Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Blik Aspaai
Blik Aspaai [boodskap #26777 is 'n antwoord op boodskap #26778] Do, 23 September 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Ek en my man praat nou die dag oor die kinder-
speletjie wat “blik-aspaai” in Afrikaans genoem
word.
Snaaks genoeg, ek het grootgeword in 'n omgewing
waar ons nie, sover ek kan onthou, “blik aspaai”
gespeel het nie. Soos hy dit vertel (hy het in die
toentertyd Oostelike Provinsie naby Port Elizabeth
grootgeword) het hulle klippe in 'n blikkie gesit en
dit sover soos hulle kan weggegooi, en die een wat die
ander moes soek, moes dit dan eers gaan optel voor-
dat hy na die ander kon begin soek. So, in essensie,
was hulle speletjie dieselfde as ons s’n, behalwe dat
ons net getel het voor ons begin soek het. Ons het ons
speletjie “wegkruipertjie” genoem.
My man meen toe dat die woord “aspaai” van die
Engelse “I spy” afkom. Ek het gewonder of dit waar
was. In die woordeboek kry ek egter werklik “aspaai”
se betekenis as “ I spy; hide-and-seek.” So, aspaai
se naam moet dateer van na die einde van die sewen-
tiende eeu, toe die Engelse aan die Kaap begin setel
het. Ek wonder of die woord “blik” 'n lokale SA
oorsprong het, en of dit maar 'n afrikaanse nabootsing
van 'n ouer Engelse woord is.
Wat vir my ook nog snaaks is, is dat ons in my deel
van die Noordkaap nie die term “blik aspaai” eintlik
gebruik het nie. Kan dit wees dat die Afrikaans-sprekende
mense van die Noord-Kaap hoofsaaklik afstammelinge
was van mense wat deur die westelike deel van SA op-
getrek het na die Noorde toe, en dus nie as ‘t ware
“besmet” is deur Engelse invloede nie. Maar dinge is
nie so eenvoudig nie. Baie van die mense op die besproeings
van die Noordkaap het uit ander dele van die land gekom.
My ma se mense kom uit die Boland, uit Robertson se wereld,
met baie Franse vanne in hulle familie-boom. En tog is
ek seker dat my ma ook nooit van “aspaai” gepraat het
nie, al het sy alle skoolgaan in haar lewe in Engels moes
doen. Sover ek kan onthou, was daar 'n S.A. Louw
gewees wat taalkaarte van SA opgestel het, om aan te
dui hoe sulke woorde verteenwoordig is oor die land.
Het mense wat in die Boland grootgeword het, aspaai
gespeel? Ken gebore Transvalers dit?

Gloudina
Re: Blik Aspaai [boodskap #26778 is 'n antwoord op boodskap #26777] Do, 23 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...

Die Engelse het hulle eers teen die einde van die 18de eeu
(1795, om presies te wees) vir die eerste keer aan die Kaap begin vestig.

Teen die einde van die 17de eeu was hulle besig om die Katolieke Stuarts
tereg te stel en uit te skop - en om vir hulle 'n koningspaar uit Nederland
in te voer (William & Mary). Daar was nie tyd vir "setelings" nie.
Vorige onderwerp: Ongeveer 6 poste later....die persoonlike aanval
Volgende onderwerp: Louis Luyt. Die finale uitspraak.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:14:22 MGT 2024