Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: die doringboom - was hy werklik geknak?
Re: die doringboom - was hy werklik geknak? [boodskap #27637] Sa, 23 Oktober 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Daar is GEEN manier waarop De Wet en Smuts hul perdekommandos deur die Oos-
> en Noord-Kaap, en so ver Suid as Saldanha (letterlik binne sig van
> Tafelberg) kon neem sonder wydverspreide ondersteuning en aktiewe hulp so
> ver as wat hulle gegaan het nie. Deur mense wat hulle in die proses willens
> en wetens aan hoogverraad skuldig gemaak het.
>
> (Was Gideon Scheepers nie _juis_ van die Kleinkaroo nie?)
>
> Gloudina, jou ou Empire-sentimente is nie so algemeen as wat jy dalk mag
> dink nie! Ek reken _jy_ slaan die bal mis!

Om my van "Empire-sentimente" te beskuldig, is weer deel van jouaanhoudende
metode om almal wat nie met jou enge standpunte saam-
stem nie, af te rakel as iets slegs. Dit pas in by die neerbuigende
manier waarmee jy van mense uit ander dele van die land praat.
Net omdat jy uit 'n sosiale sfeer kom wat bevolk is met Nederlanders
wat in die ou republieke hulle nes wou kom skop het, en heelwaar-
skynlik ander families wat afstammelinge van die Voortrekkers
was en dus militant teenoor die swart bevolking van die oostelike
dele van die land was, en teen die "uitlanders," maak nog nie dat
ander mense in dieselfde atmosfeer van antipatie grootgeword het
as wat jy blykbaar voel dis jou roeping in die lewe om te verkondig
nie.

Gloudina
Re: die doringboom - was hy werklik geknak? [boodskap #27638 is 'n antwoord op boodskap #27637] Sa, 23 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
In later jare was daar die neiging om die Tweede
Vryheidsoorlog soos 'n insek in amber te bewaar,
asof die ossewa die boompie permanent vertrap
het.

[...]

Toe my pa sestien was
het Smuts, in Namakwaland op 'n werwingsveld-
tog, vir die jong seuns gevra hoekom hulle nie veg
in Transvaal nie. Maar hoekom moes hulle ? My
pa se voorouers het nie weggetrek uit die Kaapland
nie. In baie opsigte was die mense in die Transvaal en
Oranje Vrystaat vir hom meer vreemd as die mense
in die Boland. Kaapstad was die kern van sy bestaan,
nie Pretoria nie. Wanneer mense so kla omdat die
sogenaamde Afrikaners so 'n klomp dwarstrekkers
is en nie almal dieselfde heer en meester wil dien
nie, dan moet mens onthou dat die Afrikaners 'n
diverse ontwikkeling deurgemaak het. Iemand wie
se voorvaders byvoorbeeld in die Klein Karoo gesetel
het, kan heelwaarskynlik hom min identifiseer met
die nageslagte van die mense wat die Groot Trek mee-
gemaak het. Pogings om die Tweede Vryheidsoorlog
te verikoniseer as bagasie vir alle Afrikaners, slaan die
bal totaal mis.

******************************

Daar is GEEN manier waarop De Wet en Smuts hul perdekommandos deur die Oos-
en Noord-Kaap, en so ver Suid as Saldanha (letterlik binne sig van
Tafelberg) kon neem sonder wydverspreide ondersteuning en aktiewe hulp so
ver as wat hulle gegaan het nie. Deur mense wat hulle in die proses willens
en wetens aan hoogverraad skuldig gemaak het.

(Was Gideon Scheepers nie _juis_ van die Kleinkaroo nie?)

Gloudina, jou ou Empire-sentimente is nie so algemeen as wat jy dalk mag
dink nie! Ek reken _jy_ slaan die bal mis!
Vorige onderwerp: Taalstryd
Volgende onderwerp: Tweede Vryheidsoorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 02:52:42 MGT 2024