Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Being a tommy
Being a tommy [boodskap #30621] Di, 16 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
b...  is tans af-lyn  b...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Cannot understand why these Afrikaans outjies all hate me for saying
what I feel, just as they do???
Bob
Re: Being a tommy [boodskap #30622 is 'n antwoord op boodskap #30621] Di, 16 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rag...  is tans af-lyn  rag...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
well tommy from another tommy just learn to live with it cos it aint
gonna change hard headed is the word!!!!!!!!! i speak from long
experience
Re: Being a tommy [boodskap #30623 is 'n antwoord op boodskap #30621] Di, 16 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Al verskil tussen jou en ons is dat ons hier wil bly en dit laat werk. Jy
wil kritiseer en weghardloop. Ek kan jou 'n weddenskap vat dat baie "tommies"
nie saam met jou sal stem nie.

As ons so sleg is en die land is so sleg hoekom sit jy dan nog hier.

Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:3920FDED.202AA58B@eskom.co.za...
> Cannot understand why these Afrikaans outjies all hate me for saying
> what I feel, just as they do???
> Bob
>
Re: Being a tommy [boodskap #30624 is 'n antwoord op boodskap #30621] Di, 16 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Aan Nanhekha

Jy het 'n e-mail aan my gestuur sonder adres.

Om jou vraag te beantwoord : Ek is nie van Nederland nie maar bly in
Kaapstad in Suid Afrika

Reenen van Niekerk

Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:3921287a.0@news1.mweb.co.za...
> Al verskil tussen jou en ons is dat ons hier wil bly en dit laat werk. Jy
> wil kritiseer en weghardloop. Ek kan jou n weddenskap vat dat baie "tommies"
> nie saam met jou sal stem nie.
>
> As ons so sleg is en die land is so sleg hoekom sit jy dan nog hier.
>
> Reenen van Niekerk
> skryf in boodskap news:3920FDED.202AA58B@eskom.co.za...
>> Cannot understand why these Afrikaans outjies all hate me for saying
>> what I feel, just as they do???
>> Bob

Re: Being a tommy [boodskap #30654 is 'n antwoord op boodskap #30621] Wo, 17 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

b...@eskom.co.za wrote:

> Thanks for the support my friend. I truly believe that these so- called
> Boertjies that are posting on this newsgroup, or the majority of them
> anyway, think that they are a gift to this country. What they seem to
> forget is that it is possible that the blood of the "Kakies" as the
> English are called also run in their veins. Who knows what happened in
> some families years ago as far as marriages etc is concerned. Maybe some
> of these guys are swearing at their own ancesters. Some food for thought?
>
> Bob
>

Wel, vriend Bob, ek dink dit het nou tyd
geword dat jy bietjie in Afrikaans (of enige
ander taal behalwe Engels) op hierdie
nuusgroep skryf. Daar is, tog, 'n Engelse
nuusgroep vir die wat in Engels wil skryf.
As ek na meer as dertig jaar buite SA nog
Afrikaans hier kan skryf, kan jy ook. Veral
as jy skryf vanaf "eskom" wat, neem ek aan,
'n regerings-onderneming is.

Tant Hessie van die Derde Taalbeweging
Re: Being a tommy [boodskap #30655 is 'n antwoord op boodskap #30621] Wo, 17 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gary Bartholomew wrote:

> dan sal een van die
> basiese foute wees dat ons nie van die begin af werklik geskep het aan 'n
> eie, inheemse werklikheid nie. Die hele pad loop krom,

> die krom
> draaie wat deur die geykte (?) geskiedenis van die speelgoedmaker
> geskiedenisskeppers gaan.

Jy praat 'n waar woord. Omdat sekeres hulle as apart
gaan sien het, het ons in die fantastiese wereld van die
speelgoedmaker-geskiedskrywers geleef en nie in 'n inheemse
werklikheid nie. Sommige het wel hierdie inheemse werklikheid
gevind maar is deur die speelgoedmaker-geskiedskrywers
uitgeskuif na die grense van hul gemeenskap.

Die Ruiter in die Nag
Re: Being a tommy [boodskap #30656 is 'n antwoord op boodskap #30621] Wo, 17 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gary Bartholomew wrote:

> Jare en lang, bitter jare word daar deur
> die vredemakers en lewe-skeppers gewerk aan 'n menswees tussen die vyande
> van honderd jaar verlede, en nou wil 'n paar mense die hele ding van voor af
> stukkend maak. Nie weer nie. Dink dit in jou gedagtes in elke dag. Nooit
> weer nie. Daar is nog te veel duiwe eiers in die skraal ou taknessie om te
> versorg vir toekomshoop, om nou die ou doodskis met sy fatale speelgoed in
> weer op te grou. En die wat nou daar weer 'n keer wil gaan sit en speel?
> Laat hulle daar in hul verledige ellendeland alleen bly.

Dankie, Gary.

Gloudina
Re: Being a tommy [boodskap #30657 is 'n antwoord op boodskap #30621] Wo, 17 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gary Bartholomew wrote:

> In
> hierdie land is dit 'n les wat ons heel vroër in die geskiedenis moes geleer
> het, en as ons dit geleer het dan was daar minder trane en minder huilkuile
> in hierdie land van ons gewees as wat daar was.
>
>

Dankie, Gary. Ek sien in jou 'n ware Suid-Afrikaner.

Gloudina
Re: Being a tommy [boodskap #30658 is 'n antwoord op boodskap #30621] Wo, 17 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie ons'geid en jou'geid is stukkende ou speelgoed uit die ou politieke
speelkas van oupas en oumagroeitjies wat die pad na die lig verloor het. En
as mens verder en nog verder steeds daar terug in die donker tonnel van die
verlede kruip dan krap ons in nog trommels vol sulke politieke speelgoed.
En, snaaks, die goed wat nog steeds polities gesmous word as eie hoort nooit
aan ons, inheems, as mens deur die verlede na plekke van oorsprong reis. Dis
alles ingevoer en bietjie aangepas, en elke keer as dit die eerste keer nou
weer uitgehaal word, dan is die eerste hande wat besit daarvan weer vat dan
weer bedriërshande, met die een hand wat kleingoed gee, en die agterrug hand
wat groot goed vat en wegsteek.

As mens fout in die hele storie wil soek (en niks het tot nou toe gewerk
nie, so daar moet dan êrens fout of foute wees, of hoe?) dan sal een van die
basiese foute wees dat ons nie van die begin af werklik geskep het aan 'n
eie, inheemse werklikheid nie. Die hele pad loop krom, nie net die krom
draaie wat deur die geykte (?) geskiedenis van die speelgoedmaker
geskiedenisskeppers, in die verskeie ministeries van geskiendenis wat ons
pad kromgedraai het, uitgewys het in hul krom skeppings nie.

En deel van die vernietiging van die toekoms wat ons nou in leef en probeer
om reg te stel - 'n groot deel, en 'n marteling van die dieper waarheid oor
jare se sleep- is hierdie saak van die geskepte ons'gede en jou'gede wat die
bloedgieters met hul "bobbejane" aan gedraai het, en geskeur het.

En wat is die eenvoudige diepste vlak van die waarheid van "ons"? Op die
diepe vlak is daar net ek, en jy en ons. Daar bestaan g'n "julle" nie.
Dieselfde rooi bloed loop in ons are totdat een van ons nou weer 'n slag die
geofferde handgrenaat met pen uit aanvaar, en dan loop dieselfde rooi bloed
uit om die rooi grond nog rooier te maak. Op 'n laer vlak van waarheid is
dit wel so dat daar hier in hierdie groep ook wel oa. souties en boertjies
in hulle ons-en-julle'geid, maar dis 'n *laer* vlak van waarheid. Dit staan
nie gelyk aan ons almal se menswees, en ons elkeen se menswees, nie. In
hierdie land is dit 'n les wat ons heel vroeër in die geskiedenis moes geleer
het, en as ons dit geleer het dan was daar minder trane en minder huilkuile
in hierdie land van ons gewees as wat daar was.

Maar wat daarvan? Mens kan nie die verlede herstel nie. Mens kan net aan
vandag 'n houvas kry; môre se perd het nog nie die lyn gehaal nie, en hy
haal hom nooit nie. Sit daai handgrenaat terug in die speelgoedkas. As dit
gister se kinders uitmekaar uit geblaas het, dan moet jy seker weet dat dit
ook vandag s'n in die gevaar stel. Jare en lang, bitter jare word daar deur
die vredemakers en lewe-skeppers gewerk aan 'n menswees tussen die vyande
van honderd jaar verlede, en nou wil 'n paar mense die hele ding van voor af
stukkend maak. Nie weer nie. Dink dit in jou gedagtes in elke dag. Nooit
weer nie. Daar is nog te veel duiwe eiers in die skraal ou taknessie om te
versorg vir toekomshoop, om nou die ou doodskis met sy fatale speelgoed in
weer op te grou. En die wat nou daar weer 'n keer wil gaan sit en speel?
Laat hulle daar in hul verledige ellendeland alleen bly. Dis trektyd, nie
stilsittyd of bergafvaltyd nie.

Reenen, as julle so sleg was, dan sou ek al lankal 'n ander tiepe trek
gemaak.
Reenen van Niekerk wrote in message
news:3921287a.0@news1.mweb.co.za...
> Al varskil tussen jou en ons is dat ons hier wil bly en dit laat werk. Jy
> wil kritiseer en weghardloop. Ek kan jou n weddenskap vat dat baie "tommies"
> nie saam met jou sal stem nie.
>
> As ons so sleg is en die land is so sleg hoekom sit jy dan nog hier.
>
> Reenen van Niekerk
> skryf in boodskap news:3920FDED.202AA58B@eskom.co.za...
>> Cannot understand why these Afrikaans outjies all hate me for saying
>> what I feel, just as they do???
>> Bob

Re: Being a tommy [boodskap #30702 is 'n antwoord op boodskap #30621] Do, 18 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
b...  is tans af-lyn  b...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ok here goes. Ek verstaan nie of jy male or female is maar hoekom praat jy
omdat jy lewe nie in die land vir 30 jare en ek lewe hier nou.Miskien jy wil
funny wees?
Bob

@home.com wrote:
Wel, vriend Bob, ek dink dit het nou tyd
geword dat jy bietjie in Afrikaans (of enige

> ander taal behalwe Engels) op hierdie
> nuusgroep skryf. Daar is, tog, 'n Engelse
> nuusgroep vir die wat in Engels wil skryf.
> As ek na meer as dertig jaar buite SA nog
> Afrikaans hier kan skryf, kan jy ook. Veral
> as jy skryf vanaf "eskom" wat, neem ek aan,
> 'n regerings-onderneming is.
>
> Tant Hessie van die Derde Taalbeweging
Re: Being a tommy [boodskap #30703 is 'n antwoord op boodskap #30621] Do, 18 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3922D49D.CEBC74AD@home.com...
>
>
> Gary Bartholomew wrote:
>
>> dan sal een van die
>> basiese foute wees dat ons nie van die begin af werklik geskep het aan 'n
>> eie, inheemse werklikheid nie. Die hele pad loop krom,
>
>> die krom
>> draaie wat deur die geykte (?) geskiedenis van die speelgoedmaker
>> geskiedenisskeppers gaan.
>
> Jy praat 'n waar woord. Omdat sekeres hulle as apart
> gaan sien het, het ons in die fantastiese wereld van die
> speelgoedmaker-geskiedskrywers geleef en nie in 'n inheemse
> werklikheid nie. Sommige het wel hierdie inheemse werklikheid
> gevind maar is deur die speelgoedmaker-geskiedskrywers
> uitgeskuif na die grense van hul gemeenskap.
>
> Die Ruiter in die Nag
>
En Tannie voeg nog belangrike uitgelate ware woorde nog by. Dankie daarvoor.
En dankie vir die saamstaan as mens, ook.

'n Mens.
Re: Being a tommy [boodskap #30704 is 'n antwoord op boodskap #30621] Do, 18 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

b...@eskom.co.za wrote:

> Ok here goes. Ek verstaan nie of jy male or female is maar hoekom praat jy
> omdat jy lewe nie in die land vir 30 jare en ek lewe hier nou.Miskien jy wil
> funny wees?

Nee Bob, ek wil nie snaaks wees nie. In
'n Afrikaanse nuusgroep moet jy liewer
Afrikaans praat. Anders moet jy na die
Engelse nuusgroep gaan.

Die tannie (dus vroulik) van die Derde Afrikaanse
Taalbeweging. (Third Movement for the Propagation
of Afrikaans.)
Re: Being a tommy [boodskap #30705 is 'n antwoord op boodskap #30621] Do, 18 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Daar MOET ek saam met jou stem. Jy praat beter Afrikaans as mense wat jare
hier woon of somtyds hier gebore is. Maar van hulle dink as hy in Engels kan
praat hy beter is as mense wat afrikaans praat.

Terloops jy was stil die laaste paar dae

Reenen van Niekerk

skryf in boodskap news:39238474.B59A2606@eskom.co.za...
> Ok here goes. Ek verstaan nie of jy male or female is maar hoekom praat jy
> omdat jy lewe nie in die land vir 30 jare en ek lewe hier nou.Miskien jy wil
> funny wees?
> Bob
>
> @home.com wrote:
> Wel, vriend Bob, ek dink dit het nou tyd
> geword dat jy bietjie in Afrikaans (of enige
>
>> ander taal behalwe Engels) op hierdie
>> nuusgroep skryf. Daar is, tog, 'n Engelse
>> nuusgroep vir die wat in Engels wil skryf.
>> As ek na meer as dertig jaar buite SA nog
>> Afrikaans hier kan skryf, kan jy ook. Veral
>> as jy skryf vanaf "eskom" wat, neem ek aan,
>> 'n regerings-onderneming is.
>>
>> Tant Hessie van die Derde Taalbeweging
>
Re: Being a tommy [boodskap #30789 is 'n antwoord op boodskap #30621] Ma, 22 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

JY is een van die wat JA gestem het vir die stigting van hierdie NG. In die
charter staan duidelik dat ENIGE taal hier gebruik kan word - so hou tog op
skoor soek.

Dries Venter

@home.com wrote in message ...
> b...@eskom.co.za wrote:
>
>> Ok here goes. Ek verstaan nie of jy male or female is maar hoekom praat jy
>> omdat jy lewe nie in die land vir 30 jare en ek lewe hier nou.Miskien jy wil
>> funny wees?
>
> Nee Bob, ek wil nie snaaks wees nie. In
> 'n Afrikaanse nuusgroep moet jy liewer
> Afrikaans praat. Anders moet jy na die
> Engelse nuusgroep gaan.
>
> Die tannie (dus vroulik) van die Derde Afrikaanse
> Taalbeweging. (Third Movement for the Propagation
> of Afrikaans.)
>
Vorige onderwerp: Re: Dutchmen, Boers and other undesirables
Volgende onderwerp: Kinders in SA "kaalpoot"?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:10:50 MGT 2024