Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoekom is Gloudina altyd so bitter?
Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26803] Vr, 24 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Byter  is tans af-lyn  Byter
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek het in die verlede al dat frustrasie met Gloudina se bitterheid met my
weghardloop. Wat ek met hierdie pos wil bereik het niks te make met vernynigheid
of hatigheid nie. Sonder om dan enigsins aanstoot te gee aan Gloudina, of in 'n
geveg met haar betrokke te raak, wil ek graag van Gloudina weet waar haar
bitterheid teenoor alles en almal in hierdie ng vandaan kom. Jy kan my gerus
reg help Gloudina, maar ek het nog nooit gesien dat jy enige iets goed oor enige
onderwerp of teenoor enige iemand kwyt geraak het nie. Haat jy dan Afrikaans en
Afrikaners?

In nederigheid en met respek teenoor Gloudina

Byter
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26804 is 'n antwoord op boodskap #26803] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julie Morgan  is tans af-lyn  Julie Morgan
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
----- Original Message -----
From: Byter
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
Sent: Friday, September 24, 1999 9:20 AM
Subject: Hoekom is Gloudina altyd so bitter?

> Ek het in die verlede al dat frustrasie met Gloudina se bitterheid met my
> weghardloop. Wat ek met hierdie pos wil bereik het niks te make met vernynigheid
> of hatigheid nie. Sonder om dan enigsins aanstoot te gee aan Gloudina, of in 'n
> geveg met haar betrokke te raak, wil ek graag van Gloudina weet waar haar
> bitterheid teenoor alles en almal in hierdie ng vandaan kom. Jy kan my gerus
> reg help Gloudina, maar ek het nog nooit gesien dat jy enige iets goed oor enige
> onderwerp of teenoor enige iemand kwyt geraak het nie. Haat jy dan Afrikaans en
> Afrikaners?
>
> In nederigheid en met respek teenoor Gloudina
>
> Byter

Ek self bly weg van gesprekke waarin Gloudina betrokke is en tot op datum
enige direkte gesprekke met haar vermy. Haar sarkastiese aanmerking in die
verlede oor my en my familie staan my glad nie aan nie - veral gesien in die
lig dat ek nog nooit enigiets negatief oor haar kwytgeraak het nie.

Julie
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26805 is 'n antwoord op boodskap #26803] Vr, 24 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Byter wrote:

> Sonder om dan enigsins aanstoot te gee aan Gloudina, of in 'n
> geveg met haar betrokke te raak, wil ek graag van Gloudina weet waar haar
> bitterheid teenoor alles en almal in hierdie ng vandaan kom. Jy kan my gerus
> reg help Gloudina, maar ek het nog nooit gesien dat jy enige iets goed oor enige
> onderwerp of teenoor enige iemand kwyt geraak het nie. Haat jy dan Afrikaans en
> Afrikaners?
>
>

Byter, lees weer wat jy hierbo geskryf het. Stem jy saam met jouself :datek bitter
is oor almal op hierdie nuusgroep? Dat ek nog nooit iets goeds
oor enige onderwerp kwytgeraak het nie? Stem jy met jouself saam?

Gloudina
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26823 is 'n antwoord op boodskap #26803] Sa, 25 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Jull betaal miskien 'n paar rande per maand vir TOEGANG tot die net. Julle
is nie die eienaars van die ng en andere nie, Julle het reg om iets te se as
iemand anders 'n advertensie plaas nie.

Die doel van omtrent alle advertensies is om uiteidelik wins te genereer.
Dis elkeen se reg om 'n bestaan te kan maak. So los die adverteerders uit.

Krokkie

Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> @sympatico.ca wrote in message
> ...
>> Julie Morgan wrote:
>>
>>> Haar sarkastiese aanmerking in die
>>> verlede oor my en my familie staan my glad nie aan nie - veral gesien in
> die
>>> lig dat ek nog nooit enigiets negatief oor haar kwytgeraak het nie.
>>
>> Kan jy my geheue verfris. Wanneer het ek ooit iets oor jou of jou
>> familiekwytgeraak? Ek kan vaagweg onthou dat daar 'n polemiek was oor
>> hoe "veilig" Florida is en ( as ek aan die regte persoon dink) dat die
>> persoon van die ng gebruik maak om te adverteer vir diens op deadbeat
>> dads op te spoor.
>
> Ek het nie beswaar teen "advertensies" (in die vorm van 'n kort sig) om 'n
> inligtingsbron van hierdie aard bekend te stel nie. Volgens my wete word so
> 'n sig beskou as heeltemal binne die perke van nettiket, selfs al sou die
> advertensie kommersiële wins net doel hê.
>
> In die onderhawige geval is dit boonop 'n (oënskynlik) kostelose en uiters
> noodsaaklike diens is, wat uit sy aard afhanklik is van maksimum
> blootstelling.
>
> Om die waarheid te sê, ek beskou dit as erg katterig (om die minste te sê),
> as iemand Julie se sig sou beskryf as "advertensie", op so 'n wyse dat dit
> suggereer dat die "advertensie" gemik is op persoonlike gewin.
>
> Sies!
>
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26824 is 'n antwoord op boodskap #26803] Sa, 25 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Julie Morgan wrote:

> Haar sarkastiese aanmerking in die
> verlede oor my en my familie staan my glad nie aan nie - veral gesien in die
> lig dat ek nog nooit enigiets negatief oor haar kwytgeraak het nie.

Kan jy my geheue verfris. Wanneer het ek ooit iets oor jou of jou
familiekwytgeraak? Ek kan vaagweg onthou dat daar 'n polemiek was oor
hoe "veilig" Florida is en ( as ek aan die regte persoon dink) dat die
persoon van die ng gebruik maak om te adverteer vir diens op deadbeat
dads op te spoor. So, asseblief, vertel my wat ek van jou of jou familie
gesê het. As jy my kan oortuig, sal ek jou om verskoning vra.

Gloudina

>
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26825 is 'n antwoord op boodskap #26803] Sa, 25 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Julie Morgan wrote:
>
>> Haar sarkastiese aanmerking in die
>> verlede oor my en my familie staan my glad nie aan nie - veral gesien in die
>> lig dat ek nog nooit enigiets negatief oor haar kwytgeraak het nie.
>
> Kan jy my geheue verfris. Wanneer het ek ooit iets oor jou of jou
> familiekwytgeraak? Ek kan vaagweg onthou dat daar 'n polemiek was oor
> hoe "veilig" Florida is en ( as ek aan die regte persoon dink) dat die
> persoon van die ng gebruik maak om te adverteer vir diens op deadbeat
> dads op te spoor.

Ek het nie beswaar teen "advertensies" (in die vorm van 'n kort sig) om 'n
inligtingsbron van hierdie aard bekend te stel nie. Volgens my wete word so
'n sig beskou as heeltemal binne die perke van nettiket, selfs al sou die
advertensie kommersiële wins net doel hê.

In die onderhawige geval is dit boonop 'n (oënskynlik) kostelose en uiters
noodsaaklike diens is, wat uit sy aard afhanklik is van maksimum
blootstelling.

Om die waarheid te sê, ek beskou dit as erg katterig (om die minste te sê),
as iemand Julie se sig sou beskryf as "advertensie", op so 'n wyse dat dit
suggereer dat die "advertensie" gemik is op persoonlike gewin.

Sies!
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26837 is 'n antwoord op boodskap #26803] So, 26 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julie Morgan  is tans af-lyn  Julie Morgan
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
wrote in message
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26850 is 'n antwoord op boodskap #26803] Ma, 27 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Praat van vleis, ons het Sondag 'n familie ete by my huis gehad.
Ons het 'n lekker skaapboud en gerookte varkboud op die weber gesit. Het so
'n reseppie vir skaapboud. Sal nie glo hoe sag kan so 'n boud werklik word
nie. Sommer weer lus vir braai. Jy smeer so elke halfuur die sousie aan en
draai dit om. So 2 tot 2.5 ure en jy 'n "manjap" stukkie vleis voorberei.

Krokkie

@sympatico.ca wrote in message
...
> PAT wrote:
>
>> My gesin hou niks van skaap
>> nie, en ek het daarmee grootgeword, so verander mens met die
>> jare.
>
> Ja, dis werklik 'n gemis - die lekker skaapvleis. Mens leer om
> eenvoudignie die plaaslike skaapvleis te koop nie. Dit ruik sleg. En die
> New
> Zealandse goed wat jy in die bevrore seksie kry, is ook oneetbaar.
> Ek het grootgeword in 'n plek waar ons daagliks net skaapvleis van
> die slagter af kon kry. As hulle so nou en dan 'n bees slag, dan dink
> almal dis wonderlik. Dis eers toe ek weggaan van die huis af
> Stellenbosch toe, dat ek uitvind dat meeste mense gewoonlik
> beesvleis eet, en skaapvleis die lekkerny is. En my ma kon tog
> die skaapvleis so lekker kook.
>
> Nou natuurlik kook ek geen vleis meer nie. My man is vegetarier,
> en ek eet maar saam met hom vegetaries in die huis.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26851 is 'n antwoord op boodskap #26803] Ma, 27 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Julie Morgan  is tans af-lyn  Julie Morgan
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
PAT skryf in boodskap news:01bf0881$f83cc9c0$6a82aec7@ms660966.mindspring.com...

> Julie, ek voel ook soos jy met betrekking tot Thanksgiving en
> die ander Amerikaanse vakansies. Ek voel vere. Nou is my man
> Amerikaans, en ons doen maar die kalkoen, en oor die jare het
> ek geleer dat dit nie te sleg smaak nie, ook nie die pecan pie
> nie, maar vir die pampoentert sien ek nie kans nie, daarvoor
> gril ek lekker. Mens moet maar sekere tradisies aanneem, en dan
> kan jy jou eie stempel daarop sit, bv. braai n lekker skaapboud
> of iets in plaas van n kalkoen. My gesin hou niks van skaap
> nie, en ek het daarmee grootgeword, so verander mens met die
> jare.

My man is ook Amerikaans. Met ons huwelik het niks vir hom verander nie.
Hy woon in dieselfde dorp, dieselfde land, eet dieselfde kos, dieselfde
vriende, dieselfde tradisies en dieselfde werk. Vir my het alles verander.
Nuwe land, nuwe werk, nuwe eetgewoontes, nuwe vriende, nuwe tradisies en my
familie in Suid-Afrika. Nadat hy saam met my na 'n braai is waar hy die
enigste Amerikaner tussen Suid-Afrikaners was, het hy na die tyd vir my gesê
dat hy nog nooit so uit in sy lewe gevoel het nie, en dat hy vir die eerste
regtig besef het hoe ontuis ek dalk partykeer voel in Amerika en wat ek
opgegee het vir ons huwelik. Van daardie dag af vat ons maar elke holiday
soos dit kom en doen ons eie ding - welke in ons huis na verwys word as die
Morgan tradisies.

Julie
Julie's World: http://www.oocities.org/Heartland/Ranch/6308
My Photo Album: http://www.oocities.org/TheTropics/Resort/5336
Esta TerBlanche: http://www.oocities.org/TelevisionCity/Station/1706
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26852 is 'n antwoord op boodskap #26803] Ma, 27 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Byter  is tans af-lyn  Byter
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
In article , @sympatico.ca says...
>
> Byter wrote:
>
>>
>>
>> In nederigheid en met respek teenoor Gloudina
>>
>> Byter
>
> En jy kan maar uit jou gaatjie uitkom. Dis vir almalduidelik wie jy is. Ek het
> gedag
> jy het gesweer jy sal
> nie weer ander skuilname gebruik nie.
>
> Gloudina
>
>

Aan Gloudina,

Dis duidelik dat ek iets kwyt geraak het wat waarskynlik pynlik is vir jou en ek
vra weereens verskoning. Wat my betref is die onderwerp nou afgehandel.

Ek het egter buiten in die onlangse verlede (toe jy die wereld met jou
prokureurseun gedreig het) nog nooit enige kommunikasie met jou gehad nie en ek
is duidelik iemand anders as wie jy dink. Dit sal interessant wees om uit te
vind "watter ander skuilname" jy dink ek gebruik omdat dit sal wys wie jy dink
ek is.

Ter afsluiting dink ek dat groter verdraagsaamheid teenoor almal en ook deur
almal die wereld 'n veel meer aangename plek sal maak. Anders as jy, kom ek uit
'n generasie wat nie apartheid gepleeg het nie en nie daaroor skuldig voel nie.
Soos ook jy, het ek definitief voordeel daaruit getrek het, bv. die
onderwysstelsel, paaie en hospitale in die ou blanke gebiede. Daarom is ek
uiteindelik net so verkeerd soos die oorspronklike perpetreerders van apartheid
(soos ook jy). Omdat die skoen nou aan die ander voet is, het ons wat agter bly
in SA noodgedonge geleer om verdraagsaam te wees. Hoekom kan diegene wat vetrek
het uit SA nie ook leer om verdraagsaam te wees nie?

Byterjie
Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter? [boodskap #26853 is 'n antwoord op boodskap #26803] Ma, 27 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

PAT wrote:

> My gesin hou niks van skaap
> nie, en ek het daarmee grootgeword, so verander mens met die
> jare.

Ja, dis werklik 'n gemis - die lekker skaapvleis. Mens leer om
eenvoudignie die plaaslike skaapvleis te koop nie. Dit ruik sleg. En die
New
Zealandse goed wat jy in die bevrore seksie kry, is ook oneetbaar.
Ek het grootgeword in 'n plek waar ons daagliks net skaapvleis van
die slagter af kon kry. As hulle so nou en dan 'n bees slag, dan dink
almal dis wonderlik. Dis eers toe ek weggaan van die huis af
Stellenbosch toe, dat ek uitvind dat meeste mense gewoonlik
beesvleis eet, en skaapvleis die lekkerny is. En my ma kon tog
die skaapvleis so lekker kook.

Nou natuurlik kook ek geen vleis meer nie. My man is vegetarier,
en ek eet maar saam met hom vegetaries in die huis.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Ongeveer 6 poste later...die persoonlike aanval
Volgende onderwerp: Diaspora - SANSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 15:55:54 MGT 2024