Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Orde! Orde!
Orde! Orde! [boodskap #27447] Di, 19 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Barrie  is tans af-lyn  Barrie
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Hierdie ng het dringend die dienste van 'n streng voorsitter nodig! Genade!
....ek verstaan nie 'n woord wat die mense sê nie ( en dit negeer my
kandidatuur terstond). In sy lewendige gesprek met Adam in die nuusgleuf
"Re: Leendert the eristic" bars hy al wat 'n Engelse woordeboek op my rak
is --
van die Oxford Minidictionary tot by die Advanced en my Thesaurus! Feit van
die saak is : dié oënskynlik netelige twis tussen heethoofde prikkel my
nuuskierigheid en die soeke na 'n antwoord op wat "eristic" beteken, dryf my
na die moeder van alle wetenskappe, die Wysbegeerte. En dáár kry ek die
antwoord! Antony Flew se "Dictionary of Philosophy" (Pan 1979) p. 111 sê:
1. eristic. (as a noun) The art of disputation, especially as practised
among the sophists, but also used in the platonic Academy. The word often
has perjorative overtones, suggesting argument by dubious means for the
purpose of victory, rather than the disinterested pursuit of truth (compare
dialectic). See Plato.
2. (..as an adjective) Controversial, particularly with the implication of
arguing for a victory ragardless of the actual truth of what is contended."
In Van Baars en Van der Schoot se Engels Nederlands Woordenboek word dit in
een woord opgesom te wete "polemisch" of "polemicus". Nou, ja, daar het
julle dit. Om hierdie polemiek tot 'n spits te dryf, die volgende staaltjie:
Twee manne loop mekaar op Kaapstad stasie raak. Een vra : Hoe laat is dit?
Die ander antwoord:
"Sorry, but I don't speak Dutch". Die eerste een sê: "Well, seeing that you
don't speak Dutch 'f... jou!'" "Eristic?" "Quite!" G'n wonder die Engelse
is so slim nie!
Huntington het 'n groot bydrae tot die "demise" van die ou "regime" gelewer.
Soos ek die saak verstaan het hy aanbeveel dat as iemand jou met 'n "issue"
konfronteer, jou standaard antwoord moet wees: "You do not understand me".
M.a.w. "jy" is te dom om my te verstaan. Dis nie my fout nie, boetie, dis jy
wat my nie kan verstaan nie. So word 'n argument met 'n pluspunt vir die
aggressor
begin en ons weet die ou wat die eerste opstopper in kry, staan die beste
kans om die "fight" te wen. Roelfie, Roelfie, hoekom het jy nie Huntington
opgeswot nie? Nog 'n boekie wat die moeite werd is, is Roger Fisher en
William Ury se Getting to YES- negotiating an agreement without giving in.
(Arrow Business Books 1991) Die oorredingswetenskappe ('n wetenskap is dit
gewis, want die empiriese beginsel is die toetssteen) is die studiegebied
van die toekoms. Luister, kinertjies, hierdie oom sê gaan swot toegepaste
kommunikasiekunde. Dis waar julle brood en botter lê. Gaan leer om bitsig
te wees! Leer byt. As jy nie "dutch" kan praat nie, sê vir jou opponent:"
May your mother jump up from the porch and bite you when you get home
tonight!"... of so iets. Julle dogtertjies hoef dit nie te gaan leer nie -
julle is " empowered" genoeg.

Nou, ja, hier trek ek die "plug" uit. Net ietsie: my globale nuusverspreider
is ietwat slap (fundamenteel gestel) want hy versuim om my "threads" af te
laai. Miskien is dit "seeing that I speak dutch". Moet dus nie vir my kwaad
word as ek nalaat om
flink in my polemiek te wees nie.

Slaap rustig!

ns. Leendert, mooi so, jy het daai ou goed gebliksem!
Re: Orde! Orde! [boodskap #27526 is 'n antwoord op boodskap #27447] Wo, 20 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Barrie wrote:
>
> Hierdie ng het dringend die dienste van 'n streng voorsitter nodig! Genade!
> ....ek verstaan nie 'n woord wat die mense sê nie ( en dit negeer my
> kandidatuur terstond). In sy lewendige gesprek met Adam in die nuusgleuf
> "Re: Leendert the eristic" bars hy al wat 'n Engelse woordeboek op my rak
> is --

DAnkie Barrie - dit was weer een van daai gevalle waar ek nie stupid wou
lyk deur te maak of ek die betekenis van 'eristic' verstaan. In elk
geval - watch hoe gaat ek hierdie spul Ingelse by my werk nou skrikmaak
met die nuwe woord!


> Huntington het 'n groot bydrae tot die "demise" van die ou "regime" gelewer.
> Soos ek die saak verstaan het hy aanbeveel dat as iemand jou met 'n "issue"
> konfronteer, jou standaard antwoord moet wees: "You do not understand me".

Ja kan werk ...
'You do not UNDERSTAND me!"
Vorige onderwerp: I know I said this was goodbye...
Volgende onderwerp: Pateties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 18:59:42 MGT 2024