Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » ABSA en die Taalkwessie: 'n Antwoord van ABSA!
ABSA en die Taalkwessie: 'n Antwoord van ABSA! [boodskap #27910] Ma, 08 November 1999 00:00
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Sit julle almal mooi stewig? ABSA het vandag vir my 'n e-pos gestuur ivm
die taalkwessie op die 'Net, wat ek verbatim hieronder plaas. Op hierdie
brief kan ek net sê, halleluja!

Baie dankie, ABSA. En aan almal wat help kla en baklei het, ook dankie.
Lyk my alles is nog nie heeltemal verlore nie!

Groete,
Dries Venter

----------
From: Lizette Brits
To: vent...@mweb.co.za
Subject: Fw: Taalkwessie
Date: 08 November 1999 13:01

Geagte mnr Venter

Ek het die reaksie gelees rakende die taalgebruik op die ABSA webwerf.

Ontwikkeling is reeds gedoen om dieselfde afdelings wat op die vorige
webwerf in Afrikaans beskikbaar was op die nuwe webwerf te publiseer. Die
funksionaliteit in die databasis wat gebruik word vir die nuwe webwerf het
egter probleme veroorsaak en ons kon nie die Afrikaanse bladsye betyds
akkommodeer vir die loodsing nie. Ons is egter besig om daaraan aandag te
gee en dit sal binnekort deel wees van die ABSA webwerf.

Die Internet Bankdienste sal ook in Afrikaans beskikbaar wees teen die
tweede kwartaal 2000.

Dankie
Lizette Brits
Rekening Bestuurder : Web Publisering en Virtuele Gemeenskappe
ABSA Direct
Tel : 27 11 350 4313
Fax : 27 11 350 4802
Sel: 082 449 5848
lize...@absa.co.za


Internet communications are not secure and therefore ABSA Group
does not accept legal responsibility for the contents of this message.
Any views or opinions presented are solely those of the author and
do not necessarily represent those of ABSA Group unless otherwise
specifically stated.

--
Dries Venter
Pretoria
South Africa
1985 Landrover 110 PUP V8 aka "The Yellow Submarine"
Vorige onderwerp: Inflasie
Volgende onderwerp: Advies vir: Sowjet Republiekse Ekonomiese Gemeenskap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 05:39:37 MGT 2024