Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Regter John Foxcroft en verkragting
Regter John Foxcroft en verkragting [boodskap #27249] Di, 12 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Vroeg verlede week het regter John Foxcroft (ek meen dis hy wat Boesak vir agt
jaar gebe^re het vir "struggle accounting") 'n man van Elsiesrivier wat sy
veertien jarige dogter verkrag het vir net meer as twee jaar tronk toe gestuur
met woorde tot die effek dat die man nie vir die gemeenskap gevaarlik is nie
aangesien sy seksuele afwyking slegs tot sy eie gesin beperk is.

Watter gemors raak die geleerde man nie hier kwyt nie. Verkragting is
verkragting is verkragting. Die feit dat die slagoffer sy eie dogter is maak
die saak juis te meer soveel erger. Die kind het die reg om liefde en
beskerming van haar vader te verwag, nie 'n gweldsmisdaad en 'n emosionele wond
wat sy nooit sal vergeet nie. Tot tien gelede kon die pa vir hierdie misdaad
gehang word. Boonop is dit bloedskande. Nou kry hy net twee jaar.

Volgens dieselfde argument kan pappa vir mamma koelbloedig vermoor en net twee
jaar tonkstraf kry, die bedreiging is beperk tot lede van pappa se gesin en nie
vir die gemeenskap nie.

Regters het die plig om objektief te oordeel en nie om na die gemenskap se pype
te dans nie. Maar hulle moet ook doen wat reg is. As hulle dit nie sou doen
nie, ontaard ons regstelsel in een groot "kangaroo court." Wat ek egter nie
verstaan nie is hoe regters so iets kan reg kry. Verlede week het 'n moordenaar
in Port Elizabeth R2000 boete plus tronktraf opgeskort vir 'n paar jaar gekry
vir moord. In die hof langsaan kry 'n sakkeroller vyf jaar hardepad sonder
keuse van 'n boete. Wat gaan aan?

Regters, hulle bevindinge en vonnisse moet onderhewig wees aan hersiening deur
'n paneel bestaande uit hulle peergroep. Regter Foxcroft sal in so 'n stelsel
'n vervroegde pensioen kry en hy kan dan so help om die gemeenskap te beskerm.

Soos dit nou aangaan kry ons nie "kangaroo courts" nie, maar wel "banana
justice." Ek weet nie wat is erger nie!
Re: Regter John Foxcroft en verkragting [boodskap #27250 is 'n antwoord op boodskap #27249] Di, 12 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
afro...  is tans af-lyn  afro...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek het die volgende artikel in Die Burger op gespoor

Kapingsmoordenaars kry swaarste straf

ESTELLE ELLIS H OOGGEREGSHOFVERSLAGGEWER
KAAPSTAD. Die twee oorlewende lede van 'n kapingsmoordbende is gister
die swaarste straf moontlik in die Suid-Afrikaanse reg opgelê weens hul
skrikbewind in Januarie verlede jaar in die Wes-Kaap.

Regter Braam Lategan het Rashaad Petersen (28) en Marshall Andrews (23)
tot gevaarlike misdadigers verklaar en tronkstraf vir 'n onbepaalde tyd
opgelê op dertien aanklagte van moord, roof en menseroof waaraan hy
hulle sowat 'n maand gelede skuldig bevind het.

Die saak het gevolg op die koelbloedige skietdood van mnr. Mike Knott
en sy vrou, Maggie, van Land en Zeezicht in Somerset-Wes, die Randse
sakevrou me. Marilese Holmes en haar Amerikaanse vriend, mnr. Eddie
Keim, en die kaping en ontvoering van 'n Stellenbosse pastoor, mnr.
Dries Manders en sy kind. Holmes se ouers, mnr. Deryk en mev. Annatjie
Holmes, het gister gesê dit is 'n straf wat ``reg laat geskied het, al
kan dit nie ons dogter terugbring nie.''

Regslui beskou dié straf as die swaarste vonnis moontlik sedert die
afskaffing van die doodstraf. Dit is soortgelyk aan die straf wat
Lategan aan Dawid Ruiters en sy bende geharde misdadigers opgelê het ná
die wrede mesmoorde op 'n plaas naby Nieuwoudtville vandag drie jaar
gelede.

Lategan het bepaal dat Petersen en Andrews se vonnis oor dertig jaar
heroorweeg word. Dan moet die paroolraad 'n verslag aan die hof voorlê
wat handel oor hul gedrag in die gevangenis en die risiko dat hul weer
in misdaad sal verval.

``Hierdie hofsaak is een van die skrikwekkendste gevalle van die
aantasting van mense se regte. Binne drie dae het Petersen en Andrews
saam gemoor en gekaap. Hulle het tyd vir besinning gehad ná die eerste
keer.

``Holmes en Keim was twee jong mense in die fleur van hul lewe. Holmes
moes toekyk hoe haar metgesel geskiet word voordat sy verkrag en
vermoor is.

``Ek moet besluit of dit nie nodig is om Petersen en Andrews so lank as
wat dit denkbaar moontlik is uit die gemeenskap te verwyder nie. Ek sou
my plig versuim as ek nie dié risiko wat hulle skep sou besweer met al
die middele tot my beskikking nie.''

Die vonnis is met woede en trane op die galery onder die beskuldigdes
se familie en vriende begroet.

Die slagoffers se gesinne was dit eens dat die hofsaak 'n belangrike
afsluiting was van die moorde.

Mnr. Blackie Swart en prof. Andrew Copeling was die assessore. Adv.
Kevin Rossouw het vir die staat verskyn. Advv. Gerrit Badenhorst en
Janos Mihalik het vir die beskuldigdes verskyn.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.
Re: Regter John Foxcroft en verkragting [boodskap #27286 is 'n antwoord op boodskap #27249] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Het iemand miskien agtergekom of die Regter en die beskuldigde 'n goue
ring met dieselfde motief op gedra het?

> Regters het die plig om objektief te oordeel en nie om na die gemenskap se pype
> te dans nie. Maar hulle moet ook doen wat reg is.

Sorrie. Sommige kan nie bekostig om dit te doen nie.

> As hulle dit nie sou doen nie, ontaard ons regstelsel in een groot "kangaroo court." Wat ek egter nie
> verstaan nie is hoe regters so iets kan reg kry.

Maklik. Baie maklik.

> Verlede week het 'n moordenaar
> in Port Elizabeth R2000 boete plus tronktraf opgeskort vir 'n paar jaar gekry
> vir moord. In die hof langsaan kry 'n sakkeroller vyf jaar hardepad sonder
> keuse van 'n boete. Wat gaan aan?
>
" Ek sal by my broeder staan. "by right or by wrong."

Alwyn
Re: Regter John Foxcroft en verkragting [boodskap #27595 is 'n antwoord op boodskap #27249] Vr, 22 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Oct 1999 23:16:19 GMT, afro...@my-deja.com wrote:

Dit is darem nie in alle gevalle so nie. Dink maar aan 'n paar
maande
> gelede en onthou die unieke vonnis wat die Nieuwoudtville moordenaars
> opgele is. Hulle mag eers in die jaar 2049 vir parool in aanmerking kom.
>
> Maar verder stem ek saam. Die regstelsel is besig om 'n grap te word.>>

Is die regter ter sprake - Foxcroft - nie 'n wit man en uit die vorige
bestel nie?
En het hy nie 'n soortgelyke uitspraak gemaak toe die ou bestel nog
aan die werk was nie?
Re: Regter John Foxcroft en verkragting [boodskap #27688 is 'n antwoord op boodskap #27249] Di, 26 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Antowan Nothling  is tans af-lyn  Antowan Nothling
Boodskappe: 14
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Daar is een ding wat ek myself belowe het en dit was om te gaan kyk hoe
dinge binne die hof gebeur. Ek gaan nie aansprake maak nie, maar al wat ek
agter gekom het nadat ek die strafprosedure benader het was dat die ouens
hard werk en dinge doen volgens reels wat opgestel is en verander word oor
'n tydperk langer as wat enige Suid-Afrikaner nog ooit oud geword het.
Dit is baie maklik om nie dinge sommer so uit die koerante uit te haal en
die moer in te word daaroor nie. Om die waarheid te se is dit wat die
koerante wil he. Hulle wil he mense moet die moer in word sodat hulle die
damn goed kan verkoop.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, koerante is brood nodig in ons jong
demokrasie, maar mense moet geleer word om die goed met oop koppe te lees.
Niemand wat hier hulle bekke so groot rek nie, het enigsins regsondervinding
nie. Die wat wel het en nog steeds die regstelsel prontuit kritiseer het
tien teen een iemand wat 'n graad in regte klaar gemaak, nie werk gekry het
nie en nou dink hy hy is die regskoning van die wereld. Jammer, hier raak ek
bietjie die pad byster.

Die punt is, mense moet aanneem hulle weet vokol voordat hulle moerig raak.
Gaan kyk bietjie na daardie saak se pampiere en jy sal seersekerlik vind dat
die regter goeie rede gehad het om te doen wat hy gedoen het. Seker die
grootste voorbeeld van sogenaamde laksheid in ons regstelsel kom uit die
appartheid era, deur regters wat 'n mens nie kon glo hulle sou so iets doen
nie. Hier praat ek vand Verwoerd se moordenaar. Mens sou dink die ou sou sy
gat sonder 'n spieel sien. En woeps daar word hy sommer as sielsiek deur
onse "wrede" appartheids regters bestempel en na 'n inrigting gestuur. Op
die einde van die dag was die ou toe regtig mal in sy bleddie kop, maar wie
kla nou daaroor.

Daar skort niks met ons regstelsel behalwe dat die doodstraf nie meer daar
is nie en dat mannekrag en salarisse nie deur onse regering reg geadmin word
nie.

Die regstelsel is al jare met ons. Onse mensetjies wat nou kak en kerm is
maar nog net 'n ou kort rukkie op die God gegewe aarde. Dink aan die
regstelsel as 'n persoon wat oor ons almal waak. Hy as al honderde jare met
ons (Romeins Hollands) en het al alles gesien waarvan 'n kortstondige mens
nog net van kan droom. Ons moet nie dinge sommer wil verander nie, want glo
vir my die laaste ding wat ons wil he in hierdie wereld is dat die regering
om elke hoek en draai die regstelsel aanpas by die wil van die mense.

Binne 'n paar jaat sit ons dalk met 'n stelsel wat 'n toffie uitdeel aan
elke moordenaar vir die hoeveelheid mense wat hy kon nail...

Cyber Sakkie skryf in boodskap news:7tvao6$1mbt@edrn.newsguy.com...
> Vroeg verlede week het regter John Foxcroft (ek meen dis hy wat Boesak vir agt
> jaar gebe^re het vir "struggle accounting") 'n man van Elsiesrivier wat sy
> veertien jarige dogter verkrag het vir net meer as twee jaar tronk toe gestuur
> met woorde tot die effek dat die man nie vir die gemeenskap gevaarlik is nie
> aangesien sy seksuele afwyking slegs tot sy eie gesin beperk is.
>
> Watter gemors raak die geleerde man nie hier kwyt nie. Verkragting is
> verkragting is verkragting. Die feit dat die slagoffer sy eie dogter is maak
> die saak juis te meer soveel erger. Die kind het die reg om liefde en
> beskerming van haar vader te verwag, nie 'n gweldsmisdaad en 'n emosionele wond
> wat sy nooit sal vergeet nie. Tot tien gelede kon die pa vir hierdie misdaad
> gehang word. Boonop is dit bloedskande. Nou kry hy net twee jaar.
>
> Volgens dieselfde argument kan pappa vir mamma koelbloedig vermoor en net twee
> jaar tonkstraf kry, die bedreiging is beperk tot lede van pappa se gesin en nie
> vir die gemeenskap nie.
>
> Regters het die plig om objektief te oordeel en nie om na die gemenskap se pype
> te dans nie. Maar hulle moet ook doen wat reg is. As hulle dit nie sou doen
> nie, ontaard ons regstelsel in een groot "kangaroo court." Wat ek egter nie
> verstaan nie is hoe regters so iets kan reg kry. Verlede week het 'n moordenaar
> in Port Elizabeth R2000 boete plus tronktraf opgeskort vir 'n paar jaar gekry
> vir moord. In die hof langsaan kry 'n sakkeroller vyf jaar hardepad sonder
> keuse van 'n boete. Wat gaan aan?
>
> Regters, hulle bevindinge en vonnisse moet onderhewig wees aan hersiening deur
> 'n paneel bestaande uit hulle peergroep. Regter Foxcroft sal in so 'n stelsel
> 'n vervroegde pensioen kry en hy kan dan so help om die gemeenskap te beskerm.
>
> Soos dit nou aangaan kry ons nie "kangaroo courts" nie, maar wel "banana
> justice." Ek weet nie wat is erger nie!
>
Re: Regter John Foxcroft en verkragting [boodskap #27731 is 'n antwoord op boodskap #27249] Do, 28 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
JA Nothling

Jy is reg, ek is een van die wat "vokol" weet van die regstelsel. Ek het nie 'n
regsgraad nie en gee myself nie uit as 'n kenner van die stelsel nie.

Jy het ook 'n punt dat die regter moontlik goeie rede kon gehad het vir sy ligte
vonnis.

Ek is weer reg as ek sê dat die interaksie tussen die regstelsel en die
gemeenskap belangrik is. Indien die gemeenskap vertroue verloor in die
regstelsel maak dit nie saak dat die stelsel honderde jare oud is nie en dat die
mense binne die stelsel goed gekwalifiseer is nie.

En dit is wat nou gebeur. Klaarblyklike redelose uitsprake, gekoppel met die
onvermoee" van die staat om sy kant van die sosiale kontrak te eerbiedig breek
vertroue. Indien ek 'n wye draai om die staat se regsapparatuur kan gooi, sal
ek dit doen. Dit begin by die polisie, gaan deur na die staataanklaers en
regsbank tot by die gevangensidiens.

Om my punt te staaf, slegs 1 uit 'n 100 motorkapers word ooit gevonnis. Erens
doen iemand nie hulle werk nie. En doodgewone mensies soos ek wat "vokol" weet
van die reg sê "vok die reg" dit beskerm net oortreders!

Cyber Sakkie

In article , "JA says...
>
> Daar is een ding wat ek myself belowe het en dit was om te gaan kyk hoe
> dinge binne die hof gebeur. Ek gaan nie aansprake maak nie, maar al wat ek
> agter gekom het nadat ek die strafprosedure benader het was dat die ouens
> hard werk en dinge doen volgens reels wat opgestel is en verander word oor
> 'n tydperk langer as wat enige Suid-Afrikaner nog ooit oud geword het.
> Dit is baie maklik om nie dinge sommer so uit die koerante uit te haal en
> die moer in te word daaroor nie. Om die waarheid te se is dit wat die
> koerante wil he. Hulle wil he mense moet die moer in word sodat hulle die
> damn goed kan verkoop.
>
> Moet my nie verkeerd verstaan nie, koerante is brood nodig in ons jong
> demokrasie, maar mense moet geleer word om die goed met oop koppe te lees.
> Niemand wat hier hulle bekke so groot rek nie, het enigsins regsondervinding
> nie. Die wat wel het en nog steeds die regstelsel prontuit kritiseer het
> tien teen een iemand wat 'n graad in regte klaar gemaak, nie werk gekry het
> nie en nou dink hy hy is die regskoning van die wereld. Jammer, hier raak ek
> bietjie die pad byster.
>
> Die punt is, mense moet aanneem hulle weet vokol voordat hulle moerig raak.
> Gaan kyk bietjie na daardie saak se pampiere en jy sal seersekerlik vind dat
> die regter goeie rede gehad het om te doen wat hy gedoen het. Seker die
> grootste voorbeeld van sogenaamde laksheid in ons regstelsel kom uit die
> appartheid era, deur regters wat 'n mens nie kon glo hulle sou so iets doen
> nie. Hier praat ek vand Verwoerd se moordenaar. Mens sou dink die ou sou sy
> gat sonder 'n spieel sien. En woeps daar word hy sommer as sielsiek deur
> onse "wrede" appartheids regters bestempel en na 'n inrigting gestuur. Op
> die einde van die dag was die ou toe regtig mal in sy bleddie kop, maar wie
> kla nou daaroor.
>
> Daar skort niks met ons regstelsel behalwe dat die doodstraf nie meer daar
> is nie en dat mannekrag en salarisse nie deur onse regering reg geadmin word
> nie.
>
> Die regstelsel is al jare met ons. Onse mensetjies wat nou kak en kerm is
> maar nog net 'n ou kort rukkie op die God gegewe aarde. Dink aan die
> regstelsel as 'n persoon wat oor ons almal waak. Hy as al honderde jare met
> ons (Romeins Hollands) en het al alles gesien waarvan 'n kortstondige mens
> nog net van kan droom. Ons moet nie dinge sommer wil verander nie, want glo
> vir my die laaste ding wat ons wil he in hierdie wereld is dat die regering
> om elke hoek en draai die regstelsel aanpas by die wil van die mense.
>
> Binne 'n paar jaat sit ons dalk met 'n stelsel wat 'n toffie uitdeel aan
> elke moordenaar vir die hoeveelheid mense wat hy kon nail...
>
> Cyber Sakkie wrote in message
> news:7tvao6$1mbt@edrn.newsguy.com...
>> Vroeg verlede week het regter John Foxcroft (ek meen dis hy wat Boesak vir agt
>> jaar gebe^re het vir "struggle accounting") 'n man van Elsiesrivier wat sy
>> veertien jarige dogter verkrag het vir net meer as twee jaar tronk toe gestuur
>> met woorde tot die effek dat die man nie vir die gemeenskap gevaarlik is nie
>> aangesien sy seksuele afwyking slegs tot sy eie gesin beperk is.
>>
>> Watter gemors raak die geleerde man nie hier kwyt nie. Verkragting is
>> verkragting is verkragting. Die feit dat die slagoffer sy eie dogter is maak
>> die saak juis te meer soveel erger. Die kind het die reg om liefde en
>> beskerming van haar vader te verwag, nie 'n gweldsmisdaad en 'n emosionele wond
>> wat sy nooit sal vergeet nie. Tot tien gelede kon die pa vir hierdie misdaad
>> gehang word. Boonop is dit bloedskande. Nou kry hy net twee jaar.
>>
>> Volgens dieselfde argument kan pappa vir mamma koelbloedig vermoor en net twee
>> jaar tonkstraf kry, die bedreiging is beperk tot lede van pappa se gesin en nie
>> vir die gemeenskap nie.
>>
>> Regters het die plig om objektief te oordeel en nie om na die gemenskap se pype
>> te dans nie. Maar hulle moet ook doen wat reg is. As hulle dit nie sou doen
>> nie, ontaard ons regstelsel in een groot "kangaroo court." Wat ek egter nie
>> verstaan nie is hoe regters so iets kan reg kry. Verlede week het 'n moordenaar
>> in Port Elizabeth R2000 boete plus tronktraf opgeskort vir 'n paar jaar gekry
>> vir moord. In die hof langsaan kry 'n sakkeroller vyf jaar hardepad sonder
>> keuse van 'n boete. Wat gaan aan?
>>
>> Regters, hulle bevindinge en vonnisse moet onderhewig wees aan hersiening deur
>> 'n paneel bestaande uit hulle peergroep. Regter Foxcroft sal in so 'n stelsel
>> 'n vervroegde pensioen kry en hy kan dan so help om die gemeenskap te beskerm.
>>
>> Soos dit nou aangaan kry ons nie "kangaroo courts" nie, maar wel "banana
>> justice." Ek weet nie wat is erger nie!
>>
>
Vorige onderwerp: test
Volgende onderwerp: Re: ANC se magslus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 15:52:18 MGT 2024