Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Great lyne
Great lyne [boodskap #30288] Ma, 01 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Van die beste sinne wat ek nog gelees het. Dit bly by my. Nou vir lank
al. Uit Joseph Conrad se Heart of Darkness.

Dis net voor die hoofkarakter in die Kongo aankom. Op 'n boot. Hulle
seil langs die kus van Afrika af.
In n stadium kom hulle hierop af:

"Once, I remember, we came upon a man-of-war
anchored off the coast. There wasn't even a shed there,
and she was shelling the bush. It appears the French had
one of their wars going on thereabouts. Her ensign
dropped limp like a rag; the muzzles of the long six-inch
guns stuck out all over the low hull; the greasy, slimy
swell swung her up lazily and let her down, swaying her
thin masts."

En dan die sin:

" In the empty immensity of earth, sky, and
water, there she was, incomprehensible, firing into a con-
tinent. "
Re: Great lyne [boodskap #30289 is 'n antwoord op boodskap #30288] Ma, 01 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling)

> Van die beste sinne wat ek nog gelees het. Dit bly by my. Nou vir lank
> al. Uit Joseph Conrad se Heart of Darkness.

Wat my ook altyd bybly (watter lieflike woordjie - bybly) is nie net dat Engels
Conrad se derde taal was nie, maar dat hy dit eers in sy twintigerjare geleer
het. Daar is miskien tog nog hoop vir ons lesser mortals.
Re: Great lyne [boodskap #30305 is 'n antwoord op boodskap #30288] Di, 02 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3915978f.10938846@news.icon.co.za...
>
>
> " In the empty immensity of earth, sky, and
> water, there she was, incomprehensible, firing into a con-
> tinent. "
>
Goeie ide�, Ferdi. Het jy nog van die great lyne? Ek moet kopkrap en sien of
ek van die goed kan opspoor, en dis miskien goeie raad vir ons almal.

Ek het nie besef dat ek die lyn onthou het totdat dit daar gestaan het.
Selfs die van ons met sifdraadbreine vol roes en gate bêre êrens die lyne
wat die volheid van 'n digte oomblik in 'n paar woorde saampers- amper soos
'n zip file?
Vorige onderwerp: literatuur in Meander
Volgende onderwerp: Re: Samuel Murray gaan Johannesburg toe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:00:50 MGT 2024