Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Doringboompie
Doringboompie [boodskap #27643] So, 24 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina

Graag reserveer ek my spreekbeurt aangaande die doringboompie.

Ek werk aan 'n stukkie oor die "twis" tussen die Britse offisiere :
Kitchener ( ' n "non-practicingcing homosexual") en Genl. French.
French was die senior, maar Kitchener die "blue-eyed boy" ná Khartoum.
Kitchener is oorhoofs bo French aangestel na Magersfontein en was grootliks
verantwoordelik vir die groot lewensverlies by Perdeberg.
Verder was daar 'n ding rondom genl. White van die Natalse front en die
misluking aldaar ná die bloedneus van die Engelse in Natal. Dis nie net die
Afrikaner wat onderling twis nie. Kyk maar watter opposisie het Emily
Hobhouse aanvanklik in eie geledere belewe. Die Konserwative Party was aan
bewind in Albion tydens die ABO en daar was 'n gaping tussen die House of
Commons en die Troon. Toe die Arbeiders ná die oorlog aan bewind kom, het
die Boere baie konsessies ontvang ná vredesluiting.

Ek hou nie van die verwysing " in amber vasgevang" nie. Daar was nie 'n
"verabsolutering" van die oorlog nie. Ons mense kon nie anders nie.
Dankie en tot later

Barrie
Re: Doringboompie [boodskap #27651 is 'n antwoord op boodskap #27643] Ma, 25 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Barrie wrote in message ...

> Ek werk aan 'n stukkie oor die "twis" tussen die Britse offisiere :
> Kitchener ( ' n "non-practicingcing homosexual") en Genl.
French.

Dankie Barrie vir hierdie uitdrukking - 'n "non-practising
homosexual". 'n Mens kan sommer sien jy is 'n expert op die
gebied van kommunikasiekunde.

Hierdie soort van uitdrukking is ideaal geskik daarvoor as 'n
mens iemand wil beswadder sonder om te hoef praktiseer wat jy
onlangs in 'n ander draad gepredik het, naamlik:

"Onthou een ding. Geskiedenis word eers wetenskap as dit op
ge-annoteerde (aangetekende, bewysbare) feite berus."

Of is die stukkie "geskiedenis" waaraan jy kamtig werk nie
heeltemal so wetenskaplik as wat jy wil voorgee nie?

Swart Simon
Vorige onderwerp: Die Hollandse Huid
Volgende onderwerp: Sydelingse aanspreekvorm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 17:36:12 MGT 2024