Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op
Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op [boodskap #26668] Wo, 22 September 1999 00:00
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
|Wil iemand nie asb. iets interessant plaas nie.
|
| Iets wat mens eiwerig kan bespreek.
|
|Dalk iets wat die lewe sal verbeter.
|
Francois, ek loop nou al 'n rukkie met 'n idee in my kop rond - 'n
baie dro�-klinkende onderwerp, maar ek hoop dit kan bespreking tot
gevolg hê waaruit ons almal dalk iets kan leer.

Wat is my KULTUUR?

Lekker sat, né! Maar ek is ernstig en ek dink dit kan baie
interesant wees. Dit kan byvoorbeeld wees dat ons besluit dat jou
kultuur deur jou omgewing beinvloed word, en dan vra ons almal, om
soos Pat hier vra, om van hulle omgewing te vertel.

Ek sal begin met 'n paar vrae en ek is nuuskierig om almal se reaksie
daarop te lees.

1) Wat is jou kultuur?

2) Deel jy jou kultuur met 'n groep mense?

3) Kan jou kultuur verander?

4) Wat beinvloed jou kultuur?

5) Kan jy aan meer as een kultuur behoort?

6) Kan jy 'n ander kultuur aanneem?

7) Het almal wat Afrikaans praat dieselfde kultuur?

Kan iermand aan nog vrae dink wat interesante bespreking kan uitlok?

Ons sit almal hier op 'n nuusgroep wat oor kultuur gaan, maar vir my
byvoorbeeld, is dit nog net 'n vae begrip.
Nogal interesant om die woord kultuur op 'n searchengine in te sit en
te kyk wat jy kry - lyk of heelwat russiese tale ook die woord netso
bevat.

Ek sal wegval en my mening in 'n antwoord hierop gee....
Re: Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op [boodskap #26669 is 'n antwoord op boodskap #26668] Wo, 22 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 22 Sep 1999 03:45:51 GMT, @sympatico.ca wrote:
|En met daardie opmerking van ou Lloyd weet ek dat hy aan'n kultuur behoort wat
|anders was as die kultuur waaraan ek
|behoort het toe ek nog in SA was. Ek wonder of mense buite
|die pap en sous area van SA besef hoe "vreemd" hulle is vir
|die mense wat grootgeword het sonder pap en sous.
|
Is beter as jy nie so laat in die aand werk nie - lyk my die ou brein
wasem toe of iets, of iets, of iets.....

Dit het hier gegaan oor souse wat jy in 'n restaurant sou kry oor 'n
lekker steak. Waar krap jy nou pap uit?????? Kom by.

"Aapkliersous" is, dink ek, Henry se vertaling van Monkeyglandsauce,
'n heerlike uie/kruie/tamatie/spesirye sous wat in restaurante in Suid
Afrika oor steak bedien word.

Waar is jou pap-en-sous-area??? Is sover ek weet net in die Kaap
gewees waar die ouens nie graag pap by vleis geeet het nie....

Lees jou laaste sin net weer oor - ek vermoed jy het oor hom aan die
slaap geraak.....

Maar jy is seker reg in die een opsig dat die kultuur waaraan jy
derditg jaar gelede behoort het, glad nie meer bestaan by wit, swart
of bruin SuidAfrikaners nie.

As jy nou more vars en lekker uitgeslaap is, gee bietjioe vir ons jou
antwoorde op die vrae - ek is baie nuuskierig oor wat jy gaan sê.
Vorige onderwerp: Re: Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op
Volgende onderwerp: Afrikaanse teater: het dit huidiglik bestaansreg ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 19:14:01 MGT 2024