Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Baste met die Springrokkies!
Baste met die Springrokkies! [boodskap #26409] Vr, 17 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Cyber Sakkie  is tans af-lyn  Cyber Sakkie
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Junior Lid
Vir baie Suid-Afrikaners is rugby meer as net 'n spel. Dit is deel van ons
nasionale karakter en baie van ons gee meer om oor die stand van ons rugby as
die stand van ons politiek. Dit nou op rekord, gesels ek verder oor ons kanse
in die eerskomede Wereldbeker in Wallis.

Myns insiens is die Spingrokkies se kanse (gegrond op huidige vorm) om verder as
die kwarteindstryd in Parys (Frankryk) teen Engeland te kom, bitter skraal. Ek
neem nou ewe gewaagd reeds aan dat ons darem Groep A teen Skotland, Spanje en
Uruguay sal kan wen. Die rede vir my mismoedigheid is te vinde in die
jammerlike posisie van ons rugbybreinkrag wat die Springrokkies moet ondersteun.

Nadat ons in die Drie Nasie reeks baie sleg die loef afgesteek is, moes ek hoor
dat "ons het net nie die spelers nie." Dit het meestal uit die Kaap gekom.
Sedert ons teen Wallis verloor vanjaar het dit nog net van sleg na slegter
gegaan. Ek dink nie ons kan eers die toetse teen Italie" tel nie en in die
toetse teen die All Blacks en Wallabies het die Springrokkies se agterlyn
onbeholpe en nie lus vir die spel voorgekom.

Nou is die 30-tal vir die WB gekies en ons het spanboue en oefenkampe ens., maar
nog niks het verander nie.

Ek dink ons het die spelers om mededingend in die WB te wees. Kyk nou net na
wat Laurie myns met "a bunch of losers" kon doen toe hy die Curriebeker
oortuigend teen die veel sterker Natal gewen het. Dit lyk vir my of die
probleem elders le^ as "ons het nie die spelers nie." Lyk vir my die probleem
le^ by Mankoliekige Mallet. Mnr. Mallet weet skynbaar nie dat daar ten noorde
van die Paarl nog 'n gedeelte van Suid-Afrika is wat normaalweg ook redelike
goeie rugbyspelers oplewer nie. Ter stawing: wat doen Mallet toe Boome seerkry,
hy kies vir Fritzie wat hierdie jaar nog nie juis iets goed gedoen het nie
(Jammer Fritzie, ek weet jy het jouself nie gekies nie). Vergeet maar van die
legio vorm spelers wat hulle rugby verder noord as Paarl speel. Waar's AJ
Venter?

Laurie Mains (soos Kitch Christie destyds) het weer bewys dat mens nie die beste
spelers ter wereld nodig het om die trofee te wen nie, bloot net 'n goeie
afrigter wat 'n wen-spelpatroon vir elke spesifieke teenstander kan uitwerk. En
hier skiet Mankoliekige Mallet tekort. Geen verbeelding nie , net die selfde
patroon oor en oor en oor en oor. Die All Blacks se C-span behoort juis vanwee"
die voorspelbare patroon reeds die Springrokkies se nommer te he^.

Hoewel ek die Springrokkies se kanse nooit heeltemal sal afskryf nie, is dit my
mening dat ons, die rugby publiek, ons misnoe" te kenne moet gee. Hoekom moet
ek nou vir "nasionale eenheid" agter die span kom en 'n "fool" maak van myself?
Bull twang!

Ek het daarom besluit om nie die Springrokkies meer te ondersteun nie, en wel 'n
ander span. Ek gaat nou "shop" vir 'n swart "jersey!"

Wakker skrik Sarfu, kan iemand nie vir Mankoliekige Mallet faks nie? (Het Silas
ooit 'n faks?)

'n Faks, 'n faks, my koningkryk vir 'n faks!
Re: Baste met die Springrokkies! [boodskap #26410 is 'n antwoord op boodskap #26409] Vr, 17 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hulle kan ook die Springbrokkies wees weens al die beserings.......

> Myns insiens is die Spingrokkies se kanse (gegrond op huidige vorm) om verder as
> die kwarteindstryd in Parys (Frankryk) teen Engeland te kom, bitter skraal. Ek
> neem nou ewe gewaagd reeds aan dat ons darem Groep A teen Skotland, Spanje en
> Uruguay sal kan wen. Die rede vir my mismoedigheid is te vinde in die
> jammerlike posisie van ons rugbybreinkrag wat die Springrokkies moet ondersteun.
>
Re: Baste met die Springrokkies! [boodskap #26411 is 'n antwoord op boodskap #26409] Vr, 17 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Sep 1999 17:19:48 +0200, "Francois de Wet" wrote:

|Hulle kan ook die Springbrokkies wees weens al die beserings.......
|
...of springkrokkies.....
Re: Baste met die Springrokkies! [boodskap #26412 is 'n antwoord op boodskap #26409] Vr, 17 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> k het daarom besluit om nie die Springrokkies meer te ondersteun nie, en wel
> 'n
> ander span. Ek gaat nou "shop" vir 'n swart "jersey!"

Ek het hulle eers in 1994 begin ondersteun, en my pa kan homself nog steeds nie
bring om hulle te ondersteun nie - sewentig jaar en hy skree vir enige span
teen wie hulle speel. Daar word nog gereeld (en met genoegdoening) gepraat oor
hoedat die 1974 leeus die witte springbokke in hul peetjie gespeel het.
Re: Baste met die Springrokkies! [boodskap #26474 is 'n antwoord op boodskap #26409] So, 19 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Sep 1999 16:20:19 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

k het daarom besluit om nie die Springrokkies meer te ondersteun
nie, en wel
>> 'n
>> ander span. Ek gaat nou "shop" vir 'n swart "jersey!"
>
> Ek het hulle eers in 1994 begin ondersteun, en my pa kan homself nog steeds nie
> bring om hulle te ondersteun nie - sewentig jaar en hy skree vir enige span
> teen wie hulle speel. Daar word nog gereeld (en met genoegdoening) gepraat oor
> hoedat die 1974 leeus die witte springbokke in hul peetjie gespeel het. >>

Interresante siening.
Se aan hom dat ek en my kinders Bafana EN die Springbokke ondersteun.
Re: Baste met die Springrokkies! [boodskap #26475 is 'n antwoord op boodskap #26409] So, 19 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Sep 1999 06:29:37 -0700, Cyber Sakkie wrote:

>[/color]

Ja.

By the way, check bietjie rec.sport.rugby.union lekker
rugby-groep.
Vorige onderwerp: Vis Rivier Canyon
Volgende onderwerp: siener van rensburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 12:52:08 MGT 2024