Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » kinderprogramme
kinderprogramme [boodskap #33967] Vr, 01 September 2000 17:43 na volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wat dink julle deesdae van die kinderprogramme op die TV.

n Mens kry amper nie meer n ordentlike kinderprogram nie. Meeste van die
stories is van monsters. halfmens ,halfdier of ruimtestories met monsters
ens.Stap jy in n winkel in is al die karakters in pop vorm daar en kos dit n
prys van n huis.

Ek wil graag verneem of dit so in ander lande ook gaan siende meeste van ons
programme ingevoer word van Amerika of Europa.

Nog iets wat ek opmerk is dat jy hard moet soek om kinderstories in
Afrikaans te kry in boekwinkels. Dit lyk my daar word nie meer Afrikaanse
kinderboeke gedruk nie.

Reenen van Niekerk
Re: kinderprogramme [boodskap #33991 is 'n antwoord op boodskap #33967] Sa, 02 September 2000 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Reenen,

In Vlaandere kry jy "Jellabies" en die "Teletubbies", maar dan ook
"Kabouter Plop" wat grootmense toon in kabouterkostuums - hulle sing en
dans. Ek het nog nie regtig die program gekyk nie, maar dit lyk nogal oulik
vir klein kinders.
Vir iets ouer kinders het ons 'n spesiale sender wat van 4 nm tot 8 nm
uitsaai. Daar kry jy "Samson" 'n program met 'n hond wat praat en baie
Disney films. Daar's ook spelletjies en enkele dokumentêre (bv. vir vandag
is dit oor "slange"). Verder is daar nog buitelandse (o.a. Amerikaanse)
jeugseries - kan met regte mense wees of met poppe (bv. dinosauriërs).

In die winkels kan jy ook van daardie "monsters" koop - daardie stories is
gewoonlik in Japan gemaak. Op hierdie oomblik is die "Pokemon" pop baie
populêr.

Groete,
Hilda.

"Reenen van Niekerk" skryf in boodskap news:39afeb1c.0@news1.mweb.co.za...
> Wat dink julle deesdae van die kinderprogramme op die TV.
>
> n Mens kry amper nie meer n ordentlike kinderprogram nie. Meeste van die
> stories is van monsters. halfmens ,halfdier of ruimtestories met monsters
> ens.Stap jy in n winkel in is al die karakters in pop vorm daar en kos dit n
> prys van n huis.
>
> Ek wil graag verneem of dit so in ander lande ook gaan siende meeste van ons
> programme ingevoer word van Amerika of Europa.
>
> Nog iets wat ek opmerk is dat jy hard moet soek om kinderstories in
> Afrikaans te kry in boekwinkels. Dit lyk my daar word nie meer Afrikaanse
> kinderboeke gedruk nie.
>
> Reenen van Niekerk
>
Re: kinderprogramme [boodskap #33998 is 'n antwoord op boodskap #33967] Sa, 02 September 2000 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hein Paul  is tans af-lyn  Hein Paul
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:39afeb1c.0@news1.mweb.co.za...

Ja, soms weet ek ook nie of dit die regte "vermaak" vir kinders is nie. Daar
is seker maar kinderprogramme wat opvoedkundig is en ook goeie vermaak is,
maar in die algemeen sou ek sê daar is baie vermaak vir kinders ( alle
ouderdomme ) op RSG (Radio sonder grense) wat skoon en opbouend is. Dit leer
ook kinders om bietjie eie verbeelding te gebruik. ( www.rsg.co.za )

Storieboeke vir Afrikaanse lesers is nogal skaars ( nuwe boeke ), al ons
skrywers van vandag mik vir die "kassie" om 'n TV drama te skryf. As ons
ek ingesluit ) hulle nie meer ondersteun nie gaan hulle 'n ander "mark"
soek, nie waar ? ( Ek val nie aan nie, sê maar net. )

groete

Hein.
Re: kinderprogramme [boodskap #34027 is 'n antwoord op boodskap #33967] So, 03 September 2000 20:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
dot  is tans af-lyn  dot
Boodskappe: 20
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
jy praat van die tv programme van vandag... toe my kinders klein was het ek
gereeld vir hulle uit die grimm verhale gelees....... gonna is dit wrede
stories... al verskil tussen daardie stories en vandag se tv programme is
slegs dat hulle die stories meer hedendaags gemaak het .... en dat die
kinders beelde by die stories kan sien... wat van die slaapliedjie..
siembaba... draai sy nek om, trap op sy kop en dan is hy dood ... shame en
dit sing ons vir die babas om te slaap.......... en dan is ouma en oupa so
trots op jannie as hy die liedjie sing... nee wat geweld in kinderstories
kom van voor my en jou tyd af ...

ek stem wel met jou saam... oor die poppe ... iemand het 'n "gap" gesien en
buit ons as ouers verseker uit.... en hulle speel in elk geval baie
lekkerder met die verpakking waarin die pop kom as met die pop self.... maar
die teletubie poppe is so cute ... wens ek kon vir lala kry vir kersfees...
maar sy sal moet kan praat (praat van duur)

dottie

Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:39afeb1c.0@news1.mweb.co.za...
> Wat dink julle deesdae van die kinderprogramme op die TV.
>
> n Mens kry amper nie meer n ordentlike kinderprogram nie. Meeste van die
> stories is van monsters. halfmens ,halfdier of ruimtestories met monsters
> ens.Stap jy in n winkel in is al die karakters in pop vorm daar en kos dit n
> prys van n huis.
>
> Ek wil graag verneem of dit so in ander lande ook gaan siende meeste van ons
> programme ingevoer word van Amerika of Europa.
>
> Nog iets wat ek opmerk is dat jy hard moet soek om kinderstories in
> Afrikaans te kry in boekwinkels. Dit lyk my daar word nie meer Afrikaanse
> kinderboeke gedruk nie.
>
> Reenen van Niekerk
>
Re: kinderprogramme [boodskap #34029 is 'n antwoord op boodskap #33967] Ma, 04 September 2000 05:50 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En die feit dat satanisme menslike offers lewer, en geeste oproep en so aan,
dis nou heeltemal reg.
Weet jy waaroor gaan satanisme? Dis alles presies die teenoorgestelde wat
die bybel ons leer. Hulle glo daaraan dat jy moet doen wat vir jou lekker
is, en dan is dit reg so, maak nie saak wat die bybel sê nie. Gaan lees die
satanis se 10 gebooie, dis die bybel s'n omgekeerd. Waar ons leer "jy mag
nie moord pleeg nie" Leer die satanis "pleeg moord om "revenge" te kry,
pleeg moord as jy voel dis nodig, pleeg moord as jy lus voel om moord te
pleeg" Dis nou rof weg en kras gestel, maar dis waarop dit neerkom.
Moet nooit satanisme probeer goedpraat nie, anders kan jy net sowel jou
"oneway ticket" hel toe solank gaan bespreek.
Satanisme is 'n wrede sadistiese geloof, en almal wat dit navolg, en wat
hulle rituele bywoon, maak hulleself skuldig aan die saddisme (dink aan die
katte wat geslag word om hulle bloed te drink)
En ek het nie die stories wat ek ken (en ek kan jou belowe ek ken baie)
gelees in 'n boek of tydskrif nie, maar gehoor by 'n bekeerde satanis.

Elaine



>> Wat is verkeerd daarmee? Satanisma is nie 'n slegte geloof nie, dis net die
>> media wat daardie indruk skep. Ek ken 'n paar en hulle is goeie mense - nie
>> geweldadig nie. Dis stronk stories die!
>>
Vorige onderwerp: Ge Korsten Flieks
Volgende onderwerp: Film "The Guest"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 15:14:26 MGT 2024