Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wie wil tog kinders hê?
Re: Wie wil tog kinders hê? [boodskap #33864] Wo, 30 Augustus 2000 00:00
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die goggatjie gaan wel eendag jou vrou byt, as dit nie reeds het nie. Ek
het al vir my man gesê ek wil nie kinders hê nie, bloot omdat hy gesê het hy
wil nie kinders hê nie. Maar dink so daaraan, wat gaan jy doen as jy oud en
alleen is, en nie eers 'n kind het om te kom kuier nie? Dan gaan jy spyt
wees jy't nie kinders gehad terwyl jy kon nie. 4 kinders is miskien 'n
bietjie wild. Maar ek belowe jou dat twee kinders absoluut geen verskil sal
maak nie.
Jy's bloot selfsugtig en soek verskonings vir jou besluit.
God het ons opdrag gegee om vrugbaar te wees en voort te plant. So as jy
dit KAN doen, maar nie WIL nie, pleeg jy sonde.

Elaine

hotnotsgot skryf in boodskap news:_f2r5.7252$ci2.48895@zonnet-reader-1...
> ...en oor 'n paar jaar sal ons seker op hierdie nuusgroep lees hoe duur die
> skole geword het...
>
> Jammer, vir my GEEN kinders. Ek is te selfsugtig, en in ons huwelik is twee
> mense genoeg. Die mensdom is nou al soveel soos die sterre in die hemel. Die
> resources in die wêreld is nie meer genoeg vir die populasie nie, en ek gaan
> nie daartoe bydra om dit te vererger nie.
>
> Ek gaan nie agv my voortplantingsinstink vir die res van my lewe met die
> sorge van kinders sit nie.
>
> Of ek sal laat knip? Nee, ons geniet die morsigheid van seks te veel!!!
>
> Wil iemand asb die voordele van kinders hier uitstippel?
Re: Wie wil tog kinders hê? [boodskap #33866 is 'n antwoord op boodskap #33864] Wo, 30 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
hotnotsgot  is tans af-lyn  hotnotsgot
Boodskappe: 59
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Elaine

Wat jy sê maak baie sin. My vrou is sewe jaar jonger as ek, dus is daar nog
kans dat sy in die toekoms sal wil kinders hê. Ek, aan die ander kant is nou
oor die stadium. Glo dit as jy wil, daai gevoel gaan weer oor... Met vroue
veral is dit maar 'n geval van hoe die maan staan... Ons het in elk geval
die hele storie al bespreek en ons weet presies waar ons met mekaar staan.

Ek weet nie of al die sorge wat kinders mens gee, die kuier een keer per
jaar werd is nie...

Nee, ek hoef geen verskonings te soek nie... Dis 'n nugtere besluit. Ek
probeer ook niemand oortuig om nie kinders te hê nie.

Vir my is daar nie eintlik 'n verskil tussen twee of vier kinders nie. As jy
jou vryheid kwyt is, is dit te laat. Dit kos net meer geld... Enkel kinders
voel ek is 'n fout.

groete

Elaine schreef in berichtnieuws
39acbab3.0@news1.mweb.co.za...
> Die goggatjie gaan wel eendag jou vrou byt, as dit nie reeds het nie. Ek
> het al vir my man gesê ek wil nie kinders hê nie, bloot omdat hy gesê het hy
> wil nie kinders hê nie. Maar dink so daaraan, wat gaan jy doen as jy oud en
> alleen is, en nie eers 'n kind het om te kom kuier nie? Dan gaan jy spyt
> wees jy't nie kinders gehad terwyl jy kon nie. 4 kinders is miskien 'n
> bietjie wild. Maar ek belowe jou dat twee kinders absoluut geen verskil sal
> maak nie.
> Jy's bloot selfsugtig en soek verskonings vir jou besluit.
> God het ons opdrag gegee om vrugbaar te wees en voort te plant. So as jy
> dit KAN doen, maar nie WIL nie, pleeg jy sonde.
>
> Elaine
>
> hotnotsgot wrote in message
> news:_f2r5.7252$ci2.48895@zonnet-reader-1...
>> ...en oor 'n paar jaar sal ons seker op hierdie nuusgroep lees hoe duur
> die
>> skole geword het...
>>
>> Jammer, vir my GEEN kinders. Ek is te selfsugtig, en in ons huwelik is
> twee
>> mense genoeg. Die mensdom is nou al soveel soos die sterre in die hemel.
> Die
>> resources in die wêreld is nie meer genoeg vir die populasie nie, en ek
> gaan
>> nie daartoe bydra om dit te vererger nie.
>>
>> Ek gaan nie agv my voortplantingsinstink vir die res van my lewe met die
>> sorge van kinders sit nie.
>>
>> Of ek sal laat knip? Nee, ons geniet die morsigheid van seks te veel!!!
>>
>> Wil iemand asb die voordele van kinders hier uitstippel?
>
>
Re: Wie wil tog kinders hê? [boodskap #33867 is 'n antwoord op boodskap #33864] Wo, 30 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Aug 2000 08:57:11 +0200, "hotnotsgot" wrote:

> Wil iemand asb die voordele van kinders hier uitstippel?

Voor hulle tieners is, dink hulle jy is koel.
Nadat hulle tieners geword het, is hulle 'n reality check vir jou.
As hulle jou vra oor dinosaurusse, moet jy gaan oplees. So leer jy ook
die eerste keer van dinosaurusse (as jy van my geslag is).
Hulle vra jou oor jou verlede en lag oor die ou stories wat jy dan
vertel.
Dan vra hulle later dat jy dit weer vertel want hulle dink actually
dat dit rerig snaaks is.
Jy kan kies watter stories om vir hulle te lees as hulle klein is. So
dabble jy in die amper angswekkende mag om denkpatrone te help vorm.
Hulle leer jou later dat jy hulle nie eintlik baie kan beinvloed met
die stories nie. Dis nogal gerusstellend om dit agter te kom.
Dis wonderlik om te sien hoe iemand vir die eerste keer Catcher in the
Rye lees.
Dis net so wonderlik om te sien hoe 100 Years of Solitude hulle minds
gryp.
Dan lees hulle Wilfred Owen en jy sien die mag van goeie gedigte.

Jokes aside: Dis onmoontlik om die lewe met en die lewe somder
kinders te vergelyk.
Albei het 50% voordele en 50% nadele.

Daar is nie een wat "beter" of "slegter" as die ander een is nie.
Vorige onderwerp: Toekoms Advies vir: Verhoogde ontbranding stelsels Inisiatief
Volgende onderwerp: Re: Wonderwerk ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 19:32:14 MGT 2024