Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Urine en Koue
Urine en Koue [boodskap #26127] Vr, 10 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 08 Sep 1999 13:22:03 -0700, reisiger wrote:
|
|'n Aanhaling vanuit Shivambu Geeta van Dr. GK Thakkar:
|
|One of the great mountaineers of Mount Everest Mr. Morris
|Wilson from England, has written that he made liberal use
|of his own urine to save his limbs from becoming benumbed
|due to excessive cold of the Himalayas and to save himself
|from frostbite, apart from maintaining his strength.
|

Jou aanhalings uit hierdie Takhaar se werk is maar hoogs verdag (jis, vanlat ek
oorie vingers getik is, komek meddie mmoiste Afferkaans vorindag...!).
So, net omdat hy Dr voor sy naame skryf en hy 'n oosterling is, beteken dit nie
wat hy skryf is alles 100% korrek nie.

Ek het aan die ouens geskryf wat tans in Antarktika by Vesleskarvet diens doen
en hierdie aanhaling gestuur. Hier is die antwoord wat Duncan Cromarty my
gestuur het:

"Ek self is 'n berg klimmer en was al n slag of drie in die Himalayas en ek
kan net sê die storie van uriene om warm te bly werk net as jy dit in 'n
bottle of sak doen wat baie dig seel en dit teen die lyf te hou (veral in
n slaapsak). Om die ligaam nat te maak is 'n groot fout want dit maak dat
die hitte makliker weg gelei kan word en as die wind nog ook 'n rol kan
speel vererger jy die saak nog verder. Die ander probleem is die
blootstelling van die kern van die lyf om nou mooi te kan mik om die voete
ens warm te pee.

Ek sal dit nie probeer nie al is dit die laaste warm ding wat ek by my het
omdat dit risiko verhoog van koue beseerings."

So daar het ons nou die opinie van 'n groter kenner as almal van ons.
Re: Urine en Koue [boodskap #26152 is 'n antwoord op boodskap #26127] Sa, 11 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Johan skryf

> Jou aanhalings uit hierdie Takhaar se werk is maar hoogs verdag (jis, vanlat ek
> oorie vingers getik is, komek meddie mmoiste Afferkaans vorindag

Johan, ek het geantwoord daarop maar die posstuk het tot nou nog nie
hier uitgekom nie. (dankie news.per.enternet.com.au vir 'n puik
diens.) Skryf maar soos jy wil. Selfs al wil jy uit jou pad gaan om
die boodskap behoorlik tuis te bring :-).

Ek gaan myself defenitief nie aanstel as wagter oor die suiwer gebruik
van Afrikaans op die nuusgroep nie :-) Dit was so op die ingewing van
die oomblik geskryf. En, soos ek gese het, Afrikaans is baie liberaal
deesdae, en nou sien ek die tong in jou kies raak :-). Lyk my ons sal
die skrywes maar moet deurspek van smileys ens om die grimmigheid af
te weer ;-). Dit kan tog sooo vinning soooo verkeerd opgeneem word.

Cool - ek is relaxed. En ek sal graag van die gebitch kultuur hier
ontslae wil raak :-)

Alwyn - uit Perth.
Re: Urine en Koue [boodskap #26160 is 'n antwoord op boodskap #26127] Sa, 11 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 11 Sep 1999 11:36:05 +0800, "Alwyn Nel" wrote:
|
|Johan, ek het geantwoord daarop maar die posstuk het tot nou nog nie
|hier uitgekom nie. (dankie news.per.enternet.com.au vir 'n puik
|diens.) Skryf maar soos jy wil. Selfs al wil jy uit jou pad gaan om
|die boodskap behoorlik tuis te bring :-).

Geen stress nie, Alwyn! Ek dink dis een vn die tekortkominge van die internet
en veral nuusgroepe soos hy nou daar staan - jy is beperk tot die geskrewe
woord. En al dink ek beter as ek skryf as wanneer ek praat, is dit stadig en is
daar nie stemtoon by betrokke nie.
|
|Ek gaan myself defenitief nie aanstel as wagter oor die suiwer gebruik
|van Afrikaans op die nuusgroep nie :-) Dit was so op die ingewing van
|die oomblik geskryf. En, soos ek gese het, Afrikaans is baie liberaal
|deesdae, en nou sien ek die tong in jou kies raak :-). Lyk my ons sal
|die skrywes maar moet deurspek van smileys ens om die grimmigheid af
|te weer ;-). Dit kan tog sooo vinning soooo verkeerd opgeneem word.

Ek dink nogal baie dat as ek sielkunde of sosiologie sou studeer, dit interesant
sou wees om na die kommunikasie op die internet te kyk. Ek self het dit al
gedoen en gesien hoe baie ander hier mense op 'n manier aanspreek wat jy nie sal
doen as jy hom aangesig tot aangesig mee praat nie.

Sommige ouens kan nie 'n argument teen jou eie maak nie en dan val hulle jou
manier van redeneer of skrywe aan, en dit slyp ook nogal gou jou manier van
redenasie voer en woordkeuses.

En 'n mens kom ook agter hoe swak sommige mense lees. Ek het byvoorbeeld al
hier 'n plasing gemaak waarin ek vertel hoe spyt ek is dat Indiane nie meewerk
aan hulle groot monument in Suid Dakota nie, en net daar word ek uitgekryt vir
'n rassis en alles wat ek nie is nie - terwyl as die persone mooi gelees het wat
ek gesê het, sou hulle gesien het dat ek minder krities was as waarvoor ek toe
uitgeskel is.
|
|Cool - ek is relaxed. En ek sal graag van die gebitch kultuur hier
|ontslae wil raak :-)
|
Jong, en ek vind ek word so maklik ingetrek daarin, maar my weerstand groei
darem. Dis net lekker om so nou en dan met Gloudina swaarde te kruis - sy trek
dit aan soos 'n magneet - veral as jy eers besef sy is 'n werklike persoon en
regtig 'n ou tannie wat in Kanada woon.
Bymekaarkom, was Re: Urine en Koue [boodskap #26174 is 'n antwoord op boodskap #26127] So, 12 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in article ...

> Ek dink nogal baie dat as ek sielkunde of sosiologie sou studeer, dit interesant
> sou wees om na die kommunikasie op die internet te kyk. Ek self het dit al
> gedoen en gesien hoe baie ander hier mense op 'n manier aanspreek wat jy nie sal
> doen as jy hom aangesig tot aangesig mee praat nie.


Ek het al meermale gewonder wat sou gebeur as ons almal wat op hierdie ng
praat, eendag sou bymekaarkom. Dit gaan of 'n helse fight wees of 'n baie
lekker party.

Groete,
Dries
Re: Urine en Koue [boodskap #26178 is 'n antwoord op boodskap #26127] So, 12 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , e...@dot.com
(Johan) wrote:
> On Wed, 08 Sep 1999 13:22:03 -0700, reisiger

> wrote:
> |
> |'n Aanhaling vanuit Shivambu Geeta van Dr. GK Thakkar:
> |
> |One of the great mountaineers of Mount Everest Mr. Morris
> |Wilson from England, has written that he made liberal use
> |of his own urine to save his limbs from becoming benumbed
> |due to excessive cold of the Himalayas and to save himself
> |from frostbite, apart from maintaining his strength.
> |
> |
> Jou aanhalings uit hierdie Takhaar se werk is maar hoogs verdag (jis, vanlat ek
> oorie vingers getik is, komek meddie mmoiste Afferkaans
vorindag...!).

Stel voor jy vra dit vir Mr. Morris Wilson from England :)

Takhaar?!!! :)))) Om nou sulke juwele uit die skatkis te
haal!!! Where were jou when this was number one: This is
the age of Aqaurius, Imagine there is no country, When
Jesamine goes a part of me goes, en baie andere. Die
Beetles, Maharishi Mahesh Yogi, John Lennon en Yoko Ono,
die Hippie era, San-Fran, LM, Goosin'Gresh, LM, Top 20. Pos
gerus Laurika Rauch se Nostalgie. Waar was julle toe
gewees? Vertel my van julle, sal hou daarvan om te weet.

Re: Urine en Koue [boodskap #26181 is 'n antwoord op boodskap #26127] So, 12 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , e...@dot.com
(Johan) wrote:
> On Wed, 08 Sep 1999 13:22:03 -0700, reisiger

> wrote:
> |
> |'n Aanhaling vanuit Shivambu Geeta van Dr. GK Thakkar:
> |
> |One of the great mountaineers of Mount Everest Mr. Morris

> Jou aanhalings uit hierdie Takhaar se werk is maar hoogs verdag (jis, vanlat ek
> oorie vingers getik is, komek meddie mmoiste Afferkaans vorindag...!).
> So, net omdat hy Dr voor sy naame skryf en hy 'n oosterling is, beteken dit nie
> wat hy skryf is alles 100% korrek nie.

Ander lede van die "Water of Life foundation" is: Dr CT
Schaller en Dr UE Hasler van Switserland; Dr Nakao - Japan,
Dr Abele - Duitsland, Dr Azzopardi - Kanada. Wil jy miskien
hulle foon nommers ook hê? Dit is beskikbaar.

> Ek het aan die ouens geskryf wat tans in Antarktika by Vesleskarvet diens doen
> en hierdie aanhaling gestuur. Hier is die antwoord wat Duncan Cromarty my
> gestuur het:
>
> "Ek self is 'n berg klimmer en was al n slag of drie in die Himalayas en ek
> kan net sê die storie van uriene om warm te bly werk net as jy dit in 'n
> bottle of sak doen wat baie dig seel en dit teen die lyf te hou (veral in
> n slaapsak). Om die ligaam nat te maak is 'n groot fout want dit maak dat
> die hitte makliker weg gelei kan word en as die wind nog ook 'n rol kan
> speel vererger jy die saak nog verder. Die ander probleem is die
> blootstelling van die kern van die lyf om nou mooi te kan mik om die voete
> ens warm te pee.

Wie sê die bottel moet so vér van 'n mens se voete wees.

> Ek sal dit nie probeer nie al is dit die laaste warm ding wat ek by my het
> omdat dit risiko verhoog van koue beseerings."
>
> So daar het ons nou die opinie van 'n groter kenner as
almal van ons.

Jy moet desperaat wees om 'n mens verkeerd te bewys. Dit
kan dus werk, maar die details is nie in Dr Thakkar se boek
weergee nie. Urine is teen liggams temperatuur as dit
uitgegee word in die koue. Besef as 'n mens dit uitlaat, is
dit water op die ys, wat warmer is as die ys self. Daar is
dus 'n nuttige doel daarvoor - om ys te smelt. 'n Mens kan
menslike afval stowwe positief gebruik.

Re: Bymekaarkom, was Re: Urine en Koue [boodskap #26237 is 'n antwoord op boodskap #26174] Ma, 13 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Sep 1999 20:39:26 +0200, "Dries Venter" wrote:
|Johan wrote in article ...
|
|> Ek dink nogal baie dat as ek sielkunde of sosiologie sou studeer, dit interesant
|> sou wees om na die kommunikasie op die internet te kyk. Ek self het dit al
|> gedoen en gesien hoe baie ander hier mense op 'n manier aanspreek wat jy nie sal
|> doen as jy hom aangesig tot aangesig mee praat nie.
|
|
|Ek het al meermale gewonder wat sou gebeur as ons almal wat op hierdie ng
|praat, eendag sou bymekaarkom. Dit gaan of 'n helse fight wees of 'n baie
|lekker party.
|
|Groete,
|Dries

Ek hoop so iets sou 'n lekker party wees! Ek is optimisties. As
iemand gaan reis moet hy maar sê dat ons kyk of ons hom/haar kan
uitnooi om te kom koffie drink....?

Maar ek is optimisties dat mense se goeie maniere sal oorheers...
Re: Urine en Koue [boodskap #26239 is 'n antwoord op boodskap #26127] Ma, 13 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 12 Sep 1999 06:25:17 -0700, reisiger wrote:
|Jy moet desperaat wees om 'n mens verkeerd te bewys.

Nee, nie desperaat nie, maar jy moet darem nie dink jy kan sulke snert aanhaal
en dan verwag almal moet jou voor die voet glo nie. Jy lyk so of jy blindelings
glo wat hierdie ou vir jou vertel en of jy nie jou eie gesonde verstand gebruik
om vir jouself te besluit wat is reg of verkeerd in hierdiue opsig nie.

Ek het 'n gly daarin dat mense so maklik val vir iets wat effens weird of
eksoties klink. Dink maar aan die BobMartins-eet gier wat so elke nou en dan
kop uitsteek, of die kubus kwekery van so 15 jaar gelede.

Ek probeer maar net die ander kant van die saak stel vir bietjie meer balans en
hopelik om mense te laat begin dink oor iets wat 'n mens andersinds net sou
verby-lees.
Re: Bymekaarkom, was Re: Urine en Koue [boodskap #26457 is 'n antwoord op boodskap #26174] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan ) wrote:
> On 12 Sep 1999 20:39:26 +0200, "Dries Venter"
>
> wrote:
> |Johan wrote in article
> ...
> |
> |> Ek dink nogal baie dat as ek sielkunde of sosiologie sou studeer, dit interesant
> |> sou wees om na die kommunikasie op die internet te kyk. Ek self het dit al
> |> gedoen en gesien hoe baie ander hier mense op 'n manier aanspreek wat jy nie sal
> |> doen as jy hom aangesig tot aangesig mee praat nie.
> |
> |
> |Ek het al meermale gewonder wat sou gebeur as ons almal wat op hierdie ng
> |praat, eendag sou bymekaarkom. Dit gaan of 'n helse fight wees of 'n baie
> |lekker party.
> |
> |Groete,
> |Dries
> Ek hoop so iets sou 'n lekker party wees! Ek is
> optimisties. As
> iemand gaan reis moet hy maar sê dat ons kyk of ons
> hom/haar kan
> uitnooi om te kom koffie drink....?
> Maar ek is optimisties dat mense se goeie maniere sal
> oorheers...

Wees baie optimisties. Hier gaan 'n ding kom wat jy nog nie
in 'n lang tyd gesien het nie. Dankie vir almal se advies
en ondersteuning. You an't c nothing yet. Al huil 'n mens
oor en oor en oor, dit is lekker om te huil. Want ons kan
uitsien wat na die huil kom. Lieflik!!!!
Re: Urine en Koue [boodskap #26459 is 'n antwoord op boodskap #26127] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , e...@dot.com
(Johan) wrote:
> On Sun, 12 Sep 1999 06:25:17 -0700, reisiger
>
> wrote:
> |Jy moet desperaat wees om 'n mens verkeerd te bewys.
> Nee, nie desperaat nie, maar jy moet darem nie dink jy
> kan sulke snert aanhaal
> en dan verwag almal moet jou voor die voet glo nie.
> Jy lyk so of jy blindelings
> glo wat hierdie ou vir jou vertel en of jy nie jou eie
> gesonde verstand gebruik
> om vir jouself te besluit wat is reg of verkeerd in
> hierdiue opsig nie.
> Ek het 'n gly daarin dat mense so maklik val vir iets
> wat effens weird of
> eksoties klink. Dink maar aan die BobMartins-eet gier
> wat so elke nou en dan
> kop uitsteek, of die kubus kwekery van so 15 jaar
> gelede.
> Ek probeer maar net die ander kant van die saak stel
> vir bietjie meer balans en
> hopelik om mense te laat begin dink oor iets wat 'n
> mens andersinds net sou
> verby-lees.

Het met mense gepraat oor die terapie. Hulle vertel my dat
hulle as verpleegsters babas se oë met piepie doeke afgevee
het. Hulle ouers het dieselfde gedoen. Al 'n ou Boereraat.
Dit werk. As dit kan werk vir klein mensies, hoekom kan dit
nie werk vir groot mense nie. Andere vertel my dit werk vir
snywonde.

Re: Bymekaarkom, was Re: Urine en Koue [boodskap #27308 is 'n antwoord op boodskap #26174] Wo, 13 Oktober 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , e...@dot.com (Johan )
wrote:
> On 12 Sep 1999 20:39:26 +0200, "Dries Venter"
> wrote:
> |Johan wrote in article
> ...
> |
> |> Ek dink nogal baie dat as ek sielkunde of sosiologie sou studeer, dit interesant
> |> sou wees om na die kommunikasie op die internet te kyk. Ek self het dit al
> |> gedoen en gesien hoe baie ander hier mense op 'n manier aanspreek wat jy nie sal
> |> doen as jy hom aangesig tot aangesig mee praat nie.
> |
> |
> |Ek het al meermale gewonder wat sou gebeur as ons almal wat op hierdie ng
> |praat, eendag sou bymekaarkom. Dit gaan of 'n helse fight wees of 'n baie
> |lekker party.
> |
> |Groete,
> |Dries
> Ek hoop so iets sou 'n lekker party wees! Ek is optimisties. As
> iemand gaan reis moet hy maar sê dat ons kyk of ons hom/haar kan
> uitnooi om te kom koffie drink....?
> Maar ek is optimisties dat mense se goeie maniere sal oorheers...

Johan, jou optimisme het uiteindelik geseëvier. Kom ons ontmoet, lus
vir lekker gesels. :)
Vorige onderwerp: Re: Wit en swart onderwysers
Volgende onderwerp: toegang tot h/d NG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 11:53:02 MGT 2024