
> Maak beswaar by jou plaaslike raadslid, parlementslid, ens.
>
> Die departement verantwoordelik is Omgewingsake en Toerisme,
> onder Min Valli Moosa en adj-min Joyce Mabhudafasi.
> Die tel nommer is (012) 310 3911 en faks (012) 322 2682, en op die
> web http://www.environment.gov.za
>
> MAAK ANDER BEWUS HIERVAN.
>
> Caltex (en sy ryk amerikaanse ouermaatskappy, Chevron), het geen reg
> om ons omgewing te bederf en massiewe winste in hulle sakke te steek
> nie. Hulle maak geen bydrae tot die geweldige mediese onkostes wat
> hiermee saamgaan nie.
>
> Ons konstitusie verskans die reg tot onbesoedelde omgewing. Hierdie
> groot firma is besig om ons onder ons neuse te probeer verstik in
> hulle gifgas.
>
> BASTA! Loop snuif julle eie gif op!
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34265 is 'n antwoord op boodskap #34238] So, 10 September 2000 22:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bongoman  is tans af-lyn  Bongoman
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 10 Sep 2000 15:03:55 +0200, "Elaine" wrote:

> Ek sal graag wil hoor wanneer hierdie opname oor die giftige gasse in
> Kaapstad gemaak is.

Dis onlangs ('n paar weke gelede) gedoen in die aanwesigheid van die
adj-min Joyce Mabudafasi. Die sg "emmer-toets" is ook in Durban
gedoen en word in die VSA ontleed.

> Onlangse toetse in Sasolburg het gewys dat die fabriek
> meer as 9x die toelaatbare hoeveelheid giftige gasse die lug inpomp. Die
> dat ou mense van 60 ewe skielik sukkel met asma, en ek, toe ek nog daar
> gebly het, soos klokslag twee keer 'n jaar bronchitis gekry het.

> Die ergste
> is, en dit geld vir julle Caltex ook, waar gaan al daai mense wat daar werk
> heen wanneer die fabrieke en raffinadery gesluit word? Maar ek wed jou al
> hierdie "Green Peace" outjies het nog nooit daaraan gedink nie, en worry nie
> daaroor nie.

Ag nee wat, ek stem nie saam nie. Hulle kan dalk loop kanolsaad of
sonneblomme plant vir natuurlike olie.

Die ergste vir my is dat 'n paar misrabele werksgeleenthede (hoeveel
nogal, in 'n grootliks outomatiese proses?) kamma swaarder weeg as
baie ander mense se reg tot die lug wat ons inasem.

Ons sal eerder niks daaraan doen nie en dit vir ons kinders los om die

gemors te probeer opruim as dit eers te laat is?
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34268 is 'n antwoord op boodskap #34210] So, 10 September 2000 23:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet hulle breek die wet, en soos ek gesê het moet daar 'n ander
oplossing wees sonder dat hulle summier toegemaak moet word. Al die
fabrieke breek die wet. Hoekom beboet die regering hulle dan nie?
Sasolburg was ook altyd 'n pragtige dorpie, maar nou begin die onderaardse
water are giftig word, die boere se beeste vrek en die visse in die rivier
vrek, die mielies en koring is omtrent suiwer gif (veral in vanderbijlpark,
reg langs ISCOR). Dis aaklig ek weet, maar is daar nie iets anders wat
gedoen kan word sonder om die 10 000 mense wat vir hulle werk te straf nie?
Want dis eindelik wie gestraf word op die einde van die dag as hulle die
fabrieke toemaak om hulle te "straf"

Brollox skryf in boodskap news:39bc8c8a.55446220@news.mweb.co.za...
> On Sun, 10 Sep 2000 15:52:29 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
> [knip]
>
> Ag, hemel.
>
> Lees nou mooi stadig.
>
> Caltex breek die wet.
>
> As ek en jy die wet breek, kom ons voor die hof en word gestraf.
>
> Caltex word nie gestraf nie.
>
> Caltex se misdaad is nie net om 'n ou klein tegniese oortreedinkie te
> begaan nie. Hulle doen dit willens en wetens.
>
> Caltex probeer vir my en jou vermoor. (En my ou pragtige klein
> dogtertjie ook.)
>
> Ek hou nie daarvan nie. Hou jy dalk daarvan?
>
> Ek wil net hê hulle moet by die wet hou.
>
> Is dit te veel gevra?
>
> --
>
>
>> Daar moet 'n ander oplossing
>> gevind word, sodat die mans en vrouens wat daar werk hulle "skills" nog
>> steeds kan toepas. En die dorpe om en waar die raffinadery geleë is, sal
>> ook doodgaan want dis tien teen een die hoof inkomste van die dorp, ek weet
>> dat dit so is in Sasolburg en omliggende areas, en die dorpies is reeds
>> besig om te kwyn wees afdankings. So dan sit almal in daai gebiede anyway
>> sonner 'n job.
>>
>> En die lug wat jy inasem? Het jy al van 'n hoë plek oor 'n stad gaan
>> uitkyk? Die uitlaatgasse en rook wat oor die stad hang is amper net so erg
>> soos die gas en vrot goed wat die fabrieke uitspoeg, daar hang elke oggend
>> so lekker dik bruin kombers oor die hele Johannesburg, ek sien dit elke dag
>> wanneer ek werk toe gaan en daai gasse is net so giftig (dieselfde kombers
>> hang oor Sasolburg.) Moet ons nou ophou karre vervaardig ook?
>>
>> Elaine
>>
>
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34269 is 'n antwoord op boodskap #34243] Ma, 11 September 2000 00:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis[2]  is tans af-lyn  Davie Davis[2]
Boodskappe: 133
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Slaap julle nie?

On Sun, 10 Sep 2000 15:52:29 +0200, "Elaine" wrote:

>
> Brollox wrote in message
> news:39bc0df9.23040550@news.mweb.co.za...
>
>
>> Ag nee wat, ek stem nie saam nie. Hulle kan dalk loop kanolsaad of
>> sonneblomme plant vir natuurlike olie.

>> Die ergste vir my is dat 'n paar misrabele werksgeleenthede (hoeveel
>> nogal, in 'n grootliks outomatiese proses?) kamma swaarder weeg as
>> baie ander mense se reg tot die lug wat ons inasem.

>> Ons sal eerder niks daaraan doen nie en dit vir ons kinders los om die

>> gemors te probeer opruim as dit eers te laat is?
>
> Dan moet jy bietjie in Sasolburg kom kuier. Wat weet 'n ou wat nou al 20
> jaar lank sweis tog nou van sonneblom olie af, of enige boerdery "for that
> matter"? Ek sien hoe word die mense afgedank, en hoe hulle dan met niks sit
> nie, en nie weet waar om van daar af te gaan nie. Jy werk tien teen een nie
> in die Caltex raffinadery nie, die dat jy so maklik praat van fabrieke toe
> maak en die mense dan maar kan gaan sonneblomme plant. Dis nie so maklik
> nie. As iemand nou vir my moet sê alle rekenaars gaan van vandag af
> vernietig word want dit vernietig die osoon laag, sit ek met 'n groot
> probleem, want watse werk doen ek dan? Boer? (Ek kan nie) Maak tee (dit
> sal my dood verveel), Neem Notas? (kan ook nie, want ek kan nie "short hand"
> doen nie).
> Jy sien dis nie so maklik om die ou se plek waar hy sy nering wat hy ken en
> goed kan toepas sommer van hom weg te vat nie. Daar moet 'n ander oplossing
> gevind word, sodat die mans en vrouens wat daar werk hulle "skills" nog
> steeds kan toepas. En die dorpe om en waar die raffinadery geleë is, sal
> ook doodgaan want dis tien teen een die hoof inkomste van die dorp, ek weet
> dat dit so is in Sasolburg en omliggende areas, en die dorpies is reeds
> besig om te kwyn wees afdankings. So dan sit almal in daai gebiede anyway
> sonner 'n job.
>
> En die lug wat jy inasem? Het jy al van 'n hoë plek oor 'n stad gaan
> uitkyk? Die uitlaatgasse en rook wat oor die stad hang is amper net so erg
> soos die gas en vrot goed wat die fabrieke uitspoeg, daar hang elke oggend
> so lekker dik bruin kombers oor die hele Johannesburg, ek sien dit elke dag
> wanneer ek werk toe gaan en daai gasse is net so giftig (dieselfde kombers
> hang oor Sasolburg.) Moet ons nou ophou karre vervaardig ook?
>
> Elaine
>
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34271 is 'n antwoord op boodskap #34269] Ma, 11 September 2000 05:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek wonder ok daai ding, Davie
Christo

Davie Davis wrote:

> Slaap julle nie?
>
> On Sun, 10 Sep 2000 15:52:29 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>>
>> Brollox wrote in message
>> news:39bc0df9.23040550@news.mweb.co.za...
>>
>>
>>> Ag nee wat, ek stem nie saam nie. Hulle kan dalk loop kanolsaad of
>>> sonneblomme plant vir natuurlike olie.
>
>>> Die ergste vir my is dat 'n paar misrabele werksgeleenthede (hoeveel
>>> nogal, in 'n grootliks outomatiese proses?) kamma swaarder weeg as
>>> baie ander mense se reg tot die lug wat ons inasem.
>
>>> Ons sal eerder niks daaraan doen nie en dit vir ons kinders los om die
>
>>> gemors te probeer opruim as dit eers te laat is?
>>
>> Dan moet jy bietjie in Sasolburg kom kuier. Wat weet 'n ou wat nou al 20
>> jaar lank sweis tog nou van sonneblom olie af, of enige boerdery "for that
>> matter"? Ek sien hoe word die mense afgedank, en hoe hulle dan met niks sit
>> nie, en nie weet waar om van daar af te gaan nie. Jy werk tien teen een nie
>> in die Caltex raffinadery nie, die dat jy so maklik praat van fabrieke toe
>> maak en die mense dan maar kan gaan sonneblomme plant. Dis nie so maklik
>> nie. As iemand nou vir my moet sê alle rekenaars gaan van vandag af
>> vernietig word want dit vernietig die osoon laag, sit ek met 'n groot
>> probleem, want watse werk doen ek dan? Boer? (Ek kan nie) Maak tee (dit
>> sal my dood verveel), Neem Notas? (kan ook nie, want ek kan nie "short hand"
>> doen nie).
>> Jy sien dis nie so maklik om die ou se plek waar hy sy nering wat hy ken en
>> goed kan toepas sommer van hom weg te vat nie. Daar moet 'n ander oplossing
>> gevind word, sodat die mans en vrouens wat daar werk hulle "skills" nog
>> steeds kan toepas. En die dorpe om en waar die raffinadery geleë is, sal
>> ook doodgaan want dis tien teen een die hoof inkomste van die dorp, ek weet
>> dat dit so is in Sasolburg en omliggende areas, en die dorpies is reeds
>> besig om te kwyn wees afdankings. So dan sit almal in daai gebiede anyway
>> sonner 'n job.
>>
>> En die lug wat jy inasem? Het jy al van 'n hoë plek oor 'n stad gaan
>> uitkyk? Die uitlaatgasse en rook wat oor die stad hang is amper net so erg
>> soos die gas en vrot goed wat die fabrieke uitspoeg, daar hang elke oggend
>> so lekker dik bruin kombers oor die hele Johannesburg, ek sien dit elke dag
>> wanneer ek werk toe gaan en daai gasse is net so giftig (dieselfde kombers
>> hang oor Sasolburg.) Moet ons nou ophou karre vervaardig ook?
>>
>> Elaine
>>
>>
>>
>>
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34272 is 'n antwoord op boodskap #34254] Ma, 11 September 2000 05:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Haai, jy het my nog laas "ge-eye" Doen jy nog so???????
Christo

KaapseKind wrote:

> Kyk by die venster uit.
> Daar is Tafelberg.
> Vandag voel ek gelukkig - Ek haal vry asem.
> Ek het 'n bom by Obz Kafee misgeloop
> 24 uur grasie vir my.
>
> Kaapstad haal nog asem.
>
> Werkende op Sondag in die Moederstad
>
> Brollox wrote in message
> news:39b9f9ff.83082386@news.mweb.co.za...
>>
>> Die regering het glo gedreig om die Caltex raffinadery te sluit.
>> Hoera. (Moenie asem ophou en wag dat iets gebeur nie... DOEN NOU IETS)
>>
>> Intussen is daar bevind dat Kaapstad se lug verskeie giftige
>> chemikaliee bevat, en dat die vlakke hiervan soms hoër is as
>> in erg besoedelde plekke soos Sasolburg. Die volgende stowwe
>> is gevind:
>> Koolstof-disulfied - beskadig longe en voortplantingstelsel
>> Tetra-chloro-etaan - erge lewerskade
>> Tolueen - Kanker en beenmurgskade
>> 2-Hexanoon - onomkeerbare skade aan sentrale senustelsel
>> En ook: Asetoon, Bensien, Metileen-chloried
>>
>> Caltex het nie gehou by sy onderneming van 1994 waarin hy
>> besoedeling met 80% sou verminder nie.
>>
>> Die bevindinge is bekend gemaak na 'n Durbanse organisasie,
>> Groundwork, lugmonsters na die VSA gestuur het vir toetse.
>>
>> Caltex skuil agter die verskoning dat heersende winde die
>> besoedeling wegwaai. Maar op 'n windstil dag lê daar 'n
>> geelgroen laag op die stad, jou oë, neus en mond brand,
>> en almal hoes en proes sonder ophou.
>>
>> DIS TYD DAT DIT NOU END KRY!
>>
>>
>> WAT JY KAN DOEN OM TE HELP.
>>
>> Bombardeer Caltex ( http://www.caltex.co.za ) met jou
>> briewe en besware. Hulle tolvrye nommer is 0800 22 66 55
>> Die raffinadery se bestuurder is Mnr Paul Buley -
>> Kontaknommers:
>> Hoofkantoor: Tel (021) 403 7911 - Faks (021) 403 7508
>> Raffinadery: Tel (021) 508 3911 - Faks (021) 551 1975
>>
>> Maak beswaar by jou plaaslike raadslid, parlementslid, ens.
>>
>> Die departement verantwoordelik is Omgewingsake en Toerisme,
>> onder Min Valli Moosa en adj-min Joyce Mabhudafasi.
>> Die tel nommer is (012) 310 3911 en faks (012) 322 2682, en op die
>> web http://www.environment.gov.za
>>
>> MAAK ANDER BEWUS HIERVAN.
>>
>> Caltex (en sy ryk amerikaanse ouermaatskappy, Chevron), het geen reg
>> om ons omgewing te bederf en massiewe winste in hulle sakke te steek
>> nie. Hulle maak geen bydrae tot die geweldige mediese onkostes wat
>> hiermee saamgaan nie.
>>
>> Ons konstitusie verskans die reg tot onbesoedelde omgewing. Hierdie
>> groot firma is besig om ons onder ons neuse te probeer verstik in
>> hulle gifgas.
>>
>> BASTA! Loop snuif julle eie gif op!
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34273 is 'n antwoord op boodskap #34243] Ma, 11 September 2000 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bongoman  is tans af-lyn  Bongoman
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 10 Sep 2000 15:52:29 +0200, "Elaine" wrote:

[knip]

Ag, hemel.

Lees nou mooi stadig.

Caltex breek die wet.

As ek en jy die wet breek, kom ons voor die hof en word gestraf.

Caltex word nie gestraf nie.

Caltex se misdaad is nie net om 'n ou klein tegniese oortreedinkie te
begaan nie. Hulle doen dit willens en wetens.

Caltex probeer vir my en jou vermoor. (En my ou pragtige klein
dogtertjie ook.)

Ek hou nie daarvan nie. Hou jy dalk daarvan?

Ek wil net hê hulle moet by die wet hou.

Is dit te veel gevra?

--

> Daar moet 'n ander oplossing
> gevind word, sodat die mans en vrouens wat daar werk hulle "skills" nog
> steeds kan toepas. En die dorpe om en waar die raffinadery geleë is, sal
> ook doodgaan want dis tien teen een die hoof inkomste van die dorp, ek weet
> dat dit so is in Sasolburg en omliggende areas, en die dorpies is reeds
> besig om te kwyn wees afdankings. So dan sit almal in daai gebiede anyway
> sonner 'n job.
>
> En die lug wat jy inasem? Het jy al van 'n hoë plek oor 'n stad gaan
> uitkyk? Die uitlaatgasse en rook wat oor die stad hang is amper net so erg
> soos die gas en vrot goed wat die fabrieke uitspoeg, daar hang elke oggend
> so lekker dik bruin kombers oor die hele Johannesburg, ek sien dit elke dag
> wanneer ek werk toe gaan en daai gasse is net so giftig (dieselfde kombers
> hang oor Sasolburg.) Moet ons nou ophou karre vervaardig ook?
>
> Elaine
>
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34277 is 'n antwoord op boodskap #34273] Ma, 11 September 2000 09:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ons stem met jou saam op die punt dat hulle die wet breek en dat daar nie
genoegsame wette is nie en dat die wette wat daar is nie reg toegepas word
nie.

Wat ons probeer se dat daar n ander oplossing gevind moet word as om Vir
Caltex toe te maak.

Wat dink jy gaan gebeur as hulle vir Caltex toemaak.
Jy praat dat ons nie verstaan wat jy probeer se nie ,nou antwoord net die
vraag. Dink jy dat dit beter gaan wees om Caltex toe te maak of om die
regering te druk om beter wetgewing in te stel en beter toe te pas?

Wat moet van die mense gebeur wat hulle werk gaan verloor?

Reenen van Niekerk

Brollox skryf in boodskap news:39bc8c8a.55446220@news.mweb.co.za...
> On Sun, 10 Sep 2000 15:52:29 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
> [knip]
>
> Ag, hemel.
>
> Lees nou mooi stadig.
>
> Caltex breek die wet.
>
> As ek en jy die wet breek, kom ons voor die hof en word gestraf.
>
> Caltex word nie gestraf nie.
>
> Caltex se misdaad is nie net om 'n ou klein tegniese oortreedinkie te
> begaan nie. Hulle doen dit willens en wetens.
>
> Caltex probeer vir my en jou vermoor. (En my ou pragtige klein
> dogtertjie ook.)
>
> Ek hou nie daarvan nie. Hou jy dalk daarvan?
>
> Ek wil net hê hulle moet by die wet hou.
>
> Is dit te veel gevra?
>
> --
>
>
>> Daar moet 'n ander oplossing
>> gevind word, sodat die mans en vrouens wat daar werk hulle "skills" nog
>> steeds kan toepas. En die dorpe om en waar die raffinadery geleë is, sal
>> ook doodgaan want dis tien teen een die hoof inkomste van die dorp, ek weet
>> dat dit so is in Sasolburg en omliggende areas, en die dorpies is reeds
>> besig om te kwyn wees afdankings. So dan sit almal in daai gebiede anyway
>> sonner 'n job.
>>
>> En die lug wat jy inasem? Het jy al van 'n hoë plek oor 'n stad gaan
>> uitkyk? Die uitlaatgasse en rook wat oor die stad hang is amper net so erg
>> soos die gas en vrot goed wat die fabrieke uitspoeg, daar hang elke oggend
>> so lekker dik bruin kombers oor die hele Johannesburg, ek sien dit elke dag
>> wanneer ek werk toe gaan en daai gasse is net so giftig (dieselfde kombers
>> hang oor Sasolburg.) Moet ons nou ophou karre vervaardig ook?
>>
>> Elaine
>>
>
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34278 is 'n antwoord op boodskap #34268] Ma, 11 September 2000 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nog n voorbeeld van n fabriek wat die omgewing besoedel is YSKOR. Dit gaan
sleg in die omgewing

Reenen van Niekerk

Elaine skryf in boodskap news:39bcacb9.0@news1.mweb.co.za...
> Ek weet hulle breek die wet, en soos ek gesê het moet daar 'n ander
> oplossing wees sonder dat hulle summier toegemaak moet word. Al die
> fabrieke breek die wet. Hoekom beboet die regering hulle dan nie?
> Sasolburg was ook altyd 'n pragtige dorpie, maar nou begin die onderaardse
> water are giftig word, die boere se beeste vrek en die visse in die rivier
> vrek, die mielies en koring is omtrent suiwer gif (veral in vanderbijlpark,
> reg langs ISCOR). Dis aaklig ek weet, maar is daar nie iets anders wat
> gedoen kan word sonder om die 10 000 mense wat vir hulle werk te straf nie?
> Want dis eindelik wie gestraf word op die einde van die dag as hulle die
> fabrieke toemaak om hulle te "straf"
>
>
> Brollox wrote in message
> news:39bc8c8a.55446220@news.mweb.co.za...
>> On Sun, 10 Sep 2000 15:52:29 +0200, "Elaine"
>> wrote:
>>
>> [knip]
>>
>> Ag, hemel.
>>
>> Lees nou mooi stadig.
>>
>> Caltex breek die wet.
>>
>> As ek en jy die wet breek, kom ons voor die hof en word gestraf.
>>
>> Caltex word nie gestraf nie.
>>
>> Caltex se misdaad is nie net om 'n ou klein tegniese oortreedinkie te
>> begaan nie. Hulle doen dit willens en wetens.
>>
>> Caltex probeer vir my en jou vermoor. (En my ou pragtige klein
>> dogtertjie ook.)
>>
>> Ek hou nie daarvan nie. Hou jy dalk daarvan?
>>
>> Ek wil net hê hulle moet by die wet hou.
>>
>> Is dit te veel gevra?
>>
>> --
>>
>>
>>> Daar moet 'n ander oplossing
>>> gevind word, sodat die mans en vrouens wat daar werk hulle "skills" nog
>>> steeds kan toepas. En die dorpe om en waar die raffinadery geleë is, sal
>>> ook doodgaan want dis tien teen een die hoof inkomste van die dorp, ek weet
>>> dat dit so is in Sasolburg en omliggende areas, en die dorpies is reeds
>>> besig om te kwyn wees afdankings. So dan sit almal in daai gebiede anyway
>>> sonner 'n job.
>>>
>>> En die lug wat jy inasem? Het jy al van 'n hoë plek oor 'n stad gaan
>>> uitkyk? Die uitlaatgasse en rook wat oor die stad hang is amper net so erg
>>> soos die gas en vrot goed wat die fabrieke uitspoeg, daar hang elke oggend
>>> so lekker dik bruin kombers oor die hele Johannesburg, ek sien dit elke dag
>>> wanneer ek werk toe gaan en daai gasse is net so giftig (dieselfde kombers
>>> hang oor Sasolburg.) Moet ons nou ophou karre vervaardig ook?
>>>
>>> Elaine
>>>
>>
>
Re: HELP! Kaapstad verstik! [boodskap #34279 is 'n antwoord op boodskap #34277] Ma, 11 September 2000 14:39 Na vorige boodskap
Bongoman  is tans af-lyn  Bongoman
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 11 Sep 2000 11:52:16 +0200, "Reenen van Niekerk"
wrote:

> Ons stem met jou saam op die punt dat hulle die wet breek en dat daar nie
> genoegsame wette is nie en dat die wette wat daar is nie reg toegepas word
> nie.

Daar is voldoende wetgewing, maar dit word glad nie toegepas nie.
Caltex ontken nie dat hulle die lug besoedel nie, maar maak die
besware af as irrelevant. Totdat die toetse bewys het wat in die
lug is, kon niemand eintlik weet wat aangaan nie.

Nou weet ons. Dis veel erger as wat enigiemand vermoed het.

> Wat ons probeer se dat daar n ander oplossing gevind moet word as om Vir
> Caltex toe te maak.

Presies. As Caltex se moedermaatskappy, Chevron, raffinaderye kan
opsit in die VSA wat aan hulle baie streng vereistes voldoen, hoekom
kan hulle nie dieselfde hier doen nie?

Hoekom dink hulle dis in die haak om ons hier te kom vergiftig?

> Wat dink jy gaan gebeur as hulle vir Caltex toemaak.

As Caltex toegemaak word, sal hulle baie vinnig hulle uitlaatgasse kom
skoonmaak.

> Wat moet van die mense gebeur wat hulle werk gaan verloor?

Wat dink jy gaan gebeur as misdadigers en moordenaars hulle "werk"
verloor? Dis tot voordeel van die hele gemeenskap!
Vorige onderwerp: Cult leader Moon's African Charity Scam
Volgende onderwerp: Padreëls.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 13:29:58 MGT 2024