Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » David Ike teorie:Waar of vals?
David Ike teorie:Waar of vals? [boodskap #25431] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
djpe  is tans af-lyn  djpe
Boodskappe: 11
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
David Ike se onlankse besoek aan SA het my weer laat wonder hoeveel waarheid
daar in sy idees steek.
Ek kan nog steeds nie verstaan waarom hierdie sg. "global elite" die wêreld
sal wil regeer tot op die punt dat elke persoon individueel beheer kan word
nie.
Dat hulle die wêreld wel manipuleer is sekerlik waar, maar is dit nie maar
bloot net om hulle eie belange te beskerm nie?
Is al hierdie siniste^re redes wat daaraan gekoppel word nie maar net die
produk van 'n baie vrugbare verbeelding nie?
Ek meen, die meneer homself maak darem 'n aardige fortuintjie uit sy boeke,
optredes ens.
Ek wonder maar net !
Re: David Ike teorie:Waar of vals? [boodskap #25485 is 'n antwoord op boodskap #25431] Ma, 23 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Feit van die saak is: Niemand weet wat in die _volgende oomblik_ gaan
gebeur nie. Punt. Maak nie saak aan watter God, god, afgod, godin, hekse,
voorvaderlike geeste, wiel-van-die-lewe, siener of waaraan jy ookal glo
nie.

Groete,
Dries

reisiger wrote in article
...

> ...Die
> feit van die saak is niemand weet wat na +- 2012 gaan
> gebeur nie. Ek verstaan alle profesiee stop daar.
Re: David Ike teorie:Waar of vals? [boodskap #25554 is 'n antwoord op boodskap #25431] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In 'n mate is jy reg. Jy het vrye keuse.

Maar jy kan dit probeer voorspel. 'n Persoon wat hoog in 'n
gebou sit, by die kruising van 'n straat, en twee voertuie
sien aankom van beide kante, kan voorspel dat die motors op
'n sekere tydstip by mekaar gaan verbysteek, indien sekere
omstandighede dieselfde bly. Clem Sunter se Scenario
Planning is die doel daarmee. Hy het baie goeie boeke
geskryf. Jy kan die toekoms in 'n sekere mate voorspel,
indien jy alle gedragspatrone in aanmerking neem.

In jou persoonlike groei as mens, verstaan ek 'n mens se
liggaam skakel oor in +- 22 dae. Dus elke 22 dae is jy
biologies 'n ander mens. Om jou selle te verander het jy
een van drie keuses - of dit bly dieselfde, of dit
verbeter, of dit versleg. Dit is waar 'n mens tegnieke kan
toepas bv. verjonging van weefsel, ens. Mind over matter
tegnieke kan toegepas word om gesond te word.

Mense wat in die geskiedenis vaskyk, en dit is al wat hulle
raaksien, ry die toekoms in soos 'n kar in die rondte - met
hulle visie op die tru-spieel. Die geheim is vergeet van
die verlede. Dit is al hoe jy uit daardie sirkel uitkom.

Die toekoms is net 'n produk van keuses wat nou gemaak
word. So 'n mens kan die toekoms verander, as jy weet wat
mense nou kies. Vir myself kan ek net getuig, dat d.m.v.
toekoms voorspellings, veral van Tarot kaart lesers, het ek
'n sukses van my lewe gemaak. Jy wil nie weet hoe ver van
Madiba se huis bly een nie. En sy is nogal baie goed. Sy
het al baie mense gehelp.

Vorige onderwerp: Re: Die geloofsbelydenis van Gloudina
Volgende onderwerp: Raar maar waar...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 16:04:15 MGT 2024