Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Delportshoop se dinge
Re: Delportshoop se dinge [boodskap #27944] Vr, 12 November 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Barrie wrote:

> Daar was 'n vetlaag in die grond en
> "rubies".

Dankie, Barrie, vir die stories.Jy het my ook weer laat verlang na een van die
aktiwiteite van
my kinderdae: in ou diamantgrawings speel, op soek na diamante.
Maar al wat ons opgetel het so nou en dan was "rubies." Baie
klein baie diep rooi ou steentjies. Is daar enige wetenskaplike
rede hoekom robyne saam in die grond is met diamante?
Nou, waar ek gespeel het was naby die Oranje in die omgewing
van Kakamas. Die rede vir die diamante in die grond 'n paar myl
van die rivier af is glo omdat die rivier se loop oor miljoene jare
verskuif het. Die diamante was dus alluviale diamante. En tog
was die klein robyntjies altyd by. Hoe verklaar jy dit?

Gloudina
Vorige onderwerp: "landskap" van GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: Delportshoop se dinge
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 16:09:12 MGT 2024