Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » waarheidskommissie en ngkerk
waarheidskommissie en ngkerk [boodskap #7443] Do, 17 Oktober 1996 00:00 na volgende boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
wat dink julle van die besluit van die Stellenbosch Ring om 'n voorlegging
voor die Waarheids- en versoeningskommissie te maak? Ek dink dit het baie durf
gevat om op te staan as predikante in 'n kerk waarvan die gesagstrukture sulke
individuele dade dikwels onderdruk. Die betrokke predikante behoort geprys te
word, of ten minste vir hul dapperheid bewonder te word.
herman
Re: waarheidskommissie en ngkerk [boodskap #7477 is 'n antwoord op boodskap #7443] Ma, 21 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dr. Kock  is tans af-lyn  Dr. Kock
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek deel Herman se sentimente en wonder net wanneer die res van die kerk
ook tot insig sal kom.

> hwa...@burger.naspers.co.za (herman) wrote in article ...
> wat dink julle van die besluit van die Stellenbosch Ring om 'n voorlegging
> voor die Waarheids- en versoeningskommissie te maak? Ek dink dit het baie durf
> gevat om op te staan as predikante in 'n kerk waarvan die gesagstrukture sulke
> individuele dade dikwels onderdruk. Die betrokke predikante behoort geprys te
> word, of ten minste vir hul dapperheid bewonder te word.
> herman
>
Re: waarheidskommissie en NG kerk [boodskap #7494 is 'n antwoord op boodskap #7443] Di, 22 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Herman skryf:

> wat dink julle van die besluit van die Stellenbosch Ring om 'n voorlegging
> voor die Waarheids- en versoeningskommissie te maak? Ek dink dit het baie durf
> gevat om op te staan as predikante in 'n kerk waarvan die gesagstrukture sulke
> individuele dade dikwels onderdruk. Die betrokke predikante behoort geprys te
> word, of ten minste vir hul dapperheid bewonder te word.

Dit klink goed, maar kan jy my meer vertel ?
Wat wil hulle aan die kommisie vertel ?

Ek en 'n vriend was eenkeer baie kwaad oor die NG Kerk
nie kon besluit of hy vir of teen apartheid was nie.
(Die kerk was darem destyds vreeslik verkramp,
en dis ook nie te lank gelede nie).
Ons was toe studente op Stellenbosch,
en wou toe een saterdag-aand teen die
kerk se ringmuur gaan verf: BESLUIT NOU!

Ons het toe nie. Ek dink ons het verslaap. Studente darem!

Gelukkig is daar darem stadigaan 'n versoeningsbeweging op tou.
Vriendelike groete.
Re: waarheidskommissie en NG kerk [boodskap #7502 is 'n antwoord op boodskap #7494] Wo, 23 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , gal...@ibm.net

> Herman skryf:
>
>> wat dink julle van die besluit van die Stellenbosch Ring om 'n voorlegging
>> voor die Waarheids- en versoeningskommissie te maak?

Die aksie van die Stellenbosse Christene lig 'n
geweldige las af van mense soos ek, wat vir jare en
jare verwar was deur wat in Suid-Afrika aangegaan
het.Veral was dit moeilik om stadigaan, terwyl ek nog
in Suid-Afrika gebly het, te besef dat ek myself MOET
afsny van die kerk waarin ek gedoop en aangeneem is.
MOET afsny, omdat ek nie anders kon as om te besef
dat die N.G. Kerk Christus se leer verloën nie. En dit
het na hartbrekende situasies gelei. Eenkeer kom praat
die N.G. predikant van Amanzimtoti met my, waar ek
in 'n swart skool skoolhou, en vra hoekom ek nie na sy
kerk kom nie. Ek probeer nog verskonings maak - dat
ek na die plaaslike kerk gaan, dat ek nie 'n kar het nie.
('n Lam ekskuus, want meeste van die wit Afrikaanse
onderwysers het daarheen gegaan.) Toe vra hy my om
geldelike bydraes aan sy kerk te maak. Ek verklaar toe
dat ek nie my weg oop sien om die N.G. Kerk te onder-
steun nie, en alleen geld sal bydra as dit vir Sending-
doeleindes gebruik word. Hy vra my toe wat ek teen die
N.G. Kerk het. Teen daardie tyd huil ek toe al van die
hartseer, maar hy hou aan: wat hinder my? Toe ek hom
vertel hoe ek dit nie kan verduur dat wit en swart mense
nou aan teenoorgestelde kante moet staan in die saal vir
die oggendgodsdiens nie, toe sê hy ek moet met die
ouderling gaan praat as hierdie dinge my hinder. Die
ouderling was egter die hoof van die inrigting, spesiaal
deur Bantoe-onderwys gestuur om hulle beleide daar
uit te voer. (Die storie was dat hy die posisie gekry het
omdat hy vir die Verwoerd-kinders gebabysit het.)
So, vir my persoonlik het die aksie van die Stellen-
bosse Christene 'n geweldige verlossende funksie.
Veral omdat ek ook 'n Matie was, en wat in Stellenbosch
gebeur na aan my hart is. My verwarring oor Afrikaners
en die kerk waarin ek aangeneem is, is nou stadig besig
om te verdwyn.

Gloudina Bouwer
re: waarheidskommissie en ngkerk [boodskap #7509 is 'n antwoord op boodskap #7443] Do, 24 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
twee antwoorde: gloudina, ek stem saam met jou dat die belydenis 'n
verlossende funksie gehad het. vir baie mense was dit egter te laat - die
ngkerk het al so baie aansien en geloofwaardigheid in baie opsigte verloor,
dat hulle dit onder baie mense nie meer kan terugkry nie. veral nie as hul
versoeningsdade NOU NOG beperk is tot individuele aksies wat nie eenparig deur
die kerk ondersteun word nie.
japie: die hele basispremis van 'n kerk is dat daar sekere leiers is wat die
gemeentelede voorgaan, in prediking, kerkraadsbesluite, geldbesteding
ensovoorts. as die gemeentelede hulle leiding aanvaar wat bogenoemde sake
betref, soos hulle stilswyend doen deur lidmate van die kerk te bly, behoort
hulle ook belydenisse te aanvaar wat namens hulle gedoen is, soos die
stellenbosse predikante gedoen het.
herman
Re: waarheidskommissie en ngkerk [boodskap #7513 is 'n antwoord op boodskap #7443] Vr, 25 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan Grootenhuis  is tans af-lyn  Jan Grootenhuis
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
In , hwa...@burger.naspers.co.za (herman) writes:
> twee antwoorde: gloudina, ek stem saam met jou dat die belydenis 'n
> verlossende funksie gehad het. vir baie mense was dit egter te laat - die
> ngkerk het al so baie aansien en geloofwaardigheid in baie opsigte verloor,
> dat hulle dit onder baie mense nie meer kan terugkry nie. veral nie as hul
> versoeningsdade NOU NOG beperk is tot individuele aksies wat nie eenparig deur
> die kerk ondersteun word nie.
> japie: die hele basispremis van 'n kerk is dat daar sekere leiers is wat die
> gemeentelede voorgaan, in prediking, kerkraadsbesluite, geldbesteding
> ensovoorts. as die gemeentelede hulle leiding aanvaar wat bogenoemde sake
> betref, soos hulle stilswyend doen deur lidmate van die kerk te bly, behoort
> hulle ook belydenisse te aanvaar wat namens hulle gedoen is, soos die
> stellenbosse predikante gedoen het.
Dagse,
Hermen ek stem saam met jou redenasie. Wat 'n mens moet onthou is dat die
NGKerk wel in tweespalt was oor apartheid ensomeer. Om jou 'n voorbeeld te
gee die volgende: Iewers in Natal (ek vermoed pietermaritzburg) was daar twee
ng gemeentes,die een was die sappe en die ander die nat gemeente. {'n Meneer
Pietie de Klerk (voorsitter van vrystaatse volkspele in 1980 en
hopelik nie familie van fw) het my hiervan vertel.}
Daarom dink ek is sekere gemeentes seker (meer?) skuldig as ander. Ek is ook
van mening dat sulke tipes skuld meer persoonlik is - ek verstaan jou konsep
van "groepsonde". Indien 'n mens meer bybels daaroor wil nadink, sou ek se
dit is meer persoonlik. Die feit dat hulle die versoeningskommissie noem, wen
my nog. Die vraag is wie vra vir wie om versoening - en doen ons dit rerig met
'n bybelse gesindheid?

Groete

JB
Re: Waarheid [boodskap #31428 is 'n antwoord op boodskap #7443] Wo, 07 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Praat van gebreinspoel ...

So wanneer gaan julle 'n massa selfmoordpoging probeer - jy weet die EINDE
is naby...

Frikkie wrote in message ...
> Julle hoef my nie aan te val oor feite nie, want ek antwoord nie eens
> terug nie.
>
> Julle is grootgemaak en gebreinspoel soos puppets, so trek maar
> daardie mooi skoen aan sodat hy jou ook pas:
>
> Frikkie
>
> Gaan kyk self...
> Moet asseblief nie oor goed probeer argumenteer as jy net die een kant
> sien en ken nie....
>
>
>
>
> www.melvig.org\facts\jesus.html
> www.melvig.org\faq.html
>
Re: Waarheid [boodskap #31429 is 'n antwoord op boodskap #7443] Wo, 07 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Julle hoef my nie aan te val oor feite nie, want ek antwoord nie eens
> terug nie.

Jy kan nie. En dis nie feite nie.
Vorige onderwerp: Gereformeerde Huwelijksformulier (gevra)
Volgende onderwerp: Re: JESUS IS LORD
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 14:41:03 MGT 2024