Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dringend: Oorsese Aannemings
Dringend: Oorsese Aannemings [boodskap #25477] Ma, 23 Augustus 1999 00:00
Julie Morgan  is tans af-lyn  Julie Morgan
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Is daar enigiemand oplyn wat ondervinding het van oorsese aannemings -
verkieslik 'n prokureur/advokaat? Ek benodig dringend inligting ten einde
'n SA hofbevel te bekom vir 'n aanneming wat oorsee gefinaliseer is. Die
Departement van Binnelandse Sake is van mening dat 'n Amerikaanse hofbevel
geen jurisdiksie in SA het nie - Ek wil graag weet wat is die prosedure wat
gevolg word ten einde die Amerikaanse dokumente aan die SA hof voor te lê
ten einde 'n SA hofbevel te bekom om sodoende aan Departement van
Binnelandse Sake voor te lê sodat paspoorte dienooreenkomstig uitgereik kan
word. Al die partye in hierdie saak het geen reisdokumente en aangesien die
Departement van Binnelandse Sake weier om die Amerikaanse hofbevel te erken,
geen reisdokumente vir die minderjariges bekom kan word nie.

Baie dankie
Julie
Vorige onderwerp: David Ike teorie:Waar of vals?
Volgende onderwerp: David Ike teorie:Waar of vals?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 23:02:53 MGT 2024