Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Handawing van Afrikaans (was Re: 'n Klap na ABSA)
Handawing van Afrikaans (was Re: 'n Klap na ABSA) [boodskap #27674] Di, 26 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie,

Soos belowe, hier is my antwoord op jou vraag "hoekom is die beginsel van
diens op jou moedertaal vir jou belangrik?"

Ek kan natuurlik nie namens almal praat wat voel dat diens (in die
sakewêreld) op moedertaal belangrik is nie. Die eenvoudige antwoord is:
omdat ek 'n Afrikaner is, te wete:

Ek beskou myself as 'n Afrikaner, of meer nog, 'n Boere-Afrikaner. Dit
stel sekere vertrekpunte, nl:
(a) meeste van my voorsate het na hierdie land gekom as godsdienstige
vlugtelinge omdat hulle nie bereid was om voor druk en vervolging van die
Katolieke kerk te swig nie,
(b) hulle't hier aan't lande 'n eie taal ontwikkel waarvoor hulle groot
strye gestry het, en
(c) hulle't ook hier goed en bloed ge-offer om vry te wees van _enige_ vorm
van oorheersing

Hierdie drie punte geld my net soos dit my voorsate gegeld het. Sentraal
in my uitlewing van my kultuur is twee sake: my Christenskap en my
moedertaal. Ek dink nie mense besef aldag hoe 'n geweldige groot rol jou
godsdiens en jou moedertaal in jou hele menswees speel nie, dit is volgens
my die grootste definieerders van die "ek" want dit dring tot in die verste
hoeke van jou menswees in en raak aan alle aspekte van kultuuruitlewing.
As ek dus nou enige van hierdie aspekte verwaarloos of opsyskuif, tas ek
inderwaarheid my hele menswees aan.

'n Gemene faktor in die drie punte is die idee van 'n "geveg". My voorsate
was bereid om te veg vir dit wat vir hulle van belang was, net so veg ek
ook vir dít wat vir mý van belang is.

Nou kan ons alreeds sien dat baie Christene vandag 'n "'Skuus ek
leef"-houding het en al hoe meer neig na 'n tipe van godsdienssiening wat
alle godsdienste op dieselfde vlak plaas (soos ons voorheen al op hierdie
nuusgroep ook gesien het) Op dieselfde wyse staan baie Afrikaners terug
vir hulle taal, "'Skuus ek praat Afrikaans", en sal willens en wetens hulle
taal versmaai ter wille van "kommunikasie". Ek voel dat die oomblik as jy
begin terugwyk voor ander godsdienste en tale, het jy die stryd begin
verloor. Derhalwe gryp ek elke geleentheid aan om my Godsdiens en taal te
bevorder. En dit beteken baiekeer dat 'n mens baie tone gaan blou trap,
maar _stry_, jy gaan nie altyd die gevegte wen nie, maar jy moet aanhou
_stry_!

Ek het probeer om hier kort en bondig my standpunt weer te gee, ek hoop jy
kan die punt(e) wat ek probeer maak, verstaan.

Groete,
Dries
Re: Handawing van Afrikaans (was Re: 'n Klap na ABSA) [boodskap #27729 is 'n antwoord op boodskap #27674] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Beste Dries,

Welkom terug! Ek vertrou dat jy jou toer van die ABO se historiese slagvelde
geniet het.

Ek kan sekerlik verstaan wat jy sê en begryp hoekom diens op Afrikaans vir jou
belangrik is. Die saak wat jy stel rus op jou selfbeskouing en jou
wereldbeskouing. Ek deel nie een van hierdie twee standpunte nie en kon
vantevore derhalwe nie begryp waarom 'n mens sou rug-styf-maak vir diens op
Afrikaans nie.

Wat ek wel ook kan byvoeg, is dat ek met jou saamstem oor die neerbuig en
jammer-ek-praat-Afrikaans-houding. Daarmee kan ek nie saamgaan nie. As ek
Afrikaans praat, doen ek dit omdat dit my keuse is. As ek Engels praat doen ek
dit ook omdat dit my keuse is en nie omdat ek skaam is vir Afrkaans nie.

Baie dankie vir jou moeite!

Groete

Cyber Sakkie

In article , "Dries says...
>
> Sakkie,
>
> Soos belowe, hier is my antwoord op jou vraag "hoekom is die beginsel van
> diens op jou moedertaal vir jou belangrik?"
>
> Ek kan natuurlik nie namens almal praat wat voel dat diens (in die
> sakewêreld) op moedertaal belangrik is nie. Die eenvoudige antwoord is:
> omdat ek 'n Afrikaner is, te wete:
>
> Ek beskou myself as 'n Afrikaner, of meer nog, 'n Boere-Afrikaner. Dit
> stel sekere vertrekpunte, nl:
> (a) meeste van my voorsate het na hierdie land gekom as godsdienstige
> vlugtelinge omdat hulle nie bereid was om voor druk en vervolging van die
> Katolieke kerk te swig nie,
> (b) hulle't hier aan't lande 'n eie taal ontwikkel waarvoor hulle groot
> strye gestry het, en
> (c) hulle't ook hier goed en bloed ge-offer om vry te wees van _enige_ vorm
> van oorheersing
>
> Hierdie drie punte geld my net soos dit my voorsate gegeld het. Sentraal
> in my uitlewing van my kultuur is twee sake: my Christenskap en my
> moedertaal. Ek dink nie mense besef aldag hoe 'n geweldige groot rol jou
> godsdiens en jou moedertaal in jou hele menswees speel nie, dit is volgens
> my die grootste definieerders van die "ek" want dit dring tot in die verste
> hoeke van jou menswees in en raak aan alle aspekte van kultuuruitlewing.
> As ek dus nou enige van hierdie aspekte verwaarloos of opsyskuif, tas ek
> inderwaarheid my hele menswees aan.
>
> 'n Gemene faktor in die drie punte is die idee van 'n "geveg". My voorsate
> was bereid om te veg vir dit wat vir hulle van belang was, net so veg ek
> ook vir dít wat vir mý van belang is.
>
> Nou kan ons alreeds sien dat baie Christene vandag 'n "'Skuus ek
> leef"-houding het en al hoe meer neig na 'n tipe van godsdienssiening wat
> alle godsdienste op dieselfde vlak plaas (soos ons voorheen al op hierdie
> nuusgroep ook gesien het) Op dieselfde wyse staan baie Afrikaners terug
> vir hulle taal, "'Skuus ek praat Afrikaans", en sal willens en wetens hulle
> taal versmaai ter wille van "kommunikasie". Ek voel dat die oomblik as jy
> begin terugwyk voor ander godsdienste en tale, het jy die stryd begin
> verloor. Derhalwe gryp ek elke geleentheid aan om my Godsdiens en taal te
> bevorder. En dit beteken baiekeer dat 'n mens baie tone gaan blou trap,
> maar _stry_, jy gaan nie altyd die gevegte wen nie, maar jy moet aanhou
> _stry_!
>
> Ek het probeer om hier kort en bondig my standpunt weer te gee, ek hoop jy
> kan die punt(e) wat ek probeer maak, verstaan.
>
> Groete,
> Dries
Vorige onderwerp: Woordeboek
Volgende onderwerp: (leuke) verschillen Nederlands - Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:36:34 MGT 2024