Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Toekoms Advies vir: Ekonomiese Bloei Tydperk
Toekoms Advies vir: Ekonomiese Bloei Tydperk [boodskap #31554] Ma, 12 Junie 2000 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat
deel neem aan die Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms.
Veral vir die volgende: Deursettings vermoë en vasberadenheid.
Die menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staats
departmente en die Private Sektor, ten bate van miv+/vigs
navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet. Effektiewe
beleids bestuur aangaande die verskaffing van hulp bystand, en
brandstof pryse. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, en
elders op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag alle ondersteunende Politieke Partye in ons
Paradys, hulle onderskeie Leiers, en diegene wat ondersteuning
lewer vir groter Politieke Eenheid, gelukwens vir die super
sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die
Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir
die deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook vir die
effektiewe besluitneming aangaande die keuse van Politieke
Party. Veral vir aanbevole Politieke Partye, om hulle beginsels
te verhoog om lede van ander Politieke Partye in te sluit.
Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en
Suid Afrika Renaissance. Asook om die Regering van ons Paradys,
en elders op die Planeet te ondersteun om hulle doelwitte te
bereik. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed
van die Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet,
asemrowend te verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek
om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies
hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te
verander na vrye wil.

Wil graag voorstel om ontmoetings te verhoog met onderskeie
leiers en lede van Politieke Partye in die Parlement, en in
besluit neming strukture op ander vlakke in ons Paradys,
aangaande hulle keuse van Politieke Party. Asook, om
ondersteuning te verhoog om hierdie waardevolle proses af te
handel so spoedig moontlik.

Hoogstens aangeraai, om ondersteuning te verhoog aan enige lid
en/of leier wat hierdie proses probeer vertraag, indien enige,
vir watter rede ookal. Om die persoon aan te raai om
ondersteuning te verhoog in die verband, en/of om tydelik uit
die Politiek uit te tree. En om na die Politiek terug te keer,
'n paar maande na die groen lig, indien hy/sy wil.

Besluit neming kan ook verhoog word aangaande watter Politieke
Party om by aan te sluit - IFP/GP, ANC, DP, FA, MP, UCDP - en om
hierdie besluit uit te voer, in die nabye toekoms. En om hierdie
waardevolle proses verkieslik teen 30/6/2000 te voltooi, indien
enigsinds moontlik. Asook, om voordele in ag te neem teen die
einde van hierdie bydrae, na die groen lig gegee is, soos
aangevra is.

En om die volgende versoek te herhaal: Om in die voetstappe van
'n vorige wel beminde en hoogs respekteerde Staatspresident van
Suid Afrika, Mnr. FW de Klerk, te volg, en vinnig te beweeg.

'n Aankondiging d.m.v. die Media sal hoogstens waardeer word
wanneer hierdie proses afgehandel is. Asook om die aantal lede
in die Parlement van bg. Politieke Partye in te sluit, indien
moontlik. Afhangende van die keuse van Leiers van Politieke
Partye in die Parlement.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance
'n kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000. President
Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance herhaal
vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En dit
die sukses maak wat dit verdien om te wees.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge - na die
groen lig gegee is:
Groter politieke eenheid vir ondersteuning.
Minder Politieke Partye om te kies tydens stemmery.
Die beginsel en toepassing van onafhanklikheid en
inter-afhanklikheid kan asemrowend verhoog word.
Die ekonomie van lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem,
kan asemrowend stimuleer word.
Die ekonomie van ons Paradys kan asemrowend stimuleer word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong
vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Die volgende aansporings bonusse word verkies om gelewer te
word, indien bg. proses so spoedig moontlik afgehandel is -

1. Bron(ne) van groot som(me) geld beskikbaar, verkieslik om
aangewend te word vir miv+/vigs en mediese dienste, indien
hierdie proses afgehandel is / naby afhandeling, een maand van
hierdie bydrae.

2. Toekoms advies vir Dr. Ferdi Hartzenberg, miskien moontlik,
maar hoogs onwaarskynlik, ander lede van die KP, baseer op 'n
profesie wat aan die reisiger bekend gemaak is, vir verhoogde
ondersteuning in die verband. Hier word verys na 'n berig in
�Die Afrikaner� koerant, wat +- April/Mei 2000 verskyn het.

Wanneer die reisiger ondersteun word om suksesse in hierdie
verband te bereik, wen almal. Hou gouer, hoe beter.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal
vir een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en
Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Re: Toekoms Advies vir: Ekonomiese Bloei Tydperk [boodskap #31593 is 'n antwoord op boodskap #31554] Di, 13 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Die reisiger skryf...
> 1. Bron(ne) van groot som(me) geld beskikbaar, verkieslik om
> aangewend te word vir miv+/vigs en mediese dienste, indien
> hierdie proses afgehandel is / naby afhandeling, een maand van
> hierdie bydrae.

Voeg by...

Wat hier bedoel word, is fondse wat deur die apartheids Regering
gespaar is vir 'n reendag. Die reisiger wil hoogstens aanraai om
hierdie fondse in die SA ekonomie in te laat. As 'n bonus vir
groter samewerking tussen Politieke Partye. Die bron van bg.
fondse kan wel bekend wees aan sekere Politici in ons Paradys.

Vorige onderwerp: Advies vir: Sentrale Pensioen Fonds Inisiatief vir ons Paradys
Volgende onderwerp: KapitaalWins Belasting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:22:40 MGT 2024