Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Re: Inflasie - die regte inflasiekoers
Re: Inflasie - die regte inflasiekoers [boodskap #27476] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom os daar twee verskillende syfers ?

Francois

Cyber Sakkie wrote in message ...
> Aan my vriende wat nie die inflasie syfer vertrou nie!
>
> Almal wat nie die jongste inflasiesyfer kan of wil glo nie, kyk na die werklike
> of KERNINFLASIE syfer, dis 7.9% en dit reflekteer die werklikheid. Net die
> goewerment en joernaliste kyk enigsins na die 1.9%. Vir politici is dit 'n
> geval van "Kyk hoe goed is ons, ons het inflasie geklop." Vir joernaliste wat
> gewoonlik nie 'n idee het hoe om inflasie te spel nie en ook nie van beter weet
> nie, is dit goeie kopie wat hulle redakteurs gelukkig hou, want hulle moet
> immers hulle koerante probeer verkoop.
>
> INFLASIE IS 7.9% EN STAAN AL DIE AFGELOPE TWEE MAANDE DAAR!!
>
> Cyber Sakkie
>
>
> In article , "Krokkie" says...
>>
>> Die nuutste bog uit Suid-Afrika is dat die inflasie nou glo sy laagste punt
>> in 30 jaar bereik het nl.
>>
>> 1,9 %
>>
>> Nou dink nou oor die moontlikheid hiervan. Kak man.
>>
>> Wys jou net hoe die sysfers deur die nuwe AA's bereken word.
>>
>> Krokkie
>>
>
Re: Inflasie - die regte inflasiekoers [boodskap #27491 is 'n antwoord op boodskap #27476] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Aan my vriende wat nie die inflasie syfer vertrou nie!

Almal wat nie die jongste inflasiesyfer kan of wil glo nie, kyk na die werklike
of KERNINFLASIE syfer, dis 7.9% en dit reflekteer die werklikheid. Net die
goewerment en joernaliste kyk enigsins na die 1.9%. Vir politici is dit 'n
geval van "Kyk hoe goed is ons, ons het inflasie geklop." Vir joernaliste wat
gewoonlik nie 'n idee het hoe om inflasie te spel nie en ook nie van beter weet
nie, is dit goeie kopie wat hulle redakteurs gelukkig hou, want hulle moet
immers hulle koerante probeer verkoop.

INFLASIE IS 7.9% EN STAAN AL DIE AFGELOPE TWEE MAANDE DAAR!!

Cyber Sakkie

In article , "Krokkie" says...
>
> Die nuutste bog uit Suid-Afrika is dat die inflasie nou glo sy laagste punt
> in 30 jaar bereik het nl.
>
> 1,9 %
>
> Nou dink nou oor die moontlikheid hiervan. Kak man.
>
> Wys jou net hoe die sysfers deur die nuwe AA's bereken word.
>
> Krokkie
>
Re: Inflasie - die regte inflasiekoers [boodskap #27541 is 'n antwoord op boodskap #27476] Do, 21 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Sakkie

Hou vandie ruimte wedloop konnektasie

Krokkie

Cyber Sakkie wrote in message ...
> Ek is al nou 'n jaar of wat uit die besigheid uit, maar die grondbeginsels van
> inflasie kon nie verander het nie.
>
> Meganika van die inflasieberekening:
>
> Inflasie, meer spesifiek verbruikersprysinflasie (wat anders is as produsente
> inflasie en ingevoerde inflasie), word omskryf as die jaarkoers waarteen die
> pryse van verbruikersgoedere styg. Om dit te bereken bepaal die Sentrale
> Statistiek Diens (of wat ever hulle hulself nou noem) 'n mandjie van
> verbruikersgoedere waarvan die pryse oor tyd heen gemonitor word. Die mandjie
> sluit in items soos verblyfkoste (huur, verbandterugbetalings en
> finansieringskoste), vervoerkoste (motorpryse, taxi en busfooie en die prys van
> petrol), voedsel (vleis, groente en ander kruideniers), "utilities" (water en
> ligte en munisipaleheffings), vermaak (hoe ever hulle dit meet) ens. Die
> mandjie bly redelik konstant en word nie te gereeld verander nie. Elke item
> wat ingesluit word het 'n gewig. Bv. verblyf sal tipies iets soos 19% van totale
> huishoudelike uitgawes verteenwoordig. Die totale mandjie het dan 'n waarde. Ek
> dra nie kennis van die feit dat petrol spesifiek uitgesluit is nie en sal baie
> agterdogtig wees oor so iets. Petrol is tog 'n fundamentele koste in meeste
> huishoudings. Die verandering van pryse word op 'n jaar-tot-jaar basis bereken,
> m.a.w. September vanjaar se pryse word vergelyk met September verlede jaar.
>
> Dit is dan nou ook so dat die mandjie sedert 1994 "struktureel" aangepas kon
> word om die gemiddelde Suid-Afrikaner se bestedingspatrone te reflekteer, maar
> ek het nog nie van so iets gehoor nie.
>
> Twee inflasiekoerse:
>
> Onlangs is daar begin om, in lyn met internasionale praktyk, twee
> verbruikerinflasiekoerse te publiseer. Die een is die doodgewone "wit
> onderbroek"-tipe hierbo beskryf wat dan nou op 1.9% te staan gekom het. Die
> tweede is die onderliggende, kern en gesuiwerde inflasiekoers wat op 7.9% staan.
> Die argument is dat die gewone inflasiekoers onderhewig is aan statistiese
> anomaliteite en seisoenale skommelinge en dat daarom 'n suiwering nodig is om by
> die werklike of onderliggende inflasiekoers uit te kom. Ter illustrasie kan
> mens kyk na 'n tegniese faktor soos die verhoging van die rente- en verbandkoers
> laat verlede jaar tot 25% as gevolg van die impak op die Suid-Afrikaanse
> finansiele markte van die inmekaarstorting van die Russsiese finansiele markte.
> Niks met die fisiese Suid-Afrikaanse ekonomie te doen nie en tog het ons slae
> gekry by spelers in die internasionale finansiele markte. Dit het sterk bygedra
> tot die inflasiekoers in 1998. Sederdien het die rentekoers goed gedaal van die
> hoge vlak en impak dit baie versagtend op die inflasiekoers. Verder kan ons ook
> argumenteer dat die noordelike halfrond winter maande tot hoge oliepryse lei en
> dat dit seisoenaal is. Verder kan ons ook kyk na die seisoenale styging van
> groentepryse in ons wintermaande, of vleispryse na droogtes wanneer boere weer
> hulle kuddes herbou en nie karkasse bemark nie.
>
> Gevolgtrekking:
>
> Die werklike syfer wat jou en my beinvloed (en ook sommer die Cosatu-vakunies
> tydens loon onderhandelings) is die kerninflasie koers van 7.9%. As jy vir Jan
> Alleman sou vra of sy uitgawes 2% meer as verlede jaar of 8% meers as verlede
> jaar is, sal die antwoord sonder twyfel 8% of meer wees.
>
> Inflasie is dus nie 2% nie. Dit is so goed as om te reken dat Suid-Afrika die
> ruimtewedloop gaan wen. Yea, right! Die enigste ruimte wedloop wat ons sal wen
> is die ene oor lee" ruimte tussen sekere politici en staatsamptenare se ore!
>
>
> Cyber Sakkie oftewel Supra Sakkie
> (omdat ek vandag soos Supra Man van Catch-22 voel)
>
>
> In article , "Francois says...
>>
>> Hoekom os daar twee verskillende syfers ?
>>
>> Francois
>>
>> Cyber Sakkie wrote in message ...
>>> Aan my vriende wat nie die inflasie syfer vertrou nie!
>>>
>>> Almal wat nie die jongste inflasiesyfer kan of wil glo nie, kyk na die
>> werklike
>>> of KERNINFLASIE syfer, dis 7.9% en dit reflekteer die werklikheid. Net die
>>> goewerment en joernaliste kyk enigsins na die 1.9%. Vir politici is dit 'n
>>> geval van "Kyk hoe goed is ons, ons het inflasie geklop." Vir
joernaliste
>> wat
>>> gewoonlik nie 'n idee het hoe om inflasie te spel nie en ook nie van
beter
>> weet
>>> nie, is dit goeie kopie wat hulle redakteurs gelukkig hou, want hulle moet
>>> immers hulle koerante probeer verkoop.
>>>
>>> INFLASIE IS 7.9% EN STAAN AL DIE AFGELOPE TWEE MAANDE DAAR!!
>>>
>>> Cyber Sakkie
>>>
>>>
>>> In article , "Krokkie" says...
>>>>
>>>> Die nuutste bog uit Suid-Afrika is dat die inflasie nou glo sy laagste
>> punt
>>>> in 30 jaar bereik het nl.
>>>>
>>>> 1,9 %
>>>>
>>>> Nou dink nou oor die moontlikheid hiervan. Kak man.
>>>>
>>>> Wys jou net hoe die sysfers deur die nuwe AA's bereken word.
>>>>
>>>> Krokkie
>>>>
>>>>
>>>>
>>>>
>>>>
>>>>
>>>
>>
>
Re: Inflasie - die regte inflasiekoers [boodskap #27542 is 'n antwoord op boodskap #27476] Do, 21 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie,

Dankie vir jou verduideliking, ek dink ek moet mo^re oggend voor die baas se
deur gaan toyi-toyi........ek is 'n vakbond van een.

Francois
Re: Inflasie - die regte inflasiekoers [boodskap #27544 is 'n antwoord op boodskap #27476] Do, 21 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek is al nou 'n jaar of wat uit die besigheid uit, maar die grondbeginsels van
inflasie kon nie verander het nie.

Meganika van die inflasieberekening:

Inflasie, meer spesifiek verbruikersprysinflasie (wat anders is as produsente
inflasie en ingevoerde inflasie), word omskryf as die jaarkoers waarteen die
pryse van verbruikersgoedere styg. Om dit te bereken bepaal die Sentrale
Statistiek Diens (of wat ever hulle hulself nou noem) 'n mandjie van
verbruikersgoedere waarvan die pryse oor tyd heen gemonitor word. Die mandjie
sluit in items soos verblyfkoste (huur, verbandterugbetalings en
finansieringskoste), vervoerkoste (motorpryse, taxi en busfooie en die prys van
petrol), voedsel (vleis, groente en ander kruideniers), "utilities" (water en
ligte en munisipaleheffings), vermaak (hoe ever hulle dit meet) ens. Die
mandjie bly redelik konstant en word nie te gereeld verander nie. Elke item
wat ingesluit word het 'n gewig. Bv. verblyf sal tipies iets soos 19% van totale
huishoudelike uitgawes verteenwoordig. Die totale mandjie het dan 'n waarde. Ek
dra nie kennis van die feit dat petrol spesifiek uitgesluit is nie en sal baie
agterdogtig wees oor so iets. Petrol is tog 'n fundamentele koste in meeste
huishoudings. Die verandering van pryse word op 'n jaar-tot-jaar basis bereken,
m.a.w. September vanjaar se pryse word vergelyk met September verlede jaar.

Dit is dan nou ook so dat die mandjie sedert 1994 "struktureel" aangepas kon
word om die gemiddelde Suid-Afrikaner se bestedingspatrone te reflekteer, maar
ek het nog nie van so iets gehoor nie.

Twee inflasiekoerse:

Onlangs is daar begin om, in lyn met internasionale praktyk, twee
verbruikerinflasiekoerse te publiseer. Die een is die doodgewone "wit
onderbroek"-tipe hierbo beskryf wat dan nou op 1.9% te staan gekom het. Die
tweede is die onderliggende, kern en gesuiwerde inflasiekoers wat op 7.9% staan.
Die argument is dat die gewone inflasiekoers onderhewig is aan statistiese
anomaliteite en seisoenale skommelinge en dat daarom 'n suiwering nodig is om by
die werklike of onderliggende inflasiekoers uit te kom. Ter illustrasie kan
mens kyk na 'n tegniese faktor soos die verhoging van die rente- en verbandkoers
laat verlede jaar tot 25% as gevolg van die impak op die Suid-Afrikaanse
finansiele markte van die inmekaarstorting van die Russsiese finansiele markte.
Niks met die fisiese Suid-Afrikaanse ekonomie te doen nie en tog het ons slae
gekry by spelers in die internasionale finansiele markte. Dit het sterk bygedra
tot die inflasiekoers in 1998. Sederdien het die rentekoers goed gedaal van die
hoge vlak en impak dit baie versagtend op die inflasiekoers. Verder kan ons ook
argumenteer dat die noordelike halfrond winter maande tot hoge oliepryse lei en
dat dit seisoenaal is. Verder kan ons ook kyk na die seisoenale styging van
groentepryse in ons wintermaande, of vleispryse na droogtes wanneer boere weer
hulle kuddes herbou en nie karkasse bemark nie.

Gevolgtrekking:

Die werklike syfer wat jou en my beinvloed (en ook sommer die Cosatu-vakunies
tydens loon onderhandelings) is die kerninflasie koers van 7.9%. As jy vir Jan
Alleman sou vra of sy uitgawes 2% meer as verlede jaar of 8% meers as verlede
jaar is, sal die antwoord sonder twyfel 8% of meer wees.

Inflasie is dus nie 2% nie. Dit is so goed as om te reken dat Suid-Afrika die
ruimtewedloop gaan wen. Yea, right! Die enigste ruimte wedloop wat ons sal wen
is die ene oor lee" ruimte tussen sekere politici en staatsamptenare se ore!

Cyber Sakkie oftewel Supra Sakkie
(omdat ek vandag soos Supra Man van Catch-22 voel)

In article , "Francois says...
>
> Hoekom os daar twee verskillende syfers ?
>
> Francois
>
> Cyber Sakkie wrote in message ...
>> Aan my vriende wat nie die inflasie syfer vertrou nie!
>>
>> Almal wat nie die jongste inflasiesyfer kan of wil glo nie, kyk na die
> werklike
>> of KERNINFLASIE syfer, dis 7.9% en dit reflekteer die werklikheid. Net die
>> goewerment en joernaliste kyk enigsins na die 1.9%. Vir politici is dit 'n
>> geval van "Kyk hoe goed is ons, ons het inflasie geklop." Vir joernaliste
> wat
>> gewoonlik nie 'n idee het hoe om inflasie te spel nie en ook nie van beter
> weet
>> nie, is dit goeie kopie wat hulle redakteurs gelukkig hou, want hulle moet
>> immers hulle koerante probeer verkoop.
>>
>> INFLASIE IS 7.9% EN STAAN AL DIE AFGELOPE TWEE MAANDE DAAR!!
>>
>> Cyber Sakkie
>>
>>
>> In article , "Krokkie" says...
>>>
>>> Die nuutste bog uit Suid-Afrika is dat die inflasie nou glo sy laagste
> punt
>>> in 30 jaar bereik het nl.
>>>
>>> 1,9 %
>>>
>>> Nou dink nou oor die moontlikheid hiervan. Kak man.
>>>
>>> Wys jou net hoe die sysfers deur die nuwe AA's bereken word.
>>>
>>> Krokkie
>>>
>>
>
Re: Inflasie - die regte inflasiekoers [boodskap #27581 is 'n antwoord op boodskap #27476] Vr, 22 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Oct 1999 00:56:38 -0700, Cyber Sakkie wrote:

[/color]
> Almal wat nie die jongste inflasiesyfer kan of wil glo nie, kyk na die werklike
> of KERNINFLASIE syfer, dis 7.9% en dit reflekteer die werklikheid. Net die
> goewerment en joernaliste kyk enigsins na die 1.9%. >>

Wees regverdig die hele pad, swaer.

Elke berig wat ek gelees hert oor inflasie wys na albei syders EN sê
die rede vir die daling na 1,9 is hoofsaaklik te wyte aan goedkoper
verblyf omdat die rentekoerse so gedaal het.

Maar laat almal met huislenings n bietjie die eksperiment doen: Kos
julle verblyf minder as 'n jaar gelede? Dink nou daaraan as OOK deel
van die inflasie-pakket.

Wat die regering betref: Jy het seker gesien dat Trevor Manual met
samwerking van die Reserwebank en nog ander ouens 'n baan vir inflasie
as mikpunt gaan vasstel en dat hulle ALBEI die syfers gaan gebruik?
Dan sien hulle dit mos ook raak, of hoe?
Re: Inflasie - die regte inflasiekoers [boodskap #27652 is 'n antwoord op boodskap #27476] Ma, 25 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Beste Vriend Ferdi,

Dit is so dat die goewerment en die SARB nou inflasieteikens wil stel. Dit is
natuurlik myns insiens nie veel anders as wat Dr Chris Stals in die begin jare
met kredietskepping gedoen het nie. Maar nou ja, jy is reg, gee die duiwel
(goewerment) die krediet wat hom toekom.

Die ingeligte waarnemer sal ook duidelik kan sien dat daar twee inflasiesyfers
is en weet wat die verskil is tussen die twee syfers. Maar dat Jan Burger nie
noodwendig 'n ingeligte waarnemer is nie, is ook nou maar wors. Die 7.9%
kerninflasie word gladnie soos die 1.9% "headline" inflasie van banieropskrifte
af verkondig nie. Ek het self nie die TV-nuusberigte gesien nie en kan nie
oordeel nie, maar oor die radio was slegs die 1.9% storie met onderhoude met
ekonome wat verduidelik dat dit laas in 1968 so goed gegaan het met ons. In die
koerante is daar eers op p26 so tussen die "obituaries" nas kerninflasie verwys
terwyl die 1.9% reeds in banieropskrifte op voorblaaie en lamppale verwys is.
So ek dink nie albei inflasiekoerse kry eweveel media blootstelling nie. Ek
weet ook nie of mense sal verstaan al gee mens albei inflasiesyfers eweveel
blootstelling nie. Ek dink die mens se natuur maak hom meer ontvanklik vir
goeie nuus!

'n Verdere vraag in vir my, en dis die oorspronklike vraag van hierdie "thread"
gewees, is dat my lewensonkoste styg jaarliks sonder die ooreenkomstige
verbetering van lewenskwalitiet met meer as 8%. As jy motorskuld het, daal jou
motorpaaiement miskien met R400 pm; en as jy huisskuld het, daal jou huis
paaiement miskien met 'n verdere R400 pm. Intussen is die brandstofprys al vir
die soveelste keer op vanjaar (daar trek nog 'n R100 pm) en het die
munisipaleheffings, water- en elektrisiteit vanjaar al met oor die R600 pm
gestyg. Kospryse styg jaarliks met tussen 5% en 10%. "Stupid" goed soos
skeermeslemmetjies het verlede jaar R22 per pakkie gekos in Oom Raymond se
onvriendelike winkel en kos vanjaar R27 per pakkie by dieselfde plek.

Die gevolgtrekking is dat die "headline" inflasie van 1.9% nie 'n akkurate
weerspieeling is van die gemiddelde Suid-Afrikaner se bestedingspatroon is nie.
Ek sukkel om uitte werk hoeveel skuld mens moet he^ om opgrond van die
rentekoersdalings inflasie op slegs 2% te ervaar. Myns insiens moet mens
minstens 70% van maandelikse uitgawes op skuldterugbetaling spandeer om op so 'n
manier die voordeel van dalende rentekoerse te ervaar.

Ek sou reken dat die meerderheid van Suid-Afrikaners het nie skuld nie. Mens
moet tog eers kredietwaardig wees voor jy kan skuld kry. As jy soos ek is vra
hulle jou ID-boekie voor jy kan leen. Ruik net nie lekker nie.

In article , ferd...@icon.co.za says...
>
> On 20 Oct 1999 00:56:38 -0700, Cyber Sakkie
> wrote:
>
> >
>> Almal wat nie die jongste inflasiesyfer kan of wil glo nie, kyk na die werklike
>> of KERNINFLASIE syfer, dis 7.9% en dit reflekteer die werklikheid. Net die
>> goewerment en joernaliste kyk enigsins na die 1.9%. >>
>
>
> Wees regverdig die hele pad, swaer.
>
> Elke berig wat ek gelees hert oor inflasie wys na albei syders EN sê
> die rede vir die daling na 1,9 is hoofsaaklik te wyte aan goedkoper
> verblyf omdat die rentekoerse so gedaal het.
>
> Maar laat almal met huislenings n bietjie die eksperiment doen: Kos
> julle verblyf minder as 'n jaar gelede? Dink nou daaraan as OOK deel
> van die inflasie-pakket.
>
> Wat die regering betref: Jy het seker gesien dat Trevor Manual met
> samwerking van die Reserwebank en nog ander ouens 'n baan vir inflasie
> as mikpunt gaan vasstel en dat hulle ALBEI die syfers gaan gebruik?
> Dan sien hulle dit mos ook raak, of hoe?
>
Vorige onderwerp: 'n Klap na ABSA
Volgende onderwerp: Inflasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 22:33:32 MGT 2024