Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige!
Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30104 is 'n antwoord op boodskap #30118] Ma, 24 April 2000 00:00 na volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek het uiteindelik ook toe Nuusgroepe ontdek.
Nou soek ek 'n tuiste.
My instink vertel my dat die een met Afrikaans in die beskrywing behoort te
werk.

Ek sou graag wou verneem of dit die moeite werd is om rond te hang.
Natuurlik sal talle hier my aansê om self te ontdek, maar daar is min dinge
wat my oortuig soos "word-of-mouth" tweedehandse uitsprake. Wat kan ek leer
uit julle ondervinding(s)? Wat is die moets en moenies? (Ek het klaar
redelik gou agtergekom dat hierdie 'n speel/mynveld vir twee kerngroepe is
wat beide haat om bloot as links/regs geklassifiseer te word - wie haat dit
nié?)

Dit lyk na my soort Nuusgroep - nié oor die ooglopende persoonlike aanvalle
of die swak-gekose krutaal nie, óók nie oor 'n paar lomp argumente wat meer
emosie as intellek is nie, maar oor die vryheid van die taal. Noem dit die
dinamika van die woord, die uitspoel van uitsprake. Die lewe in die woord.
Die gedagtes van andersdenkendes wat my skaam of kwaad of moedeloos
agterlaat as dit op papier verskyn. Arrogant-skaam dat ek 'n taal en kultuur
deel met iemand wat sê kan dink. Maar feit bly staan, die taal lewe vir my
en hom/haar! Dit wek emosie in my en vonk my denke - irrasioneel 'n logies.
(Wie weet, miskien juis as gevolg van al die emosie-belaaide onderwerpe).

Ek sou graag 'n webbladsy wou sien waar al die gereelde Nuusgroepeerders (in
die lyn van kampeerders) gelys is - 'n soort van 'n erelys waar ek kan sien
waar jy vandaan kom en wat jou "current status" is. Lyk my soms asof als wat
van 'n ander hier geleer word, vanuit persepsies ontstaan. Dit sal soveel
tyd spaar as ek 'n paar gesigte kon sien en weet wie boer met duiwe en wie
is 'n professor in letterkunde. Veral sal ek wil weet hoeveel emigrante hier
is en wat die NG vir hulle beteken. My eie gesig is maar "ordinêr" (soos
Ouma altyd gesê het): 'n Jong (31jarige) dosent in Opvoedkunde wat tans aan
'n AngloAmerican-projek werk om entrepreneurskap in Kaapse skole te
bevorder - en binnekort in NoordWes. Hoë intellek, maar goeie skoot emosie.
My passie is om die help om die land te laat werk - op meer as een manier!
Voordat dit begin klink na 'n advertensie op 'n goedkoop chatprogram, laat
ek vinnig saamvat en koers kry:

Vraag bly: Neem ek my intrek hier, voeg ek my stem by die van ander en
indien wel, is die sous die poeding werd?

Enige advies sal waardeer word.

Groete,
KaapseKind
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30105 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Apr 2000 12:31:47 +0200, "KaapseKind"
wrote:

aanmerking my in jou bootjie - om ook verinnerweer te word en dalk selfs[/color]
> deel van jou "bende" te wees. Ook 'n interessante konsep, né?) Wel, ten
> minste het ek nog nie ingetrek in die bendehuis nie.>>

Nee. Ek ry alleen. Niemand klim in my bootjie nie. Ek hou daarvan om
alleen te roei.
As ek jou wou "werf" vir die een of ander bende sou ek dit in elk
geval gedoen het deur jou te epos.

My pos was 'n ope pos op die nuusgroep. Jy het gevra en ek het
geantwoord. Maak daarvan wat jy wil.

Vettie sal dit ook lees en weet die einde is vir hom.
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30106 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Apr 2000 14:09:50 +0200, "KaapseKind"
wrote:

Wie de duiwel is die Switser met die swart jas???>>[/color]

Serious?

Hy's die een wat in die nag in jou drome kom en jou met die Bybel
slaan.
Die man wat na jou loer van agter die deur in die gang na die
agterplaas toe.
Die dominee wat die dominee aanse om jou katkisasie te laat dop.
Die mens wat op sekere oggende wanneer jy bietjie bewerig van siel is,
maar jy weet dit nog nie - dis nog te vroeg, vinnig inspring en jou
skuldgevoelens kick start.
Dis hy wat in die confectionary shop na jou kyk as jy chocolate koek
koop.
Dis hy was wegkyk as jy wonder of iemand na jou kyk.
En weer na jou kyk as jy betaal.
Dis hy wat skielik om die hoek spring en skree "dis JOU skuld!"
As jy vloek, sit hy ver in die hoek van die coffee shop en staar na
jou.
As jy by 'n blue movie instap, reel hy met die kaartjie-verkoper dat
iemand wat soos jou ma lyk, op die sypaadjie verby loop.
Dis hy wat, wanneer jy net van 'n hangover herstel het, hom verslete
aantrek, sy hare vuil maak en oor die pad na jou toe stap en met n
bree glimlag vol vrot tande aan jou se "dis OK om te drink, moenie
worry nie".
Hy is eintlik die wiskunde-onderwyser op skool.

Ek stel aan jou voor, regstreeks van (Basel, is dit?) in
Switserland!!!

Die man in die swart jas!!!

(Brandstapels knetter in die agtergrond.)

Johannes!!!!! CalfyyyYYYYYYNNNNNN!!!!!!

AAAAAAAAAAAAAAARRRRRRRGGGGGGGGGGGGGGG!!!!!!!!!!!
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30107 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Apr 2000 13:09:49 +0200, "KaapseKind"
wrote:

die ooste van Tibet, so vertel hy, groet hulle mekaar deur die woorde "Tashi[/color]
> deley". Dit beteken: " I honour the greatness in you. I honour the place in
> your heart where lives your courage...hope, dreams. I honour the place in
> you where, if you are at that place in you and I am at that place in me,
> there is only one of us. Tashi deley". Miskien, soos tyd uitloop...sal ek my
> unieke teenwoordigheid laat geld, soos elkeen hier.>>

He, he...

Wel hier werk jy met 'n stel bitterbek Calviniste in verskeie grade
van omarming en weghardloping van die Switser in die swart jas.

So vergeet die " I honour your...."

Dit word hier geleerd vervang met 'n stel meer eg Afrikaanse frases.
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30108 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Cuan Kloppers  is tans af-lyn  Cuan Kloppers
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Junior Lid
Baie welkom KaapseKind.

Oor jou bydrae sê ek Hoor! Hoor! Dis soos 'n vars briessie om van iemand
soos jy te hoor. Ek hoop beslis jy hang rond. Dis lekker om te hoor van
jou passie om die land te maak werk. Iets wat my nog altyd aan die hart
gegryp het is die sinnetjie: "ek kan 'n verskil maak".

Ek self is 'n geoloog (ook vir 'n tyd lank deeltyds Geofisika gedoseer) wat
hom deesdae in die ERP IT besigheidswêreld bevind. Soms as dinge in die
vinnige baan te veel raak, raak ek nostalgies oor die goeie ou dae toe ek
rustig in die veld kon klippe kap, die mooi sonsondergange en braaivleis en
cabernet in die bosveld.

Groete
Cuan

KaapseKind skryf in boodskap news:8e0tvp$557$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek het uiteindelik ook toe Nuusgroepe ontdek.
> Nou soek ek 'n tuiste.
> My instink vertel my dat die een met Afrikaans in die beskrywing behoort te
> werk.
>
> Ek sou graag wou verneem of dit die moeite werd is om rond te hang.
> Natuurlik sal talle hier my aansê om self te ontdek, maar daar is min dinge
> wat my oortuig soos "word-of-mouth" tweedehandse uitsprake. Wat kan ek leer
> uit julle ondervinding(s)? Wat is die moets en moenies? (Ek het klaar
> redelik gou agtergekom dat hierdie 'n speel/mynveld vir twee kerngroepe is
> wat beide haat om bloot as links/regs geklassifiseer te word - wie haat dit
> nié?)
>
> Dit lyk na my soort Nuusgroep - nié oor die ooglopende persoonlike aanvalle
> of die swak-gekose krutaal nie, óók nie oor 'n paar lomp argumente wat meer
> emosie as intellek is nie, maar oor die vryheid van die taal. Noem dit die
> dinamika van die woord, die uitspoel van uitsprake. Die lewe in die woord.
> Die gedagtes van andersdenkendes wat my skaam of kwaad of moedeloos
> agterlaat as dit op papier verskyn. Arrogant-skaam dat ek 'n taal en kultuur
> deel met iemand wat sê kan dink. Maar feit bly staan, die taal lewe vir my
> en hom/haar! Dit wek emosie in my en vonk my denke - irrasioneel 'n logies.
> (Wie weet, miskien juis as gevolg van al die emosie-belaaide onderwerpe).
>
> Ek sou graag 'n webbladsy wou sien waar al die gereelde Nuusgroepeerders (in
> die lyn van kampeerders) gelys is - 'n soort van 'n erelys waar ek kan sien
> waar jy vandaan kom en wat jou "current status" is. Lyk my soms asof als wat
> van 'n ander hier geleer word, vanuit persepsies ontstaan. Dit sal soveel
> tyd spaar as ek 'n paar gesigte kon sien en weet wie boer met duiwe en wie
> is 'n professor in letterkunde. Veral sal ek wil weet hoeveel emigrante hier
> is en wat die NG vir hulle beteken. My eie gesig is maar "ordinêr" (soos
> Ouma altyd gesê het): 'n Jong (31jarige) dosent in Opvoedkunde wat tans aan
> 'n AngloAmerican-projek werk om entrepreneurskap in Kaapse skole te
> bevorder - en binnekort in NoordWes. Hoë intellek, maar goeie skoot emosie.
> My passie is om die help om die land te laat werk - op meer as een manier!
> Voordat dit begin klink na 'n advertensie op 'n goedkoop chatprogram, laat
> ek vinnig saamvat en koers kry:
>
> Vraag bly: Neem ek my intrek hier, voeg ek my stem by die van ander en
> indien wel, is die sous die poeding werd?
>
> Enige advies sal waardeer word.
>
> Groete,
> KaapseKind
>
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30109 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Apr 2000 13:09:49 +0200, "KaapseKind"
wrote:

die ooste van Tibet, so vertel hy, groet hulle mekaar deur die woorde "Tashi[/color]
> deley". Dit beteken: " I honour the greatness in you. I honour the place in
> your heart where lives your courage...hope, dreams. I honour the place in
> you where, if you are at that place in you and I am at that place in me,
> there is only one of us. Tashi deley". Miskien, soos tyd uitloop...sal ek my
> unieke teenwoordigheid laat geld, soos elkeen hier.>>

He, he...

Wel hier werk jy met 'n stel bitterbek Calviniste in verskeie grade
van omarming en weghardloping van die Switser in die swart jas.

So vergeet die " I honour your...."

Dit word hier geleerd vervang met 'n stel meer eg Afrikaanse frases.
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30110 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jinne, jy't die letterkunde in ou Ferdi weer 'n slag laat wakker. Mooi so.

Daai ou in die swart jas se beste vriend is 'n tier genoemd "Hobbes" vermoed
ek.

Nou moet ek seker sê wie ek is. Ek is 'n 68-jarige tannie wat diep in die
dwelmsmokkelary betrokke is. Hierdie week is my hare so geelerig, maar ek
dink dat dit volgende week swart sal wees. Ek het nie tande nie, en as ek
die vals tande insit dat word ek naar en skiet die goed uit met die ontbyt.
Ek was bekommerd toe ek vir die eerste keer opgemerk het dat ek 'n snor nou
begin kry, maar deesdae dink ek dat dit lekker pas.

Ek vloek baie, ek spoeg baie, en ek glo nie aan baddens nie.

;) Ek het hom nog nie ontmoet nie.[/color]
>
> Behalwe....wag!!!!!
> Is dit dieselfde ou wat my webblaaie "log" en my aan 'n
> internet-verslawingsterapeut voorstel??? Ek is gedoem... Die man het 'n naam
> en ek is ge(swart)lys.
>
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30112 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek het hom nog nie ontmoet nie.

Behalwe....wag!!!!!
Is dit dieselfde ou wat my webblaaie "log" en my aan 'n
internet-verslawingsterapeut voorstel??? Ek is gedoem... Die man het 'n naam
en ek is ge(swart)lys.
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30113 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Nee wat, ek glo nie dis nodig nie Ferdi.

'n Eenvoudige a/s/l (soos hulle online sê) en 'n beskrywing van jou huidge
werk mag dalk van meer nut wees om iemand te leer ken. Behalwe natuurlik, as
déél van die magspel in die nuusgroep die misterie oor die skrywer self is -
die wegkruip agter 'n skuilnaam (soos ek), of bloot... die stilswye.

Ek volstaan: 'n Mens kan beter kommunikeer as y weet wie iemand is, wat vir
hom/haar belangrik is en waar hulle "vandaan kom". Wat dink jy?
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30114 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Katastrofe!
Wie de duiwel is die Switser met die swart jas???

hahaha
Ek het baie om te leer lyk dit my...
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30115 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ferdi Greyling wrote:

> > die ooste van Tibet, so vertel hy, groet hulle mekaar deur die woorde "Tashi
>> deley". Dit beteken: " I honour the greatness in you. I honour the place in
>> your heart where lives your courage...hope, dreams. I honour the place in
>> you where, if you are at that place in you and I am at that place in me,
>> there is only one of us. Tashi deley". Miskien, soos tyd uitloop...sal ek my
>> unieke teenwoordigheid laat geld, soos elkeen hier.>>
>
> He, he...
>
> Wel hier werk jy met 'n stel bitterbek Calviniste in verskeie grade
> van omarming en weghardloping van die Switser in die swart jas.
>
> So vergeet die " I honour your...."
>
> Dit word hier geleerd vervang met 'n stel meer eg Afrikaanse frases.

Nie so haastig nie, Ferdi. Dis sal miskien nuttig wees omweer te kyk na wat die
Switser in die swart jas wel gese
het, en hoe wat hy bedoel verdraai is, veral in SA deur
jy-weet-wie vir jy-weet-watse-doeleindes.

Die tannie wat gepredestineer is om uit te vind
dat samsara en nirvana dieselfde is.
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30116 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
KaapseKind schreef...
> Ek het uiteindelik ook toe Nuusgroepe ontdek.
> Nou soek ek 'n tuiste.
> My instink vertel my dat die een met Afrikaans in die beskrywing behoort te
> werk.

Bryan heeft ooit een tuisblad opgezet.

http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/

Groeten,
Arthut
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30117 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Apr 2000 09:43:38 +0200, "KaapseKind"
wrote:
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30118 is 'n antwoord op boodskap #30104] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dankie vir die openhartige leersame antwoord. Dit help al klaar as jy sê wat
jy doen (joernaliste is gewoonlik oopkop-denkers!) en waar jy is (nou kan ek
provinsialisties word soos die goeie ou dae en jou haat bloot omdat jy in
Gauteng bly!)

En ja, ummm.... stuur die snuffelhond na die hel (as dame probeer ek die
f-woord afleer soos my ma aandring) - as hy niks beter het as om persoonlike
detail te misbruik nie! *glimlag*

Natuurlik het ek geen idee na wie jy verwys nie en plaas bogenoemde
aanmerking my in jou bootjie - om ook verinnerweer te word en dalk selfs
deel van jou "bende" te wees. Ook 'n interessante konsep, nê?) Wel, ten
minste het ek nog nie ingetrek in die bendehuis nie.
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30119 is 'n antwoord op boodskap #30118] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Baie dankie Arthur...
Dis presies waarna ek opsoek was!

My dank ook aan Bryan (die ontwerper) wat mense soos my in ag neem. Ons
funksioneer nie lekker sonder 'n 'backdrop" van mensekennis nie. Behalwe dat
my vriend Ferdi se link na sy site nie werk nie, en 'n paar ander niks sê
nie (soos dié van die immergewilde naam Gloudina wat bloot sê sy/hy (?) is
van Kanada - het ek die tuiste baie insiggewend gevind en aspireer ek nou om
ook eendag daar gelys te word.

Ek volg egter Ferdi se (geimpliseerde) raad om eers my ware kleure hier te
wys en 'n outentieke teenwoordigheid op te bou. Die boek van Robert Cooper
oor Emotional Intelligence is daar sê in die kol as hy praat oor 'n
"authentic presence" as die spil vir enige sinvolle dialoog - waarskynlik
ook hier. Die erkenning van verskille, van uniekheid en die respek daarvoor
behoort ons gesprekke te suiwer tot verbeeldingryke verdaagsame dialoog. In
die ooste van Tibet, so vertel hy, groet hulle mekaar deur die woorde "Tashi
deley". Dit beteken: " I honour the greatness in you. I honour the place in
your heart where lives your courage...hope, dreams. I honour the place in
you where, if you are at that place in you and I am at that place in me,
there is only one of us. Tashi deley". Miskien, soos tyd uitloop...sal ek my
unieke teenwoordigheid laat geld, soos elkeen hier.

En later... bloot samevattend, 'n paar woorde op Bryan se website saamgooi.
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30120 is 'n antwoord op boodskap #30118] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Apr 2000 11:58:45 GMT, @home.com wrote:

Switser in die swart jas wel gese[/color]
> het, en hoe wat hy bedoel verdraai is, veral in SA deur
> jy-weet-wie vir jy-weet-watse-doeleindes.>>

Het die Switser die odd mens wat met hom verskil het, op die
brandstapel lat verbrand nie?

Indien wel, was hy seker 'n goeie voorbeeld!

dat samsara en nirvana dieselfde is.>>[/color]

So, hou op soek. Chill out en begin joll. As jy gepredestineer is, sal
dit mos na toe kom!!

Van die man wat gepredestineer is om te sien hoe die Cats die S12 wen.
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30121 is 'n antwoord op boodskap #30118] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Klink na my tipe mens.
Ek dink ek het inderdaad 'n tuiste hier gevind.

;) (Asb....let definitief OOK op die smiley)
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30122 is 'n antwoord op boodskap #30118] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Apr 2000 10:59:27 +0200, "KaapseKind"
wrote:

Hier raak jy nou aan 'n interressante ding.
In die eerste plek is daar 'n klompie mense wat lank reeds deelneem
aan die nuusgroep.
Die meeste weet wie mekaar is. Selfs al is daar skuilname (wat soms
baie onskuldig maar nodig is), het die mense 'n eerlike
teenwoordigheid.
Hulle is konstant reguit met hul menings en wil werklikwaar idees
uitruil en argumenteer - al is dit soms met woede en kwaaigeit.
Daar is mense wie se name en werke bekend is.
Daar is ook mense wat onder die skuilnaam maar eerlik kategorie val
maar wel soms hul kennis van ander se persoonlike detail gebruik as
die argumente opraak.
Hulle se dan goed soos (ek gebruik 'n fiktiewe voorbeeld hier) "Ja jy
wat so klas gee in geskiedenis by die Secunda universiteit, ek wonder
wat sal jou studente se as hulle weet jy reken --- dan volg 'n
verdraaide weergawe van jou argument."
Intussen weier hulle om hul eie identiteit dan bekend te maak.
Baie iriterend. Bietjie lafhartig ook.
Dan is daar die ander wat agter skuilname sit en byvoorbeeld
rassitiese beledigings kwytraak.
Hulle dink soms dis baie cool om iemand se persoonlike details op die
groep te plaas. Soms sit hulle dreigemente by.
Intussen weier hulle om te se wie hulle is.

Tussen dit alles is dit problematies as jy skielik vra wie almal is.
Sommige gaan vir se presies wie hulle is. Op die nuusgroep.
Ander sal dit e-pos aan jou.
Ander weer sal nie vir jou se wie hulle is nie, maar sal nie skroom om
wat hulle van jou weet in sekere kontekste uit te basuin as hulle
reken dit kan jou verneder of skade aandoen nie.

Ek reken dis seker maar soos die gewone lewe buite die gebou. Jy kry
die ouens wat agter heinings skuil en beledigings skreeu en giggelend
weghardloop in die nag. En jy kry mense wat iets daarvoor voel om 'n
oop samelewing te bou waarin die idees tel, waarin die idees aangeval
word en nie die mens se persoonlike omgewing nie.

In elk geval, ek bly in Johannesburg en ek is 'n joernalis.

(Nou is hier natuurlik klaar een deelnemer wat baie lief is om nie te
se wie hy is nie maar groot plesier kry om soos 'n hond rondom ander
se persoonlike gegewens te snuffel en dit dan te "gebruik" vir wie dit
nuus sal wees. Wel, fok hom, klein mensie wat hy is. )
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30175 is 'n antwoord op boodskap #30118] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Mon, 24 Apr 2000 09:43:38 +0200, "KaapseKind"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30176 is 'n antwoord op boodskap #30118] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Mon, 24 Apr 2000 13:09:49 +0200, "KaapseKind"
> wrote:
>
> > die ooste van Tibet, so vertel hy, groet hulle mekaar deur die woorde "Tashi
>> deley". Dit beteken: " I honour the greatness in you. I honour the place in
>> your heart where lives your courage...hope, dreams. I honour the place in
>> you where, if you are at that place in you and I am at that place in me,
>> there is only one of us. Tashi deley". Miskien, soos tyd uitloop...sal ek my
>> unieke teenwoordigheid laat geld, soos elkeen hier.>>
>
> He, he...
>
> Wel hier werk jy met 'n stel bitterbek Calviniste in verskeie grade
> van omarming en weghardloping van die Switser in die swart jas.
>
> So vergeet die " I honour your...."

Eerder ek donner jou ... :)

En Dorette - sit maar 'n vermomming in jou email soos
anders kan die spam harvest programme jou naam
aftrek en gebruik om allerhande ongewenste gemorspos aan jou te stuur.
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30177 is 'n antwoord op boodskap #30118] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
Advies?

Vermy:
ProPacem (Leswin Laubscher, Chicago, VSA) en
@Home.com (Gloudina Bouwer, Ottowa, Kanada)
As jy wil kan ek jou beide se kredietkaart nommers gee, as jy wil inkopies
doen . . . .
Hulle is kop in een mus.

Gloudina beskuldig ALMAL van rassisme en Leswin het 'n klein voel.
Dan het ons vir Ferdi Grilling, hy's a moroon.
Reenen Van Niekerk het nog nooit in sy lewe 'n zolletjie gerook nie, maar
hy's OK, net so bietjie konserwatief.

Die ccol ouens is:
Ek
Gary Bartholomew
en
Reisiger

Dan het ons Nederlandse tossers ssos Arthur Hagen.

Gloudina

"KaapseKind" skryf in boodskap news:8e0tvp$557$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek het uiteindelik ook toe Nuusgroepe ontdek.
> Nou soek ek 'n tuiste.
> My instink vertel my dat die een met Afrikaans in die beskrywing behoort te
> werk.
>
> Ek sou graag wou verneem of dit die moeite werd is om rond te hang.
> Natuurlik sal talle hier my aansê om self te ontdek, maar daar is min dinge
> wat my oortuig soos "word-of-mouth" tweedehandse uitsprake. Wat kan ek leer
> uit julle ondervinding(s)? Wat is die moets en moenies? (Ek het klaar
> redelik gou agtergekom dat hierdie 'n speel/mynveld vir twee kerngroepe is
> wat beide haat om bloot as links/regs geklassifiseer te word - wie haat dit
> nié?)
>
> Dit lyk na my soort Nuusgroep - nié oor die ooglopende persoonlike aanvalle
> of die swak-gekose krutaal nie, óók nie oor 'n paar lomp argumente wat meer
> emosie as intellek is nie, maar oor die vryheid van die taal. Noem dit die
> dinamika van die woord, die uitspoel van uitsprake. Die lewe in die woord.
> Die gedagtes van andersdenkendes wat my skaam of kwaad of moedeloos
> agterlaat as dit op papier verskyn. Arrogant-skaam dat ek 'n taal en kultuur
> deel met iemand wat sê kan dink. Maar feit bly staan, die taal lewe vir my
> en hom/haar! Dit wek emosie in my en vonk my denke - irrasioneel 'n logies.
> (Wie weet, miskien juis as gevolg van al die emosie-belaaide onderwerpe).
>
> Ek sou graag 'n webbladsy wou sien waar al die gereelde Nuusgroepeerders (in
> die lyn van kampeerders) gelys is - 'n soort van 'n erelys waar ek kan sien
> waar jy vandaan kom en wat jou "current status" is. Lyk my soms asof als wat
> van 'n ander hier geleer word, vanuit persepsies ontstaan. Dit sal soveel
> tyd spaar as ek 'n paar gesigte kon sien en weet wie boer met duiwe en wie
> is 'n professor in letterkunde. Veral sal ek wil weet hoeveel emigrante hier
> is en wat die NG vir hulle beteken. My eie gesig is maar "ordinêr" (soos
> Ouma altyd gesê het): 'n Jong (31jarige) dosent in Opvoedkunde wat tans aan
> 'n AngloAmerican-projek werk om entrepreneurskap in Kaapse skole te
> bevorder - en binnekort in NoordWes. Hoë intellek, maar goeie skoot emosie.
> My passie is om die help om die land te laat werk - op meer as een manier!
> Voordat dit begin klink na 'n advertensie op 'n goedkoop chatprogram, laat
> ek vinnig saamvat en koers kry:
>
> Vraag bly: Neem ek my intrek hier, voeg ek my stem by die van ander en
> indien wel, is die sous die poeding werd?
>
> Enige advies sal waardeer word.
>
> Groete,
> KaapseKind
>
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30178 is 'n antwoord op boodskap #30118] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
KaapseKind skryf in boodskap news:8e22q8$m6p$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Klink na my tipe mens.
> Ek dink ek het inderdaad 'n tuiste hier gevind.
>
> ;) (Asb....let definitief OOK op die smiley)
>
>
Kom, kom, kind; moenie daar buite in die koue staan nie, jy sal siek word.
Liewe land! Kom binne en Tannie sal vir jou 'n lekker koppie sampioentee
maak. Hoeveel lepels dagga? Drie of vyftien?

(Soos jy seker al agtergekom het, is ek eintlik 'n sesjarige seuntjie wat
met Pa se rekenaar speel.)
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30203 is 'n antwoord op boodskap #30118] Wo, 26 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul van Deventer  is tans af-lyn  Paul van Deventer
Boodskappe: 8
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
Gepraat van Reisger, hoekom is hy so stil? Sal graag wil hoor vir wie ons
moet dankie se vir die laaste paar weke se bloedlating op die
aandelemarkte...

Phatti skryf in boodskap news:zgoN4.6962$xA.17989@news.iol.ie...
> Advies?
>
> Vermy:
> ProPacem (Leswin Laubscher, Chicago, VSA) en
> @Home.com (Gloudina Bouwer, Ottowa, Kanada)
> As jy wil kan ek jou beide se kredietkaart nommers gee, as jy wil inkopies
> doen . . . .
> Hulle is kop in een mus.
>
> Gloudina beskuldig ALMAL van rassisme en Leswin het 'n klein voel.
> Dan het ons vir Ferdi Grilling, hy's a moroon.
> Reenen Van Niekerk het nog nooit in sy lewe 'n zolletjie gerook nie, maar
> hy's OK, net so bietjie konserwatief.
>
> Die ccol ouens is:
> Ek
> Gary Bartholomew
> en
> Reisiger
>
> Dan het ons Nederlandse tossers ssos Arthur Hagen.
>
>
>
> Gloudina
> "KaapseKind" wrote in message
> news:8e0tvp$557$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Ek het uiteindelik ook toe Nuusgroepe ontdek.
>> Nou soek ek 'n tuiste.
>> My instink vertel my dat die een met Afrikaans in die beskrywing behoort te
>> werk.
>>
>> Ek sou graag wou verneem of dit die moeite werd is om rond te hang.
>> Natuurlik sal talle hier my aansê om self te ontdek, maar daar is min dinge
>> wat my oortuig soos "word-of-mouth" tweedehandse uitsprake. Wat kan ek leer
>> uit julle ondervinding(s)? Wat is die moets en moenies? (Ek het klaar
>> redelik gou agtergekom dat hierdie 'n speel/mynveld vir twee kerngroepe is
>> wat beide haat om bloot as links/regs geklassifiseer te word - wie haat dit
>> nié?)
>>
>> Dit lyk na my soort Nuusgroep - nié oor die ooglopende persoonlike aanvalle
>> of die swak-gekose krutaal nie, óók nie oor 'n paar lomp argumente wat meer
>> emosie as intellek is nie, maar oor die vryheid van die taal. Noem dit die
>> dinamika van die woord, die uitspoel van uitsprake. Die lewe in die woord.
>> Die gedagtes van andersdenkendes wat my skaam of kwaad of moedeloos
>> agterlaat as dit op papier verskyn. Arrogant-skaam dat ek 'n taal en kultuur
>> deel met iemand wat sê kan dink. Maar feit bly staan, die taal lewe vir my
>> en hom/haar! Dit wek emosie in my en vonk my denke - irrasioneel 'n logies.
>> (Wie weet, miskien juis as gevolg van al die emosie-belaaide onderwerpe).
>>
>> Ek sou graag 'n webbladsy wou sien waar al die gereelde Nuusgroepeerders (in
>> die lyn van kampeerders) gelys is - 'n soort van 'n erelys waar ek kan sien
>> waar jy vandaan kom en wat jou "current status" is. Lyk my soms asof als wat
>> van 'n ander hier geleer word, vanuit persepsies ontstaan. Dit sal soveel
>> tyd spaar as ek 'n paar gesigte kon sien en weet wie boer met duiwe en wie
>> is 'n professor in letterkunde. Veral sal ek wil weet hoeveel emigrante hier
>> is en wat die NG vir hulle beteken. My eie gesig is maar "ordinêr" (soos
>> Ouma altyd gesê het): 'n Jong (31jarige) dosent in Opvoedkunde wat tans aan
>> 'n AngloAmerican-projek werk om entrepreneurskap in Kaapse skole te
>> bevorder - en binnekort in NoordWes. Hoë intellek, maar goeie skoot emosie.
>> My passie is om die help om die land te laat werk - op meer as een manier!
>> Voordat dit begin klink na 'n advertensie op 'n goedkoop chatprogram, laat
>> ek vinnig saamvat en koers kry:
>>
>> Vraag bly: Neem ek my intrek hier, voeg ek my stem by die van ander en
>> indien wel, is die sous die poeding werd?
>>
>> Enige advies sal waardeer word.
>>
>> Groete,
>> KaapseKind
>>
>
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30209 is 'n antwoord op boodskap #30118] Do, 27 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...

(over Paul)
> Ek dink hy verwys na die vorige keer
> wat Reisiger aangedui het dat iets wat Reisiger
> gedoen het, die prys van goud laat opgaan
> het, of soiets.

Dat van die goudprijs was. Ik vroeg of Reisiger zo optimistisch was over de
goudprijs omdat ie een "crash" in de technologie-aandelen voorzag. Hij heeft
er nooit op geantwoord ......... en ik ben sindsdien een stuk armer geworden
:)

Groeten,
Arthur
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30210 is 'n antwoord op boodskap #30118] Do, 27 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KaapseKind wrote:

> Paul??
>
> Val jy in die VERMY-groep of is die COOL-ouens jou pêlle?
> Net besig om almal lekker te kategoriseer voordat ek sinvolle bydraes kan
> maak.
>
>

Wel, Kaapse Kind, as Tannie jou nou 'n goeieraadjie kan gee, moenie mense
probeer
kategoriseer nie. Mense se boeke is duister
om te lees.
Ek moet darem ook sê, ek is bra nuuskierig
oor Paul . Sover ek kan uitmaak, is hy 'n
alumnus van MIT. Dus moet hy slim wees.
Hy vra waar Reisiger is, en is bekommerd
oor sy aandele-portfolio. Maak daarvan wat
jy wil. Ek dink hy verwys na die vorige keer
wat Reisiger aangedui het dat iets wat Reisiger
gedoen het, die prys van goud laat opgaan
het, of soiets.
Miskien moet ons vir ou Phatti vra om sy
speurwerk te doen. Ek sal nogal nie omgee
om Paul se kredietkaarte se nommers in
die hande te kry nie.

Die tannie wat altyd vry raad
ongevraag gee.
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30211 is 'n antwoord op boodskap #30118] Do, 27 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Paul??

Val jy in die VERMY-groep of is die COOL-ouens jou pêlle?
Net besig om almal lekker te kategoriseer voordat ek sinvolle bydraes kan
maak.

Kon dit nie weerstaan nie Phatti :))
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30212 is 'n antwoord op boodskap #30118] Do, 27 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.S. Pris  is tans af-lyn  A.S. Pris
Boodskappe: 27
Geregistreer: Januarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Also sprach ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling)
-> Het die Switser die odd mens wat met hom verskil het, op die
-> brandstapel lat verbrand nie?

Nee, dit was sogenaamde hekse. Ai, antie
Gloudina, jy is gelukkig in 'n beter eeu
gebore...
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30226 is 'n antwoord op boodskap #30118] Vr, 28 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

A.S. Pris wrote:

> Also sprach ferd...@icon.co.za (Ferdi
> Greyling)
> -> Het die Switser die odd mens wat met hom verskil het, op die
> -> brandstapel lat verbrand nie?
>
> Nee, dit was sogenaamde hekse. Ai, antie
> Gloudina, jy is gelukkig in 'n beter eeu
> gebore...

Haai Leendert, ek sien nou die dag tweefotos van jou op die net. Op een
het jy
'n baard en op die ander nie. Ek kan
doodgaan oor mans met baarde. Het jy
op die oomblik 'n baard?

Also sprach die tannie met die vaalhare
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30402 is 'n antwoord op boodskap #30118] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jy soek my nog orals, nie waar nie?

skryf in boodskap news:3908EA70.ED27D5D8@home.com...
> A.S. Pris wrote:
>
>> Also sprach ferd...@icon.co.za (Ferdi
>> Greyling)
>> -> Het die Switser die odd mens wat met hom verskil het, op die
>> -> brandstapel lat verbrand nie?
>>
>> Nee, dit was sogenaamde hekse. Ai, antie
>> Gloudina, jy is gelukkig in 'n beter eeu
>> gebore...
>
> Haai Leendert, ek sien nou die dag tweefotos van jou op die net. Op een
> het jy
> 'n baard en op die ander nie. Ek kan
> doodgaan oor mans met baarde. Het jy
> op die oomblik 'n baard?
>
> Also sprach die tannie met die vaalhare
>
Re: Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige! [boodskap #30403 is 'n antwoord op boodskap #30118] So, 07 Mei 2000 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Is jy oky, ou?

Of is "middeljare wit Afrikaanse manlike" wrokkigheid maar net die huidige
in ding in Melville - ek sien Chris Louw beoefen dit ook.

Groete, Leendert

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:390e457c.18687412@news.icon.co.za...
> On Mon, 24 Apr 2000 14:09:50 +0200, "KaapseKind"
> wrote:
>
> > Wie de duiwel is die Switser met die swart jas???>>
>
> Serious?
>
> Hy's die een wat in die nag in jou drome kom en jou met die Bybel
> slaan.
> Die man wat na jou loer van agter die deur in die gang na die
> agterplaas toe.
> Die dominee wat die dominee aanse om jou katkisasie te laat dop.
> Die mens wat op sekere oggende wanneer jy bietjie bewerig van siel is,
> maar jy weet dit nog nie - dis nog te vroeg, vinnig inspring en jou
> skuldgevoelens kick start.
> Dis hy wat in die confectionary shop na jou kyk as jy chocolate koek
> koop.
> Dis hy was wegkyk as jy wonder of iemand na jou kyk.
> En weer na jou kyk as jy betaal.
> Dis hy wat skielik om die hoek spring en skree "dis JOU skuld!"
> As jy vloek, sit hy ver in die hoek van die coffee shop en staar na
> jou.
> As jy by 'n blue movie instap, reel hy met die kaartjie-verkoper dat
> iemand wat soos jou ma lyk, op die sypaadjie verby loop.
> Dis hy wat, wanneer jy net van 'n hangover herstel het, hom verslete
> aantrek, sy hare vuil maak en oor die pad na jou toe stap en met n
> bree glimlag vol vrot tande aan jou se "dis OK om te drink, moenie
> worry nie".
> Hy is eintlik die wiskunde-onderwyser op skool.
>
> Ek stel aan jou voor, regstreeks van (Basel, is dit?) in
> Switserland!!!
>
> Die man in die swart jas!!!
>
> (Brandstapels knetter in die agtergrond.)
>
> Johannes!!!!! CalfyyyYYYYYYNNNNNN!!!!!!
>
> AAAAAAAAAAAAAAARRRRRRRGGGGGGGGGGGGGGG!!!!!!!!!!!
>
Vorige onderwerp: 'n Ander Koppie en Piering
Volgende onderwerp: Re: Virus Warning
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 21:42:26 MGT 2024