Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Man as HOOF...
Man as HOOF... [boodskap #33792] Di, 29 Augustus 2000 00:00
hotnotsgot  is tans af-lyn  hotnotsgot
Boodskappe: 59
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Hilda

As ek jou raad kan gee, aanvaar jou man as die hoof van die huis. Die Bybel
sê dit, en dit is regtig die resep vir 'n lang en gelukkige huwelik.

Dit beteken natuurlik nie dat jy sy slaaf is nie. NOOIT nie!

Dis julle women's lib wat die egskeidingshof vol hou...

...of is Gervaas een van die ruggraatlose vente wat bang is vir sy vrou?
(Hy's dan nie gelukkig getroud nie, al sê hy so...)

Hilda en Gervaas schreef in berichtnieuws
%1Jq5.141084$Ee.1214337@afrodite.telenet-ops.be...
> Reenen,
>
> Ek het net gedink dis snaaks dat Elaine skryf :
>> nie, maar dis so bestem dat die man ons HOOF sal wees Dit lyk vir my van 'n ander tyd - maar ek veronderstel dat sy dit ironies
> bedoel het.
>
> Groete uit Vlaandere,
>
> Hilda.
>
>
> "Reenen van Niekerk" schreef in bericht
> news:39ab571d.0@news1.mweb.co.za...
>> Jammer Gloudina
>>
>> Die vraag was vir haar bedoel.
>>
>> Reenen van Niekerk
>>
>> skryf in boodskap news:39AAE766.26C92861@home.com...
>>> Reenen van Niekerk wrote:
>>>
>>>> Elaine
>>>>
>>>>
>>>> Nou wonder ek hoekom jy n eeu te laat lewe. Sal graag wil sien wat
sy
>> bedoel
>>>> by die stelling.
>>>>
>>>
>>> Dis nou natuurlik Hilda daar in Belgie wat die
>>> observasie gemaak het, Reenen.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: Man as HOOF... [boodskap #33793 is 'n antwoord op boodskap #33792] Di, 29 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
hotnotsgot  is tans af-lyn  hotnotsgot
Boodskappe: 59
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Tog lekker as mens die gedeelte van die Bybel nie hoef na te kom nie...

In verband met ruggraat, ek het juis gesê NIE gelukkig NIE.

My vrou kom en gaan soos sy wil. Sy doen wat sy wil. Maar ek en sy weet dat
ek die finale sê het. Sy lag altyd en sê dat sy my net onder die indruk hou
dat ek die baas is!!! Ek's nog nie so lank getroud dat ek sal sê ons het 'n
modelhuwelik nie, maar dit gaan net beter in ons huwelik.

Daar's 'n storie dat die man die hoof is en die vrou die nek. Al 'n ou
uitdrukking, maar baie wys. Sy hou hom regop (en maak met hom wat sy wil!)

Groetjes

Hilda en Gervaas schreef:
>
> "hotnotsgot" schreef in bericht
> news:VcJq5.4877$ci2.42666@zonnet-reader-1...
>> Hilda
>>
>> As ek jou raad kan gee, aanvaar jou man as die hoof van die huis. Die
> Bybel
>> sê dit, en dit is regtig die resep vir 'n lang en gelukkige huwelik.
>>
>> Dit beteken natuurlik nie dat jy sy slaaf is nie. NOOIT nie!
>>
>> Dis julle women's lib wat die egskeidingshof vol hou...
>>
>> ...of is Gervaas een van die ruggraatlose vente wat bang is vir sy vrou?
>> (Hy's dan nie gelukkig getroud nie, al sê hy so...)
>>
>
> Ek's jammer, Hotnotsgot, maar ek kan nie aanneem dat jy regtig dink wat jy
> skryf nie. My man en ek is "maats" en ons oorlê saam voor ons 'n beslissing
> neem. Ek sou nooit getroud het as ek my man as my "hoof" moes aanvaard het
> nie. Ons is albei volwasse persone wat elk 'n brein het om onafhanklik te
> dink en nie benodig dat die een beslis hoe of wat die ander moet dink nie.
> As ek dit goed verstaan dan moet óf die man óf die vrou ruggraatloos wees om
> 'n gelukkige huwelik te hê ? Ag, man, dis baie lekkerder as ons maatjies
> is - en mekaar verstaan - en nooit iets aan die ander een opdring nie.
>
> Groete uit 'n sonnige Vlaandere.
>
> Hilda (as daar foute in "my" Afrikaans is, onthou ek is 'n Vlaming en het
> Afrikaans eers enkele jare gelede geleer).
>
Re: Man as HOOF... [boodskap #33805 is 'n antwoord op boodskap #33792] Di, 29 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En in dieselfde asme sê die bybel. Mans wees vir julle vrouens lief soos
wat julle vir God lief is. Aai dit moet moeilik wees. So - om dit kras te
stel - mag jy haar niks redeliks weier nie, want dan weier jy God (of so
iets). So as sy die verstand gekry het, en sy wil werk, kan jy haar dit tog
nie weier nie, want dis haar gawe en talent en sondig jy teen God as jy haar
so iets weier. Maar as sy wil begin "swing" (dis nou waar jy "partners
utiruil vir sexuele speletjies) dan kan jy haar wel weier.
Ouch skuus al die feministe

hotnotsgot wrote in message

As ek jou raad kan gee, aanvaar jou man as die hoof van die huis. Die Bybel
> sê dit, en dit is regtig die resep vir 'n lang en gelukkige huwelik.
>
> Dit beteken natuurlik nie dat jy sy slaaf is nie. NOOIT nie!
>
> Dis julle women's lib wat die egskeidingshof vol hou...
>
> ...of is Gervaas een van die ruggraatlose vente wat bang is vir sy vrou?
> (Hy's dan nie gelukkig getroud nie, al sê hy so...)
Re: Man as HOOF... [boodskap #33806 is 'n antwoord op boodskap #33792] Di, 29 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"hotnotsgot" skryf in boodskap news:VcJq5.4877$ci2.42666@zonnet-reader-1...
> Hilda
>
> As ek jou raad kan gee, aanvaar jou man as die hoof van die huis. Die Bybel
> sê dit, en dit is regtig die resep vir 'n lang en gelukkige huwelik.
>
> Dit beteken natuurlik nie dat jy sy slaaf is nie. NOOIT nie!
>
> Dis julle women's lib wat die egskeidingshof vol hou...
>
> ...of is Gervaas een van die ruggraatlose vente wat bang is vir sy vrou?
> (Hy's dan nie gelukkig getroud nie, al sê hy so...)
>

Ek's jammer, Hotnotsgot, maar ek kan nie aanneem dat jy regtig dink wat jy
skryf nie. My man en ek is "maats" en ons oorlê saam voor ons 'n beslissing
neem. Ek sou nooit getroud het as ek my man as my "hoof" moes aanvaard het
nie. Ons is albei volwasse persone wat elk 'n brein het om onafhanklik te
dink en nie benodig dat die een beslis hoe of wat die ander moet dink nie.
As ek dit goed verstaan dan moet óf die man óf die vrou ruggraatloos wees om
'n gelukkige huwelik te hê ? Ag, man, dis baie lekkerder as ons maatjies
is - en mekaar verstaan - en nooit iets aan die ander een opdring nie.

Groete uit 'n sonnige Vlaandere.

Hilda (as daar foute in "my" Afrikaans is, onthou ek is 'n Vlaming en het
Afrikaans eers enkele jare gelede geleer).
Vorige onderwerp: 10de's
Volgende onderwerp: Satan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 20:42:02 MGT 2024